Maandag - middag in die rooisand...

Post Reply
User avatar
Ben Remington
Hero Member
Hero Member
Posts: 589
Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm

Maandag - middag in die rooisand...

Post by Ben Remington »

Hartlike goeie naand...

So is dit weer 'n nuwe week met nuwe geleenthede. Ek was gister middag so teen 14h00 trug in die jagveld met die son sommer lekker warm vir die tyd van die jaar. Ek wou graag 'n blouwildebeesbul skiet en na so twee ure het ek hulle omkant gevang in 'n oop kol tussen dik bos en kameelbome. Ek het in die skaduwee gestaan onder 'n kameelboom lekker styf teen die stam , die bokke was lekker rustig , party het gelê en die ander het gestaan. Net toe ek lekker op my gemak was het 'n rooibokram my gesien wat in 'n Wag -'n -Bietjie gestaan het , met sy kenmerke geluid as gevaar dreig was al die beeste dadelik op hulle voete en onrustig, ek kon net een groot bul sien in die trop en het toe besluit op 'n lekker groot koei...sy het skuins na my gestaan en my dooierus was goed...die Sierra GameKing is presies op die regte plek in en die trop het begin hardloop...ek het so 10 minute gewag en kon geen bloed kry nie en het vir Ruger losgemaak en so 60 meter verder het hy die koei gekry...met die afslag het ek gesien die punt is in die middel van die hart in. Op pad terug na my bakkie het ek 3 gemsbokke sien staan , almal dieselfde grootte , hulle was op so 170 meter en ek het geskiet en sommer met die wegtrek het die bok die bosse begin stamp en vooroor geval. By die bok gekom het ek gesien dis nog 'n baie jong bul , maar die vleis is sag. Die son het vir my gesak met die kenmerkende geluid van tortelduiwe wat aankondig die dag is verby en duikers wat nog aan die skadukant van bosse staan.

Groetnis

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170612_151958mmmmm_zpsflkpfjqn.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170612_170402mmmmmm_zpsveqkwgvx.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170612_170448mmmm_zpsfjlilhpz.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170612_174653mmmm_zpsjshpzjkx.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170612_174806mmmm_zpstpmv9fyg.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170612_174842mmmm_zpsb53cdoy7.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170612_143309mmmm_zpsclm6kvsd.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170612_170407mmmm_zpsd1mllw6g.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170612_164531mmmm_zps9fzkvovr.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170612_164725mmmm_zpsd7ajqsvd.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170612_164025mmmm_zpsnkdlywhd.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170612_172151mmmm_zpssufnfxpm.jpg
User avatar
fdt
Newbie
Newbie
Posts: 31
Joined: Tue May 22, 2012 4:56 pm

Re: Maandag - middag in die rooisand...

Post by fdt »

Well done!
Baie mooi fotos.

Groete,
F
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Maandag - middag in die rooisand...

Post by joe rocket »

Lekker Ben! Die malbees met die gras is n baie mooi foto.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Blouwdraad2
Full Member
Full Member
Posts: 150
Joined: Mon May 18, 2015 8:47 pm

Re: Maandag - middag in die rooisand...

Post by Blouwdraad2 »

Jissie man dit lyk nou lekker!
Fotos is regtig top klas.

Karoo Groete



Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Maandag - middag in die rooisand...

Post by ruaanb »

netjies Ben!

Sent from my SM-G900F using Tapatalk
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Maandag - middag in die rooisand...

Post by Pvdw »

Ben ek weet nie of jy dit besef nie maar daai brakkie van julle is vir my al net so deel van julle jagte soos jy en jou seun. Ek soek hom elke keer as jy fotos plaas en is nooit teleur gesteld nie. Dis die tipe jagmaat wat julle vir nog jare gaan onthou daai. Weereens, puik fotos.
koos 2
Hero Member
Hero Member
Posts: 734
Joined: Tue Mar 18, 2014 5:01 pm

Re: Maandag - middag in die rooisand...

Post by koos 2 »

baie dankie vir die deel.
Wel gedaan
User avatar
neef
Full Member
Full Member
Posts: 135
Joined: Tue Jul 05, 2016 12:06 pm

Re: Maandag - middag in die rooisand...

Post by neef »

Geluk met jou mooi skote, ek sal eerder daar wou wees as by die werk. lekker
Deel wat jy weet en jy sal wys word
Ruger Presision 6.5 cm
Sako 308win
Howa 204
Savage 243
coey .22
cz 75 p07 duty
Vektor SP1
Musgrave 12G pomp
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Maandag - middag in die rooisand...

Post by tripodmvr »

Dankie vir die mooi natuurtonele. Die wereld lyk baie mooi.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Springkudu
Hero Member
Hero Member
Posts: 764
Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am

Re: Maandag - middag in die rooisand...

Post by Springkudu »

Lekker, Geluk!! Mooi fotos
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
User avatar
Ben Remington
Hero Member
Hero Member
Posts: 589
Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm

Re: Maandag - middag in die rooisand...

Post by Ben Remington »

Baie dankie...ek het die Kalahari die laaste 24 jaar nog nie so mooi gesien nie....

Groetnis
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2489
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Maandag - middag in die rooisand...

Post by Flip Nel »

Baie mooi dankie vir die deel
User avatar
Ashley
Hero Member
Hero Member
Posts: 1046
Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm

Re: Maandag - middag in die rooisand...

Post by Ashley »

Baie mooi fotos Ben.
Groete

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
Basjan123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 450
Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm

Re: Maandag - middag in die rooisand...

Post by Basjan123 »

Hallo Ben.......jy maak my maag draai as ek jou foto's so sien , en ek moet in die kantoor sit !!! Baie mooi foto's
FrancoisW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 295
Joined: Mon Dec 09, 2013 2:48 pm

Re: Maandag - middag in die rooisand...

Post by FrancoisW »

Mooi fotos. Like daai brakkie baie.
375 Truvelo,30-06 Sabi Mauser, 243 Howa, .22 Brno Model 2
12Br Antoni Zoli S/S
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Maandag - middag in die rooisand...

Post by win270 »

Ben, jy, jou seun en jou brak moet nou begin films maak! Mooi man!


Hoe goed werk daardie 3-poot skietstok vir julle in die veld?
User avatar
Ben Remington
Hero Member
Hero Member
Posts: 589
Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm

Re: Maandag - middag in die rooisand...

Post by Ben Remington »

Win270...

Ek en Myburgh sal sukkel met die films...ons engels is hopeloos.;D

Ek het gevind hulle is soms effe lomp as mens man alleen is....as jy ñ maat het wat hulle vinnig kan oopslaan sal die stokke goed werk....aan die anderkant het ek hulle al bemeester so op my eie...om jou vraag te beantwoord ...die stokke werk 100 persent en mens kan goeie lyfskote skiet met hulle op redelike lang afstande....ek skiet gemaklik tot op 200m met hulle.

Groetnis
Post Reply