VIXEN ARTES 5 - 30 x 56 (34mm tube) Scope toets

Post Reply
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

VIXEN ARTES 5 - 30 x 56 (34mm tube) Scope toets

Post by Piet Breedt »

Ek was lanklaas in my lewe so verbaas oor iets wat ek moes toets soos met hierdie scope. Ek is deur Johan jnr van Camdix gevra om die heel nuutste scope van Vixen, hul vlagskip, die "Artes" 5 - 30 x 56mm n langtermyn toets lopie te gee.


http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8268_zpscxn9am5g.jpg



Toe ek die scope uit sy verpakking haal, was my eerste indrukke dat hierdie nie n "No name brand" scope is, maar iets duursaam en sy gevoel en afwerking het my onmiddelik beindruk. Ek het nog nooit vantevore met n Vixen te doen gehad nie, en het regtig nie geweet wat vir my wag nie. Sy afwerking was werklik indrukwekkend en al die geskrif op hom baie netjies en smaakvol.


http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8276_zpshq7aircd.jpg

Ek het hom op my Savage .260 ge monteer aangesien hierdie hul langafstand scope is, die ELD 20 model. Dit staan vir "Extreme Long Distance". Hy kom in n eenstuk gemasjineerde 34mm tube van vliegtuig alluminium met verligte kruishaar wat rooi of groen gestel kan word en van baie flou tot baie helder kan stel. Sy kruishaar is regtig baie netjies en redelik fein, heelwat feiner as my Nightforce ATACR of my Zeiss Diavari Victories. Hy maak slegs 1.28mm toe op 100m. Op 20 x vergroting is sy kruishaar afmerk punte op presies 1 MOA.

Ek het op die internet gaan soek om enige agtergrond oor die scope te kry en was verbaas om te sien dat die Japenese maatskapy wat hom maak al baie jare scopes maak. Al die reviews wat ek oor die Vixen scopes kon kry was baie positief, en meer goed as sleg. Meeste het gese hoe helder die scopes is en dat hy baie goed verstel. Daar was nog byna niks oor die nuwe vlagskip die "Artes" bekend, so ek moes maar self gaan kyk. Daar is n baie volledige en interesante toets verslag gedoen deur die manne van GunAfrica. Kyk gerus daarna. Hulle weerspiel presies dieselfde ervaring as wat ek beleef het met hierdie scope. Hulle het die scope tot die uiterste getoets met onder meer n onder water dompeling ensovoorts. Kyk gerus hier na hul baie volledige toets: http://www.gunafrica.com/item/311-amazi ... rising-sun

Hy kom met n lewenslange waarborg, en as daar n fabrieks fout is, ruil hul hom dadelik om vir n nuwe, maar as iets foutief geraak het, of gebreek het agv hantering, stuur hul hom terug Japan toe vir herstelwerk onder waarborg.

Sy lense word ED genoem, dit staan vir Extra Low Dispersion. Blykbaar kry jy bitter min “Colour abbaration”. Dit maak dat die kleure wat jy deur die lens sien, baie naby aan eg is. Ek kon bittermin melkerigheid waarneem selfs op maksimum vergroting nl: 30 x. Ek het op 30 x vergroting na gonge gekyk tot op 625m en kon baie duidelik die koeel merke op die gonge sien. Hy is deur onafhanklikke toets sentrums getoets om n ligdeurlating van 93,8% te gee, wat baie goed vergelyk met van die heel top make.

Toe ek by die baan kom was my verbasing baie groot toe ek sien hoe helder die scope werklik is in vergelyking met my ander top brand scopes. Sy turrets is gemerk in 1/8 MOA verstellings, en selfs daarmee het hy 105 MOA vertikale verstelling. Dit maak dat jy hom baie presies kan stel op die langer afstande waar een click in baie gevalle, of te min of te veel verstelling veroorsaak met ¼ MOA verstellings. Hy het n "zero stop" wat baie maklik en eenvoudig werk, so ook op sy wind verstelling. Ek weet regtig nie waarvoor mens die op die wind sal gebruik nie. Sy turrets verstel ongelooflik positief en is n plesier om mee te werk.

http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8274_zpsgfzyft8l.jpg

http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8272_zpso2enmup7.jpg



Sy turrets het Titanium bussies op die sluitdele waar gewone brass oor tyd begin wegsluit.

