Vrae oor Nikon monarch 3 4-16x42

Post Reply
User avatar
shottie
Full Member
Full Member
Posts: 150
Joined: Wed May 06, 2015 6:50 pm

Vrae oor Nikon monarch 3 4-16x42

Post by shottie »

Naand mense. Wil graag hoor by die wat die teleskoop gebruik. Ek gebruik tans n Rudolph 4-12x50 T2 op my .204 maar soek iets wat kan dail en meer vergroting. Met goeie lig toestande kan jy jou gate op 200m sien? Stel die turrets positief ? en bly die beeld helder x16 vergroting. Insette sal waardeur word.

Groete Shottie
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Vrae oor Nikon monarch 3 4-16x42

Post by FCLoretz »

Ek gebruik 'n 5-20x44 Monarch BDC reticle wat vir my mooi en helder is op 5 deur tot 20 vergroting. dit het wel 1/8" click verstelling maar die clicks is akkuraat.

Ek hou van die Nikon Monarch reeks, maar in my opinie moet jy nie van Vortex vergeet nie.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
Ashley
Hero Member
Hero Member
Posts: 1046
Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm

Re: Vrae oor Nikon monarch 3 4-16x42

Post by Ashley »

Baie lekker scope, daai Monarch 3, 4-16 x42 BDC.
Ek het daai ene op die 30-06, en hy het my tot dusver nog nie in die steek gelaat nie.

Ek het wel nog nie die BDC verder as 200m uit getoets nie, maar glo hy werk ook.
Groete

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Vrae oor Nikon monarch 3 4-16x42

Post by FCLoretz »

Ashley wrote:Baie lekker scope, daai Monarch 3, 4-16 x42 BDC.
Ek het daai ene op die 30-06, en hy het my tot dusver nog nie in die steek gelaat nie.

Ek het wel nog nie die BDC verder as 200m uit getoets nie, maar glo hy werk ook.
Ashley het jy al die Nikon Spoton program gebruik en die data op die baan gaan toets met die BDC kruishaar?

http://spoton.nikonsportoptics.com/spot ... ml#Index:4
Last edited by FCLoretz on Thu May 18, 2017 8:17 am, edited 1 time in total.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5153
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Vrae oor Nikon monarch 3 4-16x42

Post by Pvdw »

Shottie ek het die 4-16x50 Nikon. Ek sien met gemak die 6.5 se gate op 200m. Indien daar nie marage is nie selfs op 300m.

Sodra daar marage is begin die sports vir my. "n ander bogger is egter die swart dele op die teiken. Solank die gate op wit papier is sien ek mooi maar as daar skoot in die swart is sukkel ek.

Ja die 16x kan dalk help maar ek glo nie dit is die finale antwoord nie.
User avatar
shottie
Full Member
Full Member
Posts: 150
Joined: Wed May 06, 2015 6:50 pm

Re: Vrae oor Nikon monarch 3 4-16x42

Post by shottie »

Pvdw wrote:Shottie ek het die 4-16x50 Nikon. Ek sien met gemak die 6.5 se gate op 200m. Indien daar nie marage is nie selfs op 300m.

Sodra daar marage is begin die sports vir my. "n ander bogger is egter die swart dele op die teiken. Solank die gate op wit papier is sien ek mooi maar as daar skoot in die swart is sukkel ek.

Ja die 16x kan dalk help maar ek glo nie dit is die finale antwoord nie.
Dankie. wat sal oom nog voorstel. Hier waar ek woon is nie plekke waar ek na teleskope kan kyk nie.
Enige opsies sal waardeur word.
User avatar
Ashley
Hero Member
Hero Member
Posts: 1046
Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm

Re: Vrae oor Nikon monarch 3 4-16x42

Post by Ashley »

Frederick
Ek speel gereeld rond met daai Nikon program. Hy werk eintlik baie lekker.
Ek het die 200m skote self gaan toets, maar met behulp van die program.
Dis eintlik nogal tricky want jou geweer moet bv presies op 100yrds gezero wees, en jou vergroting moet ook op n speaifieke ene wees. Slegs dan werk dit.
Groete

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
Ebony30-06
Newbie
Newbie
Posts: 16
Joined: Mon Feb 17, 2014 7:54 pm

Re: Vrae oor Nikon monarch 3 4-16x42

Post by Ebony30-06 »

Hallo Shottie,

Ek het die 4-16x42 wat diens doen op my 30-06 en het by oom PW 'n 5-20x44 gesteel wat diens doen op my .243. Ek het hulle nog nie so intensief op die baan getoets verder as 200m om my skote te sien op die teiken nie, maar het al gemaklik ander manne se skote gevolg op 300m sonder om te veel te verander aan die vergrotings.

Ek het einde April my eerste jag met die scopes gedoen en was baie beindruk met my besluit om hul te laat diens doen op my ketties. Die manne het my aanvanklik lekker moeilikheid gegee oor my scope keuses, maar na die eerste BWB op die heilige 300m meter geval het (met die 30-06 geskiet), het die kommentaar minder begin word.

My jag afstande was tussen 250m en 300m vir die hele jagtog en ek het geen probleem gehad om op daardie afstande te skiet nie. Ek het nie eens my vergroting verander vanaf die 8 vergroting nie. Ek het met beide gewere bitter lekker gejag en was aangenaam verras deur die Nikon scopes.

Die scopes is vir my baie duidelik en ek het die een oggend 'n man se skoot op 400m goed gevolg met die 4-16x42. Die beeld is vir my goed en duidelik.

Ek is gelukkig met my besluit om laasjaar oor te gaan na die Monarch 3 reeks toe. Daar is ander scopes in daardie mark, maar vir my baanskiet- en jag vermoë is die scopes meer as voldoende.

Groete,
Danie Welman
CZ 550 Lux Ebony 30.06
Steyr Mannlicher (L) .243 Win
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Vrae oor Nikon monarch 3 4-16x42

Post by Jean Marais »

Ek het ook Nikons - 4-16x42 op my 308 Norma en 2.5-10x42 op my 375 H&H. Ek's baie tevrede met beide. Sal hulle nie sommer vervang met iets anders nie. Hulle doen wat hulle moet baie goed.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
shottie
Full Member
Full Member
Posts: 150
Joined: Wed May 06, 2015 6:50 pm

Re: Vrae oor Nikon monarch 3 4-16x42

Post by shottie »

Baie dankie vir die insette ek waardeur dit opreg. Dink ek gaan die Nikon pad stap.
Post Reply