Skietbane
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Skietbane
Mense by skietbane se loodvlakke 4 keer hoër
Deur Elsabé Brits 22 Maart 2017 17:09
Toetse wat by binnehuise skietbane gedoen is, het gewys loodvlakke in dié mense se bloed is vier keer hoër as dié van ander mense.
Dié navorsing was sover bekend die eerste in sy soort in Suid-Afrika.
Dit blyk mense wat die private skietbane, wat lukraak gekies is, gebruik, het gevaarlike hoë vlakke van lood in die liggaam. In die studie, gelei deur prof. Angela Mathee, direkteur van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad se Eenheid vir Omgewing- en Gesondheidsnavorsing, is die hoogste vlakke gekry in mense wat skietbane gebruik waar swak higiëne toegepas word en waar nie behoorlike ventilasie is nie.
By van die plekke eet, drink en rook die mense terwyl hulle skiet en hulle dra nie die regte klere en handskoene nie.
Foto ter illustrasie
Foto ter illustrasie
By een van die bane was daar sponse en goiingsandsakke (wat al swart verkleur het) om die klank te demp. Dit is ’n opgaarplek vir dodelike looddeeltjies. Die badkamer-geriewe by almal was swak en daar was geen papierhanddoeke om hande af te droog nie.
Die navorsers het drie binnehuise skietbane en een baan buite, asook drie boogskietbane, besoek. Die boogskutters het as die kontrolegroep gedien.
Altesame 121 mense se bloed is vir lood getoets.
Mathee het by navraag gesê lood kan ingekry word in gasvorm (asemhaling) of deur dit fisiek in te neem deur deeltjies, wanneer ’n vuurwapen geskiet word. Baie mense maak ook self hul eie ammunisie deur lood te smelt en asem so die gas in. Die deeltjies land op ’n mens se vel, naels, klere, hare skoene en in die omgewing van ’n skietbaan.
“Daar is geen veilige hoeveelheid lood in die bloed nie. Tog, teen so laag as 3 mikrogram lood per 100 ml bloed, kan dit skade doen. By kinders kan dit ’n lae IK, gehoorverlies, ’n onvermoë om te konsentreer en later in die lewe aggressie veroorsaak,” het sy gesê.
By vroue kan dit ’n spontane miskraam veroorsaak en by mans verskeie vrugbaarheidsprobleme, asook depressie, irritasie, geheueverlies, kopseer, naarheid en pyn.
Sy het gesê enigiemand wat ’n skietbaan of vuurwapens gebruik, moet voorsorg tref. Dit sluit jagters, die weermag, polisie en sekuriteitsbeamptes in. Daarom het hulle die polisie en ander mense in kennis gestel van die navorsing en opvoedkundige materiaal is versprei. Die studie is pas gepubliseer in die vakjoernaal Environmental Research.
Van die deelnemers aan die studie het al op drie jaar vir die eerste keer begin skiet, hoewel die gemiddelde ouderdom 17 was. Die meeste skiet al 22 jaar lank, meer as een keer per maand of selfs meer. Volgens die studie is daar ’n behoefte aan ’n landwye opname oor die blootstelling aan lood by private en nie-private skietbane, wat die polisie en weermag insluit.
http://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/ ... r-20170322#

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Aceofspades
- Hero Member

- Posts: 598
- Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm
Re: Skietbane
Nou weet ek hoekom ek altyd so kwaad geraak het vir alles toe ek jonger was. Ek het darem nie vrugbaarheidsprobleme opgetel nie.
Sent from my SM-T116 using Tapatalk
Sent from my SM-T116 using Tapatalk
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Skietbane
Bly jy maak nie loodkoele nie!Aceofspads wrote:Nou weet ek hoekom ek altyd so kwaad geraak het vir alles toe ek jonger was. Ek het darem nie vrugbaarheidsprobleme opgetel nie.
![]()
Sent from my SM-T116 using Tapatalk
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1544
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Skietbane
Selfde hier. Gaan beter vandat ek koper monometaal koeëls gebruik. Maar nou wonder ek, sal die koper koeëls nie die kopersulfaat vlak in my verhoog nie?Aceofspads wrote:Nou weet ek hoekom ek altyd so kwaad geraak het vir alles toe ek jonger was. Ek het darem nie vrugbaarheidsprobleme opgetel nie.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
- Johan7
- Full Member

- Posts: 226
- Joined: Thu Jul 10, 2014 2:47 pm
Re: Skietbane
Te tegnies! Te tegnies! Geniet net die skiet manne!
" Someone once asked me if I had a favorite distance. My answer was easy: The closer the better" - Chris Kyle, American Sniper
-
MP1986
- Newbie

- Posts: 47
- Joined: Fri Feb 17, 2017 2:39 pm
Re: Skietbane
Dit is jammer hulle het nie probeer om vas te stel waar die lood vandaan kom nie. Is die lood stof uit die skietwal of die lood wat deur die vuur van die primers vrygestel word? Meeste rondtes het copper jackets so ek sien nie hoe dit uit die skietwal kan kom nie, veral omdat meeste ouens hulle indoor skietwalle nat hou.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13652
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Skietbane
Skietbaan sit lood jou potlood
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: Skietbane
G'n wonder my vrou se apteek rekening is so hoog nie dis al daai blou vitterjoel wat sy my injaagCapt. Oblivious wrote:Skietbaan sit lood jou potlood
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
-
JDKey
- Sr. Member

- Posts: 318
- Joined: Fri Apr 12, 2013 9:14 am
Re: Skietbane
Wats volgende, n gasmasker saam met jou skietbril en gehoorbeskerming inpak? 

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13652
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Skietbane
JDKey wrote:Wats volgende, n gasmasker saam met jou skietbril en gehoorbeskerming inpak?
En n reenjas
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: Skietbane
Laat my dink aan die twee ou omies wat sit op 'n bankie op Seepunt promenade en die wereld bekyk.NicoSmit wrote:G'n wonder my vrou se apteek rekening is so hoog nie dis al daai blou vitterjoel wat sy my injaagCapt. Oblivious wrote:Skietbaan sit lood jou potlood
Daar kom twee wulpse meisies aangestap met bikinis aan wat maar min vir die verbeelding oorlos.
Die omies kyk hulle so agterna.
"Onthou jy daai blou vitrioel wat hulle ons in die army gegee het?"
"Ja" sug die ander , tewyl 'n traanjie oor sy wang rol.
"Wel ek dink dit begin nou te werk.."