Tips vir Mei maand

User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Tips vir Mei maand

Post by Gerhard »

Dis al die 20ste Mei.

Die maand is sterk oppad uit en Junie maand is om die draai.

Hier in die Noorde het ons nog nie regtig winter (ryp) gesien nie.

Die gras is nog lank en veld is nat.

Soos gewoonlik eerste tip ...
  • Maak seker dat jy raak skiet na al die werk gedoen is om jakkals binne skiet afstand te kry.
  • Ek sal nou nog steeds kos klanke as my primere klanke gebruik
  • Wees ook versigtig om klanke nie te hard te speel nie
  • Gebruik jou dimmer terwyl jy soek. Jy hoef nie op vol sterkte te soek na oe nie, sodra jy n oog optel dim meer en kyk deur dit teleskoop en probeer die oog identifiseer deur dop te hou en stadig lig helderder te draai
Hoop die manne gaan vir ons nog n paar tips op sit vir Mei maand...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Andr? Gous
Full Member
Full Member
Posts: 103
Joined: Sun Nov 15, 2009 11:39 am

Re: Tips vir Mei maand

Post by Andr? Gous »

Gerhard ek hou van jou kort en kragtige \tips\.Nog net een bysit en ons weet einlik almal van hom en dis staanplek ---staanplek.Ek het laasweek twee aande uit gegaan en darem 5 gekry.Ek sal gou in kort vertel wat gebeur het.Ek het jagters uit gevat vir springbok en koedoe.Ons kort nog een bok en en ry aand toe n draai.Ek met lig agter op en tel n rooi oog op.n Ent vorentoe sal ek jakkals op n miershoop sien staan.Jagter lans my skiet hom mis en ek moet my inhou van kwaad word.Ry 2aande later met roeper na selfde plek en na 10 min van steenbok kom hy mooi in reg wind op .Stop hom so op 80 meter en hy ry bakkie.Roep verder maar niks kom in nie.Ek se vir myself ander jak is klaar skelm gem maak.Ek pak op en skuif so 5 km na n ander plek en gebruik weer steenbok .na 20 min tel ek 2 op maar is ver en wag om nader te kom.My staan plek is lekker hoog en kan hulle lekker dop hou..Op so 200 m wil hulle onder wind inbeweeg en stop hulle.222-50 blaf en nog een dood.EN NOU.Ander een weg.Wag so 2min en speel jak distress.Ander een wys dadelik oog en kom in.So 3 meter van eerste een af steek hy vas en draai sy neus in wind rond.Hy moes eerste een seker ruik ...H                                                                                                                                                                                                                                                           
User avatar
Andr? Gous
Full Member
Full Member
Posts: 103
Joined: Sun Nov 15, 2009 11:39 am

Re: Tips vir Mei maand

Post by Andr? Gous »

Sorry.Verkeerde knop gedruk.Hy ry ook bakkie.Ry 4 aande later terug na nommer een se plek so 300m verder.Na een keer se Mooihuil en 10min kom sy in en skiet haar 30 m van bakkie.NO. 5 hardloop oor pad en werker roep my oor radio.Dis darem op ander plaas.Dieselfde aand 07.15 met dassie kom hy in en op 100m stop ek hom en hy ry saam met my huis toe.Laaang storie... Groete  Gous
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Tips vir Mei maand

Post by Gerhard »

Mooi man Gous!!!
  • Maak seker dat jy raak skiet na al die werk gedoen is om jakkals binne skiet afstand te kry.
  • Ek sal nou nog steeds kos klanke as my primere klanke gebruik
  • Wees ook versigtig om klanke nie te hard te speel nie
  • Gebruik jou dimmer terwyl jy soek. Jy hoef nie op vol sterkte te soek na oe nie, sodra jy n oog optel dim meer en kyk deur dit teleskoop en probeer die oog identifiseer deur dop te hou en stadig lig helderder te draai
  • Maak seker jou staan plek word reg gekies  (Gous)
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 549
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Re: Tips vir Mei maand

Post by Jassie »

Gerhard
Jy is nou met die regte en baie goeie ding besig -kort lysies punt vir punt (Ons dom manne verstaan dit ook)
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Tips vir Mei maand

Post by Ponkie »

Gerhard

BAIE goeie tips!