Ek het die scope ge boresight en met my derde skoot was hy in die middel van die plakkertjie op 100m. Ek het hom verstel soos wat my Bulletflight app gese het, en die gonge laat lui met elke eerste skoot tot op 500m. Sy Parralax verstelling gaan tot by 2000m en dan eers tot by oneindig, wat baie meer as as meeste scopes waarmee ek nog geskiet het. Sy parallax was ook nie oor sensitief, sefls op 30 x vergroting. Sy parralax verstelling was ook baie positief en helder, en het glad geen "backlash" soos wat mens op baie ander fabrikate waarneem. Sy parallax was ook nie te sensitief. Ek kon gemaklik en met baie duidelike beeld die gonge sien vanaf 300m tot 625m met dieselfde parallax verstelling


Ek het daarna die box toets gedoen op 100m om te kyk of hy presies verstel soos hy se, en weer terug, en daarmee kon ek ook geen fout vind nie Ek het die toets twee maal herhaal om te sien hoe herhaalbaar hy verstel, en ek kon my eerste rondte skote sny met elke opvolgende skoot,op al die verstellings Dit wys dat hy foutloos verstel. Ek het hom elke keer 5 MOA gestel, en die meetband bevestig hierdie verstelling . Sy kruishaar is so lekker dun dat jy regtig baie mooi groepe kan skiet met hom, en veral op 300m.

http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8286_zpspnzm5let.jpg

Hy is nou al sowat drie maande op my .260, en dit lyk my hy gaan maar daar bly, want ek kan regtig niks fout kry met hom, en geniet hom elke keer as ek baan toe gaan. Omdat hy 8 clicks neem om 1 MOA te verstel gaan hy redelik vinnig by een omwenteling verby as jy langer afstande skiet, maar as jy na die strepies kyk wat onder die turret sigbaar raak as jy een of meer omwentelinge oorskry, dan is dit nie te moeilik om presies te sien hoeveel omwentelinge jy reeds gemaak het nie. Indien jy tweifel, draai net terug tot teen die zero stop.

http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8277_zps12s7alkb.jpg


Ek dink ook dat teen die prys van R19,500.00 vir n 34mm eenstuk tube scope met verligte kruishaar, en n 30 x vergroting dit regtig n goeie kopie is. Daar is regtig min scopes, indien ebige wat jou dit bied, teen so billike prys.

Ek kan hom regtig aanbeveel en in vandag se dae waar kwaliteit scopes se pryse die hoogte in geskiet het, dink ek dat hierdie scope bo aan my lys sal wees van bekostigbare scopes.
Kontak gerus vir Johan Jnr by Camdix (011 6602398) (om meer uit te vind oor hierdie bul scope teen n billike prys.

Die scope kom tans net in die 2de focal plane voor.

Let op na die netjiese en duursame afwerking

.http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8253_zpsyrcgnkoq.jpg

http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8254_zpsh3fdwobm.jpg

http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8271_zpskj1lxqwv.jpg

http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8270_zpsf1bnd3de.jpg

http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8253_zpsxosmcdsy.jpg

http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8251_zpsszehqmhv.jpg

http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8250_zpsznd8ftrc.jpg

http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8249_zpseqsrrpc4.jpg
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2480
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: VIXEN ARTES 5 - 30 x 56 (34mm tube) Scope toets

Post by Nico Harris »

Het oom n moar-t kruis op die atacr?
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: VIXEN ARTES 5 - 30 x 56 (34mm tube) Scope toets

Post by Sangoma (IAN) »

Baie netjies geskryf Oom Piet.

Dalk is die 1/8ste verstelling beter as die 1/4, hang ook af van die applikasie. Die scope weeg amper 1kg. Hy laat my baie aan die Lynx LX3 5-30x56 dink....
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: VIXEN ARTES 5 - 30 x 56 (34mm tube) Scope toets

Post by Arnold »

Die scope en die lx3 is nefies :)
Sal n side by side vergelykking wou sien.

Is daai boks toets se skote regs bo ook 5 MOA gewees? Hulle lyk so 1/2 hoër.

Nico Oom Piet gebruik die FFP ATACR as ek dit nie mis het nie en sy kruishaar is maar dik aan die bokant van die vergroting bestek.
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2480
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: VIXEN ARTES 5 - 30 x 56 (34mm tube) Scope toets

Post by Nico Harris »

Dankie Arnold.
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: VIXEN ARTES 5 - 30 x 56 (34mm tube) Scope toets

Post by Sangoma (IAN) »

Arnold wrote:Die scope en die lx3 is nefies :)
Sal n side by side vergelykking wou sien.
Jy gan jou tyd mors as jy al deur n LX3 gekyk het...

