Jag Notas - Jag met "match" OTP styl koels en hulle effek
- Max Rossle
- Sr. Member

- Posts: 322
- Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm

Het hierdie per ongeluk onder "Algemeen" geplaas.
Dag Lede
Voor ek hier wegspring, wil ek dit duidelik maak dat ek nie jag met OTP match styl koels goedkeur, ondersteun of endorseer nie - ek het die toetse gevoer om my eie kennis te verbreer en notas te maak daarvan.
Ek het oor die laaste twee jaar verskeie spesies met OTP match-styl koels geskiet om notas van hulle effek op wild te neem.
Ek het begin met die konsep op jakkalse, met my 243 Winchester wat 90gr Lapua Scenars teen 3150fps stoot. Ek het 'n hele klomp jakkalse geskiet en die effek was maar voorspelbaar op die gewone afstande tussen 50m en 150m. Met daai snellheid ontbind / ontplof die koper mantel en loodkern en die gewone exit wond deursnee was omtrent tennis bal grote, met die ingangswonde wat baie van die tyd ook verbreer het. 'n Jakkals wat hoog geskiet is sou gewoonlik 'n interessante uitkoms he waar die bokant van die rug "bars" na rugraad impak (met stukkies been oorals versprei). Selfde met kopskote op die sagte jakkals skedel... stukkies skedel oorals en een of twee nabye onthoofings waar net velle oorbly.
Ek het toe besluit om op te beweeg in spesie grote - en die eerste 3 bokke was blesbokke op:
1. 220m (hoe blad skoot)
2. 250m (kop skoot)
3. 300m (lae blad skoot)
Die eerste bok op 220m het 'n hoe blad skoot ontvang, deur die bokant van die longe en die hoofslagaar (aorta) - die skoot is net agter die "crease" in (agter die been lyn) omtrent 2" bo die liggaam se middel lyn. Die koel het kontak met 'n rib gemaak en ontbind tydens penetrasie - die ontbinding het veroorsaak dat na penetrasie van die vel en ribbekas het die koel in klein stukkies opgebreek en deur die primere organe gewerk en tot rus gekom onder die teenoorgestelde kant se vel (mens kon die stukkies onder die vel voel). Toe ek slag, kom ek agter dat rondom die ingangs wond was daar verbasend min kneusing met 'n impaksnellheid van 2700fps (volgens StrelokPro). Die longe was sop met 'n massiewe wondkanaal reg deur altwee longe en 'n stukkie van die ontbinde koel het die hoofslagaar oopgeruk / gesny. Daar was minimale kneusing op die karkas op die teenoorgestelde kant ook.
Die twede bok was op 250m en 'n vriend van my het die skoot senter voorkop geplaas. Die koel het die skedel penetreer en die bok het net daar waar hy gestaan het geval. Oppad na die bok toe het ons verwag die skedel ietswat ernstig opgebreek gaan wees oor die "sagte" koper mantel en loodkern wat graag ontbind / ontplof op been impak. Daar was nie 'n prominente uitgangswond nie en op nader inspeksie was dit duidelik dat daar 'n paar klein uitgangswonde rondom die nek en onder die kop was (onder die kaak). Die koel het na skedel penetrasie duidelik gebars en stukkies koper mantel en loodkern versprei in alle rigtings in (genoeg om die nek en uit kop been uit te exit). Impaksnellheid op 250m was 2650fps.
Die derde blesbok was 'n groot ram wat op 300m plankdwars gestaan het. Die skoot is in lyn met die been (op die blad) in die onderste derde van die lyf geplaas. Die blesbok het 'n paar tree gegee en omgedop na die skoot se impak op sy blad (met 'n soliede antwoord geluid). Toe ons slag het ek opgemerk dat die koel mooi omgeklink het en onder die teenoorgestelde blad se vel tot rus gekom het. Die wondkanaal was massief, deur die bokant van die hart (wat 'n groot "V" vorm uitgekerf het oppad deur die hart) en 'n gholfbal grote wondkanaal deur die longe geskiet het. Toe ek die sternum oopsny het daar BAIE gestolde bloed uitgeschlaf en stukkies hart en sagte weefsel. VERBASEND was die ingangswond weer sonder uitermatige kneusing maar die binnekant van die blad was absoluut verwoes (impaksnellheid op 300m was 2500fps).. Die bloeding waar die bok geval het was intensief en 'n dik straal bloed het die gras rondom die bok geverf. Baie effektiewe dood - maar altwee blaaie was vlenters in geskiet. Die koel na weging was 40gr en daar was duidelik 'n groot stuk koper mantel afwesig (ek neem aan dit was die jacket tip wat "weggepeel" het tydens penetrasie).
Ek was nie klaar met die toetse nie, en het twee weke na dit op 'n bosveld jag net buite Rustenburg besluit om weer toetse te voer op rooibokke.
Ek het die eerst rooibok ram op 100m net onder die oog in geskiet, en die koel het net onder die teenoorgestelde oor ge-exit. Die uitgangswond was omtrent 'n 50c stuk grote en die koel het glad nie ontbind nie. Die koel het tydens se penetrasie van die skedel koers gehou en 'n effektiewe, onmiddelike dood veroorsaak.
Die twede rooibok ram het ek net onder die oorgaatjie in geskiet op 80m met die kop in 'n plankdwars orientasie. Die skoot is onder die teenoorgestelde oor (uit die nek uit) uit en het ook nie opgebreek nie, met geen tekens van satelite exits nie wat ontbinding aandui. Weereens, die interne skade was verbasend min op die nek (met die duidelike wondkanaal deur die sagte weefsel maar nie uitermatige "vleisskade" wat kneusing aanbetref nie).