As ek 'n paar kan bylas wat ek by Oom louis en Jason gehoor het.

1. Kies staanplek aan die sonkant van 'n rant as jy in berg-areas roep.
2. Begin aan die onderkant van die wind op die plaas waar jy gaan roep en beweeg wind-op, as jy nie weet of daar wel jakkalse is nie.
3. Staanplek ALTYD belangrik.
4. GEDULD sonder enige roep vir maklik 25min indien jy vokale reaksie kry.

Die res het jy klaar genoem. ;)

Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Tips vir Mei maand

Post by Gerhard »

Ponkie,

Die idee is dat ons n kort lys op die einde van die dag kan op trek oor wat om te doen en wat nie.

Dan kan n man vandaar af begin werk en sy eie ondervinding in die nag bymekaar maak.

Noem dit maar


"Back to Basics"
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Tips vir Mei maand

Post by Geno »

Hier is wat die Meester homself verlede jaar die tyd genoem het:
tafjak wrote: Net wat ek gesien het in die tyd nou:

Weet waar die jakkalse hou.
Klein hasie/springhaas/steenbok combo, basies al die combo's
Staanplek
Lang/groot stiltes
Bly so lank(tot 50min) weg van jakkalsroepe(fataal om daarmee te begin) as moontlik

Ek jag net in veld wat ek ken en gereeld jag. My staanplekke is dan ook waar ek jakkalse al geskiet het en skuif net na ander plekke as die jakkalse daar antwoord. Onthou ook dat jakkalse gereeld op kosklanke vokaal sal reageer en dan moet jy maar eers lekker weg bly van jakkalsroepe. Geduld is dan die wagwoord.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Tips vir Mei maand

Post by tafjak »

Geens

Sien julle check my op! :D

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Tips vir Mei maand

Post by Geno »

Oom Taf,
Ek moet maar opswot want ek wil volgende naweek die hoeveld-brakke bietjie gaan pakgee! :police:
My broer bel my gisteraand, en sit toe sy 2-jarige dogtertjie op die lyn. Die se toe: "Oom Genie, die jakkalse maak my bang, wanneer kom skiet jy hulle?" ;D
Die vuilgoed skreeu sommer naby sy huis op die plaas.
My .25-06 skiet op 'n tiekie, my stoel staan reg by Freek, my Spitfire se batterye is vars, en my Lightforce 170 RMSM word die naweek aangeskaf.
Ek sit gereeld en kyk vir die mak jakkals by my huis, en probeer die versoeking weerstaan om hom dood te skop! Net om bietjie daai geduld-faktor op te skerp!

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Tips vir Mei maand

Post by tafjak »

Geens
Geno wrote: Ek moet maar opswot want ek wil volgende naweek die hoeveld-brakke bietjie gaan pakgee! :police:
    ...........................tip! gaan swot staanplekke op!

As jy 6kosse(hase, bokke, dasse, Jackrabbit en vo?ls), Mooihuil, jakkalshuil, vlekkie9/e en so baklei/distres of 2 op die roeper het, is jy gewaks.

Mooiloop                   
Mooiloop en Geseende Kersfees!
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Tips vir Mei maand

Post by Ponkie »

Oom Taf

Ek roep daar in paasnaweek in 'n area waar die Impi's die rooihond al paar keer in die dag gesien het. Ek begin met lightning jack en doen so voort vir seker 20min toe die jakkals uit die bloute oorkant die grootpad praat. Skat hom seker so 1.5km ver. Uit my onkunde het ek toe gedink, maar kom ons antwoord hom met jakhuil alleen. Nouja, ek het op daai stand vir meer as 'n uur gebly. Jakkie het nooit weer gepraat of selfs geantwoord op mooihuil toe ek afsluit.

Nou sien ek wat my fout was. Ek moes toe daardie jakkie gepraat het vir maklik 25min stilbly en daarna eers weer met kos voortgaan indien hy nie in daardie tyd al kom kyk het nie.

Dink ander ouens kan leer uit hierdie fout wat ek gemaak het.

Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Tips vir Mei maand

Post by MEERKAT »

Taffles

Taffles het jy jou nie verspreek met die baklei en distres klanke nie?

Normaalweg gebruik jy hulle nie die tyd van die jaar as ek dit nie mis het.
Mooi loop
MEERKAT
User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Re: Tips vir Mei maand

Post by C.J. »

Dag manne,

Ons gaan die naweek wat voorle bietjie tyd spandeer aan Vlekkie en sy bende, die standaard roepmetode gaan gevolg word met baie stiltes tussenin, ek gaan ook baie nuuskierighied uitbyt, juis omdat die hase al bietjie te hard gewerk het in daardie area. My vraag is, nou dat ons skielik min temp van -3'C het (Oos-Vrystaat), en hoe uitstraal vlakke (dit ryp al 11 uur in die nag), tot hoe laat sal ons kan roep voordat dit nie meer regtig die moeite werd is nie, en van hoe vroeg af kan ons weer begin? Ek wil ook 'n paar dagroepe probeer en sal dit eerder in die oggende wil doen sodat die lig ons nie vang nie. Ek dink die strategie is reg maar ek wil weet wat die manne dink oor die aktiewe tye.

Groete,
C.J.
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm

Re: Tips vir Mei maand

Post by 222 »

C.J

Hoop die volgende kan jou help. Het die laasteweek of so die volgende opgemerk. Mens sien hulle baie vroe?r in die aand, hier net net voor sonsondergang en dan tot so net voor 9. In die oggende net net voor sonsopkoms tot so om en by 7 - 7:30.

Ek kyk maar na die voorspelde min temp en wanneer dit onder 0 gaan draai. Die laaste 5 aande was hulle doodstil tot 11pm en het toe lekker begin gesels en ingekom tot net so voor 1vm waarna hulle weer doodstil geraak het. Die temprature het in daardie tyd ook bo 0 gebly en het net na 12 in die - gaan draai.

Gerrie
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.

.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Re: Tips vir Mei maand

Post by C.J. »

Gerrie,

So alhoewel hulle van vroeg aand af beweeg het jy hulle eers van later af begin inroep of sukses gehad met die roepery? Ek het ook so 'n ruk terug gaan roep op 'n plaas, het net na donker soontoe gery en het seker 6 jakkalse oppad soontoe oor die pad gesien beweeg, ek het gedink hulle sal vroeg goed reageer op die plaas omdat hulle so beweeg maar het seker eers 11uur die aand die eerste een ingeroep.

Nou is die vraag: As hulle beweeg jag hulle mos, en dit het nie vir my so voorgekom toe ek roep nie. Hulle het ook eers laat vokaal begin raak. Ek sou dink 'n ou sal vroeg meer suksesvol wees maar daar bevestig jy ook nou my waarneming. Gaan dit dan oor nuuskierigheid, of merk hulle vroeg, of wat sal die rede wees hoekom vroeg nie suksesvol is nie?

C.J.
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm

Re: Tips vir Mei maand

Post by 222 »

C.J

Taai vraag wat ek dink die manne wat meer as ek weet meskien meer akkuraat sal kan beantwoord. Al die jakkalse wat ek laaste ruk(+-2 weke) geskiet is was voor 12. Baie baie min (net 1) het na 12 ingekom. Daar was GEEN reaksie van sy kant af nie het net op so lekker jakkalsdraffie nader gekom.

Die vokale deel is sulke kort nja nja nja blaffies. Ek het die blaffies Woensdag-aand so om en by 11:30 gehoor maar ek het regtig nie die moet gehad om uit ta gaan nie daai lekker ou windjie daar vanaf die Malutis het my so bietjie binne gehou ;D.

Dat hulle jag verseker want my roepe was kos kos kos (springhaas)stilte (20-30min) kos, jakkals by kill, stilte(20min) kos (hasie GO en Kliphaas) Almal het gereageer (ingekom) na stilte na Jakkals by kill en kos.

Ander vokale klanke wat ek opgetel het was die jakkalshuil en en kort nja - mens kon aan die stem hoor dat dit 'n groterige een is.

