SUS-TAC ringe - Watter hoogte

Post Reply
User avatar
Langeraat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Sat Sep 07, 2013 3:16 pm

SUS-TAC ringe - Watter hoogte

Post by Langeraat »

Ek soek 'n bietjie hulp asb. Ek het SUS-TAC ST-AWE ringe op Huntex bestel vir my Howa 6.5 Creedmoor waarvoor ek nog wag vir die lisensie. Ek moet nou vir die manne laat weet of dit lae of medium hoogte ringe moet wees. Ek beplan om 'n 30 mm buis teleskoop met 56 mm objektief daarmee te monteer op 'n 20 MOA picatinny rail as basis. Is daar dalk iemand wat 'n soortgelyke kombinasie het wat kan bevestig dat lae ringe wel gaan werk of moet ek eerder met medium hoogte gaan.
Novus Vitae - 2 Kor 5:17
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1618
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: SUS-TAC ringe - Watter hoogte

Post by Gian_dP »

As ek moet raai sou ek se medium. Met 'n 56 objektiewe lens gaan jy so 1.1 duim nodig he van bokant van rail na middel van buis. Vra die ouens van Sus-Tac watter ringhoogte dit vir jou sal gee.
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
User avatar
Toyrsi
Hero Member
Hero Member
Posts: 1007
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm

Re: SUS-TAC ringe - Watter hoogte

Post by Toyrsi »

Weet nie van die Sus-Tac ringe nie maar het Low NF ringe op my Howa met 20 MOA rail en 56mm lens. Pas net.
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
User avatar
Langeraat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Sat Sep 07, 2013 3:16 pm

Re: SUS-TAC ringe - Watter hoogte

Post by Langeraat »

Dankie Gian en Toyrsi. As ek HIER na Fanie se geweer kyk lyk dit asof selfs die lae ringe sal kan werk. Ek wou maar net bietjie rustigheid daaroor gehad het voordat ek vasmaak. Ek sal met die SUS-TAC manne daaroor gesels.
Novus Vitae - 2 Kor 5:17
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1618
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: SUS-TAC ringe - Watter hoogte

Post by Gian_dP »

Langeraat wrote:Dankie Gian en Toyrsi. As ek HIER na Fanie se geweer kyk lyk dit asof selfs die lae ringe sal kan werk. Ek wou maar net bietjie rustigheid daaroor gehad het voordat ek vasmaak. Ek sal met die SUS-TAC manne daaroor gesels.
Ek sien hulle ringe is redelik hoog, dan kan die lae ringe goed werk.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
User avatar
Langeraat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Sat Sep 07, 2013 3:16 pm

Re: SUS-TAC ringe - Watter hoogte

Post by Langeraat »

Het nou inligting gekry vanaf die SUS-TAC manne. Die lae ringe is 28.9 mm vanaf middel tot by basis en die mediums is 33.9 mm. Dit smaak my dus dat die lae ringe wel gaan werk soos jy se Gian. 8)
Novus Vitae - 2 Kor 5:17
Post Reply