Die K98 Boere Mauser
-
JoevR
- Full Member

- Posts: 218
- Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm
Die K98 Boere Mauser
Die boek getiteld "Firearms developed and manufactured in Southern Africa 1949 - 2000, A reference guide by the Pretoria Arms and Ammunition Association, Edited by Chas Lotter, February 2017" is 'n fantastiese boek vir diegene wat belangstel in vuurwapens wat plaaslik vervaardig is:
http://i285.photobucket.com/albums/ll49/JoeJVR/SCAN_20170401_135426844_zpsgjtcd45a.jpg
Op bladsy 59 van die boek word die Sentraal Wes Kooperasie (Senwes) se K98 Boere Mauser bespreek. Dit is 'n spesiale reeks gewere wat Senwes by Musgrave laat vervaardig het. Die gewere het die Plezier Mauser tipe kolf: ronde pistoolgreep, plat sy panele en schnabel.
Die volgende advertensie het in die Magnum tydskrif van April 1987 verskyn:
http://i285.photobucket.com/albums/ll49/JoeJVR/SCAN_20170401_075424381_zpspnfsqgw1.jpg
Ek besit 'n K98 Boere Mauser in 7 x 57 kaliber. Ek het die geweer einde 1990 by die Vredefort tak van Senwes gekoop. Die prys op daardie stadium was R 1500.00, en ek het nog die kwitansie. Die geweer se reeks nommer is SP 00"XX", die "XX" is twee nommers.
Hier is 'n foto van die uwe met die K98 Boere Mauser en 'n swartwildebees, gejag gedurende die jaar 2000 op die Vrystaat se Caledon Natuurreservaat naby Wepener:
http://i285.photobucket.com/albums/ll49/JoeJVR/White-tailedGnu-1.jpg
Nou het ek geleentheid om bietjie diknek te skiet: Die foto was wenner van die "Jagter en sy prooi" fotokompetisie by die SA Jagters se trofeekompetisie, November 2000 te Union Caterers, Pretoria. Die beoordeelaar was wyle Dr Lucas Potgieter. Die swartwildebeesbul is 24 7/8 ", (Rowland Ward minimum is 22 7/8").
Ek sal graag wil hoor van forumlede wat ook K98 Boere Mausers besit.
Inligting soos kaliber en natuurlik fotos sal natuurlik baie interessant wees.
Groete,
Joe

Last edited by JoevR on Sat Apr 01, 2017 2:21 pm, edited 2 times in total.
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Die K98 Boere Mauser
Baie interessant!
Het daardie geweer alle kenmerke van die Plezier Mauser of net die kolf? Die Plezier-model was darem 'n mooi roer
http://www.rifleshootermag.com/rifles/f ... er_071907/
Het daardie geweer alle kenmerke van die Plezier Mauser of net die kolf? Die Plezier-model was darem 'n mooi roer
http://www.rifleshootermag.com/rifles/f ... er_071907/
-
JoevR
- Full Member