Die wat inkom kom vanaf 'n heeltemal ander rigting as van waar hulle gesels.
Last edited by MEERKAT on Sun May 29, 2011 1:57 pm, edited 1 time in total.
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.

.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Tips vir Mei maand

Post by tafjak »

Meerkat
MEERKAT wrote: Taffles

Taffles het jy jou nie verspreek met die baklei en distres klanke nie?

Normaalweg gebruik jy hulle nie die tyd van die jaar as ek dit nie mis het.
Mooi loop
MEERKAT
.................o, het ek dan iewers genoem dat ek die klanke nie in April tot Julie gebruik nie. Ek bly sov?r as moontlik weg daarvan, met die klem op "moontlik". Ek hou nie daarvan om met bakleie en distres van jakkalse te begin nie. Sal eers na die 2de jakkalsroep(min of meer 70min in die stanplek) oorweeg om die klanke te gebruik as jakkalse naby is en nie inkom of padgee nie. Ook gebruik ek hulle mildelik as die een al geskiet is en maat is nog uitstaande. Jakkalsbaklei4 gebruik ek gereeld tussenin kosklanke, maar ook eers na eerste jakkalsroep.

En waarvan ek hou en jy hou is natuurlik 2 verskillende goete en sal niemand afraai om enige klank te gebruik. Soos ek al reeds in vorige posts op verskeie topics genoem het dat as jy 'n sekere klank like en weet(ondervinding) om te gebruik, dan gebruik jy dit.

As enige iemand twyfel oor my roep-sequence, hier is dit weer: Kosklanke vir op tot 50min en dan Jakkalsroep(my eie keuse is Mooihuil, Vlekkie E, Vlekkie 3a, Locator van Tewis) en dan na 8min weer kos vir 25-25min en sluit gewoonlik af met Vlekkie E en mooihuil(as ek enige reaksie van jakkalse gekry het gedurende die staanplek, sal ek verseker Vlekkie 3a iewers in die afsluiting gebruik). Dit is reeds hier waar die bakleie en jakkalsdistresse ter sprake kom in my angle of attack, as die jakkalse op een plek bly en ek kan nie nader nie(of hulle is reeds naby) sal ek die klanke gebruik soos nodig, want die kosding het dan nou vir 55 - 90minute nie gewerk nie. Gewoonlik die laaste joker wat ek kan pluk.

CJ, Wiehan en 222

Jakkalse is baie bedrywig laat middag en vroeg aand, maar merkende jakkalse bly maar op hul poste heelnag. Die rondlopers kry jy orals en is ook moeiliker om te jag omdat hulle maar op gesteelde tyd rondloop, maw, hulle vang nogsteeds in die merkende jakkalse se gebiede maar sal vinnig spore maak as hulle die merkende jakkalse gewaar of hoor(vandaar die fatale fout om met jakkalsroep te begin).

Baiekeer sal jy roep en so 3lotte sal antwoord en as jy nader skuif is hulle weer nog verder. Skuif maar weer totdat hulle in hulle "comfort zone" is en dan pak julle mekaar, let wel dat dit baie(tot 4) staanplekke. Dan kan jy nogal partykeer naderskuif en die klomp op dieselfde plek kry en alles gaan dooddollies, dit is die teken dat jy die merkende stel of die jongklomp sommer in die comfort zone vroeg vasgetrek het.

Wat is 'n "comfort zone"? Ek reken dit is die plek waar jakkalse sonder baklei 'n lewe maak, waar hulle nie gepla word deur honde en iets dergliks nie. Hulle kan kom en gaan soos hulle wil en loop nie gevaar nie. So, die "comfort zone" behoort die dominante paar se kerngebied te wees waar hulle hulle kleintjies voortbring en grootmaak, die "comfort zone" van disposal jakkalse(nie-merkende jakkalse) is weer dan na my mening soos hierbo verduidelik is, die gebied waar hulle veilig voel. En dit is die areas waar hulle geroep behoort te word om sukses te verseker. As jy nie sy adres het nie, gaan jy sukkel. Jongjakkalse(nie-merkende jakkalse) se gebied is ongelukkig die meeste van die tyd weg van maklike prooi en moet hulle noodgedwonge gaan steel in die merkende jakkalse se gebiede, vandaar die wegh?l-metode wat hulle gebruik om veilig te speel.

