Se G_t Man!!!
-
Hansieslim
- Hero Member

- Posts: 1373
- Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Se G_t Man!!!
Die afgelope week het ek weer die voorreg gehad om saam die Erasmus-familie van Warden en my maat Dolf te gaan jag. Alle beplanning was perfek en dinge het geloop soos ons wou. Voor middagete oppi plaas, wosbroodjie agter die tande, en gewere op skietbaan gehad. Twee uur die Saterdagmiddag is ons die veld in en vroeg-vroeg is daar 'n bok of twee oppad terug slagkamer toe.
Ons maak spanne van twee- twee wat elkeen 'n dag kry om die kampkommandante te wees en te kook en mote te sny. Ons is n groot groep jagters (9) maar daar is ongelukkig net 3 goeie gidse op die plaas. Almal van ons kan dus nie gelyk in die veld wees nie. . Dit noodsaak dat van die meer ouer manne mag bakkie ry en dan...dan is daar 'n paar hides.
So wen ek laas Maandag middag 'n hide.
Nou die hides is baie primitief maar oulik en baie natuurlik. Nie gelig of iets nie. Plat oppi grond. Gelukkig onder 'n mooi boom en dan met paletplanke gebou tot 'n binnemaat van ongeveer 1.4x1.4m. Binnekant is daar skadunet gespan en buitekant cammonet. Die hele spulletjie is dan met droeë take toegepak dat dit regtig natuurlik lyk.
Die ingang na so 'n bedryf is klein gelaat. Groot manne moet maar inseil. Dis so omdat 'n moontlike lewendige biltong jou van agter kan benader en dan moet hy jou ook mos nie sien nie. Gelukkig pas my lyf toe darem in die gat en eks hande-viervoet daar in. By my is my geweer, selfoon, baadjie en 'n lemoensakkie met 2 lemoene, 'n koeldrank, twak en bietjie droeë wors in.
Toe ek regop kom/staan in die hide besef ek die inkruip het maklik gegaan. Te maklik, want daar is nie 'n stoel binne in die hide nie. Net daar besef ek gelukkig daar is 'n stoel agter op die voertuig wat my nou net afgelaai het. Terwyl ek nog die voertuig hoor, sit ek my baadjie en lemoensakkie in die linker agterkanste binnehoek van die hide neer. Sit toe my geweer met loop boontoe reg voor my in die middel van die hide neer sodat hy teen die skadunet lê. Grou toe vir my selfoon om die bakkie se drywer te bel sodat hy gou kan omdraai en vir my die stoel kan bring.
Terwyl ek die nommer soek, hoor ek "sssssssssssssssssssssssss" of "grrrrrrrrrrrrr" of so 'n geluidjie. Ek skrik en dink dit is my geweer wat teen die skadunet gly en wat gaan val en ek gryp na hom. Tog staan hy doodstil. Weer krap ek op die Samsung rond vir die drywer se selnommer en weer hoor ek 'n geluid wat my dadelik na my geweer laat gryp want dit klink weer presies soos wat ek dink 'n Silent Hunter knaldemper sou klink as hy teen skadunet sou gly. Met die vinnige vorentoe beweeg en afbuk na my geweer toe ...staar ek eweskielik, ±300mm van my gesig af, in die oë van 'n ±30mm diameter, liggryskleurige SLANG!!!
0.00061325 millisekondes later staan ek 10 tree buite die hide. Die afterkant van die hide so-te-sê weg. Skok oorval my en ek besef nog nie hoeveel takke van die hide my oral gegaffel het nie en dat ek nogals orals bloei. Met bewerige vingers kry ek toe darem die drywer in die hande en hy en 'n maat en 'n gids kom daar aan. Natuurlik dik van die lag toe hulle my sien en die storie hoor.
