87gr Hornady V-Max vir jag in 6mm (243 Winchester) - 3200fps

Post Reply
User avatar
Max Rossle
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 322
Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm

87gr Hornady V-Max vir jag in 6mm (243 Winchester) - 3200fps

Post by Max Rossle »

Goeiedag lede

Het onlangs 'n stuk geskryf oor die effekte van match-styl koels op wild in die jagveld.

Dit is nou 'n ruk wat ons bietjie die jagvaardigheid en sukses met 87gr Hornady Vmax 6mm koels in die 243 Winchester bestudeer - met 'n tromp snellheid van 3200fps (uit 1:10" twist ratio, 22" standaard loop Howa gewere uit).

Eerste rekord - 50m, 75m, 125m en 160m - 4 x jakkalse

Die eerste toetse was uitgevoer op jakkalse naby Muiskraal (Rysmierbult, Potchefstroom).

Die skote was almal presies in lyn met die been, middel lyf hoogte geplaas op verskillende afstande.

Die eerste skoot op 'n jakkals op 50m het 'n interessante wondkanaal veroorsaak. Die ingangswond was so groot soos 'n R2 stuk en die teenoorgestelde kant van die lyf was omtrent weggeskiet met 'n gat so groot soos my twee vyste langs mekaar (die jakkals het plankdwars gestaan en die natuur van die wond is fasinerend - lyk asof die vel buitentoe "gebars" het). Daar was stukkies vel, been en sagte weefsel rondom die jakkals se laaste staan plek. Eienaardig dat die teenoorgestelde been en blad afwesig was (totaal en al weggeskiet).

Die twede skoot was op 125m op 'n groot jakkals reen wat ook plankdwars teenoor die skut gestaan het (plasing soos bo beskryf). Die ingangswond was weer 'n R2 stuk grote en die uitgang so groot soos 'n tennisbal (netjies en rond) met organe wat verplaas is en uitgehang het uit die uitgangswond uit. Morsige affere maar teenoorgestelde blad nog intak (been gemis oppad uit).

Die derde skoot was op 75m op 'n teef ook in die plankdwars orientasie. Selfde skootplasing as die ander twee jakkalse voor hom. Die keer het die koel 'n 6mm gaatjie in die ingangsskouer geboor (klein ingangswond) en die exit was so groot soos 'n R5 stuk MAAR die vel het rondom die uitgangswond so 10cm groter geskeer as die wond self (rek en bars effek van koel wat deur jakkals beweeg het en die skokgolf wat dit veroorsaak).

Die vierde skoot was op 160m op 'n groot teef jakkals en die skoot plasing was presies diselfde as voorheen (ook plankdwars orientasie). Die was die interessantste uitkoms uit die lot uit - met 'n massiewe ingangswond (tennisbal grote) en verskeie klein uitgangswonde op die teenoorgestelde skouer (3 of 4 prominente klein gaatjies). Die koel het op impak die skouer been getref en "gebars" en die massiewe gaping op die ingang-skouer veroorsaak - die gebarste koel het ontbind en stukkies mantel en loodkern deur die dier versprei wat koers gehou het om uit die teenoorgestelde blad uit die liggaam te ontsnap.

Twede rekord - 2 x rooibokke - 50m en 65m - kopskote

Die eerste rooibok ooi het op 50m gestaan en die skoot is direk agter die oog en voor die oor geplaas. Die skedel het gebars bo die koel gaatjie en die ore is met die "bars" verwyder van die kop af (sowel as die stuk skedel bo die oe en ore). Die ontploffing het stukkies been met vel rondom die rooibok se staan plek versprei. Baie, baie effektiewe performance vir 'n kop skoot.

Die twede rooibok knypkop rammetjie het op 65m gestaan en die skootplasing was presies dieselfde (tussen oog en oorgat). Die keer het die skedel nie ontplof nie MAAR die ingangswond was sy gewone klein 6mm gaatjie en op die teenoorgestelde kant van die skedel is die oog en skedel tussen die oog en oor totaal weggeskiet (horizontale oval gat).

Derde rekord - 410y (380m) - Swartwildebees

Die derde rekord is 'n swartwildebees koei op 410y (volgens range finder - en verstellings in jaard op Strelok Pro) - die skoot is in lyn met die been geplaas en in die middel lyn van die lyf geplaas (minus die hoogte van die skof). Sy het 30m/40m gehol en toe ons daar aankom was daar BAIE prominente pienk long bloed rondom die ingangswond op die skouer - met 'n dik streep bloed van die staanplek tydens skoot na die le plek toe. Ons almal was verbaas toe ons by die SWB aankom en die klein ingangswond op die skouer bespiegel het en haar omgedraai het om die uitgang te sien (presies in lyn met die ingang op teenoorgestelde blad - ook baie klein in deursnee). Die enigste verduideliking is dat die koel nie effektief ontbind het nie agv lae impaksnellheid en ingang TUSSEN die ribbes en nie OP 'n rib nie. Maar dit sal my altyd verstom hoe daai 87gr stukkie lood en koper deur so dier sal fluit en so effektiewe dood sal veroorsaak...

