Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het Mei maand 2015 vir my die Tripod gekoop. Laas jaar Junie gedurende n jag het die pote begin vas sit. Een poot het nog mooi gewerk maar die ander twee wou nie meer in of uit nie.
Ek het vergeet van die stok en die jaar met die opening van safari se nuwe winkel sommer die stok gevat om te hoor wat kan hulle doen. Ek is uiteindelik vandag geskakel en daar is vir my gese die stok sal vervang word ek moet "net" R1100 betaal. Eina
Ek kan dalk verkeerd wees maar ek weier om te betaal vir n stok wat ek dalk driekeer gebruik het. Ek is regtig baie teleurgesteld in die kwaliteit van n stok wat al R2000 kos.
Volgens die dame vervang hulle glo gereeld die stokke want die bene wat vassit is n algemene probleem.
Ek sal nou maar my stukkende stok gaan optel en self probeer regmaak want ek gaan verseker nie weer betaal vir iets wat weer gaan breek nie.
Boesman. Jy kan daai stokke Q20 spuit tot hy lyk soos n Irakse Olieboor. My eerste een was nnRAM produk. Gemors. Toe die Jim Shockey weergawe. Hulle pype is baie dun en kry maklik seer as jy hom nie oppas nie.
Olie op hom by ons maak n grindingnpast wat sy plastiek dele vreet.
Ek het laasjaar vir my een van die duurder soort stokke( die naam ontgaan my nou) by Ruan Smal gekoop. Sover is dit 100 maal beter as daai trigger stick. Nie so gerieflik nie maar haak nie. As op n trofee koedoe bul nie
Ek Ultimo direk gekontak en die is die terugvoer wat ek gekry het.
Besluit maar self, maar ek sal verseker nie weer n produk by hulle koop nie.
Please see attached document clearly stating on the packaging when purchasing the trigger stick that it only has a 1 year warranty.
I had received all your documentation pertaining to the primos trigger stick which I replaced to Safari & Outdoor Boksburg at a non warranty replacement cost.
You purchased your trigger stock on 8 May 2015 and is clearly out of the 1 year warranty period.
We do however offer the unit at a reduced cost of R1 100,10 incl vat.
Sal dit help as mens lap bo-oor die bene trek en sodoende die stof uithou? Lap moet natuurlik lank genoeg wees om steeds te bedek as die bene maksimum uitgetrek is.
Daar is maar baie produkte wat op ons mark beskikbaar is en wat nie behoorlik vir ons stowwerige omgewing voorsiening maak nie.
Hier was al op hierdie forum baie goeie alternatiewe ontwerpe vir skietstokke wat wel stof kan trotseer . . . iemand kan dalk die link gou hierby insluit.
Last edited by win270 on Mon Feb 20, 2017 5:35 pm, edited 1 time in total.
Manne. Die Primos het nippels onder die handvatsel wat die lug vrylaat as jy die sneller trek; dit sluit die stokke met 'n vakuum, wat staatmaak op die nippels om dig te seel. Die sneller druk 'n nok (cam) af wat die nippels oopmaak om die lug deur te laat. Dit gaan nie help om die bene te olie nie en soos iemand hierbo opmerk, gaan jy net 'n grinding paste veroorsaak.
As jy wil, haal die handvatsel af en olie die nippels daaronder. Ek wil egter hier my stuiwer in die armbeurs gooi: my trigger sticks se nippels het vasgeroes na 2 jagseisoene omdat dit nat geword het (dit is 'n storie vir 'n ander dag). Hulle is nie vir my die prys werd nie en ek kan die Vanguard-stokke aanbeveel.
Het Saterdag die skietstok by Safari gaan optel en gister bietjie uitmekaar gehaal.
Na n lekker gestoei, het ek die stok in stukke gehad en na n deeglike skoonmaak werk dit nou weer soos dit moet.
sako 30-06 wrote:Het Saterdag die skietstok by Safari gaan optel en gister bietjie uitmekaar gehaal.
Na n lekker gestoei, het ek die stok in stukke gehad en na n deeglike skoonmaak werk dit nou weer soos dit moet.
Sal maar sien hoe lank gaan dit hou.
Dalk kan jy paar wenke gee oor die oopmaak en inmekaarsit. Party van ons is "meer handvaardig gestremd".
Bottom line met daardie houding van die agente sal ek wragtag nooit ooit iemand aanbeveel om so 'n produk te koop nie. Probleem is dat ek in Upington so 'n stok in winkel opgetel het uit nuuskierigheid terwyl my vrou en dogter my staan kyk het en toe koop hulle agter my rug vir my dit vir Kersfees. Myne hang in stofdigte sakkie in motorhuis en nog nie kans gehad om dit te toets nie, maar as dit nie van stof hou nie gaan die nie hier in Afrika werk nie? Verbeel my ek het op 'n stadium vir Geno gesien sit en mik oor een in 'n SA Jagters tydskrif artikel, dalk kan hy sy opinie gee oor hoe om die besigheid aan die werk te hou?