Die plaaseienaar verseker my dat mamba (anders as pofadeer) eerder sal vlug in so 'n geval en dat ek maar die stoel kan vat en gaan sit, want hulle is haastig. Nee wat. Ek stop hulle net daar en sê ons gaan nou eers die hide afbreek en seker maak want sit wil ek sit en bakkie wil ek nie ry in die ruie Mei-Bosveld nie. Gelukkig help hulle toe, maar met min vrees. Met my ontsnapping uit die hide uit het ek nie eens daaraan gedink om te kyk waarheen mamba ge-"vlug" het nie...so asof hy nou die een was wat geskrik het. In elk geval ...die ander manne raak toe haastig en ry. Ek krap toe maar die takke om die hide met 'n 24m stok weg en kyk kort-kort of daar nie iets slangerigs is nie. Kry toe gelukkig niks en moet toe die hide se takke weer netjies terugbou. Die agterkant laat ek hierdie keer natuurlik heel oop vir 'n moontlike tweede blitsig, vinnige ontsnapping. 'n Half-uur later is alles weer in orde.
Nou....moet ek besluit klim ek weer in die hide in. Binne in die hide is nog steeds my geweer, lemoensakkie en baadjie. Weer vat ek daai laaang stok ek krap-krap my eiendom (behalwe geweer) daaruit. Weet mos nou nie of mamba dalk van my baadjie se hitte hou nie. Gelukkig is dit toe "veilig" en eks weer daar in. Eish maar was dit nou 'n senutergende oefening want kyk...akkedis lyk mos darem vrek naby aan slang. Elke akkedissie, elke takkie en elke blaartjie laat my sidder. Alles ruik darem nog fine en ek weet die ou onderbroekie sal nie spesiale aandag nodig hê nie.
Half ses se kant raak dit al sterk skemer en ek maak my geweer veilig en staan regop in die hide. Net toe stap daar 'n parmantige ram nader en hy kry n doodskoot net daar. 'n Lekker diknek meneer.
By die kamp aangekom, ken almal reeds die storie en moes ek dit nog seker 6 keer oorvertel vir die volle skare. Hulle soek toe natuurlik 'n diskrepansie tussen my eerste en sesde weergawe, maar ek hou by my storie..."DIT WAS N SWART TWO_STEP MAMBA en BASTA MET DIE RES!" eindig ek toe die laaste weergawe.
Nou die plaaseienaar het die eerste jaar ons gemaan om nie te veel hout op die vuur te sit en te mors nie. Hy het dan ook sommer vroeg gaan inkruip. Laas jaar het hy self al n paar lekker stories om die vuur begin vertel, maar hierdie jaar was hy katjie van die baan wat kort-kort hout oppi vuur gooi en sê "Manne ons kan nie gaan lê terwyl die vuur so mooi brand nie" Vanjaar is ons derde keer by sy plaas en nou is ons en hy al lekker maats.
My maat Dolf het na aand twee die plaaseienaar al "U EDELDIERBARE" gedoop, want elke ou kry mos maar n dag wat hy iewers droogmaak. Of dit nou 'n misskoot of 'n swak skoot of 'n safety knip storie of 'n turret scope verskoning is ...of wat ook al....daarvoor moet hy met spesiale vog bedien word as 'n effense straf (want kyk party jonges hou mos van daai hoesstroop wat in die klein kelkies bedien word en sien dit nie noodwendig as 'n straf nie). Daardie funksie van hofsitting, aanklagte uitdink en strawwe toeken...daarmee is die plaaseienaar 'n spesialis.
Gelukkig weet ek daai dag is ek veilig want ekt nie drooggemaak nie en my mooi diknek hang al in die koelkamer sonder vleisskade. Groot was my verbasing toe my naam uitgeroep word en ek moet in die beskuldigde bank opstaan. My straf reeds voorberei in 3 netjiese porsies met nare kleure. "Staan nader aan my" sê die hof se baas. Daar word aan my verduidelik dat ek die drieledige straf ongelukkig gelyktydig sal moet uitdien want my oortreding was nog nooit voorheen begaan nie. Die aanklag :"Jy het vandag my mak mamba getraumatiseer!"
Mak?...Se GAT man!!!

CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Se G_t Man!!!
O jinne die trane rol maar bly jy is ok.
- Ashley
- Hero Member

- Posts: 1046
- Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm
Re: Se G_t Man!!!
Lekker lag!! Mooi vertel, en ja, baie bly jy is Ok.
Groete
Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
- Springkudu
- Hero Member

- Posts: 764
- Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am
Re: Se G_t Man!!!
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Se G_t Man!!!
Hansie, het jy darem 'n spaar onderbroek byderhand gehad?
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Se G_t Man!!!
Jy was braaf om sowaar weer in die hide in te klim!!

-
Basie2
- Sr. Member

- Posts: 355
- Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm
Re: Se G_t Man!!!
Hel maat ek verstaan jou trauma- onderstaande foto is van pofadder op ons laasste dag in kalahari- ek is goed uitmekaar gehaal omdat ek 3 skote 1 bok geskiet het, maar met diè slang het een man ook 3 skote geskiet voordat hy hom skrams gestref het. Hierdie was 'n vieslike pofadder EN by die kamp!
Sent from my iPad using Tapatalk
Sent from my iPad using Tapatalk
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Plaashaas
- Hero Member

- Posts: 1018
- Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Re: Se G_t Man!!!
Ha ha ha.
Dankie man, dit was n lekker lees.
Ek en n pel het laas jaar agter in n dubbel cab se canopy geslaap nadat ek n mamba op my bed gekry het.

- OomMatt
- Full Member

- Posts: 197
- Joined: Tue Nov 17, 2015 1:48 pm
Re: Se G_t Man!!!
Ja Hansie , bly om te hoor jy kan nog die storie vertel.
As dit ek was , sou skoon onderbroek nie gehelp het nie.
Maar meskien wel , my maats kon dit onder my kop sit sodat dit lyk of ek rustig gegaan het terwyl ek ek daar sonder om asem te haal

It's not whether you get knocked down …….. It's whether you get up!!!!
They may damage your pride , but never give them the
power to crush your spirit.

- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2489
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Se G_t Man!!!
Dankie vir die deel waar is die Foto's
-
Ebony30-06
- Newbie

- Posts: 16
- Joined: Mon Feb 17, 2014 7:54 pm
Re: Se G_t Man!!!
Nou lekker gelag, dankie Hansie.
Ek het my saam jou in daardie hide ingeleef en weer uit ook. Ek dink nie ek sou weer daar binne gaan sit het nie. 'n Bottel van jou "straf" hoesstroop is nie genoeg om my vrees vir slange te onder beheer te kry nie.

Danie Welman
CZ 550 Lux Ebony 30.06
Steyr Mannlicher (L) .243 Win
CZ 550 Lux Ebony 30.06
Steyr Mannlicher (L) .243 Win
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Se G_t Man!!!
Lekker gelag Hansman - baie goed vertel!
Ek sal NIE weer teruggaan in daai hide nie - fkt!

Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
-
Hansieslim
- Hero Member

- Posts: 1373
- Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Re: Se G_t Man!!!
Dankie julle.
Jinne, julle verstaan nie hoe bang ek vir slange is nie...ek kyk nie eens af as ek stort nie.
Ek het jou wraggies nie eens n foto van daai diknekram nie. Dit was donker toe ek opgelaai is. Sal hoor by die jaggroepie of daar nie dalk n foto geneem is in die slagkamer nie.
Het wel 2 fotos opgespoor wat ek uit die hide geneem het. Dis nou wel nie van die diknek nie. Daai mak mamba het my ook nie juis geleentheid gegee om hom af te neem nie.
Jinne, julle verstaan nie hoe bang ek vir slange is nie...ek kyk nie eens af as ek stort nie.
Ek het jou wraggies nie eens n foto van daai diknekram nie. Dit was donker toe ek opgelaai is. Sal hoor by die jaggroepie of daar nie dalk n foto geneem is in die slagkamer nie.
Het wel 2 fotos opgespoor wat ek uit die hide geneem het. Dis nou wel nie van die diknek nie. Daai mak mamba het my ook nie juis geleentheid gegee om hom af te neem nie.
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Se G_t Man!!!
Baie goed geskryf! dankie vir die lekker lag!
- neef
- Full Member

- Posts: 135
- Joined: Tue Jul 05, 2016 12:06 pm
Re: Se G_t Man!!!
Ek lag nou lekker saam, maar laas jaar het ek hak en steek bos in die noord kaap gehardloop soos n kudu nie kan nie vir n slang wat kom hallo se het.
Deel wat jy weet en jy sal wys word
Ruger Presision 6.5 cm
Sako 308win
Howa 204
Savage 243
coey .22
cz 75 p07 duty
Vektor SP1
Musgrave 12G pomp
Ruger Presision 6.5 cm
Sako 308win
Howa 204
Savage 243
coey .22
cz 75 p07 duty
Vektor SP1
Musgrave 12G pomp