20 MOA rail en 100m zero
- Swede
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am
20 MOA rail en 100m zero
Ek wil graag 'n 20 MOA rail op my Sako sit saam met my Rudolph V1 6-24x50. Ek wil ook graag 'n bietjie verder begin skiet maar die kanse hier waar ek bly is maar skraal. Die verste op die oomblik is maar 300m waar ons die tabelle skiet. Daar is miskien kans dat ek op geleentheid hier by die 500m en verder kan gaan skiet as my planne uitwerk. Nou my vraag is die volgende, is dit raadsaam om hierdie rail op te sit as ek meeste van die tyd net 100-300m gaan skiet, ek lees op ander plekke dat as jou geweer op 100m ge-zero is en jy gebruik dit hoofsaaklik op daai afstand jy onnodige spanning op die erector buise plaas.
And as thy days, so shall thy strength be
-
Riebeeker
- Hero Member

- Posts: 603
- Joined: Fri Oct 25, 2013 10:28 am
Re: 20 MOA rail en 100m zero
Ek weet maar min, maar volgens my is die totale interne verstelling 70MOA op jou teleskoop. Kom ons sê die fabriek het die teleskoop op min of meer die helfte van die beskikbare MOA verstelling op 100m gekalibreer. Dit beteken jou het nou net 35 MOA opwaartse verstelling oor - en dus jou oënskynlike behoefte om 'n 20MOA rail op te sit.
Selfs met my gradeboog kaliber het jy minder as 15MOA opwaartse verstelling nodig om by 500m uit te kom. Los die 20MOA rail tensy jy ver anderkant 700m wil gaan kuier. Jy gaan eers uit opwaartse verstelling hardloop by meer as 850m.

Remington 700 .308 SPS, Remington 700 .260 en Remington 700 .223 VSF
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: 20 MOA rail en 100m zero
Riebeeker slaan die spyker op sy kop.
Los die 20 MOA basis vir wanneer jy 'n kode voor die nommer moet "bel".
Los die 20 MOA basis vir wanneer jy 'n kode voor die nommer moet "bel".
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Swede
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am
Re: 20 MOA rail en 100m zero
Riebeeker wrote:Ek weet maar min, maar volgens my is die totale interne verstelling 70MOA op jou teleskoop. Kom ons sê die fabriek het die teleskoop op min of meer die helfte van die beskikbare MOA verstelling op 100m gekalibreer. Dit beteken jou het nou net 35 MOA opwaartse verstelling oor - en dus jou oënskynlike behoefte om 'n 20MOA rail op te sit.
Selfs met my gradeboog kaliber het jy minder as 15MOA opwaartse verstelling nodig om by 500m uit te kom. Los die 20MOA rail tensy jy ver anderkant 700m wil gaan kuier. Jy gaan eers uit opwaartse verstelling hardloop by meer as 850m.
Dit maak nou vir my baie sin, dankie vir julle wysheidGawie(13mm) wrote:Riebeeker slaan die spyker op sy kop.
Los die 20 MOA basis vir wanneer jy 'n kode voor die nommer moet "bel".
And as thy days, so shall thy strength be
- JacquesT (Stompe)
- Hero Member

- Posts: 948
- Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm
Re: 20 MOA rail en 100m zero
Hi Riebeeker,Riebeeker wrote:Ek weet maar min, maar volgens my is die totale interne verstelling 70MOA op jou teleskoop. Kom ons sê die fabriek het die teleskoop op min of meer die helfte van die beskikbare MOA verstelling op 100m gekalibreer. Dit beteken jou het nou net 35 MOA opwaartse verstelling oor - en dus jou oënskynlike behoefte om 'n 20MOA rail op te sit.
Selfs met my gradeboog kaliber het jy minder as 15MOA opwaartse verstelling nodig om by 500m uit te kom. Los die 20MOA rail tensy jy ver anderkant 700m wil gaan kuier. Jy gaan eers uit opwaartse verstelling hardloop by meer as 850m.
Ek wil graag my siening met jou deel.
As 'n man op 500m begin kuier, is dit nie lank voor hy verder en verder beweeg nie. As jy jou oe uit vee is jy op 1000m. Nou vir my gaan die ekstra elevasie nie net oor die gemaklikheid daarvan om jou scope se turrets by 1000m uit te kry nie, maar die gemaklikheid om weer terug op jou zero te kom. Dit het al menigde kere met vele skuts gebeur dat wanneer hulle hul teleskope weer moet zero dat jy hom sommer een volle rotasie te veel gee. Met my persoonlik het dit op my heel eerste ALRHA shoot gebeur. Nou op jou volgende afstand kan jy nie verstaan hoekom skiet jy so ver voor die teiken teen die grond vas nie. Nou nie almal van ons het teleskope met 'n zero stop funskie nie, en gebruik ek nou dus die ekstra elevasie om amper as 'n zero stop te werk.
Toe ek nog die Rudolph T1 op my Creed gehad het, het ek 'n 20MOA rail en 'n adisionele 25MOA se inserts in my Burris XTR signature ringe gehad. Dit het my gelos met 'n 100m zero en 'n ekstra 6MOA onder toe tot dat my turrets onder vasgeskop het. So om nou 33MOA aftekom van my 1000m verstelling het ek hom net gedraai dat my turrets onder vas slaan, en dan my ekstra 6MOA op tot op my 100m Zero.
Groete,
Jacques Theron