Goeie/Oulike Jakkals

Post Reply
222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm

Goeie/Oulike Jakkals

Post by 222 »

Mense

Ek het die laaste week as ek in die oggend hier net na 7 en namiddag na 5 gou skape toe gery. Ek kry 'n mooi groot jakkals elke keer by dieselfde plek. Dit is so ongeveer 200m tot 300m van waar die skape loop.

Ek dog toe ek moet hom maar een of ander tyd 'n lift aanbied maar hy vang glad nie by die skape nie (hulle het nou lammers). Toe ek die storie vir my buurman vertel s? hy maar by hom is ook een wat net onder sy dam bly en hy kry hom ook elke dag daar. Sy ooie lam ook nou.

Nou hoekom gebeur dit? ??? ??? Ek dink ek moet hom los en saam die skaap skuif want dit wil lyk of hy hulle mooi oppas ;D ;D ;D (meskien kry ek 'n Groen Badgie wat s? ek is PREDATOR FRIENDLY)
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.

.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
300Winmag

Re: Goeie/Oulike Jakkals

Post by 300Winmag »

Dalk skiet jy hom dan trek daar een in wat wel skaap vang?
222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm

Re: Goeie/Oulike Jakkals

Post by 222 »

is mos wat ek s?, hom net mooi gewoond maak aan my en dan oplaai en saam die skaap na die volgende kamp skuif ;D
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.

.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
User avatar
Blackie Swart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm

Re: Goeie/Oulike Jakkals

Post by Blackie Swart »

Yes 222
Wel n klompie jare terug het goeie vriende van my dieselfde voorval gehad waar daar n reun en teef jakkals op sy grond gebly het.Daar was nooit van sy skape of lammers gevang nie,meer as wat die buurman kon se.Lyk my hulle die een plaas gebruik as veilige hawe en die ander om te steel.Ons het baie keer merke gekry waar die jakkies baklei het en wil voorkom dat die jakkies nie ander skelms wou toelaat op hul gebiet nie.Die oom het die 2 nooit geskiet nie en weet nie wat van hulle geword het nie aangesien die plaas verkoop is.Onthou HULLE BLY JAKKALSE
Groete
Blackie
Gooi mielies
.308 Sako TRG, .243 Remmington, , .22 Brno model 2e
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Goeie/Oulike Jakkals

Post by JPS »

Blackie,

seker een van daai "enigste goeie jakkals is dooie jakkals" gesegde is van toepassing ???

Groete
JP
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Goeie/Oulike Jakkals

Post by MEERKAT »

222

Het dit ook in die verlede al by 'n hele paar geleenthede gesien dat jakkalse in kampe rondloop met lammers en nooit vang nie. Sodra teef swaar dragtig word verander prentjie , dit wil voorkom asof lammers dan die maklikste opsie is, sodra kleintjies gebore is word vangery baie erg en sal aanhou totdat broeipaar doodgemaak is.

Ek dink die stelling van "goeie jakkalse" is gedeeltelik waar maar slegs vir periode van die jaar. Die boer moet nou maar vir homself besluit of hy die skade wil lei vir 6 maande van die jaar en risiko loop  dat jakkalse vir die oorblywende 6 maande hul geaardheid net mag verander.

Jy kan miskien daardie jakkalse dophou en laat weet wanneer hulle begin vang dws as jy bereid is om lam af te staan om groenes verkeerd te bewys.

Mooi loop en hou hulle dop, dis jakkalse waarmee jy nou speel
MEERKAT
Post Reply