Vierde rekord - 250m en 200m - Blesbokke

Eerste blesbok is net agter die vou tussen die blad en die lyf geskiet (middel lyf hoogte) op 200m. Die blesbok se reaksie was eers om te spring en na landing - met sy hoof gehang - so 50m te struikel voordat hy tot stilstand gekom het , kop geskut het en omgedop het. Die koel het tot rus gekom net onder die vel op dieselfde plek as die ingang skoot op die teenoorgestelde kant van die bok. Die "vleisskade" was rondom die ingangswond tennisbal grote en bittermin vleis is beskadig (die hydrostatic skok het nie die blad vleis / sagte weefsel aangetas nie en die res van die karkas was 100%). Die wondkanaal deur die primere organe was ongelooflik en omtrent gholfbal deursnee al die pad deur die longe - met baie goeie interne en eksterne bloeding.

Die twede blesbok is van 'n "quartering-away" hoek geskiet met ingangswond so 4" agter die vou tussen die blad en die lyf op 250m en bietjie hoog. Die blesbok het GEEN reaksie vertoon behalwe om kop te skud en te begin rond dwaal tussen die res van die trop. Toe die trop hardloop het die blesbok weggeloop van die res van die trop af en een kant gaan staan en wieg. Ek het 'n twede skoot uit genade uit in die hoe nek in gedryf wat die blesbok net daar gedrop het. Die vleisskade op die lyf skoot was minimaal (weereens so tennis bal grote kol rondom die ingangs-gaatjie). Die bokant van altwee longe is weggeskiet in vlenters in en die koel het vlak in die teenoorgestelde blad tot rus gekom. Die twede skoot was op so 150m, die nek skoot, en het 'n klein 6mm gaatjie gedruk op ingang en 'n R1 stuk grote exit veroorsaak - nadat dit die rugraad / nek werwels gebreek het (nek is skoon afgeskiet).

Weereens, al is die koel tot dusver effektief in die jagveld - is daar beter opsies vir versekering in terme van penetrasie en gewig retensie (jou monometaal koels en gebinde kern en mantel koels). MAAR die koels het hulle werk goed gedoen tot dusver en ek sal inligting byvoeg soos wat ek die koels aanhou toets in die jagveld op verskeie sagte vel spesies (binne redelike raamwerke).

Indien enige iemand addisionele inligting het - plaas gerus hier onder in die kommentaar. Dit is altyd interessant om resultate te vergelyk.

Groetnis
Max
Jag met kennis en wetenskap - nie met 'n opinie nie.

.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag

Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
Gustavroux
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Wed Nov 09, 2016 1:11 pm

Re: 87gr Hornady V-Max vir jag in 6mm (243 Winchester) - 320

Post by Gustavroux »

Ek verwys na jou 4 de skoot op jak...

Sou dit moontlikheid wees; dat jou projektiel iets getref het oppad wat hom laat begin oopmaak (mushroom het). Gras/ tak/ etc.

Ek vind dit baie vreemd dit die v max op een geval, punt 1: op sagte dier, en tweedens: op relatiewe afstand (nie point blank of baie naby). So erg opbreek.

Dit strook nie met jou ander resultate nie, en ook nie met my ervaring van die sagte punte nie.

Dankie vir jou skrywe, dit bly interesant.
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: 87gr Hornady V-Max vir jag in 6mm (243 Winchester) - 320

Post by Hansieslim »

Ek luister ook graag verder...
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: 87gr Hornady V-Max vir jag in 6mm (243 Winchester) - 320

Post by joe rocket »

Ek skiet 87greiners in my 243 Ackley, hulle loop teen 3327 v/sek. Soos Gustav hier bo noem het ek ook nog nie ervaar nie, altyd n klein gaaitjie by ingangswond. Op springbokke skiet ek agter die blad en daar bly niks van die longe oor nie. As die bok vir jy voor in die kuiltjie, weereens bly Ek weg indien moontlik van been. Wat ek wel weet hoe meer jou spoed op verder afstande afkom hoe minder is penetrasie en vleis skade. Ek al gesien dat n koedoe op 486m deur die een long is en net net penetreer in die ander long. Wond kanaal in eerste long was groot genoeg. Bok 25m gehardloop en toe omgedop, geen groot bene is getref nie.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 87gr Hornady V-Max vir jag in 6mm (243 Winchester) - 320

Post by tripodmvr »

Ek jag ongediertes met my VMax. Barnes is my jagkoeël.