Die derde rooibok ram het vir my gekyk op 60m en toe ek die skoot gestuur het was my impak laer as wat ek wou gehad het, senter snoet. Die rooibok het net daar neergeval.. Toe ek die skedel inspekteer, het die koel opgebreek in twee primere stukke. Die eerste stuk het die kaak regs uitgeblaas en die twede stuk het koers gehou en die nek gebreek (kon nie verstaan dat die ligte stuk lood daai effek kan he nie). Ek vermoed dat die nabye afstand veroorsaak het dat die twede stuk waarna ek vroer verwys het genoeg snellheid gedra het om die rugraad te penetreer en die sein af te skakel. Dit was lucky, maar ek le hier klem op die onvoorspelbare uitkoms met 'n OTP skedel impak... As die koel skedel weerstand ontmoet breek hy graag op (behalwe vir die een rooibok waar die skoot onder die oog geplaas is).
Ek het oor die klein toetsreeks maar net die bogenoemde notas gehou en gedog ek deel dit eendag op 'n forum wat sal belangstel...
Tyd het verby gegaan en ek het begin met 180gr Sierra Matchkings in die 30-06 Springfield op teiken oefen.
Op 'n overwagse jag ("Max buddy ons jag hierdie naweek") het ek 50 gelaaide patrone gehad wat 180gr Sierra Matchkings as hoofte gehad het... Die geweer het 0.5MOA groepeer met die lading teen 2590fps trompsnellheid.
Ek het besluit om my toets bietjie verder te vat (met 'n lae trompsnellheid). Ek glo nie mens kan regtig die 6mm en 7.62mm se vermoe vergelyk nie - hulle is uiterste pole - maar dit was die rede vir my nuuskierighied... Wat sal 'n match styl koel maak met 'n lae trompsnellheid en swaarder gewig, op soortgelyke wildspesies en groter bokke?
Die eerste toets was 'n Blouwildebees bul op 90/100m. Ek het die skoot in lyn met die been in die middel van die lyf (uitsluitend skof) geplaas. Dit was oor die stokke en ek moet bieg ek was glad nie gemaklik nie... Maar nou ja - om aan te gaan. Die skoot het geklap en die BWB het gehol (soos hulle doen met bladskote). Ek het bietjie gewag voor ek gevolg het en toe ek by die staanplek gekom het was daar aanvarbare bloeding en 'n sterk spoor om te volg deur die gras (waarvoor ek dankbaar was want die bul het op 'n sanderige patch gestaan waar die spore goed die sand gesteur het - wat spoor volg moeilik maak). Ek het die bloed vir 50m tussen die bome deur gevolg en die bul gekry - vol bloed agter die teenoorgestelde blad (bul het gaan le op ingangswond). Ek was beindruk toe ons geslag het, oor die min "vleisskade" op rondom die impaksplek met so sagte koel (met 'n OTP). Die wondkanaal was niks buitengewoon en as 'n man met 'n normale soft-nose koel dieselfde skoot geskiet het, sou dit moeilik wees om te onderskei... Ek het die hart se bokant ook afgeskiet en ek het opgemerk dat die uitgangswond uit klomp klein gaatjies opgemaak is. Die hele bokant van die hart is weggeskiet (half maan uit hart uitgekerf) en die longe is gepeper met klein gaatjies en een prominente gat wat omtrent 'n R5 deursnee deur al twee longe getrek het. Op nadere inspeksie van die uitgangswond, was daar een groot exit wond (R2 deursnee) en klomp klein exits met koper mantel wat nog onder die vel vas sit... Baie interessant...
Ek het die volgende dag 'n vlakvark beer vroeg die oggend geskiet en die skoot is net agter die blad ingestoot... in die crease in en baie laag... die vark het op 150m gestaan en vreet. Die koel is dwars deur die vark en die ingangswond was presies dieselfde deursnee as die uitgangswond. Wat aandui dat die koel GLAD NIE omgeklink het nie. Daar was geen sateliet wonde nie en op inspeksie van die organe het ek agtergekom die onderste kwart van die hart is weggeskiet (borderline).. die longe het 'n gewone 30 cal wondkanaal deur gehad en die kneusing op die karkas was weereens nie 'n groot issue nie...
Ek het daai laat middag 'n knypkop rooibok op 80m geskiet met 'n quartering away hoek... dit het my toets opgeneek want ek wou graag al my data op 'n plankdwars orientasie kan bied... maar die resultate was nogsteeds interessant. Ek het die skoot agter die blad ingestoot en die exit is senter teenoorgestelde kant se nek uit. Ek het probeer kyk of ek van 'n laer punt af geskiet het as die teiken dier maar dit het nie so gelyk nie en ek vermoed die nek was net in lyn met die blad se hoogte toe ek geskiet het... die vleisskade was BAIE meer opmerkend op die bok en die karkas was erg gekneus waar die skoot UIT is uit die nek uit.. Die ingangswond was weer minder as waaraan ek gewoond is in terme van bloeding en sagte weefsel skade...
Die teorie oor die min kneusing ("hemorrhaging") wat ek aan kan dink, uit 'n logiese oogpunt uit, is die skerp punt van die koel wat eers deur die vel en oppervlakte vleis moet breek voordat die koel met die nodige weerstand gegroet word om die omklink proses te initiate / af te skop... Die massiewe wondkanaal binne die ratkas is geen vergelyking met die klein netjiese ingangswonde wat ek van kennis geneem het op meeste van die wild.
Ek is, soos in die begin van die nota gestel, bewus dat die OTP match koels nie die BESTE implement is vir jag werk nie. En ek het nog nie die guts gehad om die effekte met been impak te toets nie (al wil ek graag). Dit is maar 'n etiese vs wetenskaplike worstelling waarmee ek sit.. Maar ek sal dit nog bietjie deurdink...
Ek jag nie as 'n reel met die styl van koel nie en beveel dit nie aan nie, maar dog net ek deel die notas.

