260Rem Tikka SV met Peregrine VRG4 132gr

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
Ritchie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 444
Joined: Mon Sep 15, 2014 12:00 pm

260Rem Tikka SV met Peregrine VRG4 132gr

Post by Ritchie »

Dagse mede lede

Enige iemand ondervinding met die boonste kombinasie. Kry nie te slegte groep nie en is presies op die node maar gewonder of iemand dalk goeie resultate gekry het. Sal seker met TPL begin speel.

Lapua Dop
TPL 71.3mm
S335 34.4gr
2545fps
Peregrine VRG4 132gr
17,8mm groep op 100m

Hoor graag van julle.

Lekker dag.
Lei Aan Ernstige B.O.K
Biskruit Ontbrandings Koors!
Ritchie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 444
Joined: Mon Sep 15, 2014 12:00 pm

Re: 260Rem Tikka SV met Peregrine VRG4 132gr

Post by Ritchie »

Oorgegaan van VRG5 na VRG4 en toe kry ek n swakker groep en sommer n punt wat dwars draai. Daar waar my vinger wys is net een skoot.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Lei Aan Ernstige B.O.K
Biskruit Ontbrandings Koors!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 260Rem Tikka SV met Peregrine VRG4 132gr

Post by tripodmvr »

Die logiese afleiding dan is dat die koeël te lank is vir die loop se groefdraai. Hy stabiliseer nie. Met koper koeëls sal die swaarste gewig moontlik in die orde van 120gr wees. Kyk watter gewigte GS Custom of Barnes maak.

By www.gscustom.co.za sal jy baie goeie inligting kry oor groefdraai en gewig van monolitiese koeëls. Gerhard verstaan sulke verwantskappe baie goed.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Ritchie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 444
Joined: Mon Sep 15, 2014 12:00 pm

Re: 260Rem Tikka SV met Peregrine VRG4 132gr

Post by Ritchie »

tripodmvr wrote:Die logiese afleiding dan is dat die koeël te lank is vir die loop se groefdraai. Hy stabiliseer nie. Met koper koeëls sal die swaarste gewig moontlik in die orde van 120gr wees. Kyk watter gewigte GS Custom of Barnes maak.

By http://www.gscustom.co.za sal jy baie goeie inligting kry oor groefdraai en gewig van monolitiese koeëls. Gerhard verstaan sulke verwantskappe baie goed.
Baie dankie vir die raad. Wardeer dit.

Wat nogal snaaks vir my was is dat QL die Peregrine VRG 4 132gr se lengte as 31.09 het maar in werklikheid is hy 35.5mm. Of altans die wat ek gekoop het.
Lei Aan Ernstige B.O.K
Biskruit Ontbrandings Koors!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 260Rem Tikka SV met Peregrine VRG4 132gr

Post by tripodmvr »

Die Norma koeëls van 156gr is in die 31/32mm orde lengte. Ek sal dus kyk na iets wat dieselfde of korter lengte het.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Ritchie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 444
Joined: Mon Sep 15, 2014 12:00 pm

Re: 260Rem Tikka SV met Peregrine VRG4 132gr

Post by Ritchie »

Sal bietjie na hulle gaan kyk. Baie dankie

Loop twist is wel 1:8.
Lei Aan Ernstige B.O.K
Biskruit Ontbrandings Koors!
Ritchie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 444
Joined: Mon Sep 15, 2014 12:00 pm

Re: 260Rem Tikka SV met Peregrine VRG4 132gr

Post by Ritchie »

Het toe met Peregrine gepraat en hulle het, soos Tripod hier bo gese het, bevestig dat hulle sukkel met die 132gr VRG 4 in die 6.5mm. Hy stabiliseer nie en dit is hoekom hulle hom nie meer maak nie.

My vraag is nou is hulle dan nie veronderstel om dit vir my om te ruil nie aangesien dit n foutiewe produk is nie. Hulle het my wel goeie afslag gebied op n ander 6.5mm punt en was baie aangenaam daaroor maar het nou oor n R1000 se punte wat ek niks meer kan maak nie.

Weet nie of ek dalk Verkeerd reddineer nie.

Groete
Lei Aan Ernstige B.O.K
Biskruit Ontbrandings Koors!
Post Reply