Soos ons almal hier op die forum is dit maar altyd lekker om n nuwe geweer te kry maar dis
darem net soos daai eerste slukkie Red Heart na 'n lang dag as hy skiet soos jy hoop ook!
Wil graag my eerste skote uit my nuwe roer deel.
Ekt laasjaar lank gedink om vir my 'n LR geweer te koop. Ek het al my 1000-2000y met 264wm en 300wm
geskiet wat ook my jaggewere is. So het ek tussen 338lm en nog n 300wm gespring. Ek en Kaptein het lank oor die gepraat
en hy het gese dat die 338 te duur gaan uitwerk..(meeste van ons het maar gewoonlik n budget vir dit). So het ons gesels oor
7mm calibers. En daar het my kop gedraai. Ek het sterk na die 284win begin kyk maar het gesien ek redelik moes custom gaan vir dit en ek was nie lus vir al die papierwerk en wag nie. So het ek na fabrieksgewere begin kyk met regte twist natuurlik. Ek wou niks ligter as n 180gr punt skiet nie. Daar is nie baie fabrieks gewere met so twist nie so ek was redelik beperk. Ek het toe op Rem700 Long Range 7RM besluit. Wat glad nie n probleem is nie omdat ek n groot Big Green fanboy is..
http://i1287.photobucket.com/albums/a631/pinkes13/Mobile%20Uploads/D9352252-3B2B-4405-805C-12ACDDA74FE7_zpsdedio2ji.jpg
Ek het besluit om hom te koop en dan net te herkamer na 7Rem SAUM omdat die boltface dieselfde sou bly. Weet daar was baie gese oor die kaliber wat flavour of the month was..maar dis al wat vir my sin gemaak het om die werkverrigting te kry wat ek soek sonder om ‘n hoop kruit te brand ook nie.So geweer gekoop en na goedkeuring na Chrisjan gevat vir herkamer.Daar het hy ook klaar vir my draad gesny vir kd.
Ek het nog verdere 3maande gesoek en gewag vir doppe vir die nuwe roer. Intussen kon ek hom pak en scope op sit en alles koop wat ek kort om te herlaai vir hom. Ek het 180gr Hybrids sterk oorweeg maar kon nie die prys van oor R1000 regverdig nie. So was hornady volgende op die lys.maar kon nie van die nuwe ELDM kry nie. So het ek toevallig op Sierra se 180gr Matchkings afgekom. Ek het toe begin kyk na hul BC en was heel tevrede. En ek kon ‘n klomp koop vir oudvoorrad prys ,R479!!
Woensdag ontvang ek my doppe vanaf Henk.En was natuurlik soos n kind gewees toe ek uiteindelik kon skiet.
Ek het dadelik na werk gou 5 patrone gelaai om spoed te kry en van daar aft e kan werk. Na die eerste 5skote het ek gesien die lyk heel belowend.
http://i1287.photobucket.com/albums/a631/pinkes13/Mobile%20Uploads/CE880F7B-872E-4731-854B-EF98B4D09B15_zpsssaaprih.jpg
Ek het woensdagaand op QL gespeel en gesien dat ek 2 nodes sou kon skiet. Op 2710fps en 2820fps.
Na gesprek met Ben het hy ook aanbeveel dat laer node miskien sal werk omdat ek die geweer nou baie gaan skiet en nie nodig het om spoed te jaag omdat dit bekende afstande is en ‘n man wil nie lope heeltyd vervang nie. So het ek besluit om gou node te kry en tpl verstellings te maak.
http://i1287.photobucket.com/albums/a631/pinkes13/Mobile%20Uploads/A8284666-BCDF-4DFA-BECF-9B316E486702_zpsiuszfm4v.jpg
Na verdere 19skote was ek tevrede en nou kan ek gaan trajectory validation gaan doen. En hier het dit lekker begin raak.
Donderdag na die reen die gewere gelaai(die 6.5cm ook saam gevat vir my langhaar om te skiet..sy is ook baie lief vir skiet en sy skiet ook bitter goed!!Ek kort ook n spotter omdat ek die geweer se val eers wil toets.)
7SAUM vs 6.5CM
http://i1287.photobucket.com/albums/a631/pinkes13/Mobile%20Uploads/AEB3CB19-4722-4A0F-A538-E182FD71276E_zpslfzuu7qs.jpg
Ek het besluit om eers net om ‘n korter afstand net eers seker te maak dat ek naby aan die gong gaan kom. So besluit om op 748m te stop en die gewere uit te pa ken die Ball App ens reg te kry.
http://i1287.photobucket.com/albums/a631/pinkes13/Mobile%20Uploads/7CE4DB21-F58B-4338-B35D-C69540AE2576_zps1gtj3jxy.png
So hier begin die ware toets… Eerste skoot was laag! Stel toe 0.75moa op en trek die 2de skoot…
Horisontaal is presies(wind my bietjie gedruk van regs af)! 3de skoot amper waterpas 3duim regs!!!
Groot sug van verligting! Sover tevrede...
http://i1287.photobucket.com/albums/a631/pinkes13/Mobile%20Uploads/2024BC4A-0643-4C8E-84CF-70C514F23E21_zpsb5bzcjfr.jpg
Ek gee gou kans vir my langhaar om die creedmoor te skiet. Haar eerste skoot is op springbok blad!! First round hit..presies! Sy smile maar net en vra kan ek NOU maar vir die kop gaan…
http://i1287.photobucket.com/albums/a631/pinkes13/Mobile%20Uploads/2AC142B8-F85A-440A-978F-FF987D38EC65_zpszhvlg86f.jpg
Weet darem hy is ook reg..
Nadat sy klaar geskiet het,was dit tyd om nog verder te beweeg. Ek ry toe verder na 954m en eerste skoot tref ek die gong!!! Ek kalibreer my app en skiet toe maar nog 'n klomp skote verder met 'n groot smile
Daar is min dinge so lekker vir ons manne wat verslaaf is aan gebrande kruit soos wanneer ‘n nuwe geweer jou verwagtinge oortref! Ek was maar op tye baie skepties oor my besluit omdat ek gelees het oor Remington se QC problem..maar na 28skote ‘n gong te kan raak skiet anderkant 900m met ladingontwikkeling ingesluit. Was ek baie tevrede met my nuwe koop! Nou om net tyd te kry om sy bene te rek na 1mile end an anderkant 2000m…
Paar fotos
http://i1287.photobucket.com/albums/a631/pinkes13/Mobile%20Uploads/D23A63EB-AF4D-4479-9CC4-41FE3A1852B1_zpswtczvgow.jpg
http://i1287.photobucket.com/albums/a631/pinkes13/Mobile%20Uploads/0979D8D6-14D2-4965-AE50-C3F8826D22D8_zpsmtvooyp4.jpg
http://i1287.photobucket.com/albums/a631/pinkes13/Mobile%20Uploads/3F5F76CC-7E84-4772-B16F-438F0B116EB8_zps66nxakp6.jpg
Groete
P


