Bobbejaan gedrag

Post Reply
User avatar
shottie
Full Member
Full Member
Posts: 150
Joined: Wed May 06, 2015 6:50 pm

Bobbejaan gedrag

Post by shottie »

Ek deel graag wat ek die naweek gesien het. Nou ek jag hulle n paar jaar op n plaas en die naweek het ek n nuwegeid in hulle gedrag gesien. Met my aankoms is hulle in die land waar die kallers gevoer word uit 210l plastiese dromme wat in die helfte gesaag is. Maar plaas van weghardloop het hulle n paar meter gedraf en plat gaan val in die gras en doodstil gele die ander het die voerbakke omgekeur en onder hulle wegekruip met net die oe wat nou en dan loer. Was bitter snaaks. Dis vir my seker van die slimste diere. Maar ja ongelukkig is daar vers teveel en vernietig bome en plaas toeristing. Ek was nie daar vir hulle nie maar n paar ladings gaan toets.

Groete
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Bobbejaan gedrag

Post by Gawie(13mm) »

Ek het self vanjaar 'n nuwe gier by ons plaaslike groep wingerd diewe bespeur.

Die wetters raak nou uitgevreet. Met die droogte hier in die Boland is die korrels van die wyn drywe kleiner as in die goeie reën jare, maar van baie goeie gehalte. Hulle pluk die trosse af en sit en korrel die druiwe soos 'n mens. Spoeg die pitte en die doppe uit. Ons het eers gedink dit is van die stappers wat kortpad vat deur die boer se wingerd en van die druiwe pluk.

Ek het bojaan se kind egter vir lank deur die teleskoop lê en betrag en was stom verbaas.

Wat nie verander het nie, is hul gedrag wanneer jy die lood laat reën. >:D

Gat oor kop en met een hengse kabaal en geskel sleep hul teen die kranse uit om elke paar 100 meter om te draai om te probeer sien waar van daan die sweep klap.

Amper soos 'n "fight" in die Spur wil hul altyd die laaste sê hê. >:D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
WILLEBEES
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 370
Joined: Thu Aug 22, 2013 11:54 am

Re: Bobbejaan gedrag

Post by WILLEBEES »

So as die juffrou vir 'n bojaantjie in die klas vra:
Make a sentence with the words "attack" en "quarrel", dan antwoord die bojaantjie:
"I pick a tack of grapes and eat them quarrel by quarrel..."
Taurus .357 Magnum 4"
Weatherby Vanguard Sub MOA .300 Win Mag S/S Synthetic
1924 Mauser K98 8x57 JS Standard
Mossberg Maverick 12 Ga P/A

Sola Gratia ~ Deur genade alleen
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Bobbejaan gedrag

Post by Gawie(13mm) »

WILLEBEES wrote:So as die juffrou vir 'n bojaantjie in die klas vra:
Make a sentence with the words "attack" en "quarrel", dan antwoord die bojaantjie:
"I pick a tack of grapes and eat them quarrel by quarrel..."
Dan stuur sy hom Spur toe vir 'n P.K. >:D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Post Reply