Jag met kennis en wetenskap - nie met 'n opinie nie.
.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag
Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag
Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
- Max Rossle
- Sr. Member

- Posts: 322
- Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm
Re: Jag Notas - Jag met "match" OTP styl koels en hulle effe
Enige iemand al soortgelyke ondervinding op die onderwerp?
Jag met kennis en wetenskap - nie met 'n opinie nie.
.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag
Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag
Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Jag Notas - Jag met "match" OTP styl koels en hulle effe
Max, jammer vir die onkunde, maar waarvoor staan OTP?
In my ervarings maak koeels met 'n stadiger impak spoed minder skade ongeag van die konstruksie.

Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
- Max Rossle
- Sr. Member

- Posts: 322
- Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm
Re: Jag Notas - Jag met "match" OTP styl koels en hulle effe
Dankie MeneerFCLoretz wrote:Max, jammer vir die onkunde, maar waarvoor staan OTP?
In my ervarings maak koeels met 'n stadiger impak spoed minder skade ongeag van die konstruksie.
Ek stem saam.. Baie te doen met impaksnellheid. Ek het net altyd "horror stories" gehoor van match punt koels gebruik in die jagveld en wou my kop teen die selfde muur probeer stamp (vreemd ek weet). Maar vir die performance itv presiesheid wat die match koels bied is dit goed om te weet dat hulle gebruik KAN word...nie gebruik MOET word nie...
So het nou ervaring in hoe snellheid met match koels en lae snellheid. Maar almal met goeie sagte skootplasing, geen been op lyf (swaar voorbene of skouer bene). Ek dink 'n mens sal lekker probleme optel as jy op impak been tref (anders as ribbes).
"OTP" staan vir "open tip point" of ook bekend as "OTM" - Open Tip Match.
Groete
Max
Jag met kennis en wetenskap - nie met 'n opinie nie.
.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag
Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag
Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 891
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Jag Notas - Jag met "match" OTP styl koels en hulle effe
Dankie Max vir baie interessante terugvoer.
My ervaring is met 338 Win Mag en 250gr Berger Hybrid Elite Hunters. Die koeëls het 'n besonderse lang en skerp neus en 'n BC van amper 0.70. Die Hunter weergawe se jacket is dunner as die match weergwe sodat dit makliker kan oopmaak. Ek het al 'n klompie van daai wilde trek springbokke in die Suid Vrystaat met die kombinasie geskiet. Die resultate was uiters wisselvallig gewees. Op nader afstande (onder 350m) is die koeëls verwoestend veral as jy die bladbeen vang. Op verder afstande maak hulle eenvoudig glad nie oop nie en as jy 'n mooi skoot net agter die blad skiet, jy kry "pin hole penetration" en die bok kan maklik vir nog 'n km of selfs meer gaan met 'n perfekte longskoot. Na my mening en ervaring is hierdie OTM (open tip match) tipe koeëls glad nie geskik vir jag op langer afstande nie, al is dit die sogenaamde "Hunter" weergawe.
Ek het dus nou oorgeskakel na 285gr Hornady ELD match (BC 0.829), en hulle maak baie betroubaar oop teen lae impaksnelhede al tref jy geen van die groter bene in bv 'n springbok nie.

Hercules Louw wrote:Dankie Max vir baie interessante terugvoer.