- Posts: 218
- Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm
Re: Die K98 Boere Mauser
Middag Hein M.Het daardie geweer alle kenmerke van die Plezier Mauser of net die kolf? Die Plezier-model was darem 'n mooi roer![]()
My K 98 Boere Mauser het dieselfde kaliber naamlik 7 x 57, en 'n soortgelyke kolf as die "genuine" Pleziergeweer. Die K 98 Boere Mauser was ook beskikbaar in .243, .270, .308 en .30-06.
Die Pleziergeweer het 'n agtkantige loop gehad, en was gebou op M 95 aksies. Daar is vandag so 'n geweer op Classic Arms se veiling, en die beraamde waarde is R 40 000.00 Die M 95 aksie is "cock on closing" soos 'n .303 geweer se aksie.
Die K 98 BoereMauser was ook beskikbaar met 'n agtkantige loop. Volgens die advertensie onder, bladsy 33 in die Maart 1988 uitgawe van Magnum, was die prys van die K 98 Boere Mauser met agtkantige loop R 2695.00 AVB (Algemene Verkoopsbelasting, soos VAT vandag) uitgesluit, en R 1495.00 AVB uitgesluit vir die standaard model (ronde loop):
http://i285.photobucket.com/albums/ll49/JoeJVR/SCAN_20170401_133459438_zps0sahccfs.jpg
Ek sal graag wil hoor van enige forumlid wat al die K 98 Boere Mauser met agtkantige loop gesien het, of wat een besit.
Groete,
Joe
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Die K98 Boere Mauser
Baie dankie!
Hier is nog 'n stukkie inligting - met foto"s. Die mees algemene geweer het 'n fullstock.
http://www.shootingtimes.com/long-guns/ ... el_201007/
Ek weet waar so 'n Mauser is. Moet net doodseker maak of dit wel een is wat dateer uit die Boere-oorlog en of dit 'n latere militêre een is. Ek het nou tyd op hande so ek sal gou Maandag werk maak daarvan. PM my jou nommer dan bel ek jou.
Mooiloop!
Hier is nog 'n stukkie inligting - met foto"s. Die mees algemene geweer het 'n fullstock.
http://www.shootingtimes.com/long-guns/ ... el_201007/
Ek weet waar so 'n Mauser is. Moet net doodseker maak of dit wel een is wat dateer uit die Boere-oorlog en of dit 'n latere militêre een is. Ek het nou tyd op hande so ek sal gou Maandag werk maak daarvan. PM my jou nommer dan bel ek jou.
Mooiloop!
-
JoevR
- Full Member

- Posts: 218
- Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm
Re: Die K98 Boere Mauser
Hein M., PM gestuur.
Groete,
Joe
Groete,
Joe
- PRIVATE RYAN
- Hero Member

- Posts: 534
- Joined: Wed Nov 24, 2010 8:52 am
Re: Die K98 Boere Mauser
Ek was gelukkig om die nuwe "custodian" te wees vir een van Dr Lucas se Mausers.
Dis nou nie 'n K98 nie, maar wel 'n M96. Oom Andre Wessels van Musgrave het die geweer oorspronklik
gebou vir Jack Lott (van .458 Lott faam). Volgens oom Andre het Jack Lott 'n fasinasie gehad met die Anglo-Boere
oorlog en spesifiek die die wapens wat die Boere gebruik het. Hy het in 1984 na SA gekom om van die slagvelde te besoek
en na sy toer vir oom Andre versoek om vir hom 'n geweer te bou wat geinspireer is deur onder andere Genl CR de Wet, Sannaspos,
die Plezier Mauser en die caliber was nooit 'n kwessie nie……. Wat interessant is, is toe Jack die geweer moet kom haal, die Dollar
so verswak het teen die Rand, dat hy moes kies tussen 'n vliegtuigkaartjie terug Amerika toe of die geweer! Hy is toe huis toe sonder
sy geweer en Dr Lucas het die geweer toe gekoop. (Jack het later selfmoord gepleeg met 'n Webley agv siekte en blindheid veroorsaak deur alkoholisme) Dr Lucas het egter nooit met hom geskiet nie (volgens Shaun van Powder Keg). As mens
kyk na wat Dr Lucas geskryf het in die aangehegde artikel wat in 1983 geskryf is (alhoewel 'n ander geweer) kan mens dalk 'n afleiding
maak dis hoekom hy van die geweer gehou het aangesien baie van die eienskappe dieselfde is.
Ek gaan eersdaag vir oom Andre kuier en hy het belowe hy sal vir my al sy en Jack se handgeskrewe notas en ander dokumentasie gee.
Enige voorstelle oor koeel gewig? Niks verder as 100m nie (oop visier) op "plains game" eland uitgesluit. Ek is by 173r. Ek wonder ook
sommer hoe sou die oop visiere gereguleer gewees het? Ken mens dit stel of moet mens aanpas met lading en koeelgewig?
Groete!

