Ek het gister gou bietjie baan toe gegaan en my scope gaan kalibreer.
Weet nie hoeveel van julle manne dit al gedoen het nie.
Ek het n Bushnel Elite Tactical gekoop vir bietjie langerafstand skiet. Dis die ERS 6x24x50 in n Millradian First Focal Plane met 30mm buis.
Soos julle seker weet is 1 click op n mill scope 1cm op 100m.
Ek het vir my n bord gemaak en 20cm(2mill) afstande gemerk. Vertikaal en horisontaal.
Eh het die geweer in n stewige geweer stand vasgemaak met die kruishaar op die bord se zero merk.
Ek het eers die "sub tentions" getoets. So al die verskillende Mill merke op die glas moes opline. Beide horisontaal en vertikaal op al die vergrotings.
Tweede was om op en af te "dial" en seker te maak as jy terug kom zero toe dat die kruishaar weer presies op die regte plek eindig.
Die bord wat ek gemaak het was 10 mills vertikaal wat 100 clicks is en 8 mils horisontaal wat 40 clicks lings en regs is. Op die eerste foto kan julle die sub tentions sien wat perfek opline (bord was bietjie skeef. Afstande aan onderkant van masking tape.) En op die tweede foto wys dit waar ek 40 clicks gedial het. Ek het paar keer op en af en links en regs gedial en weer terug na zero en my zero was presies op sy plek.
Dis nogal die moeite werd om so toets te doen om te bepaal dat as jy 100 clicks stel die mik punt eintlik is waar dit moet wees.
Baie happy met die scope.
Scope Kalibrasie
-
scheffere
- Newbie

- Posts: 46
- Joined: Wed Jul 23, 2014 5:48 pm
Scope Kalibrasie
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Responsible Firearm Ownership
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Scope Kalibrasie
Die Bushnell Elite is bekend vir sy goeie tracking.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
-
JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2598
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Re: Scope Kalibrasie
So gepraat van kalibrasie, as die vervaardiger sê, dat jou scope gekalibreer is op 24x maar jou maks vergroting is 32x, en is second focal pane, op watter vergroting, skiet jy jou geweer in?
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Scope Kalibrasie
Jy skiet hom in op sy grootste vergroting. Hoekom weet ek nie maar ek is so geleer.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Scope Kalibrasie
Ja, maar jy moet ook in aanmerking neem dat jy op Boy's Haai was!joe rocket wrote:Jy skiet hom in op sy grootste vergroting. Hoekom weet ek nie maar ek is so geleer.
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Scope Kalibrasie
Netso oom Gim is die beste meisieskool in die Paarl. En jy spel Boy's Haai so: Boishaai. 
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
-
JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2598
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Re: Scope Kalibrasie
Ek dig ou mense slaap Sondae middae..smk...Oom Pieter?? Wat ga aan?
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Scope Kalibrasie
Johan, soos ek verstaan beteken daardie kalibrasie maar net dat die strepies in jou reticle op 24x almal bv 1 moa uitmekaar is, maar dit sal minder wees op 32x en meer op 8x. Beste is maar om jou scope altyd te zero op die grootste vergroting, aangesien enige "afwyking" klein sal word hoe laer die vergroting.JohanvB wrote:So gepraat van kalibrasie, as die vervaardiger sê, dat jou scope gekalibreer is op 24x maar jou maks vergroting is 32x, en is second focal pane, op watter vergroting, skiet jy jou geweer in?
Aim small, miss small
-
scheffere
- Newbie

- Posts: 46
- Joined: Wed Jul 23, 2014 5:48 pm
Re: Scope Kalibrasie
Ek dink jy moet hom maar toets op die vergroting wat jy die meeste mee gaan skiet as dit 'n SFP scope is.
Responsible Firearm Ownership
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Scope Kalibrasie
Ek dink die manne vergeet dit is 'n 1ste fokale teleskoop waar al die vergrotings reg moet werk.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