Dankie vir jou terugvoer! Baie interessant om te hoor hoe dit perform op langer afstande!
Ons het 'n paar interessante toetse op langer afstande in April uitgevoer.
Ek het 'n SWB koei op 567 jaar (520m) met die .30-06 geskiet met 'n 150gr Hornady SST. Uitstekende penetrasie en koel het tot rus agter in pens gekom (na skoot in is in kuiltjie). Trompsnellheid van 2886fps.
'n Goeie vriend het met sy .243 Winchester gelaai met 87gr Hornady Vmax teen 3211fps 'n swartwildebees koei geskiet op 410y (380m/390m) OP die blad - skoot is DEUR die SWB... Weereens - beveel dit nie aan nie maar die koel se terminale ballistics was uiters goed (ek neem aan die sagte varmint eienskappe is minder teen laer impaksnellheid). Was eintlik skokkend...
Ander pel het 'n dik RHB op 330m met 100gr Sierra Gameking op die knoppe gestamp - koel het mooi omgeklink en tot rus gekom onder teenoorgestelde kant se vel.
Wat ek interessant vind is penetrasie met die sagter koels (gewone ongebinde loodkern en kopermantel koels) beter is op langer afstande nadat snellheid gedaal het as op 100m / 150m waar snellheid nog relatief hoog is... Die omklinkingsproses is dan stadiger van tempo en koels is minder geneig om te hyper-expand en ontbind...
Ek het al gesien toe ek jonger was, deur die oomies wat met "army ammo" in hulle 223's en 308's geskiet het, dat die terminale effekte van solids uiters swak is op langer afstande (selfde effek as 'n match OTM koel wat nie omklink nie). Dit veroorsaak 'n klein wondkanaal en n lang soektog (soos jy se, al was die skoot mooi geplaas).
Ek skiet self 338 Winchester Magnum maar het nog net met 185gr Hornady GMX (3050fps) en 250gr Sierra Gamekings geskiet. Nog nie 'n skoot verder as 300m met hom geskiet nie. Maar wil graag bietjie sy bene rek op die vlaktes wild... Dit gaan maar net oor confidence, kondisies en geleenthede... Dis lekker om aan daai afstande te dink maar die geleenthede is maar beperk in die veld. Alles moet reg wees na 400m.
Groetnis
Jag met kennis en wetenskap - nie met 'n opinie nie.
.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag
Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag
Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3530
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Jag Notas - Jag met "match" OTP styl koels en hulle effe
Bitter intresand Max! Baie dankie vir die skrywe
Groetnis
Groetnis
- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1240
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: Jag Notas - Jag met "match" OTP styl koels en hulle effe
Presies die rede hoekom die .303,.308 en die 9.3 sulke lekker bosveld kalibers met gewone loodkern koeëls in bosveld is.
- SakoTrippel2
- Hero Member

- Posts: 716
- Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm
Re: Jag Notas - Jag met "match" OTP styl koels en hulle effe
Goeie Skrywe Max. Baie interessant.... Hier is 'n soortgelyke draad, glo die twee is baie verwant en kan met mekaar verbind word.
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?p=597666#p597666
Groete
Frans

Sako 30-06, Sako 308, 2 X Sako 222, Savage LRP 243 Ackley, P.Beretta A300 12ga, Howa 6.5 Creed, Glock 19 G4 9mm, Mini Mauser 22LR, Savage Stevens 410, Rossi 38Sp, LLAMA 22LR Pistool, LM4 223(5.56x45)
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13641
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Jag Notas - Jag met "match" OTP styl koels en hulle effe
Max ek het ongelukkig nou nie alles hier gelees nie maar in ons skiet/jag groep van 8 manne skiet net een (in net een van sy gewere) met nie "match" koels nie, die is nou nie met die swaar kalibers nie. Ons het so 3 weke terug gaan jag en met vmax, amax, berger hybrids, berger Juggernauts en Custom comps geskiet, skote was so tussen 200m en 500m. Die "match/varmint" koels het gewerk presies soos wat ons al oor die jare gesien het....bang flop. As jy n harde been op nader afstand raak skiet is daar meer vleis wat jy weg gooi maar as jy die koel op die regte plek sit werk dit vir ons baie beter as n bonded of Mono jag koel.
Bo is n 140gr Berger Hybrid uit n blesbok wat so net oor die 350m was
Onder is n 140gr amax wat uit n blesbok gekom het hier by die 400m.
Die 95gr VLDs lyk net soos die 140gr Hybrid as hy uit n bok uit kom.
Vir nou sal ons maar by die "match" en "varmint" tiepe koels bly.
Oor die algemeen sien ons dat daai klas koels hier by 65% van sy gewig hou, vmax gewoonlik minder. Eerste helfde van die koel skiet alles in die borskas uit mekaar uit en die agterste helfde gee n lekker wond kanaal. Ek het 2 blessies op 200m in die kop geskiet met 95gr Classic Hunters wat ook maar n Hybrid is en die koels is deur die koppe, in die nek af deur die werwils en die een se koel het ek herwin tussen die blaaie. N goeie stuk wat die koel deur harde bene gegaan het.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Max Rossle
- Sr. Member

- Posts: 322
- Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm
Re: Jag Notas - Jag met "match" OTP styl koels en hulle effe
Dis vir my 'n plesier om dit met julle te deel!Armand Steenkamp wrote:Bitter intresand Max! Baie dankie vir die skrywe
Groetnis
Ek sal aanhou navors en die inligting versamel.
Groetnis
Max
Jag met kennis en wetenskap - nie met 'n opinie nie.
.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag
Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag
Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
- Max Rossle
- Sr. Member

