Gee Epps profiel beter doplewe?

Post Reply
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1543
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Gee Epps profiel beter doplewe?

Post by Giepie »

Hierdie op 'n ander forum gelees. http://www.outdoorsmenforum.ca/archive/ ... 77476.html

Conversion to the Epps Improved 303 will do absolutely nothing for case life in a Lee Enfield. I don't base this on exhaustive reading of theories put forth by proponents of the concept but on actual testing I have done.
The straighter walled case should, in theory, increase the grip of the case on the walls of the chamber and thus, reduce bolt thrust. The truth is, the standard case already grips the chamber walls with sufficient force to positively hold the forward portion of the case static under full pressure. This is why the case heads separate; the front portion of the case sticks to the chamber wall while the case head is able to stretch rearward as the bolt is deflected by the thrust of the cartridge upon it. The separation occurs just behind that point at which the brass is not adhering to the chamber wall. In a #4 Lee Enfield with zero head clearance on an unfired cartridge, this separation will occur after about five loadings of the case if heavy loads are used. For the sake of this discussion, heavy loads may be considered to be loads which will push 180 grains bullets to about 2500 fps. So, it is plain that the standard case sticks to the chamber wall with sufficient grip to exceed the strength of the brass. If the case is changed to the Epps form, it may indeed grip the chamber wall more effectively but, even if it does, it is of no consequence since the grip was already sufficient to eliminate any rearward movement of the forward portion of the case.
Interestingly enough, in one rifle I re-chambered (a #1 Mklll), the case actually appeared to grip the chamber wall less effectively so that the shoulder was pushed forward with each firing. I attributed this to a smoother finish on the chamber walls than in the original chamber.
During the tests, I first chronographed factory loads to establish a baseline pressure level. If the rifle produced 2400 fps with factory loads, I developed a load which matched that level for subsequent loadings. I used 4064 powder.
In a rifle which produced 2400 fps with the factory load, about 75 fps was lost (firing the same load) when the rifle was rechambered. It was, therefor, necessary to increase the powder charge slightly to recover the pressure which was lost due to the larger chamber.
In a rifle with a more solid lockup, such as a P14 or a Ruger Number One, adheesion of the case to the chamber wall becomes a moot point since the bolt or breech block is not deflected significantly; even at much higher-than-factory pressures.
Ultimately, the Epps offers a means of increasing performance of a 303 with a strong action. It does so by producing a noticable increase in case capacity. If you have a P14 or a Ross and want to increase velocities, re-chambering to the Epps will allow you to do so (as will simply loading to higher pressures than a Lee Enfield will handle). If you want a rifle which is a bit different, the Epps will certainly fulfill that requirement.
A caveat; feeding issues are not infrequent in P14's or Ross rifles which are rechambered to the Epps.
As with all "Improved" or wildcat cartridges, the Epps 303 is capable of performing at a level which one might expect for a cartridge of it's size, loaded to appropriate pressure levels. It also illustrates that there is no magic in the shape of a case although, I must say, the Epps cartridges does have a pleasing profile! Leeper.

Wat hy sê maak vir my sin, maar ek is ook oop vir ander verklarings. Wat ek nou ook kan aflei is dat dit nie so seer die profiel verandering is nie, maar wanneer daar aan die kamer gewerk word, werk hulle ook aan die kopspasie, wat die terugdruk verminder. Altyd iets nuuts. ;D
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Gee Epps profiel beter doplewe?

Post by Apie »

Maak sin, maar dieselfde behoort nie in P14 aksie te geld nie

Sent from my D5803 using Tapatalk
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Gee Epps profiel beter doplewe?

Post by Wouter Roets »

Ai dit is jammer dat elke Jan rap en sy maat nou n n spreekbeurt kan kry op n publieke platvorm. :-\
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1843
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Gee Epps profiel beter doplewe?

Post by LoopSoosStroop »

Nou help ons dan reg Wouter?
Pieter van Deventer
Blok Engineering
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: Gee Epps profiel beter doplewe?

Post by savage(P Coetzer) »

Ek het nou nie vreeslik vêr gelees nie want die oomblik wat ek sien die man epps n lee enfield toe gaan al my alarms af. Dis nou n pypbom met n hout kolf.
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1543
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Gee Epps profiel beter doplewe?

Post by Giepie »

Epps in 'n Lee Enfield is nie 'n probleem as vir dieselfde spoed gelaai word nie, dit is die mense wat met 'n Lee Enfield 30-06 spoed wil kry waar die probleem in kom.

