Tokkeltoer 2016, vervolg as 2017
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1618
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Tokkeltoer 2016, vervolg as 2017
Uiteindelik het die tyd aangebreek! 04h57 op 'n koue Sondagoggend pak ek en drie maters die lang pad Namibie toe aan. Die " horse box" is gehak, en met Bruce Springsteen se "High hopes" wat speel ry ons uit Durbanville uit. Dis my derde keer wat ek in Namibia gaan jag, voel elke keer of ek meer opgewonde as die vorige keer is.
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/Tokkeltoer%202016/20160626_044625_zpsxjhxtvgf.jpg~original
Die opwinding loop hoog en kort voor lank stop ons op Klawer om die Jeep vol te maak en die tradisionele Wimpy Mega ontbyt in te pak. Petrie van Grey Ghost Gear het vir ons die mooi pette gemaak.
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/Tokkeltoer%202016/20160626_080627_zpsloc5og2u.jpg~original
Die Jeep is lekker dors, moes gou op Gharies weer stop en toe is ons op die grens. Redelik besig gewees maar sonder te veel drama is ons deur en kan ons die laaste 180km plaas toe aanpak.
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/Tokkeltoer%202016/20160626_134006-800x450_zpswool07k4.jpg~original
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/Tokkeltoer%202016/20160626_134844_zpsboz6zsyv.jpg~original
Die lappie aarde net anderkant die Oranjerivier is waar Tokkeltoer se naam vandaan kry. Hier groei die niks omtrent sewe voet hoog.
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/Tokkeltoer%202016/20160626_151126_zpsrgj14cub.jpg~original
So 17h00 se kant op die plaas aangekom. Swartkop le so 60km anderkant Grunau, Abrie en Jackie vd Merwe boer al van 2001 af daar met skaap, bietjie bees en boerbokke.
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/Tokkeltoer%202016/20160704_112811_zps7usddau8.jpg~original
Die tweespoorpad na die afdraai het al paar keer verander, wag nog vir die nuwe bordjie!
Vinnig afgepak en paar skote geskiet om seker te maak gewere is reg, toe is daar vuur gemaak om vleis te braai. Eerste aand is dit al skaapstertjies, rib en 'n ontbeende boud. Ons gaan verseker nie honger ly die week nie!
Maandagoggend is ons vol afwagting veld toe. Swartkop bestaan uit groot plat platos, met klowe tussen deur. Daar is heelwat koedoes op die plaas, met paar verdwaalde gemsbokke en springbokke wat op die platter dele bly. Die terein laat nie rerig "walk and stalk" toe nie, so meeste van die jag is maar agter van die bakkie af. Ons het wel in die klowe opgestap, maar die jaar geen sukses te voet gehad nie.
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/Tokkeltoer%202016/IMG-20160702-WA0053_zpsfbw2d4qs.jpg~original
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/Tokkeltoer%202016/IMG-20160702-WA0059_zpstmxlx0h8.jpg~original
Ek het die eerste middag al my koedoe gekry, skoot effe ver agter die blad. Bul het so 250m gehardloop voor hy dood neergeval het. Skoot op so 240m deur basis van beide longe en lewer heetemal verwoes. Die 150gr Accubond teen 2800fps uit die .308 het heeltemal penetreer.
Karkasgewig was 107kg.
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/Tokkeltoer%202016/IMG-20160702-WA0064_zps908prbay.jpg~original
Ingangswond van binne:
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/Tokkeltoer%202016/20160628_082316_zpsjfh9ep4v.jpg~original
Uitgangswond:
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/Tokkeltoer%202016/20160628_082335_zpshhniv0k7.jpg~original
Ander manne ook darem hulle koedoes sonder te veel gesukkel gekry. Laaste een is die Woensdagmiddag geskiet.
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/Tokkeltoer%202016/IMG-20160702-WA0062_zps4raxpeew.jpg~original
Tussendeur het ons onself lekker vermaak met bietjie ghongs skiet. Ons kon darem almal tot op 665m een van Stompe se 200mm ghongs laat lui. Die kleiner ghong het op 270 gehang, amper te maklik gewees!
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/Tokkeltoer%202016/IMG-20160703-WA0007_zpsfmgwyqzi.jpg~original
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/Tokkeltoer%202016/IMG-20160703-WA0002_zpsxpymgpjx.jpg~original
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/Tokkeltoer%202016/20160703_224757_zpsonochilb.jpg~original
Donderdagoggend is ons vroeg na Simon Karsten op Grundoorn om paar springbokke te skiet.
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/Tokkeltoer%202016/20160630_071255_zps3i7z5fa7.jpg~original
Die een ou hoop ook om 'n gemsbok te kry. Simon het die vorige aand nog tot laat jakkels gejag, maar die min slap het hom nie gekeer nie. Na n vinnige koppie koffie is ons veld toe en het sommer vining 10 springbokke gelaai.
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/Tokkeltoer%202016/20160630_091401_zpsmm1cr3uh.jpg~original
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/Tokkeltoer%202016/20160630_084637_zps9zbth7rm.jpg~original
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/Tokkeltoer%202016/20160630_084522_zps7rr08pbh.jpg~original
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/Tokkeltoer%202016/IMG-20160702-WA0048_zpsvi3ba6rw.jpg~original
11h00 gou bokke gaan aflaai, vinnige koffie gesluk en toe gaan gemse soek. Simon was gemaklik dat die man wat n gemsbok wou he, hom met n 87gr VMAX skiet-kopskoot of agter die blad. na so uur se soek het ons troppie van vier gemsbokke gekry en na so 30min binne skietafstand gekom. Skoot loop op so 230m, kon stof naby blad sien slaan. Gems het so halwe steier gegee, toe hardloop hy. Na nog so 30min se rondjaag het ek hom met n 87gr Berger onder die oog gebriek.
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/Tokkeltoer%202016/IMG-20160702-WA0049_zps6lkzxmdk.jpg~original
Die VMAX het hom mooi op die anderkantste bladbeen gevang, net net tot in borskas penetreer en klein gaatjie in long gemaak.
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/Tokkeltoer%202016/20160704_143039_zps4hmd6che.jpg~original
Die middag daar weg met 15 springbokke en die gemsbok. Een horingskoot en een pensskoot tussen die 4 van ons, maar kon darem albei die bokke maklik kry. Skietafstande gewissel tussen 150m en 350m.
Vrydag het ons laaste bietjie vleiswerk gedoen en begin met die oppak. Saterdag se terugry sonder enige insidente verloop en ons was so 18h00 terug by die huis.

