Die verkeerde kant van die druk spektrum

Post Reply
User avatar
finch
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm

Die verkeerde kant van die druk spektrum

Post by finch »

Hier pos het my bietjie laat dink:

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... 42#p664942

Ek wonder hoeveel van die forum manne het ook al aan die verkeerde kant van die druk spektrum geskiet? Of het n "vriend" wat maks druk oorskry het en die geweer of persoonlik skade opgedoen het?

Ek het darem nog net n vriend se vriend (wat ek darem nie eintlik ken nie) wat met n geweerslot in sy gesig gesit het na n skoot. Gelukkig is ek by nature n versigtige persoon, maar enige iemand kan seker n voetfout maak op enige dag.

Ek hoor graag of daar n paar intressante stories is.
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Die verkeerde kant van die druk spektrum

Post by Jake1 »

Ek volg hierdie onderwerp dit sal interessant wees om te hoor
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
finch
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm

Re: Die verkeerde kant van die druk spektrum

Post by finch »

Kom ek breek maar die ys met n storie baie nader aan die huis.

Ek was so paar jaar gelede op n bakkie jag in kalahari. Op die bakkie was daar 270 en n 7mm en op een of ander manier (seker daai voetfout waarvan ek in eerste pos gepraat het) beland daar n 270 rondte in die 7mm. Nodeloos om te se was die skoot mis en eers toe die dop nie wou extract nie het ons agtergekom hier is moeilikheid. Die betrokke persoon is nie gemaklik met wapens nie, hy was al by vorige jag voorsitter van die halfmaan brigade plus hy dra die letsel om daarvan te getuig. So dis seker maar almal op daai bakkie se skuld wat hom nie mooi dop gehou en reg gehelp het nie. Maar dit kon so maklik anders uitgedraai het as hy n 7mm rondte in die 270 gesit het...
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Die verkeerde kant van die druk spektrum

Post by THOMAST »

Ok, hier is my storie.
In die 1990s koop ek Hornady koeëls vir my 7mm08- 139gr met sulke platpunte. Nou hierdie platbek koeëls was spesifiek geproduseer om herlaai te word in "Lever Action"gewere, waar die patrone in 'n buis onder die loop gebêre word, sodat die skerp punt van een patroon nie die slagdoppie van die daaropvolgende patroon sal ontsteek nie.
Blykbaar was daar nie 'n groot aanvraag vir die tipe koeëls nie en ek kon hulle toe kry vir 'n belaglike prys. Dog ek sou hulle kon gebruik tydens klub jaggeweer kompetisieswaar ons nie verder as 200m skiet nie.
Kry toe 'n lading baie na-aan die gewone 139gr Interlock lading en spoed lyk naby aan die Interlocks se spoed. Onthou, hierdie is VQL - Voor Quickload. Ek druk die patrone een-een in die kamer en alles lyk goed. Die lug is sommer blouer, want ek kom reg met 'n bargain koeël.
Ek skiet hulle toe tydens die volgende kompetisie. Laai patrone in die magasyn.
Nou wanneer jy teen tyd skiet, verander jou prioriteite effens. Tydens een oefening voel ek die patroon steek effens vas. Met 'n bietjie geweld kan jy jou vinger in jou h*l afbreek. Ek DRUK hom in en toe ek die skoot aftrek weet ek daar is fout. Rokie trek uit aksie uit en ek kon nie die slot oopkry nie.
Het maar onttrek van die skietpunt en het die slot oopgekap het die houthandvatsel van 'n swaar hamer.
Daai dop se basis in binne-in die slotgesig van die Remington in ge"swage" en is eindelik met groot gesukkel verwyder.
Post Mortem
Wat toe gebeur het is dat die plat punt vasgehaak het voor die kamer en toe ek hom met entoesiasme toedruk, is die hele koeël dieper in die dop gedruk, wat toe die binne volume van die patroon verklein het en drukking dramaties verhoog, om dit op 'n mooi manier te sê.
Het maar daai platbek koeëls weggegooi.
Ek het nie met die leeu se knaters gespeel nie, my middelvinger was ingedruk by die leeu tot daar waar die son nooit skyn nie. :-[
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Die verkeerde kant van die druk spektrum

Post by tripodmvr »

Ek het teen 'n weggee prys 'n klomp PMP 170gr 7x64 ammunisie gekry by 'n mede SA Jagter lid. Dit was baie akkuraat uit my geweer en net soos Thomas was ek besig met drie vinnige skote op 50meter toe die 2de rondte halstarrig. Geweld gebruik en die skoot gevuur. Daar sit die slot vas in die geweer. Met verdere geweld die slot oopgekry en met 'n stok van voor die dop uitgestamp. Dit blyk toe 'n 270 dop te wees. Tussen die fabrieks ammo was daar herlaaide 270 patrone.