Sy turrets voel ook presies soos die LX3 sin :-X
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1484
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: VIXEN ARTES 5 - 30 x 56 (34mm tube) Scope toets

Post by Hein22 »

Stem saam met Ian, jy kan maar kyk, al die Vixen en Lynx scopes kom in presies dieselfde config. Ek dink dit is een en dieselfde ding.
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: VIXEN ARTES 5 - 30 x 56 (34mm tube) Scope toets

Post by Piet Breedt »

Daar is slegs twee major scope vervaardigers in Japan wat meeste scopes maak wat in Japan vervaardig word. jy kan na hulle toe gaan en self besluit watse tube, turrets en kwaliteit lense jy wil he, en ook jou eie kruishaar konfigirasie. Meeste verspreiders wat hul eie brand wil op he, neem daardie roete, en dus is daar so baie ooreenkomste tussen verskeie vervaardigers se scopes op die oog af.

Die tipe en kwaliteit van die lenes en turrets bepaal gewoonlik die groot verskil in pryse, al is hulle op die oog af dieselfde.

Jy sal verbaas wees as jy weet watter van die top brands se scopes ook deur dieselfde fabriek vervaardig word. So ook word dieselfde sisteem in die Phillepyne en elders ook gebruik, waar een vervaardiger vir n klomp verspreiders hul eie brands maak.

Ek dink nie ons sal ooit presies weet watter scopes word op presies dieselfde produksie lyne vervaardig, en kry dan net n ander logo op. Die kwaliteit van die komponente wat jy spec, is die bepaalende faktor as dit by prys en kwaliteit van die eindproduk kom.
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: VIXEN ARTES 5 - 30 x 56 (34mm tube) Scope toets

Post by Piet Breedt »

Het iemand dalk so n Lynx hier naby my dat ons n sy aan sy toets kan doen en kyk of daar n noemenswaardige verskil is?

Ek is 65km vanaf PTA en 30km vanaf Benoni
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1981
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: VIXEN ARTES 5 - 30 x 56 (34mm tube) Scope toets

Post by Louis Kriel »

Dankie Piet. Jou tydsberekening is perfek.

Light Optical Works - Japan en Asian Optics is die 2 grotes. Vixen Optics (Koyusha Corp) is ook in Japan en is n derde scope vervaardiger. Meeste Japannese scopes kom van LOW af. Hulle vervaardig oa ook Nightforce se lense.
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: VIXEN ARTES 5 - 30 x 56 (34mm tube) Scope toets

Post by Swede »

Vertel ons nou meer van watter scopes waar vervaardig word

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
And as thy days, so shall thy strength be
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: VIXEN ARTES 5 - 30 x 56 (34mm tube) Scope toets

Post by Sangoma (IAN) »

Piet, jy is 100% reg met jou stelling.
Ons kan nog n stap verder gaan en dan die US ook in die prentjie gooi. Baie van die Swarovski scopes word in die US assemble met parte van verskillende plekke af. Schott verskaf weer glas aan Swarovski en Zeiss se high end scopes...

IOR gebruik ook Schott glas. Dalk met verskillende coatings, wie weet. Dit is n hele netwerk van parte, tubes, glas etc die hele wereld vol.

Daarom het ek al vroeer genoem, kyk mar mooi wat op jou scope staan. Daar is n grooot verskil tussen, Made in, Assembled in, Designed in en Engineered in.


Om terug te kom na die boonste topic tussen die Vixen en Lynx. Hulle retail pryse is identies, sowel as hulle specks so dit gee n bitter goeie indikasie dat die lense ook dieselfde moet wees. Tensy Lynx of Vixen n helse profeit meer as die ander een maak?
Vixen Optics
Newbie
Newbie
Posts: 2
Joined: Mon Sep 29, 2014 11:00 am

Re: VIXEN ARTES 5 - 30 x 56 (34mm tube) Scope toets

Post by Vixen Optics »

Ian, jy kan nie sulke stellings maak sonder om die nodige navorsing te doen nie. Vixen en Lynx is nie dieselfde nie. Alhoewel hulle beide in Japan vervaardig word (selfde soos van Sightron se produkte). Die teleskope mag dalk dieselfde lyk, maar dit beteken nie dat die lense/optika dieselfde is nie. Soos oom Piet in sy review genoem het gebruik die ARTES model ED lense - wat nie dieselfde as die Lynx is nie. Vixen is "Made in, Assembled in, Designed in en Engineered in" Japan - in Vixen se eie fabriek. Ek hoop dit kan die saak uitklaar.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13639
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: VIXEN ARTES 5 - 30 x 56 (34mm tube) Scope toets

Post by Capt. Yoda »