Last edited by Gian_dP on Sun Jul 02, 2017 10:11 pm, edited 3 times in total.
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Tokkeltoer 2016
Smaak my dit het oop geloop!
Simon kan nie die reuk van gebrande kruit weerstaan nie.
Geluk met die mooi oes.

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Springkudu
- Hero Member

- Posts: 764
- Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am
Re: Tokkeltoer 2016
Hel man, dit was ou een van die lekkerste jag trippie verslae wat ek in 'n lang tyd gelees het, baie dankie. Lyk my julle manne het mooi gemaak!!! Dis maar nog 'n droom om eendag daar te gaan jag.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13650
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Tokkeltoer 2016
Lyk en klink bitter lekker, eks net bly ek moes nie daai jeep se tank vol hou tot daar en terug nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Dolf014
- Hero Member

- Posts: 533
- Joined: Wed Dec 04, 2013 3:50 pm
Re: Tokkeltoer 2016
Julle moes n foto van Abrie ook geneem het. Die man se kuif is WEG!!!
Maar n goeie mens.
Hy was my klasmaat op Karasburg. Het hom darem vroeer die jaar op Upington een dag raak geloop.
Die dag het hy nogal genoem van die span Kapenaars wat kom jag.
Mooi geskiet manne, baie geluk. Ek glo julle het baie lekker gekuier.