Die storie het egter 'n stertjie. Die volgende naweek is ek en 'n vriend na sy plaas en hy vra toe dat ek 3 rooibokke vir werkers rantsoen moet skiet. Gebruik toe my 7x64 met die laaste van die PMP ammo. Kry 'n trop rooibokke en ek agtervolg hulle. Die ram bly agterlangs en toe ek die kans kry gee ek hom pakslae. Hy hardloop egter weg en ek kry net bietjies bloed. Roep my vriend oor die radio om die honde te bring, maar voor hy daar kom kry ek toe die dooie bok. Wat ek toe egter uitvind is dat die dop nie uitgetrek word nie en toe sien ek eers dat die P14 se uittrekker afgebreek het.

Die middag is ek uit om 2 ramme te gaan soek wat ons in die een hoek van die plaas gekry het en toe al vir 'n ruk daar hou. Ver van die hoek het ek afgeklim en begin stap met die 7x64 en 'n skoonmaakstok as dopverwyderaar - 'n moderne voorlaaier. Nie lank of ek kry die 2 rooibokramme en jou wragtig hulle kom in my rigting aangeloop. Wag hulle in en toe die een so op 50m gaan staan, klop ek hom en hy val net daar.

Die ander een weet nie vanwaar geskiet is nie en hardloop na my toe en stop op so 30m van my af. Ek was in 'n effense duikie en het toe met die proses begin om geluidloos die slot oop te maak, die dop uit te tik en weer te herlaai. Ek was baie gelukkig toe die ram ook met een skoot omdop.

Ek het klasgeld betaal en moes 'n nuwe uittrekker aankoop. Gelukkig nie te kwaai koste gewees nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
finch
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm

Re: Die verkeerde kant van die druk spektrum

Post by finch »

Gelukkig het oom tripod die skoonmaak stok byderhand gehad. Toe die 270 dop in die 7mm vassit was die enigste tool tot ons beskikking die bakkie radio se antenna. Die moes ons van voor in die loop op druk om die dop uit te kry. Was seker nie goed vir die geweer/loop nie maar dit was dit of ons jag dag was verby sonder dat daar eers een bok saam bakkie ry nie.
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 960
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Die verkeerde kant van die druk spektrum

Post by OosKaapJagter »

Ek het hierdie gesien op 'n Amerikaanse forum. As 'n man nie wakker is nie, verander jou geweer in 'n pypbom. Iemand het 'n .308 rondte probeer afvuur in 'n Musgrave enkelskoot wat gekamer was vir 'n .25-06. Na bewering het die skut dit nie oorleef nie.
https://thefiringline.com/forums/archiv ... 74858.html

Hier is 'n foto van die insident so 1/3 van bo af op hierdie bladsy:
https://www.msgo.com/threads/kaboom.30716/
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1843
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Die verkeerde kant van die druk spektrum

Post by LoopSoosStroop »

Het julle die foto gesien van die geweer wat by Irene skietbaan opgeblaas het Saterdag?
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Die verkeerde kant van die druk spektrum

Post by Jake1 »

Ooskaapjagter, dis interessant om te sien hulle wil Musgrave die skuld gee... Ek het nie geweet Musgrave het so lank terug gewere gebou in 25-06 nie, miskien was dit n spoeg en plak geweer.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Die verkeerde kant van die druk spektrum

Post by tripodmvr »

LoopSoosStroop wrote:Het julle die foto gesien van die geweer wat by Irene skietbaan opgeblaas het Saterdag?
Plaas dit as jy dit het asb.?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Die verkeerde kant van die druk spektrum

Post by Wouter Roets »

Manne

Ralph Badenhorst Snr het ook amper sy lewe so rukkie terug verloor toe n skut se geweer so entjie van hom af weg ontplof het by n skietbaan. Mense besef nie hulle droogmaak of foute kan hulle mede skuts/jagmaats se lewe ook nog kos.

Groetnis
Wouter
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1843
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Die verkeerde kant van die druk spektrum

Post by LoopSoosStroop »

tripodmvr wrote:
LoopSoosStroop wrote:Het julle die foto gesien van die geweer wat by Irene skietbaan opgeblaas het Saterdag?
Plaas dit as jy dit het asb.?
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=31&t=58504
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1519
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Die verkeerde kant van die druk spektrum

Post by swc-tr »

OosKaapJagter wrote:Ek het hierdie gesien op 'n Amerikaanse forum. As 'n man nie wakker is nie, verander jou geweer in 'n pypbom. Iemand het 'n .308 rondte probeer afvuur in 'n Musgrave enkelskoot wat gekamer was vir 'n .25-06. Na bewering het die skut dit nie oorleef nie.
https://thefiringline.com/forums/archiv ... 74858.html

Hier is 'n foto van die insident so 1/3 van bo af op hierdie bladsy:
https://www.msgo.com/threads/kaboom.30716/
Onwaar, daardie skut is spring lewendig en gesond, maar sekerlik baie wyser...................... Predator kom in asb.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
Post Reply