12 Springbokke en 6 varke

Post Reply
dehacked
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am

12 Springbokke en 6 varke

Post by dehacked »

Goeie dag mede forum lede.

Ek het 2 weke terug geleentheid gehad om op die familie plaas 'n bietjie te gaan jag. Wel seker meer skiet as jag in sekere mense se boeke maar to each his own soos die ingelse sê.

Dag een het ek middag tyd op die plaas aangekom en eers 'n paar takies om die huis verrig. Ongeveer 4 uur die middag het ek by een van die veeposte 'n draai gaan maak met die 223. Die plan was om 'n draai deur die kamp te stap en te kyk vir spoor van 'n jakkals wat op een van die kameras opgetel is. Soos die bostelegraaf werk het die springbokke die boodskap gekry hulle is nie op die spyskaart en ek moes deur 'n trop beweeg. Nou ja met 'n gefluit en gedraf al om my het ek in 'n uur se tyd seker 500m gevorder. Ek het toe maar besluit om 'n skoot te vat en skiet hier op 80m skoon bo-oor die bok se kop. Bokkoors jou duiwel! Ek stap toe maar terug water toe en gaan maak myself tuis tussen 'n paar doring bosse. Teen sterk skemer gewaar ek die bokke en maak reg om te skiet. Ek gaan lê plat op my maag teen 'n kamp draad en lig die bipod se pote tot op hulle maks van 9 duim terwyl ek die loop mooi tussen die drade en droppers oplyn. Die skoot gaan feitlik reguit met die draad langs loop maar aan die teenoorgestelde kant van die draad. Ek het so 8cm beweeg ruimte tussen die droppers en maak seker daar is geen drade in die pad. Reg om te skiet, en geen bokkoors die keer. Die eerste bok, 'n mooi rammetjie is so 40m voor my en ek stel die sightron se vergroting af om die bok onder skoot te kry. Maak weer seker oor die drade en droppers en mik mooi tussen die oog en die oor, druk die set trigger op my CZ vorentoe en laat loop. Die geweer blaf en skielik is alle hel los rondom my. Ek het my sig veld so belemmer deur in die bosse weg te kruip dat ek nie gesien het dat daar 2 groot troppe bokke uit 2 kampe uit ingekom het nie. Dit verbaas my altyd hoe stil soveel bokke kan beweeg as jy voorsit. Na die eerste skoot haal ek dadelik oor en kry so 'n lekker rilling in my soos die controlled feed aksie sy werk doen. Stel die set trigger en druk saggies die skoot af op bok nommer twee op so 100m na ek sy gesig mooi in fokus het. Op ongeveer 200m kry ek bok nommer drie onder skoot en jaag die vergroting op na maks voor ek weer skiet. 3 Skote, 3 bokke. Die CZ 527 varmint in 223 met 52gr Sierra Match Kings loop soos stroop as die skut sy deel doen.

Na dag een skuif ek oor na die 270 aangesien die windjie bietjie optel en behalwe vir die 223 se laer BC het hy ook nie 'n suppressor op nie. Dinsdag en Woensdag sit ek uitsluitlik voor in 'n hide en die telling op die bokke en varke begin gelydelik opskuif. Ons kry ook Dinsdag aand oppad huis toe 'n 'Geip(Weet nie wat sy regte naam is nie) in 'n vanghok oppad huis toe en laat hom vry. Amazing wat se diep grom so 'n klein diertjie kan maak.

Nou iets wat julle moet verstaan is dat die plaas met skaap boer. Woollies skaap en die jakkalse in die kontrei het blykbaar ook 'n voorkeur vir kwaliteit vleis. Alle heinings is jakkals proef en word ten minste een maal per week patroleer en gate toegemaak. Hier is 'n vark en 'n jakkals presies die selfde prioriteit wat skiet orde betref want die vark maak die gat waar die jakkals deur kom. Dus, as jy 'n vark sien skiet hom dood of jy hou nie op skiet voor jou magesyn leeg is nie. So sit ek en 'n vriend een middag in die hide oor middag ete. Hy staan op 'n stadium op om te loer of iets ingekom het en gryp my.

Varke!!! My hart redline, bokkoors is niks teenoor varkkoors. Daai manne weet hulle word gejag. Hulle kom feitlik nooit rustig of met 'n reguit lyn in nie. Daar word gedraf, geruik, geskrik, omgevlie net om weer om te draai. Wat 'n belewenis. Ek gryp die geweer en loer by een van die vensterkies uit. Daar so 100m in die pad op lê, ja lê, 2 jong varkies en bak in die son. Dit is 'n perfekte side by side en ek reken die 140gr Sierra gameking gaan maklik deur altwee hardloop. Nie 100% eties nie maar ek voel nie daar is enige risiko volgends die grootte en orientasie van die varke wat teen mekaar lê. Maak die geweer lekker stewig staan op die sandsak, kry my hartklop onder beheer en sit geleidelik druk op die sneller tot die skoot breek. Altyd interresant hoe jy in daai oomblik van intense konsentrasie hoor hoe die slagpen die primer slaan, dan die soniese kraak en laastens die "dup" wanneer die patroon my merk haal en dit alles in 'n split sekonde. My varkies lê. Die skoot was goed, die 140 gameking wat harder as die 130 en 150 gameking is het sy werk goed gedoen.