Skiet met 308 Voere (erf stuk) ons loop al 40 jaar saam.
-
Mellies
- Hero Member

- Posts: 1996
- Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Re: Tokkeltoer 2016
Lyk bitter nice!!
Dankie vir die mooi vertel & kiekies. Voel of ek self daar was...
Met n vleisie...

- WicusdP
- Sr. Member

- Posts: 389
- Joined: Tue Jul 12, 2016 8:50 pm
Re: Tokkeltoer 2016
Ek was deel van die uitstappie. Dit was my lekkerste jag uitstappie ooit.
Een ding het ek wel net weer besef....jou jagmaats is baie belangrik.
'n Wyse man het op 'n tyd gesê: "Jy kies eers jou jagmaats en dan jou vrou!!!"

22-250 Musgrave
6 XC Krieger/Savage
243 Howa
300WSM Tikka Super Varmint
22-250 Weatherby Varmint
6.5 Creed Tikka
6 XC Krieger/Savage
243 Howa
300WSM Tikka Super Varmint
22-250 Weatherby Varmint
6.5 Creed Tikka
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Tokkeltoer 2016
Baie geluk Gian-julle!
Was seker lekker p-koud in daai vlaktes vroeg oggend en laat aand

Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Tokkeltoer 2016
Lekker Gian! Daai gemsie en koedoe se vleisskade is erg.
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1618
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: Tokkeltoer 2016
Was koel, maar nie so koud soos die twee vorige jare nie.FHM wrote:Baie geluk Gian-julle!
Was seker lekker p-koud in daai vlaktes vroeg oggend en laat aand
Ja, die gems se blad was heel flenters van die VMAX.Man wat hom geskiet het wou hom net agter die blad skiet, maar skoot reg op skouer.ruaanb wrote:Lekker Gian! Daai gemsie en koedoe se vleisskade is erg.
Die koedoe rib was meer net bloederige vliese, net so handvol vleis wat ek nie kon gebruik nie
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1618
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: Tokkeltoer 2017
So paar weke gelede maak ek vrieskas oop. Al 2016 se biltong en droeewors is op. Twee verdwaalde springbok sirloins gou opgesny, spice gesmeer en volgende dag opgehang. In my huis van vleisvreters, het daai paar flentertjies biltong nie lank gehou nie. Dit kan net een ding beteken, die tyd om Namibiee toe te ry is naby!
Sondagoggend vat ons weer die pad Swartkop toe.
Kan nie meer wag nie!
Sondagoggend vat ons weer die pad Swartkop toe.
Kan nie meer wag nie!
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
-
Supacow
- Hero Member

- Posts: 2112
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1618
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: Tokkeltoer 2016
Berger VLDs, Accubonds, Ballistic tips, Game kings, Scenars gaan almal saam. Die jaar bly Vmax by die huis.Supacow wrote:Gooi Vmaxe!
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
-
koos 2
- Hero Member

- Posts: 734
- Joined: Tue Mar 18, 2014 5:01 pm
Re: Tokkeltoer 2016
Dankie vir die deel, Mooi vertel en nog mooier geskiet
-
WihandV
- Full Member

- Posts: 144
- Joined: Sun Jan 17, 2016 9:03 pm
Re: Tokkeltoer 2016
Hoop jou pen en papier is skerp Dr Dup. Net 2 slapies dan moet jy 2017 se storie begin vaslê!
22-250 Savage VLP
243 Musgrave
6.5 Creedmoor Ruger Precision Rifle
30-06 Ruger
300WM Sako TRG 42
12Ga Benelli M2 SP
243 Musgrave
6.5 Creedmoor Ruger Precision Rifle
30-06 Ruger
300WM Sako TRG 42
12Ga Benelli M2 SP
- WicusdP
- Sr. Member

