Loop inbreek ???

User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Loop inbreek ???

Post by Arnold »

As ek my loop laat terugsny en oor kamer, moet hy weer ingebreek word?

Kan mens 'n ou loop inbreek wat nie deur die proses was nie en help dit?

Ek luister wat julle ouens te s? het.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Loop inbreek ???

Post by Francois Marais »

Arnold

Nee en Nee, die sogenaamde doel van loop inbreek is om hom gladder te kry deur te skiet en dan skoon te maak, op n ou loop het dit geen sin nie.....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Loop inbreek ???

Post by raychell »

OP 'n nuwe "custom" loop maak dit nog minder sin.
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Loop inbreek ???

Post by 243Songdaug »

Naand Armand.

Soos die manne s?,dit het geen doel nie, wat jy wel kan doen is om die loop 'n goeie JB skrop te gee(moet dit net nie oordoen nie).  

Ek het vanoggend 'n 6mm Musgrave wat nie meer wou groepeer nie se loop lekker geskrop, so 20 patrone wat met Wheeler Lapping compound behandel is deur die outjie geskiet en voor jy kon s? mes het die 6mm weer sy skote mooi bymekaar geskiet.  Nou moet ek net die ladingontwikkelling ding doen en dan kan hy teruggaan na sy baas toe.

Groete.
Jaco
Last edited by Guest on Sun May 15, 2011 9:13 am, edited 1 time in total.
Dont tell me, show me......
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Loop inbreek ???

Post by Armand Steenkamp »

HAhaha mater ek het nog nie n geweer om n loop in te breek nie!
Typo!

Groetnis
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Loop inbreek ???

Post by Arnold »

Raynie
Ek stem, maar ek het hierdie brokkie van die Krieger se website af gesteel en dit maak vir my sin ...

When your barrel is chambered, by necessity there are reamer marks left in the throat that are across the lands, i.e. across the direction of the bullet travel. In a new barrel they are very distinct; much like the teeth on a very fine file. When the bullet is forced into the throat, copper dust is released into the gas which at this temperature and pressure is actually a plasma. The copper dust is vaporized in this gas and is carried down the barrel. As the gas expands and cools, the copper comes out of suspension and is deposited in the bore. This makes it appear as if the source of the fouling is the bore when it is actually for the most part the new throat. If this copper is allowed to stay in the bore, and subsequent bullets and deposits are fired over it; copper which adheres well to itself, will build up quickly and may be difficult to remove later. So when we break in a barrel, our goal is to get the throat polished without allowing copper to build up in the bore. This is the reasoning for the "fire-one-shot-and-clean" procedure.

Krieger barrels - BREAK-IN & CLEANING

So met custom lope polish jy nie so erg die loop nie maar eintlik die nuwe kamer se keel ...
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Loop inbreek ???

Post by Jagtersdok »

Daar leer ek nou weer iets nuut

Tanx Arnold
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Loop inbreek ???

Post by raychell »

Arnold
Dit is baie waar maar 'n geweersmidt wat sy sout werd is en met 'n skerp reamer werk sal dit so min wees dat jy met die instel van die geweer dit sal skoon he. Wees versigtig vir 'n geweersmidt wat nie 'n boorscope het nie.Daarom koop ek my eie reamers en laat ek nie my kamers met ander lees stomp reamers sny nie .
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Loop inbreek ???

Post by Jagtersdok »

Raynie

Nou wat kos so reamer? Ek meen as jy nou een koop vir die kalibers wat jy weet jy vir altyd in jou arsenaal gaan h? en dan net kamers sny vir jou nuwe lope of as jy die loop bietjie terug sny?
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Loop inbreek ???

Post by Arnold »

Die reamer wat die geweersmid gebruik het het nog net een kamer gesny en dit was die kamer van die SA FTR kampioen.
Die smid het ook die geweer gebou wat hiervoor gebruik is.

Dok, ek dink n reamer is hier by die R2k
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Loop inbreek ???

Post by Jagtersdok »

Dan behoort daardie reamer nog heel skerp te wees hehehe ;D
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Loop inbreek ???

Post by raychell »

By PTG 138$. Hang af hoe die smid die reamer gebruik het.
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Loop inbreek ???

Post by Arnold »

Raynie, ek glo daai reamer was nog mooi skerp. Daar is n roughing en finishing reamer gebruik.. Om dieselfde rede het ook n 260 AI gebou en nie die gewone 260 nie, n eenmaal gebruikte reamer was beskikbaar gestel aan my deur n privaat eienaar.
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Loop inbreek ???

Post by raychell »

Arnold dan glo ek jy het geen rede om enige inbreek te doen behalwe om die loop skoon te maak tussen skote terwyl jy dit instel nie voorspoed en geniet die loop
Onthou die loop se lewe sal nou korter wees as met die eerst kamer maar dit is steeds die moeite werd.
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Loop inbreek ???

Post by Arnold »

Hopelik is daar nog baie skote in die loop ;-)
Dit is immers n 308Win. Die loop was ook nog nie naby aan die einde nie met seker so 1000 skote deur. Ek het sommer laat herkamer toe ek die aksie laat blueprint en omdat die reamer beskikbaar was.
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Loop inbreek ???

Post by raychell »

Arnold
Dan gaan jy sommer nog lekker skiet.
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Loop inbreek ???

Post by Frikkie Coetzee »

Dag menere

Ek sien van die moderarors weet ook nie veel van hoekom jy n loop inbreek nie ;)

Geen hoeveelheid inbreek gaan n goeie hand gepoleerde loop werlik gladder maak nie en ongeag hoe skerp jou reamer is, hy gaan n sny merk los, gewoonlik waar die reamer op hou sny. Dit kan beter gemaak word maar selfde vermy word.

