BWB en Rooibok Karkasse

Post Reply
User avatar
Steppenwolf
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 274
Joined: Sat Jun 21, 2014 5:52 pm

BWB en Rooibok Karkasse

Post by Steppenwolf »

Die volgende diere moet afgehaal word op 6 en 7 Julie 2017. Geslagte karkasse sal beskikbaar wees soos volg:

Blou Wilde Beeste - koeie en bulle R3500
Groot volwasse Rooibokke - ramme en ooie R1300

Hierdie is GROOT volwasse diere en ons kan reel om die geslagte karkasse af te laai gratis in die Wesrand area op die 7de.

Daar kan moontlik ook Kudu Koeie moet afgehaal word - sal die 'post update' indien nodig. Hierdie Kudu karkasse sal ook gaan teen baie billike pryse. Dit is groot volwasse mooi uitgevrete koeie.

Laat weet maar
"the more I practice, the luckier I get'
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5030
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: BWB en Rooibok Karkasse

Post by Frederik »

Dink jy gaan meer belangstelling kry as teen KG verkoop as dier geheel.
User avatar
Steppenwolf
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 274
Joined: Sat Jun 21, 2014 5:52 pm

Re: BWB en Rooibok Karkasse

Post by Steppenwolf »

Frederik as ek die bogenoemde pryse ignoreer, wat sal n billike prys wees per kg, ek't geen idee nie?
"the more I practice, the luckier I get'
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2130
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: BWB en Rooibok Karkasse

Post by Malan123 »

Tussen R25 en R30 per kg is billik dink ek
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5030
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: BWB en Rooibok Karkasse

Post by Frederik »

Billike prys vir Altwee kante sou ek sé R35 per/kg maar die ander sal ook kan praat.

As jou BWB bul oor 100 kg slag kry jy jou geld en meer maar as jy koei skiet wat 80kg uit slag voel die koper darem beter om nie R3500 te betaal nie selfde met die rooibokke ooi slag gemiddeld maar 25-30kg uit en ramme 32-40kg
Last edited by Frederik on Mon Jun 26, 2017 2:42 pm, edited 1 time in total.
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: BWB en Rooibok Karkasse

Post by Jean Marais »

Ek sien die saak so: As jy self gaan jag, kan 'n prys per dier gevra word, alhoewel ek lankal reeds 'n groot voorstander is vir 'n prys/kg.

As die diere reeds gejag is, kan jy niks anders as 'n prys/kg vra nie. Dis wat 'n slaghuis jou ook sou aanbied. Die vraag is nou net hoeveel? Ek sou reken tussen R28 en R32/kg sal regverdig wees.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
Philip_R
Hero Member
Hero Member
Posts: 613
Joined: Tue Jul 23, 2013 12:22 pm

Re: BWB en Rooibok Karkasse

Post by Philip_R »

Ek dink R35/kg is nie slegte prys nie. Dis baie goedkoper as wat n bok mens kos om self te jag as mens al die fooie in ag neem.


Sent from my iPad using Tapatalk
As jy nie iets met "Force" regkry nie, Gebruik jy nie genoeg "Force" nie....
Musgrave 375 H&H,
Howa .308 Win
Krico 223 Rem
User avatar
Steppenwolf
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 274
Joined: Sat Jun 21, 2014 5:52 pm

Re: BWB en Rooibok Karkasse

Post by Steppenwolf »

Dankie manne ek waardeur die terugvoer.

Is bereid om R35/kg te aanvaar vir die Bloues. Vir die Rooibokke en Kudus sal ek maar die vleis, biltong, patties, droe en braai wors van die hand sit na bewerking. Gelukkig is vries geriewe nie n probleem nie.
"the more I practice, the luckier I get'
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: BWB en Rooibok Karkasse

Post by Jake1 »

Hierdie is vleis dis nie jag nie, mens kan nie die twee vergelyk nie.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
Post Reply