Ek het vanoggend gou 'n pel gaan help om 'n paar oortollige bokke af te haal.
Een van die ouens daar het 'n blouwildebees bul op relatiewe kort afstand bek afgeskiet, toe is ons agterna met die Cruiser tot op omtrent 400m van hom af, en een van die ander manne gooi 3 skote waarvan 2 raak is, en die bul pak verder!
Hy begin stadiger draf, en ek klim agterop met my 6Dasher gelaai met 65gr VMax teen 'n redelike matige 3600fps en lê aan oor 'n X-Bag.
Toe die bul vassteek, range een man hom op 506m. Ek dial na my 550y merk toe, en hou 4MOA vir wind. Toe ek gemaklik is, druk ek die skoot af, en so sekond of 2 later, hoor ons die "dup"geluid. Die bul draf so ent, en val om!
Daar gekom, sien ek dat ek dubbeld soveel wind gegee het as wat ek moes, en die koeel het hom in die nek getref, en sy slag-aar uitgehaal, ipv. agter die blad. Steeds claim ek hom! Vir my tel dit as 'n first round kill. Dit was mos my eerste skoot op die spesifieke bok!
Nou ja. 6 blesbokke, 6 rooibokke, 7 bwb'e en 1x vlakvark later, is ek weer 12uur oppad huistoe gewees. Nie 'n slegte joppie vir 4 ure nie!
Groete