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- PRIVATE RYAN
- Hero Member

- Posts: 534
- Joined: Wed Nov 24, 2010 8:52 am
Re: Die K98 Boere Mauser
Nog 'n paar foto's.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- PRIVATE RYAN
- Hero Member

- Posts: 534
- Joined: Wed Nov 24, 2010 8:52 am
Re: Die K98 Boere Mauser
Nog 'n paar.

Die artikel.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13581
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Die K98 Boere Mauser
Daai is nou somer diep netjies, baie geluk
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2955
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Die K98 Boere Mauser
Al wat ek kan sê is, baie baie geluk. Mag jy ‘n ware custodian wees wat sensitief daarmee omgaan met die oogmerk op 25, 50 en 100 jaar van nou af.
Pragtig.
Beste.
Pragtig.
Beste.
Last edited by Lategan1 on Mon Jan 24, 2022 7:34 am, edited 1 time in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Methos
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm
Re: Die K98 Boere Mauser
Baie netjies Private Ryan!
Is jy dieselfde Private Ryan wat destyds op Ruggaworld was?
Cheers
Is jy dieselfde Private Ryan wat destyds op Ruggaworld was?
Cheers
- PRIVATE RYAN
- Hero Member

- Posts: 534
- Joined: Wed Nov 24, 2010 8:52 am
Re: Die K98 Boere Mauser
Net hy daai!
- PRIVATE RYAN
- Hero Member

- Posts: 534
- Joined: Wed Nov 24, 2010 8:52 am
Re: Die K98 Boere Mauser
Jy coach rugby in Oostenryk mos?
- Methos
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm
Re: Die K98 Boere Mauser
Private Ryan
Dis JT wat in Oostenryk is. Ek is oor Engeland toe en toe na 'n jaar en 'n half later oor Frankryk toe vir 10 maande en is nou 12 jaar later nogsteeds hier...
Dis JT wat in Oostenryk is. Ek is oor Engeland toe en toe na 'n jaar en 'n half later oor Frankryk toe vir 10 maande en is nou 12 jaar later nogsteeds hier...
- PRIVATE RYAN
- Hero Member

- Posts: 534
- Joined: Wed Nov 24, 2010 8:52 am
Re: Die K98 Boere Mauser
Goeie ou dae! Nou het ek 'n regte werk…..
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2955
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Die K98 Boere Mauser
en ek vermoed Methos het ‘n regte land...
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- PRIVATE RYAN
- Hero Member

- Posts: 534
- Joined: Wed Nov 24, 2010 8:52 am
Re: Die K98 Boere Mauser
Ja, maar ek kan darem more oggend gou ry en 'n blesbok gaan skiet! Al is dit deur 9 miljoen slaggate!
- Methos
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm
Re: Die K98 Boere Mauser
Lekker jag more!
Ons jag nie more nie - dis te winderig - kan nie die varke hoor aankom nie. Sal Sondag weer uitgaan vir kraaie. Het darem Dinsdag oggend voor werk 3 kraaie verongeluk
Cheers
Ons jag nie more nie - dis te winderig - kan nie die varke hoor aankom nie. Sal Sondag weer uitgaan vir kraaie. Het darem Dinsdag oggend voor werk 3 kraaie verongeluk
Cheers
- PRIVATE RYAN
- Hero Member

- Posts: 534
- Joined: Wed Nov 24, 2010 8:52 am
Re: Die K98 Boere Mauser
Dankie yster! Lekker om weer te connect!
-
HeinM
- Sr. Member

