Laaste probeerslag met die Savage 300WSm Op QL
- Johan JvR
- Hero Member

- Posts: 617
- Joined: Mon May 16, 2011 10:06 am
Re: Laaste probeerslag met die Savage 300WSm Op QL
Het jy 'n cheeckpiece op die geweer?
Indien wel, stel hom heeltemal laag of haal af en skiet sonder druk daar.
Kyk of dit dalk help.

- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Laaste probeerslag met die Savage 300WSm Op QL
Haal uit die exspander ball. Jy weet mos jy kan skiet en as daai teiken n bok was was hy dood. Tweeling het nou die dag gesê hy skiet nie groepies op n bok nie. Hoe lank wag jy tussen skote?
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.

- Geno
- Administrator

- Posts: 13660
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Laaste probeerslag met die Savage 300WSm Op QL
Steenkamp. Courier daai roer na Izak Hattingh toe dan kyk ons. Sit sommer dies, 'n pakkie koeels en doppe ook by dan soek ons n lading. Sit my naam op die boks.
Goed, beter, 6millimeter!
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3530
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Laaste probeerslag met die Savage 300WSm Op QL
Joe, nee wat ek het met die eerste groep seker so 3min tussen skote gewag. Maar met die 2de groep het ek my moer gestrip en net geskiet sonder om te wag vir afkoel. Ek gaan more paar rondtes laai sonder die expander ball en kyk wat maak hy dan. Ek kan seker maar my lading die selle hou, of sal die ekstra neck tention my druk opjaag?
Johan JvR, ekk het nie n cheekpiece op die roer nie..
Groetnis
Johan JvR, ekk het nie n cheekpiece op die roer nie..
Groetnis
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3530
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Laaste probeerslag met die Savage 300WSm Op QL
Geno, waat is Izak? Ek ry die 7de April Senekal toe vir n show..
Groetnis
Groetnis
- WillemS
- Sr. Member

- Posts: 385
- Joined: Wed Sep 15, 2010 4:30 pm
Re: Laaste probeerslag met die Savage 300WSm Op QL
Armand
Ek sal nie daai geweer die skuld gee as hy so skiet met Nosler CC nie. Probeer n ander koeel, daai geweer is nie stukkend met daai groepe nie, dalk hou hy net nie van CC nie!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek sal nie daai geweer die skuld gee as hy so skiet met Nosler CC nie. Probeer n ander koeel, daai geweer is nie stukkend met daai groepe nie, dalk hou hy net nie van CC nie!
Sent from my iPhone using Tapatalk
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Laaste probeerslag met die Savage 300WSm Op QL
Hou die lading dieselfde. Moenie patroon lank in kamer los voor jy skiet, laai enkel skoot. En as niks werk nie luister na Geno. Izak sal daai roer reg toor. O ja ek hou ook nie van daai CC nie.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13660
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3530
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Laaste probeerslag met die Savage 300WSm Op QL
Kerels ek het al met Nosler Bts, PmP 168, Perigrine 165 , sierra 165 en nou die 168CC probeer... Almal het maar nog die selle groepeer. Ek wil nie swaarder gaan nie. Dis nie waarvoor ek die roer gekoop het nie..
Groetnis
Groetnis
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Laaste probeerslag met die Savage 300WSm Op QL
My voorstel - kom ons kry die geweer by 'n node volgens QL. Maak nie saak oor koeël nie, maar die laai in die tande kan probleem wees met verminderde druk. Nou kan jy speel met TPL.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
M98mauser
- Sr. Member

- Posts: 261
- Joined: Sat May 10, 2014 10:44 am
Re: Laaste probeerslag met die Savage 300WSm Op QL
Armand ek weet hoe dit voel om so te sukkel, my 260lrp is net so vol nonsens maar nou ja, kom ons los dit daar, die doodsteek is daai spoedverskille, as jy dit nie drasties gaan verminder nie gaan daai groepe nie better raak nie,kry jou extreme spread onder 20. Skil jy jou nekke?
Vertrou op die Here Hy sal voorsien,
7*57
375H&H
223 Rem
260 Rem
9mm Vektor.
7*57
375H&H
223 Rem
260 Rem
9mm Vektor.
- Aceofspades
- Hero Member

- Posts: 598
- Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm
Re: Laaste probeerslag met die Savage 300WSm Op QL
As die roer enigsins 'n probleem het sal Izak dit defnitief kan uitsort. Maar ek stem ook saam met almal dat die spoed verskille baie wyd is en defnitief jou groepe gaan beïnvloed.
Sent from my SM-T116 using Tapatalk
Sent from my SM-T116 using Tapatalk
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3530
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Laaste probeerslag met die Savage 300WSm Op QL
More manne, M98mauser, nee ek skil nie die doppe se nekke nie. Ek het nie gedog dis nodig nie omdat dit norma doppe is. Ek kan dalk oorgaan na n Magnum primer toe ook?
Groetnis
Groetnis
- Geno
- Administrator