- Posts: 389
- Joined: Tue Jul 12, 2016 8:50 pm
Re: Tokkeltoer 2016
Jip....kan nie meer wag nie!!!
Die storie het eintlik vroeër die weel al begin toe een van die geselskap se lede byna nie 'n uitvoerpermit gehad het vir sy gewere nie:)
Die storie het eintlik vroeër die weel al begin toe een van die geselskap se lede byna nie 'n uitvoerpermit gehad het vir sy gewere nie:)
22-250 Musgrave
6 XC Krieger/Savage
243 Howa
300WSM Tikka Super Varmint
22-250 Weatherby Varmint
6.5 Creed Tikka
6 XC Krieger/Savage
243 Howa
300WSM Tikka Super Varmint
22-250 Weatherby Varmint
6.5 Creed Tikka
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1618
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: Tokkeltoer 2016, vervolg as 2017
Sondagoggend vroeg is die wa gehak en laaste paar goeters is agter in die Fortuner gelaai.
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/TT2017/20170625_044905-1328x747_zpsch45u7cx.jpg~original
11 minute voor skedule trek die vier van ons weg uit Durbanville uit. Redelike gevoel van deja vu, behalwe dat ons hierdie jaar met my Fortuner ry en nie Wihan se se Jeep soos 2016 nie. Ons het almal redelik oorgeborrel van opgewondenheid oor die jaar se Namibiee trippie, gehelp om die pad gou te laat verbygaan. Net voor Piekenierskloof het Wicus se pa-hulle by die konvooi aangesluit. Nie lank nie, toe trek ons in by Klawer om tenks vol te maak.
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/TT2017/20170625_080953-1328x747_zpspz7qqvlh.jpg
Geen road trip is volledig sonder 'n Wimpy Mega nie!
Na 'n kort detour deur Kammieskroon is ons deur grens toe. Met die dat die skole eers die vplgende week sluit, is die grenspos amper verlate. Die bouery aan Noordoewerkant vorder heel goed in vergelyking met afgelope paar jaar!
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/20170625_124043-1328x747_zpsvcxvpzvh.jpg
Almal se papiere is reg, deur grens sonder enige problem. Toevallig vir LR Laubser raakgeloop op pad terug van sy jagtog af. Klink of hulle heel suksesvol was.
Teerpad tot by Grunau vlieg verby en toe ons weer sien staan ons al langs die grondpad om gemaklik te maak vir die laaste stukkie stamperige plaaspad. Hier het ons bietjie teespoed gekry. Oom Herman se Ford het homself so bietjie ingegrawe in ou rivierloop. Ons kon hom darem gou uit kry sonder te veel moeite. Met die opstal in sig, is dit ons beurt. Net na 'n erg klipperide deel van die pad, begin die sleepwa snaakse moves agter die kar maak. Die boud wat die bladvere aan die onderstel vasmaak het afgebreek/uitgeval! Vir eers maar afgehak en gaan groet. Later het ons maar die sleepwa uitgepak. Regmaak kon wag vir more. Die Van der Merwes het ons weereens met oop arms en harte verwelkom. Hulle het alles gedoen om ons week so aangenaam as moontlik te maak. Met al die skaapvleis wat ons geeet het, het later bein wonder of daar nie bietjie jakkalsbloed in ons was nie!
Maandagoggend het ons gou gekyk dat al die gewere skiet waar hulle moet, lekker uitgevat in die hemde wat Grey Ghost Gear vir ons gemaak het.
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/TT2017/20170626_095117-747x1328_zps4n8urv8i.jpg
Terwyl ons ingeskiet het, het oom Abre die laaste repairs op die Landy klaar gemaak. Na 'n stewige brunch is ons veld toe agter koedoes aan.
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/TT2017/IMG-20170701-WA0024_zpsaes0xckm.jpg
Paar bulle gesien , maar niemand het kans gekry om te skiet nie. Later is ons in kamp waar daar 'n paar gemsbokke loop. Daar is een boke met n gebreklike horing wat oom Abre graag geskiet wou he. Wihan het volunteer, aangesien hy graag n gemsbok ook wou skiet.
Eerste skoot bietjie voor gewees, na n bietjie plaas verken, kon ons hom darem oplaai.
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/TT2017/20170626_123716-1328x747_zpske1w43qy.jpg
Wihan by sy "helikopterbok".
Dit het gelyk asof die bok sy horing kleintyd gebreek het en dit to so vorentoe gegroei het.
Later is ek by die hoek afgelaai waar drie kampe bymekaar kom. Dit is glo 'n gunsteling oorspringplek vir die koedoes waar hulle uit die kloof uit opkom. Ander manne is elkeen onder in n kloof afgelaai om bietjie te stap.