- Posts: 322
- Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm
Re: Jag Notas - Jag met "match" OTP styl koels en hulle effe
Capt. Oblivious wrote:Max ek het ongelukkig nou nie alles hier gelees nie maar in ons skiet/jag groep van 8 manne skiet net een (in net een van sy gewere) met nie "match" koels nie, die is nou nie met die swaar kalibers nie. Ons het so 3 weke terug gaan jag en met vmax, amax, berger hybrids, berger Juggernauts en Custom comps geskiet, skote was so tussen 200m en 500m. Die "match/varmint" koels het gewerk presies soos wat ons al oor die jare gesien het....bang flop. As jy n harde been op nader afstand raak skiet is daar meer vleis wat jy weg gooi maar as jy die koel op die regte plek sit werk dit vir ons baie beter as n bonded of Mono jag koel.
Bo is n 140gr Berger Hybrid uit n blesbok wat so net oor die 350m was
Onder is n 140gr amax wat uit n blesbok gekom het hier by die 400m.
Die 95gr VLDs lyk net soos die 140gr Hybrid as hy uit n bok uit kom.
Vir nou sal ons maar by die "match" en "varmint" tiepe koels bly.
Oor die algemeen sien ons dat daai klas koels hier by 65% van sy gewig hou, vmax gewoonlik minder. Eerste helfde van die koel skiet alles in die borskas uit mekaar uit en die agterste helfde gee n lekker wond kanaal. Ek het 2 blessies op 200m in die kop geskiet met 95gr Classic Hunters wat ook maar n Hybrid is en die koels is deur die koppe, in die nek af deur die werwils en die een se koel het ek herwin tussen die blaaie. N goeie stuk wat die koel deur harde bene gegaan het.
Goeiedag Captian Oblivious
Vertrou dit gaan goed!
Sal graag julle ondervinding in die artikel inkorporeer...
PM my as jy sal belang-stel om te co-author oor observations ens.
Lyk my julle kry dieselfde plesier uit die storie uit!
Dankie vir die inligting wat jy deel.
Groetnis
Max
Jag met kennis en wetenskap - nie met 'n opinie nie.
.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag
Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag
Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
- JacquesT (Stompe)
- Hero Member

- Posts: 948
- Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm
Re: Jag Notas - Jag met "match" OTP styl koels en hulle effe
Hello Max,
Hier is 'n skrywe van Capt O. oor sagte tipe varmint koels. http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... ls#p604490
Ek dink deur al die skrywes hier bo en persoonlike ondervinding, is een ding duidelik. Sekere koels het sekere aanwendings en mens moet dit so ook toepas. Ek gaan nie van 'n Amax die beste bos jag koel maak nie, maar so ook nie van 'n Partition die beste lang afstand koel nie. Ek glo in een koel per kaliber vir baanwerk en jag. Ek laai al my gewere vir spesefieke toepassings, en hou daar by. Ja dit is nie so maklik vir die eengeweer man nie, en ek is seker seker elke ou soen ook maar sy vrou op sy eie manier.
Vir medium en langaftsand jag is die sagte mantel hoe BC koels ons kos, juis oor die eksterne balistiese voorspelbaarheid en die terminale balistiese prestasie op laer impak snelhede.
Groete,
Jacques Theron

