Ek worstel nou al so drie weke met die teorie:
Ek sukkel die afgelope 2 tot 3 maande om jakkalse ingeroep te kry, of dat hulle op ons plaas my antwoord.
Vertel ek toe vir n gesoute boer by die 60 jaar oud, en n ou wat al vir baie jare jakkalse bestry, dat ons plaas redelik skoon van jakkalse is. Dat elke keer as ek uitgaan, geen jakkalse my op ons plaas my antwoord nie, maar wel vanuit die buurplase.
Hy kyk my so snaaks aan en antwoord my as volg:
Dis waarskynlik jou eie jakkalse wat jou uit buurplase antwoord. Jakkals se kind is nou op honeymoon (paartyd) en as hy enigsinds onraad vermoed, (ligte, jakkalsroepe, voertuie, ens) vat hy sy wyfie en maak gatskoon. Hy wil nie he n ander jakkals moet naby sy wyfie kom nie. Hy sal eers antwoord as hy dink dis veilig.
Ek was verbaas, want ek het dit nie geweet nie.
Twee weke terug gaan ek op Somerset Oos koedoes jag, en elke oggend so half ses, sit ek op die stoep en luister na die jakkalse. Ek en die oom gesels daaroor en hy moedig my aan om hulle die volgende oggend te gaan probeer, want my jakkalstoerusting is altyd byderhand, geweer ingesuit.
Dis amper volmaan en ek gaan toe die volgende oggend om drie uur uit, want dan is die maan donker.
Nog besig om alles uit te sit en drie jakkalse tjank reg rondom my.
Kry als reg, begin roep, en na n uur en half, nog geen oog nie.
Besluit om nader te skuif in die rigting vanwaar een vroeer geskree het, terwyl ek besig was om op te stel.
So 800m verder, stop ek, gaan sit my roeper uit, en terwyl ek by die roeper is skree jakkals se kind binne 100m van my af.
Ek vlie daar op, en pak uit bakkie toe, sommer so in die donker. Groot fout, want ek mo@r neer in n ertvakgat, keps en koplig soek iewers tussen die bossies. Weer op en bakkie toe.
Nou is ek reg vir die d@nner. Einde van die storie, hy antwoord my later, as dit dieselfde een is, seker 500m verder.
Toe is als oor en dit begin lig word.
Is die storie van die ou boer en jakkalsjagter dalk waar, of is ek net te treurig om my vriend se jakkalse te uitoorle.
Ek het soos n pop gevoel, want sy seun was heelnag by, en het seker vir sy pa gese: Nee wat Pa, daai ou is g'n jakkalsjagter, ons moet maar gif uitsit.
Nog n jakkals teorie?
- Kubus
- Full Member

- Posts: 245
- Joined: Sat Jul 05, 2014 10:44 am
Nog n jakkals teorie?
30-06 Winchester Model 70 AI
30-06 Musgrave
223 CZ
.22 Bruno
Born to Hunt - Were forced to work - Now a pensioner
Reino Gerber
30-06 Musgrave
223 CZ
.22 Bruno
Born to Hunt - Were forced to work - Now a pensioner
Reino Gerber
- pieter h
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm
Re: Nog n jakkals teorie?
Kubus op ou end is dit geduld,geduld........en dinge reg doen.Het self baie aande verniet uit gegaan,maar geweet hul is daar.Dan een aand draai dinge en kom hul in.Soms maak ou foute en jy betaal daarvoor.Oor teorieë kan mens seker vir ewig aan gaan.Wat my betref is wynig tot geen plase sonder jakkalse.Groete Pieter
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Witlomu
- Newbie

- Posts: 44
- Joined: Mon Apr 04, 2016 12:34 pm
Re: Nog n jakkals teorie?
By wie in somerset het jy gejag Kobus? Ek wag nou al n maand, en dink ek gaan nog n maand wag voor ek weer uit gaan. Hulle vang gelukkig nie nou te veel nie, ek glo maar dit is laasjaar se 4 dragtgige tewe wat die getalle bietji minder hou. Maar daar is verseker jakkalse, ek sien gereeld spore eni honde jaag hulle so nou en dan. Maar dt is mos nou moeilike tyd, so ek volg nou maar die gesoute manne se raad en wag maar tot moeiliketyd bietji opklaar. Ek het verledejaar (my eerste jaar van roep) fout gemaak om die tyd te probeer roep, en deur hardkoppigheid het ek jakkals roepe gespeel in tye wat ek eder net saggies hasie met groot tussenpouses...en dt het my lewe moeilik gemaak toe dit maklike tyd word, want toe is hulle slim. Ek sal einde julie kan se of my plan gewerk het of nie, maar dit is seker hor mens leer.
.30-06 CZ 550
Mute Silencer
Leupold VXR 4-12 x 50 Firedot
Foxpro Inferno - Foxjack 5
.243 Win Howa SS HB
ATN X Sight 2 5-20×
Mute Silencer
Leupold VXR 4-12 x 50 Firedot
Foxpro Inferno - Foxjack 5
.243 Win Howa SS HB
ATN X Sight 2 5-20×
- Kubus
- Full Member

