Patroon wat nie afgaan nie

Post Reply
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Patroon wat nie afgaan nie

Post by tripodmvr »

Lees hierdie stuk en gee kommentaar asb.

https://www.facebook.com/permalink.php? ... 3234777932
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 960
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Patroon wat nie afgaan nie

Post by OosKaapJagter »

Behalwe dat die ou 'n "breach" verwar met 'n "breech" is dit interressant.

Hierdie klink na 'n frats insident. Ek sou doodeenvoudig die loop in 'n veilige rigting hou en die rondte verwyder. Hy praat van 'n "break neck" aksie, soos 'n haelgeweer s'n. 'n Slotaksie is waarskynlik heelwat veiliger as so frats sou gebeur.
As 'n mens so wou oorreageer oor 'n rondte wat nie afgaan nie, moet jy dalk net kussings om jouself pak voordat jy skietbaan toe ry of terug huis toe. Baie meer ongelukke gebeur op die pad.

Dalk maar 'n kevlar helm ook opsit, want dalk tref 'n meteoriet jou teen die kop.

Sy voorstel om nie met maksimum ladings te speel nie, is sinvol. Dit is goed om altyd so bietjie ruimte te laat vir die onvoorsiene.
User avatar
Willie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 460
Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm

Re: Patroon wat nie afgaan nie

Post by Willie »

Wat stel julle voor.

Hoe sal mens met 'n "slot" geweer die patroon veilig uit die kamer kry ?

En hoe sal mens te werk gaan om die dop weer te herlaai ?
User avatar
Willie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 460
Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm

Re: Patroon wat nie afgaan nie

Post by Willie »

Die ou mag nou wel versigtig wees met die uit haal van die patroon maar ek dink nie hy moet die punt wat vas sit in die loop met 'n laer landing uit skiet nie. Of wat dink julle ?
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2486
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Patroon wat nie afgaan nie

Post by Flip Nel »

Ek sou net altyd seker maak beide kante is in 'n veilige rigting, gelukkig het al die duds waarmee ek te doen gekry het geweier om af te gaan.
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Patroon wat nie afgaan nie

Post by Jake1 »

Die algemene reel in so geval is om 30 sekondes te wag en beslis nie langer as n minuut nie. Dit het gebeur n paar minute nadat sneller getrek is. As n rondte na n minuut nie afgevuur het nie beskou ek nog altyd die rondte as veilig (miskien verkeerdelik) Die skroewedraaier het dus die slagdop geaktiveer...? Ek dink daar het meer gebeur as wat dit blyk, miskien het hy onwetend in die donker op die slagdop gedruk en of kap. As sy stelling waar is dat die slagdop afgegaan het deur nie eers aan hom te raak nie en net aan kant van dop sou mens baie meer gehoor het van soortgelyke rondtes wat afvuur as hulle net val. Dus dink ek feite soos weergegee is nie 100% korrek of duidelik nie.

Ek sou beslis nie al die veiligheidsmaatreels toegepas het soos hy het nie....

Die feit dat hy koeel onveilig verwyder het met verlaagde lading asook verwysing na maksimum ladings is sekonder tot die punt van bespreking/belang. Die punt in geskil is hoe maklik kan n slagdop afvuur na meer as n minuut nadat hy nie afgegaan het as slagpen hom reeds geslaan het. Dis maar hoe ek dit sien.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
dehacked
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am

Re: Patroon wat nie afgaan nie

Post by dehacked »

Soos ek verstaan is patroon verwyder met verlaagde lading baie onveilig. Wat seg die slim mense?
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
User avatar
likweD
Full Member
Full Member
Posts: 147
Joined: Mon Apr 13, 2015 9:32 pm

Re: Patroon wat nie afgaan nie

Post by likweD »

Stem saam dis 'n onveilige situasie wat verkeerd kan uitdraai maar die beskrywing is oor dramatiseer na my sin..
Miskien vir perspektief wil die lede wat van somme hou bereken hoeveel spoed kon die dop opbou in die tyd wat dit die kamer verlaat het en hoeveel kruit nog tipies sal ontbrand, is mos maar selfde as 'n loop so lank as wat die dop is en 'n projektiel massa ekwivalent aan die dop massa..?

Groete,

Halvar

Sent from my SM-P605 using Tapatalk
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Patroon wat nie afgaan nie

Post by Alwin »

Ek sukkel maar om iemand ernstig op te neem as hy nie eers die verskil tussen 'n "breech" en 'n "breach" ken nie. En dan "rap" die handdoek nog om sy nek. Die geraas moes hom seker rasend gehad het. Ek wonder of die "rapper" se lawaai nie die "dud" rondte afgesit het nie.
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Patroon wat nie afgaan nie

Post by Jake1 »

Ek wag nog heeltyd vir oom Tripod se kommentaar.... :confused:
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
Post Reply