- Hennie Oelofse
- Sr. Member

- Posts: 416
- Joined: Fri May 09, 2014 12:31 pm
Re: Jag Notas - Jag met "match" OTP styl koels en hulle effe
Max Rossle wrote:Het hierdie per ongeluk onder "Algemeen" geplaas.
Dag Lede
Voor ek hier wegspring, wil ek dit duidelik maak dat ek nie jag met OTP match styl koels goedkeur, ondersteun of endorseer nie - ek het die toetse gevoer om my eie kennis te verbreer en notas te maak daarvan.
Ek het oor die laaste twee jaar verskeie spesies met OTP match-styl koels geskiet om notas van hulle effek op wild te neem.
Ek het begin met die konsep op jakkalse, met my 243 Winchester wat 90gr Lapua Scenars teen 3150fps stoot. Ek het 'n hele klomp jakkalse geskiet en die effek was maar voorspelbaar op die gewone afstande tussen 50m en 150m. Met daai snellheid ontbind / ontplof die koper mantel en loodkern en die gewone exit wond deursnee was omtrent tennis bal grote, met die ingangswonde wat baie van die tyd ook verbreer het. 'n Jakkals wat hoog geskiet is sou gewoonlik 'n interessante uitkoms he waar die bokant van die rug "bars" na rugraad impak (met stukkies been oorals versprei). Selfde met kopskote op die sagte jakkals skedel... stukkies skedel oorals en een of twee nabye onthoofings waar net velle oorbly.
Ek het toe besluit om op te beweeg in spesie grote - en die eerste 3 bokke was blesbokke op:
1. 220m (hoe blad skoot)
2. 250m (kop skoot)
3. 300m (lae blad skoot)
Die eerste bok op 220m het 'n hoe blad skoot ontvang, deur die bokant van die longe en die hoofslagaar (aorta) - die skoot is net agter die "crease" in (agter die been lyn) omtrent 2" bo die liggaam se middel lyn. Die koel het kontak met 'n rib gemaak en ontbind tydens penetrasie - die ontbinding het veroorsaak dat na penetrasie van die vel en ribbekas het die koel in klein stukkies opgebreek en deur die primere organe gewerk en tot rus gekom onder die teenoorgestelde kant se vel (mens kon die stukkies onder die vel voel). Toe ek slag, kom ek agter dat rondom die ingangs wond was daar verbasend min kneusing met 'n impaksnellheid van 2700fps (volgens StrelokPro). Die longe was sop met 'n massiewe wondkanaal reg deur altwee longe en 'n stukkie van die ontbinde koel het die hoofslagaar oopgeruk / gesny. Daar was minimale kneusing op die karkas op die teenoorgestelde kant ook.
Die twede bok was op 250m en 'n vriend van my het die skoot senter voorkop geplaas. Die koel het die skedel penetreer en die bok het net daar waar hy gestaan het geval. Oppad na die bok toe het ons verwag die skedel ietswat ernstig opgebreek gaan wees oor die "sagte" koper mantel en loodkern wat graag ontbind / ontplof op been impak. Daar was nie 'n prominente uitgangswond nie en op nader inspeksie was dit duidelik dat daar 'n paar klein uitgangswonde rondom die nek en onder die kop was (onder die kaak). Die koel het na skedel penetrasie duidelik gebars en stukkies koper mantel en loodkern versprei in alle rigtings in (genoeg om die nek en uit kop been uit te exit). Impaksnellheid op 250m was 2650fps.
Die derde blesbok was 'n groot ram wat op 300m plankdwars gestaan het. Die skoot is in lyn met die been (op die blad) in die onderste derde van die lyf geplaas. Die blesbok het 'n paar tree gegee en omgedop na die skoot se impak op sy blad (met 'n soliede antwoord geluid). Toe ons slag het ek opgemerk dat die koel mooi omgeklink het en onder die teenoorgestelde blad se vel tot rus gekom het. Die wondkanaal was massief, deur die bokant van die hart (wat 'n groot "V" vorm uitgekerf het oppad deur die hart) en 'n gholfbal grote wondkanaal deur die longe geskiet het. Toe ek die sternum oopsny het daar BAIE gestolde bloed uitgeschlaf en stukkies hart en sagte weefsel. VERBASEND was die ingangswond weer sonder uitermatige kneusing maar die binnekant van die blad was absoluut verwoes (impaksnellheid op 300m was 2500fps).. Die bloeding waar die bok geval het was intensief en 'n dik straal bloed het die gras rondom die bok geverf. Baie effektiewe dood - maar altwee blaaie was vlenters in geskiet. Die koel na weging was 40gr en daar was duidelik 'n groot stuk koper mantel afwesig (ek neem aan dit was die jacket tip wat "weggepeel" het tydens penetrasie).
Ek was nie klaar met die toetse nie, en het twee weke na dit op 'n bosveld jag net buite Rustenburg besluit om weer toetse te voer op rooibokke.
Ek het die eerst rooibok ram op 100m net onder die oog in geskiet, en die koel het net onder die teenoorgestelde oor ge-exit. Die uitgangswond was omtrent 'n 50c stuk grote en die koel het glad nie ontbind nie. Die koel het tydens se penetrasie van die skedel koers gehou en 'n effektiewe, onmiddelike dood veroorsaak.
Die twede rooibok ram het ek net onder die oorgaatjie in geskiet op 80m met die kop in 'n plankdwars orientasie. Die skoot is onder die teenoorgestelde oor (uit die nek uit) uit en het ook nie opgebreek nie, met geen tekens van satelite exits nie wat ontbinding aandui. Weereens, die interne skade was verbasend min op die nek (met die duidelike wondkanaal deur die sagte weefsel maar nie uitermatige "vleisskade" wat kneusing aanbetref nie).
