Bankrot boerdery

Hou dit skoon en onsuggestief, dit is 'n openbare forum en enige iets wat nie pas nie sal verwyder word.
Post Reply
Mauser browser
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 94
Joined: Sun May 19, 2013 7:18 am

Bankrot boerdery

Post by Mauser browser »

BANKROTSKAP - Hoe ek my gat in boerdery gesien het, waar dit alles begin het!!!!!!!!

"Dit het alles in 1961 begin toe die geldstelsel van ponde na rande verander het, en my oortrokke bankrekening verdubbel het.
Ek was net besig om daaraan gewoond te raak, toe bring hulle kilogramme in die plek van ponde en onse, en my oes verminder met die helfte.
Toe verander hulle die reënval van duime na millimeter, en ons het sedert daardie tyd nog nie weer 'n duim reën gehad nie. Wat doen hulle toe?
Bring 'n ding genaamd Celsius en die temperatuur daal met twintig grade. Geen wonder my mielies wil nie groei nie.
Asof dit nie genoeg was nie, verander hulle grond, van morge na hektaar, en my plaas se grootte verminder met die helfte van wat ek oorspronklik geërf het. Dit is toe dat ek besluit om die plaas te verkoop. En glo my.
Ek het pas my plaas in die mark gesit, toe verander hulle myle na kilometer. Nou is my plaas so f@kken vêr uit die dorp, dat niemand daarin belangstel nie!!


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Ashley
Hero Member
Hero Member
Posts: 1046
Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm

Re: Bankrot boerdery

Post by Ashley »

:laugh: :laugh: :laugh: Lekker man..skerp!
Groete

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
Post Reply