Ek wil net noem dat teen 3200vps jy daardie Howa heelwaarskynlik in die rooi indruk.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Max Rossle
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 322
Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm

Re: 87gr Hornady V-Max vir jag in 6mm (243 Winchester) - 320

Post by Max Rossle »

Gustavroux wrote:Ek verwys na jou 4 de skoot op jak...

Sou dit moontlikheid wees; dat jou projektiel iets getref het oppad wat hom laat begin oopmaak (mushroom het). Gras/ tak/ etc.

Ek vind dit baie vreemd dit die v max op een geval, punt 1: op sagte dier, en tweedens: op relatiewe afstand (nie point blank of baie naby). So erg opbreek.

Dit strook nie met jou ander resultate nie, en ook nie met my ervaring van die sagte punte nie.

Dankie vir jou skrywe, dit bly interesant.
Goeiedag

Ek neem dieselfde aan. Dit is in die nag en klein natuurlike barriers soos fyn bossies of takkies is nie altyd maklik opgetel nie. Daar kan geen ander rede wees vir daai soort uitkoms nie - daar MOES 'n barrier voor die jakkals gewees het om daai effek te ervaar.

Groete
Max
Jag met kennis en wetenskap - nie met 'n opinie nie.

.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag

Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
User avatar
Max Rossle
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 322
Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm

Re: 87gr Hornady V-Max vir jag in 6mm (243 Winchester) - 320

Post by Max Rossle »

joe rocket wrote:Ek skiet 87greiners in my 243 Ackley, hulle loop teen 3327 v/sek. Soos Gustav hier bo noem het ek ook nog nie ervaar nie, altyd n klein gaaitjie by ingangswond. Op springbokke skiet ek agter die blad en daar bly niks van die longe oor nie. As die bok vir jy voor in die kuiltjie, weereens bly Ek weg indien moontlik van been. Wat ek wel weet hoe meer jou spoed op verder afstande afkom hoe minder is penetrasie en vleis skade. Ek al gesien dat n koedoe op 486m deur die een long is en net net penetreer in die ander long. Wond kanaal in eerste long was groot genoeg. Bok 25m gehardloop en toe omgedop, geen groot bene is getref nie.

Ek het fotos van meeste van die wonde geneem.

Die swartwildebees het my die meeste gefasineer..

Op daai tiepe afstand verwag die skut logies minder penetrasie deur daai tiepe massa...

Die vyand is groot, dik bene met meeste koels... Om die koel in daai dik bene in te dryf is glad nie optimal vir die "vleisjagter" nie want dit veroorsaak maar sekondere ballistics (stukkies been en koel wat versprei word deur sagte weefsel ens).

Maar nou ja - ek deel dit omdat dit interessant is en baie van die uitkomste wat ons ervaar is nie altyd "voorspelbaar" nie...

Maar ek stem saam dat iets tussen tromp verlating en jakkals impak gebeer het om daai massiewe ingangswond te veroorsaak.
Jag met kennis en wetenskap - nie met 'n opinie nie.

.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag

Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
User avatar
Max Rossle
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 322
Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm

Re: 87gr Hornady V-Max vir jag in 6mm (243 Winchester) - 320

Post by Max Rossle »

tripodmvr wrote:Ek jag ongediertes met my VMax. Barnes is my jagkoeël.

Ek wil net noem dat teen 3200vps jy daardie Howa heelwaarskynlik in die rooi indruk.
Dankie Tripodmvr,

Toe ek ontwikkel het, het ek met die 87gr Vmax op 3150fps en 3200fps albei 0.4/0.5MOA konstante resultate gekry...

Sonder druk tekens op head stamp, primer cratering of slot wat ongemaklik of taai oop maak...

Sal jy voorstel om eerder die 3150fps (0.5gr minder dryfmiddel) te gebruik?
Jag met kennis en wetenskap - nie met 'n opinie nie.

.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag

Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 87gr Hornady V-Max vir jag in 6mm (243 Winchester) - 320

Post by tripodmvr »

QL het 'n handleiding waar doppe getoon word wat teen 80K psi geskiet is. Die rand van die slagdop is nog rond. Wat ek wil se is dat die ooglopende tekens nie altyd die druk behoorlik wys nie. Uit my Lee handleiding toon hulle 'n 90gr koeël met maksimum spoed van 3237vps uit 'n 24 duim loop - dit is met Amerikaanse dryfmiddels. Die node is nie altyd by maksimum spoed nie en jy skiet met 'n 22 duim loop (maklik -50vps teenoor die 24 duim). Ek sou verseker dat iemand die data deur QL voer om seker te maak dat ek nie my geweer en komponente onnodig pak slae gee nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Post Reply