Donderdag gaan stap ek bietjie deur een van die kampe al langs 'n pad wat deur die middel van die kamp geskraap is. Ek kyk hoofsaaklik vir ongedierte spore maar hou ook 'n oog oop vir die springbokke. Dit is al voorheen hier genoem en ek beaam dit weer. Ons stap meeste van die tyd heeltemal te vinnig in die veld. Ek het gemiddeld 1km per uur afgelê en dit is verbasend hoe die veld om jou lewe mits jy stadig beweeg en gereeld net gaan sit vir 'n paar minute. So sien ek dikwels springbokke beweeg rondom my maar die veld is te ruig vir 'n skoot sonder om van die pad af te dwaal en prioriteid een is om spoor te kyk. Ongelukkig het ek reeds ook met die bakkie vasgemaak wanneer hulle my moet kom optel. Kamp amper deurgestap verbeel ek my (weer) 'n miershoop is 'n vark en beloer hom deur die teleskoop net om teleurgestel te sien dit is 'n hoop grond. Met die sug en terug draai pad toe mis my hart 'n klop of 2 want hier, 200m voor my staan 'n lieflike springbok rammetjie in die pad. Hy kon blykbaar ook nie sy oë glo nie want met die dat ek plat val in die pad en die bipod opstel stap die man 'n paar tree vorentoe om te kyk wat se gedaante val dan nou net so plat. Ek stel die burris op maks vergroting en laai die bipod. Die kruis is mooi tussen die oë, wind is liggies van voor en ek asem uit voor ek druk op die sneller sit. Wens nog hier in my binneste ek kan 'n ordenlike sneller op die 270 sit wat ligter trek toe die skoot afgaan. Herlaai soos blits, reg vir 'n opvolg skoot maar dit is nie nodig nie. Nog 'n perfekte skoot. Nie dat ek goed is nie; omdat ek gereeld op die skietbaan is. 208m verder is ek by my bok. 100m skuins voor my gewaar ek 'n beweging en val weer soos 'n sak patats neer op die grond. Geluk is aan my kant en daar is 'n oop lyn na 'n mooi ooi toe deur die gras. Die skoot val tussen die oog en oor, presies waar ek gemik het. Staan op en radio die bakkie wat nou al vir my wag en gee koordinate. Sal daar nie nog 'n bok staan nie. Ek kry ongelukkig nie kans om 'n skoot te neem nie maar dit is OK. Ek het my veld stappie geniet, geen roofdier spore gekry en 2 bokke vir my moeite.

Donderdag sit ek weer in die hide oor etenstyd. Woensdag het 2 varkies ingekom en ek kon een omdop. Ek het sy maatjie geroer tot op 300m maar te vergeefs. Ek het geen idee hoeveel lead ek moet gee op 'n bewegende teiken nie. Klokslag middag tyd kom draf die verlore maatjie teen die rant van 'n pan al om die waters. Ek weet nie of varke opsetlik die wind werk nie maar na hy my so 120 grade gesirkel het besluit ek nou moet die skoot loop voor hy my reuk in die wind optel. Op so 100m loop die skoot en die vark vlie om met 'n groot vaart al langs die roete waarmee hy ingekom het. Ek herlaai en probeer hom weer onder skoot kry terwyl ek wonder waar ek nou die skoot verbrou het. So 200-300m verder begin die man stadiger draf en gaan staan 'n oomblik. Ek vat die skoot maar dit is bo-oor. Ek het die afstand oorskat. Gelukkig is die man se poeiers op en hy val mors dood neer. By nadere ondersoek was dit 'n perfekte skoot net agter die blaaie. Ek neem aan longe / lewer siende ek nie by was vir die slagwerk nie. Dit is verbasend hoe ver die varke kan hardloop met 'n terminale skoot. Skemer tyd tref die ongeluk my. Ek kwes 'n bok.

Sny spoor Vrydag en kry slegs druppels bloed vir so 300m voor ons dit in die sand verloor. Stap tot en met middag tyd die kamp deur maar kry net gesonde bokke. Besluit om die res van die dag die water op te pas om te kyk of hy nie in kom nie maar niks kom van die kwesbok se kamp af in nie. Terwyl ek 'n worsbroodjie oor middag tyd eet hoor ek iets skuins agter my. Loer by 'n venster uit en daar staan 3 varkies en drink water. Voor ek die vark storie verder vertel, wil ek gou praat oor hoe gejaagd ons lewe is. Ek het dit opnuut besef elke middag as ek 'n broodjie in die veld eet. Gewoonlik wolf ek net my middag ete af. Dit is iets wat jy moet doen om die honger pyn stil te kry sodat jy weer kan verder werk. In die veld is daar niks wat jou aanjaag. Dit was so lekker om kleiner happies te vat en 10 keer te kou soos die dokter sê voor jy sluk. Terug varke toe.