In areas waar jakkalse baie is, plekke soos parke en reservate ens. gaan hierdie beginsel nie so lekker werk nie, want die kos is min en jakkalse te veel. Die merkende stel sal hulle dae h? om die jonges weg te hou en het lankal(soos ek vermoed) die stryd gewonne gegee. Klink meer soos "maklike tyd" nou daar. Het self al gejag in sulke areas en die gevoel bly dieselfde by my. Het seker so 6jaar gelede die eerste keer die voorreg gehad om in so plek te jag en het van my mooi broodjies niks gekom om hulle met die tradiisionele roepmetodes oor te haal nie. Het verseker op die metode iets doodgekry, maar gou van plan verander om sommer 'n "bar fight" (ala Major Bodiker" se term) te gebruik.

Hoop julle verstaan hoe ek dink, maar is nie noodwendig reg nie.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Tips vir Mei maand

Post by Gerhard »

Taffie,

Dink jy het hom lekke raak geslaan nou...

Dankie vir die post!!!

Watter jakkals is nou jou hoof teiken.

Die wat merk of die wat nog tussen deur dwaal?
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Tips vir Mei maand

Post by tafjak »

Gerhard
Watter jakkals is nou jou hoof teiken.
...................o bloed! Amper vra jy my vas, maar ek skiet wat ek kan en reken dat die wat dood is nie kan vreet of kleintjies kry nie. "Wat klaar is klaar" het die antie ges? met haar hoed op in die bad. :D

Op ernstiger noot: Die merkende jakkalse is First Prize, die jonges is First Prize-1. Ou voel net beter met 2merkende jakkalse minder as 3jonges. Die bankbestuurder verkies weer die 3jonges. Die probleem het 'n prys, nie die jakkals nie! Baiekeer gaan dit makliker om die jonges gou dood te kry as die merkende-paar reeds dood is. 6 van die een en halfdosyn van die ander. My prys sal ek op die merkende-paar sit as ek lammers se lewens moet red.

Hoop ek verstaan die vraag reg en hoop die antwoord is die een waarna jy soek. ;)

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Tips vir Mei maand

Post by Gerhard »

Bakgat!!!

100% elke een in een minder wat vleis vreet.

Dink ook dit is 1st prys om die dominante 2 te kan om kry.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Re: Tips vir Mei maand

Post by C.J. »

Interessant!

So die idee is om met die aanvanklike lang roep (slegs kos) alles in die omgewing te trek, veral die jonges wat rond dwaal en maklik weg hol vir die merkende jakkalse, en dan steselmatig op te werk na die merkende paar toe.

Dankie, dit maak alles sin.

C.J.
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: Tips vir Mei maand

Post by marno »

Baie goeie tips manne!

Dankie!
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
User avatar
Louw15
Newbie
Newbie
Posts: 25
Joined: Tue Mar 22, 2011 5:29 pm

Re: Tips vir Mei maand

Post by Louw15 »

Dankie oom taffie die nawek kan n man met n ander oo
gpunt na ou jakie gan soek
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Tips vir Mei maand

Post by Piet Breedt »

Taffie, ek is nog maar baie dom met die jakkals skietery en leer nog elke keer as ek uitgaan. Ek skiet baie op n aand, bloot net omdat hier so geweldig baie is, en nog maar min van hulle slim geleer is. My grootste probleem op hierdie stadium is dat ek partykeer 2 ingeroep kry, maar as ek die eerste een klop, dan hardloop die ander een weg voor ek n skoot op hom kan kry. As ek so lees wat jy hierbo s?, dan moet ek dadelik Jakkals distres of jakkals baklei speel.

Ek het so 2 weke gelede geraporteer hoe goed Jakkals baklei gewerk het hier by my buurman waar ek nie mag skiet nie, maar toe probeer ek dit op n plaas waar ek skiet, toe hol die jakkals wat besig was om in te kom, en op n afstand gebly het dadelik weg toe ek dit speel. Hoe hou ek een binne skietafstand as ek klaar sy maat geskiet het?
Post Reply