Ek het myself gemaklik onder n boom gemaak en so 20 minute later die draad agter my hoor klingel. So 30m van my af het n koedoekoei en kalf gestaan. Ent van hulle af nog drie koeie en 'n bul. Ek moes om n bos beweeg om die bul beter te kan sien. Met die het hulle my gewaar en rustig van my af begin weg draf. Hulle is so 100m van my af oor die draad en het toe voor my verby gegaan in n effense laagte. Ek het plat gaan le om dooierus oor n klip te neem, maar kon slegs die horings en bokant van die bul se kop sien. Het toe opgegaan tot op my hurke en die skoot gevat toe die bul stilstaan. Hy het sowat 160m van my af gestaan, mooi plankdwars. Skoot so handbreedte ager blad in. Hy het so 30m van my af weggedraf na die skoot en dood neergeval.
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/TT2017/20170626_142736-1328x747_zpsttgrxay5.jpg
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/TT2017/20170626_152526-1328x747_zps9drg5y1a.jpg
Die 150gr Accubond uit my .308 het volledig penetreer en beide longe en aorta stukkend geskiet.
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/TT2017/20170627_075704-747x1328_zpsfw3yvxp8.jpg
Die res van Maandag en Dinsdag het almal hulle koedoes gekry. Ek het ongelukkig nie fotos vasn hulle bokke nie. Myne het 96kg uitgeslag, gemiddeld was so net oor die 90kg gewees.
Woensdag het ons nie gejag nie. Het toe maar bietjie ghongs geskiet en mini-veldskiet gehou. Wa is ook so tussendeur reggemaak.
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/TT2017/20170628_080156-1328x747_zpsaxanmifn.jpg
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/TT2017/20170628_162226-1328x747_zpsqbrs5vw5.jpg
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/TT2017/20170628_135237-747x1328_zpsyh5eq9rg.jpg
Donderdag is ons weer na Gründorn toe om n paar springbokke te skiet. Dit was by verre die koudste dag van die week met n geniepsige wind wat gewaai het. Ons het net na sonop daar aangekom. Simon was ongelukkig in Dubai, besig met n staalprojek. Gelukkig kan sy pa, oom Danie Karsten ons veld toe vat. Op hulle werf geld die seding " Keep your friends close and your enemies closer" verseker.
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/TT2017/20170629_065922-1328x747_zpse18ouih0.jpg
Die tefie is deel van 'n paar wat Simon grootmaak om hulle klanke op te neem Sy het in die elektriese drade beland toe sy klein was en is amper dood gewees. Met die verpleging het sy redelik mak geword en draf soos 'n huishond op die werf rond deur die dag!
Met al ons warmgoed aan is ons veld toe.
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/TT2017/IMG-20170701-WA0018_zps8pb7cvfv.jpg
Die skietery het nie so maklik soos laasjaar gegaan nie. Die wind het redelik gepla en die bokke ook onrustig gemaak. Daarby het van die manne se regs en links omgeruil, en met vandag se "Apple Watch" brigade het selfs 3 uur en 9 uur as rigtings in die slag gebly.Nietemin kon ons darem 10 springbokke geskiet kry. Afstand van so 220m tot 388m. Gemiddeld 15kg uitgeslag.
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/TT2017/20170629_083106-747x1328_zpsk5m8jyrh.jpg
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/TT2017/20170629_130400-1328x747_zpswukaofnl.jpg
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/TT2017/20170629_115049-1328x747_zpsxvlq4ndc.jpg
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/TT2017/20170629_083509-747x1328_zpsesj9uqca.jpg
Vrydag uitgeskiet op die ghongs, paar koppe uitgeklim en begin oppak. Die aand vir oulaas om die braai gekuier.
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/TT2017/20170630_173118-1328x747_zpsz0oe8r2k.jpg
Saterdagoggend weer vroeg in die pad geval. Grenspos in Nam in was redelik chaos met die skoolvakansie, uit kant lekker stil. Weereens met geen problem deur gegaan.
Na so 1850km is 2017 se toer ook nou verby. Fortuner homself goed van sy taak gekwyt, so 7.9km/l met die wa agteraan.
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/TT2017/20170701_175044-1328x747_zpsuwfvmsfy.jpg
Soos wat die biltong min raak teen April se kant, sal ons weet dis amper weer tyd om Swartkop toe te ry!
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/TT2017/20170630_142218-2748x384_zps85pkc7e9.jpg