Dit moet die selfde 3 wees wat ons Dinsdag oor 'n pan gesien draf het in die verte maar wat toe nooit water toe gekom het nie. Ek maak die geweer stadig en saggies staan by die venster, stel so bietjie aan die vergroting en besluit om die middelste vark van die 3 eerste te skiet. Kopskoot en die vark val. Die ander 2 vlie weg maar pleks van omkeer na die waterkamp se hek hou hulle aan die binnekant van die draad. Gelukkig is hulle nog jonk en kry nie 'n gat onderdeur die draad gemaak in die anderkanste hoek en ek trek nog een plat. Die ander een maak dit by die hek uit en ek maak weer oorlog agter hom aan tot by 400m maar te vergeefs. Die 400m skoot het my veral die hoenders in want die 400m gong is skaars 40m regs van waar hy gaan staan. Ek besef toe eers na die tyd die scope is nog op 14x zoom wat die elevasie strepie wat ek gebruik 350m maak. Op 10x zoom gooi hy mooi 400m op die selfde strepie. Ja daar was tyd vir speel ook en die ou dunloop 270 lui sommer met gemak daardie 400m gong. Nie oor ek goed is nie, maar omdat ek baie tyd op die baan spandeer. Ek kry agtermiddag kans om nog 2 bokke plat te trek maar nogsteeds geen teken van my kwesbok nie.

Sluit die week toe op 12 bokke en 6 jong varke af. Dit was weereens 'n wonderlike week gewees en wat 'n voorreg om sulke goed te geniet.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: 12 Springbokke en 6 varke

Post by spekieries »

Dankie mooi geskryf ,ek het dit geniet.
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: 12 Springbokke en 6 varke

Post by Jake1 »

Dit was lekker om te lees hier in my kantoor in die gejaagde lewe, dankie en baie geluk. Ek is oorwerk, moeg en het te veel stres, ek kort so iets.

Nooi my saam volgende keer vir n broodjie... ek wil ook só n broodjie rustig geniet.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: 12 Springbokke en 6 varke

Post by ruaanb »

lekkerte!
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2112
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: 12 Springbokke en 6 varke

Post by Supacow »

270 plesier
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
Friedland
Full Member
Full Member
Posts: 197
Joined: Tue Jun 23, 2015 11:53 am

Re: 12 Springbokke en 6 varke

Post by Friedland »

12 springbokke en 6 varke = 1 foto

Ek moet se daai wiskunde klop nie!
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: 12 Springbokke en 6 varke

Post by Chevvy SS »

Watter area is dit dehacked? Lyk vir my soos Kalahari met noenie/witgat agter jou en driedorings?
dehacked
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am

Re: 12 Springbokke en 6 varke

Post by dehacked »

haha, jammer my internet is stukkend.

Dit is in Mariental se area.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
dehacked
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am

Re: 12 Springbokke en 6 varke

Post by dehacked »

Nog 'n paar.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
dehacked
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am

Re: 12 Springbokke en 6 varke

Post by dehacked »

Nog 'n paar.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
User avatar
Springkudu
Hero Member
Hero Member
Posts: 764
Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am

Re: 12 Springbokke en 6 varke

Post by Springkudu »

Lekker man, dankie vir die deel. Geluk met die suksevolle jag
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: 12 Springbokke en 6 varke

Post by THOMAST »

Mooi man.
In die kalahari praat die plaaslike bevolking ook van 'n "Geip" (sp??)jakkals, ook bekend as Aardwolf.
Ali308
Newbie
Newbie
Posts: 21
Joined: Thu Sep 14, 2017 3:20 pm

Re: 12 Springbokke en 6 varke

Post by Ali308 »

lekker en geluk.
GooseMan
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 98
Joined: Thu Oct 12, 2017 10:38 am

Re: 12 Springbokke en 6 varke

Post by GooseMan »

Mooi sessie, geluk
User avatar
neef
Full Member
Full Member
Posts: 135
Joined: Tue Jul 05, 2016 12:06 pm

Re: 12 Springbokke en 6 varke

Post by neef »

lekker vertel, geluk met die reguit skote daar
Deel wat jy weet en jy sal wys word
Ruger Presision 6.5 cm
Sako 308win
Howa 204
Savage 243
coey .22
cz 75 p07 duty
Vektor SP1
Musgrave 12G pomp
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2489
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: 12 Springbokke en 6 varke

Post by Flip Nel »

Baie Geluk, Dankie vir die deel
Post Reply