Goeie dag
Ek het besluit op 'n gewone Leupold Duplex kruishaar teleskoop vir my 30-06, maar nou is die vraag oor die model:
VX2 4-12 x 40
vs
VX2 4-12 x 50
Die x40 teleskoop is nogal duurder en minder bekombaar as die x50!
Ek het 'n knaldemper op my geweer monteer en ek is bekommerd dat die x50 teleskoop dalk baie hoog monteer sal moet word om bo-oor die knaldemper te kan kyk... Daarom dat ek eerder die x40 sal verkies, dan staan die teleskoop nie so ver bo die geweer nie.
Is daar mense wat kan kommentaar lewer oor die x40 vs x50 itv voordele om die x50 te gebruik? Beter lig deur die lens ens, maar tog groter en lomper?
Ek het 'n eenvoudige skets gemaak om my teorie te verduidelik. Is dit 'n akademiese probleem met die oplossing dat beide teleskope op die geweer&kd kombo sal werk?
Baie dankie
Leupold x40 vs x50?
-
mustangsa
- Full Member

- Posts: 101
- Joined: Tue Jan 07, 2014 12:27 am
Leupold x40 vs x50?
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Sako 30-06
Mauser .22LR
Mauser .22LR
- Parker
- Sr. Member

- Posts: 338
- Joined: Wed May 13, 2015 9:45 am
Re: Leupold x40 vs x50?
x 50 sal beslis meer lig inlaat as x40. Maar dis nie noodwendig n probleem of eerder n vreeslike positiewe punt nie. Dan die x 50 sal maar net 5 mm "hoeër" staan as die x40. As dit op dieselfde hoogte ringe gemonteer word. Op al my vuurwapens met verskeie tipe dempers en x40 of x50 lense aan die voorkant het die demper enigsins in spel gekom dat jy hom "sien" nie of dat die scope te hoog is nie. Beste is gaan maar na die wapenhandelaars toe gaan kyk maar na die beskikbare opsies, ringe, basisse ens.
Stoot lood!
- Ultralight
- Newbie

- Posts: 41
- Joined: Tue Jul 07, 2015 9:22 am
Re: Leupold x40 vs x50?
Mustangsa,
As jy nie 'n oliefilter vir 'n knaldemper gebruik nie, sal enigeen van die twee goed werk. Van hier af is dit persoonlike keuse en finansiële besluite. Beloer en betas hulle. Jy sal weet watter een met jou praat.
Groete,
Ultralight
Sent from my LG-H815 using Tapatalk
As jy nie 'n oliefilter vir 'n knaldemper gebruik nie, sal enigeen van die twee goed werk. Van hier af is dit persoonlike keuse en finansiële besluite. Beloer en betas hulle. Jy sal weet watter een met jou praat.
Groete,
Ultralight
Sent from my LG-H815 using Tapatalk
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2130
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: Leupold x40 vs x50?
Vir my maak 'n 50mm meer sin vir daai paar keer wat jy wel iets in die aand moet skiet soos jakkalse ens. 50mm werk aansienlik beter as 40mm in die aand. ( ek skiet jakkalse met my 300 totdat ek my 243 se lisensie kry) Knaldemper gaan nie issue wees met 50mm nie, maak net seker jou ringe kan 50mm hanteer anders is dit 'n paar ekstra rand. Geen akademiese probleme met 50mm nie, party manne jag gemaklik met 56mm objectives. Indien 50mm goedkoper is, go for it. Jy gan hom netso veel geniet as die 40mm en daai 1 keer in die aand gaan jy bly wees jy het 50mm.
-
mustangsa
- Full Member

- Posts: 101
- Joined: Tue Jan 07, 2014 12:27 am
Re: Leupold x40 vs x50?
Hi manne
Baie dankie vir die insiggewende kommentaar... Ek dink ek sal maar Saterdag-oggend S&O toe gaan en die opsies beloer en dan met die mense daar onderhandel oor 'n "deal"
Baie dankie vir die insiggewende kommentaar... Ek dink ek sal maar Saterdag-oggend S&O toe gaan en die opsies beloer en dan met die mense daar onderhandel oor 'n "deal"
Sako 30-06
Mauser .22LR
Mauser .22LR