Die derde rooibok ram het vir my gekyk op 60m en toe ek die skoot gestuur het was my impak laer as wat ek wou gehad het, senter snoet. Die rooibok het net daar neergeval.. Toe ek die skedel inspekteer, het die koel opgebreek in twee primere stukke. Die eerste stuk het die kaak regs uitgeblaas en die twede stuk het koers gehou en die nek gebreek (kon nie verstaan dat die ligte stuk lood daai effek kan he nie). Ek vermoed dat die nabye afstand veroorsaak het dat die twede stuk waarna ek vroer verwys het genoeg snellheid gedra het om die rugraad te penetreer en die sein af te skakel. Dit was lucky, maar ek le hier klem op die onvoorspelbare uitkoms met 'n OTP skedel impak... As die koel skedel weerstand ontmoet breek hy graag op (behalwe vir die een rooibok waar die skoot onder die oog geplaas is).
Ek het oor die klein toetsreeks maar net die bogenoemde notas gehou en gedog ek deel dit eendag op 'n forum wat sal belangstel...
Tyd het verby gegaan en ek het begin met 180gr Sierra Matchkings in die 30-06 Springfield op teiken oefen.
Op 'n overwagse jag ("Max buddy ons jag hierdie naweek") het ek 50 gelaaide patrone gehad wat 180gr Sierra Matchkings as hoofte gehad het... Die geweer het 0.5MOA groepeer met die lading teen 2590fps trompsnellheid.
Ek het besluit om my toets bietjie verder te vat (met 'n lae trompsnellheid). Ek glo nie mens kan regtig die 6mm en 7.62mm se vermoe vergelyk nie - hulle is uiterste pole - maar dit was die rede vir my nuuskierighied... Wat sal 'n match styl koel maak met 'n lae trompsnellheid en swaarder gewig, op soortgelyke wildspesies en groter bokke?
Die eerste toets was 'n Blouwildebees bul op 90/100m. Ek het die skoot in lyn met die been in die middel van die lyf (uitsluitend skof) geplaas. Dit was oor die stokke en ek moet bieg ek was glad nie gemaklik nie... Maar nou ja - om aan te gaan. Die skoot het geklap en die BWB het gehol (soos hulle doen met bladskote). Ek het bietjie gewag voor ek gevolg het en toe ek by die staanplek gekom het was daar aanvarbare bloeding en 'n sterk spoor om te volg deur die gras (waarvoor ek dankbaar was want die bul het op 'n sanderige patch gestaan waar die spore goed die sand gesteur het - wat spoor volg moeilik maak). Ek het die bloed vir 50m tussen die bome deur gevolg en die bul gekry - vol bloed agter die teenoorgestelde blad (bul het gaan le op ingangswond). Ek was beindruk toe ons geslag het, oor die min "vleisskade" op rondom die impaksplek met so sagte koel (met 'n OTP). Die wondkanaal was niks buitengewoon en as 'n man met 'n normale soft-nose koel dieselfde skoot geskiet het, sou dit moeilik wees om te onderskei... Ek het die hart se bokant ook afgeskiet en ek het opgemerk dat die uitgangswond uit klomp klein gaatjies opgemaak is. Die hele bokant van die hart is weggeskiet (half maan uit hart uitgekerf) en die longe is gepeper met klein gaatjies en een prominente gat wat omtrent 'n R5 deursnee deur al twee longe getrek het. Op nadere inspeksie van die uitgangswond, was daar een groot exit wond (R2 deursnee) en klomp klein exits met koper mantel wat nog onder die vel vas sit... Baie interessant...
Ek het die volgende dag 'n vlakvark beer vroeg die oggend geskiet en die skoot is net agter die blad ingestoot... in die crease in en baie laag... die vark het op 150m gestaan en vreet. Die koel is dwars deur die vark en die ingangswond was presies dieselfde deursnee as die uitgangswond. Wat aandui dat die koel GLAD NIE omgeklink het nie. Daar was geen sateliet wonde nie en op inspeksie van die organe het ek agtergekom die onderste kwart van die hart is weggeskiet (borderline).. die longe het 'n gewone 30 cal wondkanaal deur gehad en die kneusing op die karkas was weereens nie 'n groot issue nie...
Ek het daai laat middag 'n knypkop rooibok op 80m geskiet met 'n quartering away hoek... dit het my toets opgeneek want ek wou graag al my data op 'n plankdwars orientasie kan bied... maar die resultate was nogsteeds interessant. Ek het die skoot agter die blad ingestoot en die exit is senter teenoorgestelde kant se nek uit. Ek het probeer kyk of ek van 'n laer punt af geskiet het as die teiken dier maar dit het nie so gelyk nie en ek vermoed die nek was net in lyn met die blad se hoogte toe ek geskiet het... die vleisskade was BAIE meer opmerkend op die bok en die karkas was erg gekneus waar die skoot UIT is uit die nek uit.. Die ingangswond was weer minder as waaraan ek gewoond is in terme van bloeding en sagte weefsel skade...
Die teorie oor die min kneusing ("hemorrhaging") wat ek aan kan dink, uit 'n logiese oogpunt uit, is die skerp punt van die koel wat eers deur die vel en oppervlakte vleis moet breek voordat die koel met die nodige weerstand gegroet word om die omklink proses te initiate / af te skop... Die massiewe wondkanaal binne die ratkas is geen vergelyking met die klein netjiese ingangswonde wat ek van kennis geneem het op meeste van die wild.
Ek is, soos in die begin van die nota gestel, bewus dat die OTP match koels nie die BESTE implement is vir jag werk nie. En ek het nog nie die guts gehad om die effekte met been impak te toets nie (al wil ek graag). Dit is maar 'n etiese vs wetenskaplike worstelling waarmee ek sit.. Maar ek sal dit nog bietjie deurdink...
Ek jag nie as 'n reel met die styl van koel nie en beveel dit nie aan nie, maar dog net ek deel die notas.
Hi Max,
jy het nie dalk die detail van die plaas net buite rustenburg nie? Ek wil self graag gou n naweek n paar rooibokke gaan klap.
Groete,
Hennie.
CZ P-10c
CZ 200s PCP
.22 CZ
7x57 BRNO
9.3x62 CZ 550 Lux
CZ 200s PCP
.22 CZ
7x57 BRNO
9.3x62 CZ 550 Lux
- Max Rossle
- Sr. Member