Ek het ook weer gaan dink oor wat die man gesê het. Ek dink hy het 'n afleiding gemaak uit verskillende moontlike interpretasies en dit as die enigste gevat, terwyl dit waarskynlik 'n verkeerde afleiding is.

Watter soort kalibers en dopprofiele is die meeste geneig tot "case head separation"? Help my hier asb, maar dit lyk vir my dat dit is waar die rim of belt die plek is wat die dop se posisie in die kamer bepaal, soos met 375H&H en 303Br. Is kopspasie hier meer kritiek as met rim- en beltlose doppe?

Hoekom is ander profiele soos 243 weer meer geneig tot doughnuts?

Klink vir my of die dopprofiel wel 'n verskil maak in werkverrigting en doplewe. Ek dink ek gaan eerder weer na die "tradisionele" en "beproefde" verklarings aandag gee. Daar is baie ander wat ook geëksperimenteer het, soos Ackley en Epps, met mense wat weer daardie navorsing oor gedoen het, en soortgelyke resultate en bevindings. Tussenin kry jy uitskieters wat nie regtig 'n verskil maak nie. ;)
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Gee Epps profiel beter doplewe?

Post by Wouter Roets »

Giepie

Die opmerking wat ek gemaak het was verseker nie op jou gemik nie, maar oor die persoon wat die stuk geskryf het. Ek dink jy is dalk heel moontlik reg as jy se hy maak aflydings, maar heel moontlik vir die verkeerde redes. Hy noem bv nie of hy die dop laat headspace op die rim of die skouer nie. As dit op die rim is en nie op die skouer nie gaan hy verseker swak dopleeftyd kry ongeag die dopvorm. As dit op die skouer gedoen is sal doplewe heel moontlik verleng vir die eenvoudige rede dat die dop minder werk in die vuurvormings proses. n Klomp mense wat Epps ombouings in SA het sal hierdie kan be-aam al is dit op die Lee Enfield aksie gedoen.

Hier kan nou wel n probleem inkom en dit is dat sekere Lee Enfield aksies se slotflex van so n aard kan wees dat, ongeag waar jy headspace, daar nog steeds genoeg flex is in die stelsel is dat die dop na n sekere hoeveelheid vuursiklusse sal ingee.

Nou hier is die feite van bolttrust. Hoe kleiner jou taper van die romp van die dop hoe minder is jou bolttrust op die slotgesig. PO Ackley het hierdie eksperimente gedoen en op n spesifieke helling afgekom waar dit basies stop en tog nog steeds goeie of genoegsame extraction gee. Daar sal altyd wel bolttrust wees aangesien die dop met elke vuuring n bietjie verleng totdat hy uiteindelik faal. Die bolttrust kom wel nie van die hele dop af soos met normale ontwerpe nie, maar net van die dopgesig van die dop met ontwerpe wat minimum bodytaper het. So in n mate kan n mens sien dat hierdie tog nog altyd n probleem sal wees met n slotgesig wat meegee soos die Lee Enfield, veral as daar hoe drukvlakke gehardloop word.

Wat wel belangrik is is dat jy met doppe wat headspace op die rim of belt moet probeer dat jy eerder headspace op die skouer. Ontwerpe soos die Epps en die verskeie Ackleys wat op belted doppe gebasseer is maak dit aansienlik makliker aangesien daar n baie meer prominente skouer beskikbaar is vir die doel. Dit help nie jy doen al die moeite met die verbetering en jy maak nie gebruik daarvan nie.

Onthou ook net dat die Epps hoer spoed sal lewer teen dieselfde drukvlakke vanwee die groter dopkapasiteit. Drukvlakke sal natuurlik laer wees teen dieselfde snelhede. Bolttrust sal ook laer wees vanwee die ontwerp en is veral voordelig met aksies soos die Lee Enfield. Doplewe sal ook beter wees mits jy headspace op die skouer en nie op die rim nie.

Groetnis
Wouter
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1543
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Gee Epps profiel beter doplewe?

Post by Giepie »

Moenie worry nie Wouter, ek het verstaan dat jy nie na my verwys nie. ;D

Hoe meer ek dink oor "Leeper" se opmerkings hoe meer dink ek hy sit die pot mis. ;) Hy stel dit met soveel oortuiging dat mens hom nogals wil glo.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Post Reply