Dit is waarom selfs jou topskuts hulle lope inbreek selfs as die loop net herkamer word.

Daar is baie teorie maar dit blyk dat n ingebreekte loop beter akkuraatheid lewer en meeste van die top loop vervaardigers beveel dit ook aan.

Gromit
Cradock
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Loop inbreek ???

Post by 243Songdaug »

Gromit, ja.  Die manne kan maar s?/maak soos hulle wil - ek skiet my lope almal in.

As ek dan my loop se lewe so bietjie verkort - so what?  Ten minste was dit pret!

Bittermin lope skiet van sy eerste skoot af op sy beste.  'n Bewys hiervan is een van my spanlede wat so 'n jaar terug na baie moeite om 'n spesifieke loop aan die hande te kry 'n krieger op sy roer gehang het.  Hy het nie die inskiet ding oordentlik gedoen nie en het kortpaaie gevat.

Hy was tot in die grond in geirreteerd dat my Pacnor lope (wat veronderstel is om inferieur teenoor die Krieger te wees) hom uit die bus uit groepeer het.  Na sowat 400 skote deur sy loop het sy geweer baie beter begin groepeer en vandag moet ek mooi in my spore trap of hy skiet my in die stof.  Al wat verander het is die feit dat hy 'n klompie skote deur die loop het - die lading en alles bly dieselfde.  

Ek glo dat hy die masjieneerings merke en hakplekkies glad geskiet het en nou skiet die roer soos hy moet.

Of ek 'n ou loop weer sal inskiet?  Ek glo nie - dalk net 'n kurses final finish deurwerk.

My 2c....

Songdaug
Last edited by Guest on Thu Jun 02, 2011 4:02 pm, edited 1 time in total.
Dont tell me, show me......
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Loop inbreek ???

Post by raychell »

gromit
Dis hoekom dit 'n forum is en ons eerstehandse inligting van slim manne soos jy kan kry.
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Loop inbreek ???

Post by Arnold »

Well, ek moet s? ek was nie lus vir loop inskiet nie en het dit toe gelos.
Hy maak steeds redelik maklik skoon. Ek sal maar sien hoe dinge met hom loop.

Ek is wel besig om my nuwe Broughton loop op die 260 in te skiet.
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Loop inbreek ???

Post by 243Songdaug »

Arnold, geniet hom jy gaan nog baie lank baie lekker met daardie roer gooi.

Is sommer jaloers op jou oor die 260 - as die fondse ding nou net wil regkom wil ek ook vir my een bou. 
Dont tell me, show me......
IndianLima
Newbie
Newbie
Posts: 43
Joined: Mon Jan 24, 2011 8:35 pm

Re: Loop inbreek ???

Post by IndianLima »

Ek het al n paar lope ingebreek en sien definitief n doel daarin!

Ek breek maar in volgens wat ek kan sien, die koper by die kroon. Na die eerste skoot sit daar ongelooflik baie. dan haal ek dit nou uit. na die 2de skoot bietjie minder. dan haal ek dit weer uit. dan skiet ek drie skote. haal die koper uit en dan vyf skote - na die laaste skietsessie is daar so min oor ek maak asof ek dit nie sien nie!

wat my ook verbaas is dat ek partykeer meer sukkel om die uit custom lope te kry as uit fabrieks gewere.

Ek het ook al n paar van die groter custom loop makers hoor/sien se dat as jy naby aan sy loop met JB kom kan hy niks waarborg nie. Of dit soveel (of enige) skade doen weet ek nie, maar ek gaan liewers dit nie waag nie.

Ivan
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Loop inbreek ???

Post by Francois Marais »

Raynie
gromit
Dis hoekom dit 'n forum is en ons eerstehandse inligting van slim manne soos jy kan kry.
Se ek ook mos......

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Loop inbreek ???

Post by Frikkie Coetzee »

Ivan

Ek dink ons almal leer maar.

Ek gebruik JB's al vir jare. Ek het beide die growwe en die fyner een.
Ek gebruik dit nie om lope in te breek nie. Soms as daar BAIE koper is wat nie wil uit nie ja, maar ek verkies Bore tech se koper remover. Ek het destyds ook Sweets 7.62 en M10 en G98 gebruik maar verkies definitief die nuwe generasie van middels wat nie amoniak gebruik nie.Dit ruik ook beter.

Ek het nog nooit JB op my Bartlein lope gebruik nie want ek het dit nog nooit nodig gevind nie. Ek het wel n 7x57AI wat n Truvelo loop het. Dit is n loop wat my gryshare gee en wat my bekend gestel het aan wat loop skoonmaak beteken.( en meeste van die klomp bottels chemikalie in my herlaaikamer.............)

Ek het ook IOSSO en verkies dit as n FABRIEKSLOOP poleerder bo JB.

Koos Barnard het destyds in die magnum geskryf dat hy nie hou van JB nie en ek verstaan , maar daar is n plek vir alles.

Ek stel voor jy kry iemand met n HAWKEYE en kyk hoe lyk n loop binne.

My Bartlein is glad. ( ek het nie ondervinding met PACNOR nie maar ek hoor goeie dinge) So ook my Krieger in 6 mm. My Musgrave lope het wel tool merke maar dit is aanvaarbaar in n fabrieksloop.

Hierteenoor lyk  die Truvelo soos hout wat verkeerde kant om geskaaf is. Dit is waarom ek JB begin gebruik het. Jy het geen idee hoeveel koper daar is in so n growwe loop nie.

Groete

Frikkie Coetzee
Cradock
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Loop inbreek ???

Post by THOMAST »

Dis hoe die yanks dit doen!!  ;D
http://www.youtube.com/watch?v=TRRahHX9Zkg
Post Reply