Is die 308 Winchester klaar?
Dit was altyd DIE KALIBER van bespreking... "As jy ver en fyn wil skiet - kry vir jou 'n .308 Winchester" het die Oom in elke geweerwinkel agter die toonbank vir jou gese....
Die .308 Win se inherente precision en konstante uitkoms op teiken het 'n monopoly veroorsaak in die lang afstand skiet bedryf... Sowel as die beskikbaarheid van komponente en platforms oor die toonbank (sonder hassle). Die kort, sexy patroon se identiteit is nog sexier gemaak toe die algemene kennis geword het dat "snipers" (ek gril as ek daai woord hoor) in die USMC en ander militere eenhede met .308 Win platforms bewapen is.
Met die skielike "spike" in fasinering in lang afstand skiet in SA (ons kan nie ons vinger daar op plaas nie - dit was of na American Sniper die fliek of nadat Facebook videos 'n bemarkingstaktiek geword het), het die Suid Afrikaanse manne ewe skielik bietjie navorsing begin doen...
Elemente soos loop lengte, G1 en G7 BC, SD, "bedding", trompsnellheid, MOA verstellings en MOA afmetings van groeperings ens. het 'n nuwe Suid Afrikaanse "lingo" geword op publieke forums. Name soos "Bryan Litz" en "Chris Kyle" word lekker rondgegooi op die skietbaan en oor FB blaaie, sowel as die grillerige woorde "sniper" of "sniper rifle".
Die Bisley manne doen dit al jare met hulle gaatjies visier 308 planke... ek dink hulle lag lekker in hulle moue vir die nuwe craze...
Maar nou ja, met die "spike" in nasionale belangstelling in lang afstand skiet, lyk dit my die algemene skut word verder en verder van die .308 Win af weggedryf as 'n lang afstand kaliber...
Maak wetenskap ona geliefde ou 7.62x51 NATO dood?
Want dit is so dat, met 'n algemene loop lengte(22" na 24"), is die 308 Win ver van die beste af itv die volgende elemente:
1. Trompsnellheid [met 'n 155gr teen 2800fps en 'n 165gr teen 2700fps en 'n 180gr teen 2550fps); en
2. BC (155gr - algemeen 0.45BC, 165gr - algemeen 0.48BC, 180gr - 0.51BC)
Een van die twee elemente moet of uitermatig hoog wees om te kompenseer vir die ander, of albei moet hoog wees volgens die "trend" wat ek sien op die "blogs" en blaaie... Met hoog bedoel ek 'n trompsnellheid bo 2800fps met 'n projektiel wat 'n BC hoer as 0.5 bied...
Daar is onlangs 'n groot fasinering in die volgende kalibers:
1. Die 6.5mm (.264") klas kalibers (soos die 6.5x55, 6.5x47 Lapua en natuurlik die nuwe fasinering met die 6.5 Creedmoor);
2. Die 6mm XC, 6mm SLR en 243 Ackley as lang afstand kalibers;
3. Die 338 (8.6mm) klas kalibers (338 Lapua Magnum)
4. 300 Win Mag (want Chris Kyle het mos met ene geskiet)...
Ja, die bogenoemde kalibers loods uitermatige hoe BC koels teen indrukwekkende snellhede in die regte loop lengtes en binne die regte raamwerk van spesifikasies van bou... Maar dit is teen hoe koste en baie lang paaie vir die bouproses lisensieer ens... langer lope en spesiale aksies ens...
Maar wat van die ou 22", 24" en 26" 308 Winchester wat die laaste 10 jaar tot en met 1000m suksesvol beproef is op die baan, die oorlogveld en in die bosveld?
Het die nie eerder 'n issue geword van skut en nie geweer / kaliber nie? Ek sit nou die dag na 'n Super League skiet en kyk in bewondering hoe skiet die F-klas manne 1000y met hulle gaatjie visier 308 gewere... skoot na skoot in die kol...
Soveel klem word deesdae gele in die kaliber, geweer, gereedskap en wetenskap deur meeste van die verbruikers MAAR hoeveel van hulle ken die verskil tussen 'n 2mph wind, 4mph wind en 10mph wind sonder 'n wind reader? Hoeveel van die manne oefen op die afstande wat hulle gereedskap moet perform? Regverdig 'n 100m baan 'n platform wat geskik is vir 1500m?
En dan - die vraag - as die 308 Win dit altyd kon doen - hoekom word hy versmoor? Dit is seker maar net evolusie... as iets op papier dit beter kan doen - gaan dit beter doen in die veld en op die baan op 'n meer konstante basis...
Die wetenskap en gereedskap wat vandag beskikbaar is werklik besonders en ek as .308 Win eienaar dink die heel tyd aan 'n nuwe kaliber wat my arme ou .308 Win kan vervang om "beter" verder te skiet... maar ek sal maar aanpik met die ou kaliber en leer skiet met hom in die kondisies wat aan my gebied word.
Dit kom daarop neer dat die 308 Winchester se dae as die bobaas van die baan genommer is... En dit is net hartseer