- Posts: 497
- Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Re: Die K98 Boere Mauser
Pragtige geweer!PRIVATE RYAN wrote: Fri Jan 21, 2022 10:11 am Ek was gelukkig om die nuwe "custodian" te wees vir een van Dr Lucas se Mausers.
Dis nou nie 'n K98 nie, maar wel 'n M96. Oom Andre Wessels van Musgrave het die geweer oorspronklik
gebou vir Jack Lott (van .458 Lott faam). Volgens oom Andre het Jack Lott 'n fasinasie gehad met die Anglo-Boere
oorlog en spesifiek die die wapens wat die Boere gebruik het. Hy het in 1984 na SA gekom om van die slagvelde te besoek
en na sy toer vir oom Andre versoek om vir hom 'n geweer te bou wat geinspireer is deur onder andere Genl CR de Wet, Sannaspos,
die Plezier Mauser en die caliber was nooit 'n kwessie nie……. Wat interessant is, is toe Jack die geweer moet kom haal, die Dollar
so verswak het teen die Rand, dat hy moes kies tussen 'n vliegtuigkaartjie terug Amerika toe of die geweer! Hy is toe huis toe sonder
sy geweer en Dr Lucas het die geweer toe gekoop. (Jack het later selfmoord gepleeg met 'n Webley agv siekte en blindheid veroorsaak deur alkoholisme) Dr Lucas het egter nooit met hom geskiet nie (volgens Shaun van Powder Keg). As mens
kyk na wat Dr Lucas geskryf het in die aangehegde artikel wat in 1983 geskryf is (alhoewel 'n ander geweer) kan mens dalk 'n afleiding
maak dis hoekom hy van die geweer gehou het aangesien baie van die eienskappe dieselfde is.
Ek gaan eersdaag vir oom Andre kuier en hy het belowe hy sal vir my al sy en Jack se handgeskrewe notas en ander dokumentasie gee.
Enige voorstelle oor koeel gewig? Niks verder as 100m nie (oop visier) op "plains game" eland uitgesluit. Ek is by 173r. Ek wonder ook
sommer hoe sou die oop visiere gereguleer gewees het? Ken mens dit stel of moet mens aanpas met lading en koeelgewig?
Groete!
Sien net iets raak... Die Republiek van die OVS het vanaf 1854 tot 1900 bestaan - en nie tot 1902 nie... Na aanleiding van die inskripsie op die geweer.
In elk geval. Pas die erfstuk met sy mooi geskiedenis mooi op.
Groetnis!
- PRIVATE RYAN
- Hero Member

- Posts: 534
- Joined: Wed Nov 24, 2010 8:52 am
Re: Die K98 Boere Mauser
Dankie!
Onder watter vaandel sou hulle dan geveg het van 1900 - 1902?
Onder watter vaandel sou hulle dan geveg het van 1900 - 1902?
-
HeinM
- Sr. Member

- Posts: 497
- Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Re: Die K98 Boere Mauser
Die Rep. van die OVS het ophou bestaan in 1900 toe Brittanje dit annekseer het. Die gebied is ingelyf by die Kaapkolonie. Die Vrystaatse kommando's het bly veg as deel / saam van die Zuid-Afrikaanse Republiek (ZAR), tot aan die einde van die oorlog.PRIVATE RYAN wrote: Mon Jan 24, 2022 8:45 am Dankie!
Onder watter vaandel sou hulle dan geveg het van 1900 - 1902?
Last edited by HeinM on Mon Jan 24, 2022 2:12 pm, edited 1 time in total.
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: Die K98 Boere Mauser
Private Ryan
Hoekom se jy dit is n M96 aksie? Die M96 was die Sweede se gebruik meestal. Is dit niedalk n M95 nie?
Ek sal dotos moet vat om verskille te kyk maar dit lyk nie vir my reg vir n M96 nie.
- PRIVATE RYAN
- Hero Member

- Posts: 534
- Joined: Wed Nov 24, 2010 8:52 am
Re: Die K98 Boere Mauser
Hi,
dis die inligting wat ek het. Ek gaan oom Andre eersdaags ontmote en sal al die detail by hom kry.
Ek is nie 'n expert nie, maar weet net dis nie 'n K98 nie.