- Posts: 322
- Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm
Re: Jag Notas - Jag met "match" OTP styl koels en hulle effe
PM my dan stuur ek jou besonderhede.Hennie Oelofse wrote:Max Rossle wrote:Het hierdie per ongeluk onder "Algemeen" geplaas.

Charles.308
- Sr. Member

- Posts: 323
- Joined: Sun Nov 04, 2012 9:09 pm
Re: Jag Notas - Jag met "match" OTP styl koels en hulle effe
Max
My ondervinding met lapua scenar 155g.
2 kudus geskiet op 250 meter agter die blad en die kudus het 150 meter verder gehardloop met min vleis skade, gaatjie in en anderkant uit, gewoointlik kan jy sien as bok inpak skoot kry aan sy hardloop, maar kon niks optel met bok se hardloop nie.
4 springbokke agter die blad so 200-250 meter ,al 4 bokke het so 100M verder gehardloop, met oopsny van die bokke het ek een deur die hart geskiet en was daar net n gaatjie in blad in hart en gaatjie weer uit, ek moet by sê ek kon die stof anderkant die bok sien en was nie seker of ek hom geraak het nie, so daarom het ek oorgegaan na GMX en moet se ek kon duidelik verskil sien op inpak skoot op die bok en my springbokke het net daar geval.Die bokke was so 150-200 meter.
Soos jy sê ek deel net my ondervinding.
Charles

Op n onlangse jag weer 'n blouwildebees geneem met 250gr Lapua Scenar teen 2630fps. Frontal skoot op 167m deur n sekelbos.. risky ek weet... maar soliede senter bors impak. Hart in vlenters in geskiet. Koël se stukkies het tot rus gekom agter in pens.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jag met kennis en wetenskap - nie met 'n opinie nie.
.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag
Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag
Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
- Max Rossle
- Sr. Member

- Posts: 322
- Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm
Re: Jag Notas - Jag met "match" OTP styl koels en hulle effe
250gr Lapua Scenar uit 338 Winchester Magnum uit.
Jag met kennis en wetenskap - nie met 'n opinie nie.
.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag
Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag
Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
- Theunodb
- Sr. Member

- Posts: 261
- Joined: Sun Oct 16, 2016 7:35 am
Re: Jag Notas - Jag met "match" OTP styl koels en hulle effe
Dankie vir die deel Max, artikels soos hierdie is hoekom mens daagliks terugkom na jaracal toe!
GUNR - Shooting and Reloading
https://onelink.to/56748m
https://onelink.to/56748m
- Max Rossle
- Sr. Member

- Posts: 322
- Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm
Re: Jag Notas - Jag met "match" OTP styl koels en hulle effe
Bietjie terminal ballistics.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jag met kennis en wetenskap - nie met 'n opinie nie.
.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag
Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag
Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
- Max Rossle
- Sr. Member

- Posts: 322
- Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm
Re: Jag Notas - Jag met "match" OTP styl koels en hulle effe
Beskrywings is bo die fotos.

Al die skote hierbo het die volgende in gemeen gehad (3 fotos saam is blad skote - op die dik skouer spiere geplaas):
1. Klein ingangswond (kaliber deurnsee gaatjie)
2. Twee duim wondkanaal deur primere organe (longe en hart met ernstige skade)
3. Mantel en kern ontbdining na rib en sagte weefsel penetrasie (klein stukkies lood en mantel gaan sit onder teenoorgestelde kant se vel).
Effek is basies penetrasie wat aanvaar kan word en 'n "haelgeweer" effek binne in die borskas sodra daai mantel en kern begin ontbind na rib en sagte weefsel (spier) impak en penetrasie.
1. Klein ingangswond (kaliber deurnsee gaatjie)
2. Twee duim wondkanaal deur primere organe (longe en hart met ernstige skade)
3. Mantel en kern ontbdining na rib en sagte weefsel penetrasie (klein stukkies lood en mantel gaan sit onder teenoorgestelde kant se vel).
Effek is basies penetrasie wat aanvaar kan word en 'n "haelgeweer" effek binne in die borskas sodra daai mantel en kern begin ontbind na rib en sagte weefsel (spier) impak en penetrasie.
Jag met kennis en wetenskap - nie met 'n opinie nie.
.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag
Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag
Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
- Max Rossle
- Sr. Member

- Posts: 322
- Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm
Re: Jag Notas - Jag met "match" OTP styl koels en hulle effe
Enige iemand met nog bietjie data en ervaring wat hier wil byvoeg?
Wel n ou post maar die manne begin meer en meer match koeëls gebruik om bokke om te dop.
Wel n ou post maar die manne begin meer en meer match koeëls gebruik om bokke om te dop.
Jag met kennis en wetenskap - nie met 'n opinie nie.
.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag
Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag
Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Jag Notas - Jag met "match" OTP styl koels en hulle effe
As jou skoot plasing reg is werk die koeels. Vermy groot bene op die blad en bob you're uncle. Het al n Gembok op 425m met n 87gr vmax geskiet. Weet waar jou kill zone is. Hoe verder jy skiet hoe meer neem jou koeel se spoed af. Het al baie probleme met Barnes gesien. Gaaitjie in en gaaitjie uit. Die bok wys jou die plaas.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.

dehacked
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am
Re: Jag Notas - Jag met "match" OTP styl koels en hulle effek
Hiermee my insette.
Ek skiet af en toe springbokke met die 223. Afstande gewoonlik onder 100m, dikwels baie nader as ek voorsit by die water. Ek het 'n klomp Sierra 52 SMK punte wat ek gebruik vir oefen en hulle skade op kop skote is vêr van die wat ek met 'n vmax uit my broer se 223 gesien het. Ek het die jaar besluit om iets te kry wat minder sensitief is vir wind en ook meer skade maak. Ek het op die Hornady 73grn ELDM besluit. Uit 4 bokke so ver kan ek sê skade is beslis meer as wat ek met die SMK gekry het. Dit wil tog op die stadium voorkom of hulle nie so geweldadig ontplof soos 'n VMAX. Ek skat spoed op 2800-2850 so dit kan ook 'n bydrae lewer. Terloops, ek het al 'n paar varke met die SMK geskiet en het nooit 'n plobleem gehad om die skedel te penetreer.

Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P