Vertrou dit gaan goed.
Ek is die trotse eienaar van 'n doughnut masjien .243 Winchester.
Ek skiet Norma brass in my 243tjie en kyk mooi na die doppe.
Het 14 sikluse geskiet waar ek elke derde fase anneal en sny na lengte toe.
Op die 15de siklus het ek begin paranoid raak oor die gevreesde "doughnut" tussen die nek en skouer...
Die punt van die koel se bearing surface onder raak aan die nek / skouer area.
Ek wil graag die doppe gebruik (hulle is nog in baie mooi kondisie) maar sal graag die nekke wil "skil" soos dit aan my verduidelik is.
Ek verstaan mens druk die "doughnut ring" na die buitenkant van die nek en sny met 'n reamer die doughnut van buite af weg...
Sal iemand in die Pretoria area / JHB area vir my kan help om dit te doen? Of ten minste net wys wat ek nodig het om dit te doen.
Ek het al 'n paar keer kommentaar ontvang "Ag koop nuwes" of "Ag boor die nek net uit met 'n 6mm boor". Dis slegte advies
Sien uit na julle kommentaar.
Groetnis