Ja Ian
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1484
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: VIXEN ARTES 5 - 30 x 56 (34mm tube) Scope toets

Post by Hein22 »

Vixen Optics wrote: in Vixen se eie fabriek.
Word Lynx en Vixen dus in verskillende fabrieke vervaardig?
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1847
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: VIXEN ARTES 5 - 30 x 56 (34mm tube) Scope toets

Post by LoopSoosStroop »

Welkom
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: VIXEN ARTES 5 - 30 x 56 (34mm tube) Scope toets

Post by Hercules Louw »

Vixen Optics wrote: Soos oom Piet in sy review genoem het gebruik die ARTES model ED lense - wat nie dieselfde as die Lynx is nie.
Net 'n korreksie - alle Lynx LX3 teleskope is toegerus met ED lense. Aanhaling hieronder uit Lynx se katalogus:
LX3 RIFLESCOPES
Extra low-dispersion glass and the
latest anti-reflective lens coating
technology gives brilliant image
clarity and brightness.
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: VIXEN ARTES 5 - 30 x 56 (34mm tube) Scope toets

Post by Hercules Louw »

Hein22 wrote:
Vixen Optics wrote: in Vixen se eie fabriek.
Word Lynx en Vixen dus in verskillende fabrieke vervaardig?
Alle Lynx geweerteleskope word in die Light Optical Works fabriek in Japan vervaardig.
http://www.light-op.co.jp/english/
Die betrokke fabriek vervaardig ook die Nightforce NSX reeks, Nikon Monarch-X reeks, Bushnell Elite 6500 reeks ens.
Vixen Optics
Newbie
Newbie
Posts: 2
Joined: Mon Sep 29, 2014 11:00 am

Re: VIXEN ARTES 5 - 30 x 56 (34mm tube) Scope toets

Post by Vixen Optics »

Hercules Louw wrote:
Vixen Optics wrote: Soos oom Piet in sy review genoem het gebruik die ARTES model ED lense - wat nie dieselfde as die Lynx is nie.
Net 'n korreksie - alle Lynx LX3 teleskope is toegerus met ED lense. Aanhaling hieronder uit Lynx se katalogus:
LX3 RIFLESCOPES
Extra low-dispersion glass and the
latest anti-reflective lens coating
technology gives brilliant image
clarity and brightness.
Askuus Hercules - Dis 'n oorsig van my kant af. Lynx word wel in LOW se fabriek vervaardig. Lyk eenders, prys is eenders, maar nie een en dieselfde soos meeste mense vermoed nie.
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: VIXEN ARTES 5 - 30 x 56 (34mm tube) Scope toets

Post by Sangoma (IAN) »

Vixen Optics wrote:Ian, jy kan nie sulke stellings maak sonder om die nodige navorsing te doen nie.
Dankie vir die regstelling Hercules. Ek wou nou dieselfde genoem het oor die ED glas wat in beide modelle gebruik word.

Dalk het ek bietjie navorsing gedoen...... :o
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: VIXEN ARTES 5 - 30 x 56 (34mm tube) Scope toets

Post by Sangoma (IAN) »

Vixen Optics wrote:Lyk eenders, prys is eenders, maar nie een en dieselfde soos meeste mense vermoed nie.
"Lyk eenders, prys is eenders", selfde specks, ED glas, Wat maak die Vixen beter?


Julle het n Artes 5-30x56 op a stand beskikbaar gehad by die SA Jagters Transvaal tak so rukkie terug. Ek het jou scope onder oe gehad op die baan, nie binne in n geweer winkel wat 10m lank is nie.

Ek was ook deel van die groep manne wat die klompie scopes so rukkie terug getoets het, onder andere die LX3.

Albei se glas is goed, moet my nie verkeerd verstaan nie. Persoonlik kon ek nie n verskil in glas tussen die twee scopes waarneem nie.
User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1616
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

VIXEN ARTES 5 - 30 x 56 (34mm tube) Scope toets

Post by Francoisv »

Ian, ek het nog nie geleentheid gehad om beide scopes onder oë en hande te hê. Sal jy sê die turrets spesifiek is van beter gehalte as bv die Sightron S3 6-24?


Francois Vogel
Francois Vogel
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: VIXEN ARTES 5 - 30 x 56 (34mm tube) Scope toets

Post by Sangoma (IAN) »

@Franchois
Die Sightron se parralax is bietjie styf teenoor die Vortex en NF. Die manne by Sightron reken dis beter so sodat hy nie vanself kan uit stel onder recoil nie.Ek weet nie hoe waar dit is nie
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Post Reply