Last edited by Gian_dP on Fri Jul 14, 2017 5:37 pm, edited 7 times in total.
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
- Swede
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am
Re: Tokkeltoer 2016, vervolg as 2017
Lekker Gian!! ongelukkig kan nie die fotos sien nie.
And as thy days, so shall thy strength be
- Springkudu
- Hero Member

- Posts: 764
- Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am
Re: Tokkeltoer 2016, vervolg as 2017
Kan ook nie fotos sien nie
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1618
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: Tokkeltoer 2016, vervolg as 2017
Swede wrote:Lekker Gian!! ongelukkig kan nie die fotos sien nie.
Sal later alles photo bucket toe skuifSpringkudu wrote:Kan ook nie fotos sien nie
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Tokkeltoer 2016, vervolg as 2017
Netjies Gian! Lyk of dit baie lekker trippie was.
Daai springbok ram van Wian is baie mooi.
Groetnis

Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
- Springkudu
- Hero Member

- Posts: 764
- Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am
Re: Tokkeltoer 2016, vervolg as 2017
Ek het nou op die "image" gaan kliek en fotos gesien. Baie lekker man, julle lyk soos 'n paar goeie pelle saam en smaak my almal kan lood gooi. Geniet die vleis!!
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1618
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: Tokkeltoer 2016, vervolg as 2017
Lekker gesukkel, maar alles behoort nou reg te wees.Gian_dP wrote:Swede wrote:Lekker Gian!! ongelukkig kan nie die fotos sien nie.Sal later alles photo bucket toe skuifSpringkudu wrote:Kan ook nie fotos sien nie
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Tokkeltoer 2016, vervolg as 2017
alte lekker maak my net meer gatvol oor my trippie so "wreed" van rigting verander het maar nou ja. Daar sal weer 'n kans wees.
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1618
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: Tokkeltoer 2016, vervolg as 2017
Dis niks lekker as jagtrip nie uitwerk nie. Ons almal sit baie tyd en moeite in om dit te laat gebeur. Ek is BAIE bly die ergste wat ons oorgekom het was n gebreekte boud! Met die terugkomslag staan n dame en huil in die polisiekantoor-reg vir Nam vakansie maar haar paspoort le by die huis!ruaanb wrote:alte lekker maak my net meer gatvol oor my trippie so "wreed" van rigting verander het maar nou ja. Daar sal weer 'n kans wees.
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308