- Posts: 245
- Joined: Sat Jul 05, 2014 10:44 am
Re: Nog n jakkals teorie?
Witlomu,
By oom Petrus Strydom en sy seun Hermanus, vir die afgelope 15 jaar al
Weet nie of jy hulle ken nie.
Boer daar langs Rocco Gouws
Jag Groete
By oom Petrus Strydom en sy seun Hermanus, vir die afgelope 15 jaar al
Weet nie of jy hulle ken nie.
Boer daar langs Rocco Gouws
Jag Groete
30-06 Winchester Model 70 AI
30-06 Musgrave
223 CZ
.22 Bruno
Born to Hunt - Were forced to work - Now a pensioner
Reino Gerber
30-06 Musgrave
223 CZ
.22 Bruno
Born to Hunt - Were forced to work - Now a pensioner
Reino Gerber
- Witlomu
- Newbie

- Posts: 44
- Joined: Mon Apr 04, 2016 12:34 pm
Re: Nog n jakkals teorie?
Ek weet van hulle maar my pa ken hulle, ons het een jaar vir hulle n jackrusseltji gegee weet ek. Julle toe iets gekry die jaar? Ons boer nie ver van hulle af nie maar meer somerset se kant toe.
Groete
Groete
.30-06 CZ 550
Mute Silencer
Leupold VXR 4-12 x 50 Firedot
Foxpro Inferno - Foxjack 5
.243 Win Howa SS HB
ATN X Sight 2 5-20×
Mute Silencer
Leupold VXR 4-12 x 50 Firedot
Foxpro Inferno - Foxjack 5
.243 Win Howa SS HB
ATN X Sight 2 5-20×
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Nog n jakkals teorie?
Naand manne,
Ek vind hierdie post baie interessant en het bietjie by ons interne jakkalsfundi Louis Potgieter gaan aanklop oor sy opinie en sieninge oor die teorie en jakkals gedrag die tyd vd jaar. Ek plaas dit graag hier sodat ons ander dalk iets hieruit kan byleer.
Dankie Louis vir 'n goeie skrywe.
Wat die manne beskryf is redelik kenmerkend van hierdie "seisoen". In my geweste hang sukses maar baie af van hoe goed my huiswerk vooraf doen, hierdie tyd van die jaar. My strategie nou is om soveel moontlik te probeer uitvind oor 'n spesifieke stel jakkalse of die nuwe intrekkers, voor ek hulle aanvat. Verskillende jakkalse reageer verskillend op die oomblik .... daar is wat my aanbetref nie een goue resep wat nou vir alle jakkalse werk nie. Sommige jakkalse gaan sku wees vir jakkalsroepe en ander gaan jy weer sukkel om te uitoorlê sonder jakkalsroepe. Ek het bv gistraant 'n ou reun geskiet met net jakkalsroepe ... terwyl my stategie weer heel anders is met jong intrekkertjies. Baie keer moet man maar raai wie is wie, maar jy moet 'n plan hê. Ek glo nie die storie dat jakkalse hulle goed vat en na 'n ander plaas trek nie, as jy 'n jakkalsroep speel nie. Hul kerngebied, is hul kerngebied.
Die gevaar nou is om tè desperaat te raak as hulle nie wil inkom nie. Jy kan dinge vir jou self beduiwel vir later die jaar. Ek probeer maar nuuskierigheid prikkel in hierdie tyd en dit kan op 'n klomp maniere gedoen word (met jakkalsroepe/klanke of daar sonder). Jou staanplekke t.o.v. die jakkalse se kerngebied is nou ook belangriker as in die "sosiale" seisoen. Jakkalsroepe gaan nou amper uitsluitlik werk in of naby die kerngebied ... hulle sal jou wel antwoord, maar nie inkom, indien jy te vèr uit hul gebied staan en roep.
Rooi ligte moet ook vir jou aangaan as die jakkalse begin "tjank" terwyl jy jou roeper uitsit (soos een ou dit stel) .... maar daar is maar 'n klomp dingetjies wat saamgaan met hierdie tyd van die jaar se roepery. Wat ek normaalweg doen as ek 1 of op die meeste 2 keer onsuksesvol is, is om te wag dat die seisoen draai en hulle dan weer aan te vat.