- Posts: 13660
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Laaste probeerslag met die Savage 300WSm Op QL
Manne,
'n ES van 45fps en 26fps oor 5 skote elk gaan regtig nie so 'n verskil aan groepe maak nie.
Daar is fout met daai roer.
'n ES van 45fps en 26fps oor 5 skote elk gaan regtig nie so 'n verskil aan groepe maak nie.
Daar is fout met daai roer.
Goed, beter, 6millimeter!
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3530
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Laaste probeerslag met die Savage 300WSm Op QL
Of met die skut... Ek weet nie meer nie! Sal vandag as die wind mooi stil is loop sit en paar skote skiet waar ek die expander ut gehaal het. Dis kan dalk 2 probleme aanspreek, runout en necktention. Dan kyk ons maar. Maar vandag is laaste.... as hy weer 2 skote uit gooi dan ry ek die 7de April Bloem om!
Groetnis
Groetnis
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3530
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Laaste probeerslag met die Savage 300WSm Op QL
Ek kan ook nie dink dat n ES van 50fps n verskil op 100m gaan maak nie..
Groentis
Groentis
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Laaste probeerslag met die Savage 300WSm Op QL
Armand, ek het nou nie alles gelees hierbo nie, so as dit al genoem is, vra ek verskoning.
Daar kan baie redes wees vir die hoë ES en swak groepe:
1. Doppe. Norma is kwaliteit doppe, maar daar kan maar 'n slegte batch onder hulle ook wees. Meet bietjie jou nekwanddiktes elke kwart rondom die nek en maak net seker dat dit dieselfde is.
2. Primers. Ek glo maar aan die "rule of thumb" van gewone primer tot 60gr kruitkolom en magnum primer bo 60gr. Ek het die beste groepe en ES gekry met Federal 210 primers.
3. Korrekte opstel van die DIES. Dit help met die runout, alhoewel jou runout bitter sleg moet wees om op 100m 'n erge afwyking te sien.
4. Moly coating op koeels het verseker ook my ES en groepe kleiner gemaak. Veral in 'n "berugte" Savage loop....
5. Bedding en drukpunte. Dit kan soms 'n man lekker rondneuk met die 4de en 5de skote as die loop en aksie begin warm word.
5. Torque op aksie skroewe. Party Savages is gevoelig vir dit. Die voorste een moet effens stywer/loser as die tweede een wees en jy moet maar speel en kyk met 'n torque wrench tot jy die "sweetspot" kry.
As niks van bovermelde enige resultate afwerp nie, dan moet ek met Geno saamstem en kan die fout by die geweer/kamer/loop lê.

Aim small, miss small
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3530
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Laaste probeerslag met die Savage 300WSm Op QL
Eugene, dankie vir jou skrywe, ek sal vandag een groep met Magnum primers laai en kyk wat hy maak..
Die wye skote wat hy gooi is nie altyd die laaste skote nie. Dit was in die vorige groep sommer die 2de skoot..

- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3127
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Laaste probeerslag met die Savage 300WSm Op QL
Stem saam oor die ES wat nie die groep so sal oopmaak nie in die kaliber nie. Jou groepe behoort nooit groter as n duim te wees maak nie saak watse lading jy skiet met die kaliber. Ek skiet met n dun lopie tikka in n gelamineerde kolf wat nog nooit gebed was nie en hy skiet nog altyd mooi en hou sy zero. Of ek fl size of met n bushing bump die speel groepe is nie slegter. Ek fl size nou sonder die expander om runout te probeer vermy. Die nek tension is dalk baie styf agv die expander wat nie daar is maar ek sien geen verskil in akuraatheid op die teiken. O ja en ek gebruik federal match 215 primers werk vir my mooi.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Laaste probeerslag met die Savage 300WSm Op QL
Armand, ek weet nie hoe jou setup lyk waarvan af jy skiet nie en dan ook hoe jy skiet nie. Wat ek ondervind het is dat mens die swaarder kalibers maar stewig kan vashou en dan is follow through ook baie belangrik.
Dan op die laaste foto wys die TPL 71.9mm teenoor die TPL van 73.87mm in jou eerste plasing. Ek sien jy het ook al 72.8 probeer. Dit is spronge van 1mm wat taamlik groot is.
As ek nou jy was vergeet ek bietjie van QuickLoad en kyk waar die geweer sê hy wil skiet (die rede hoekom ek hierdie sê is dat jou spoedlesings nie lekker sin maak as mens kyk wat QL gee nie en dit amper lyk asof jy met 'n stadige lot S355 laai???).
Ek sou vir eers laai teen 73mm.
Laai dan in stappe van 0.5gr
61.5gr
62.0gr
62.5gr
63.0gr
63.5gr
Hou op as jy druk begin sien/ervaar.
Dan op die laaste foto wys die TPL 71.9mm teenoor die TPL van 73.87mm in jou eerste plasing. Ek sien jy het ook al 72.8 probeer. Dit is spronge van 1mm wat taamlik groot is.
As ek nou jy was vergeet ek bietjie van QuickLoad en kyk waar die geweer sê hy wil skiet (die rede hoekom ek hierdie sê is dat jou spoedlesings nie lekker sin maak as mens kyk wat QL gee nie en dit amper lyk asof jy met 'n stadige lot S355 laai???).
Ek sou vir eers laai teen 73mm.
Laai dan in stappe van 0.5gr
61.5gr
62.0gr
62.5gr
63.0gr
63.5gr
Hou op as jy druk begin sien/ervaar.
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3530
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Laaste probeerslag met die Savage 300WSm Op QL
Arnold, ja jong. Ek begin nou self in my vermoeens twyfel.
Ek het nou reeds 5 rondtes met 61.9 met standaard primers en 61.5 met magnum primers gelaai. Doppe was gesize sonder expander ball.
Ek gaan kyk wat hulle maak , van daar af is ek gatvol. Ek het nog nooit so baie met enige roer van my gesukkel nie.
Groetnis
Ek het nou reeds 5 rondtes met 61.9 met standaard primers en 61.5 met magnum primers gelaai. Doppe was gesize sonder expander ball.
Ek gaan kyk wat hulle maak , van daar af is ek gatvol. Ek het nog nooit so baie met enige roer van my gesukkel nie.
Groetnis
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Laaste probeerslag met die Savage 300WSm Op QL
Armand, dalk is dit omdat jy na te veel slim mense luister
Verduidelik 'n bietjie hoe jy by die lading van 61.9gr uitgekom het en as jou antwoord chrony en QL insluit moet jy bietjie stop en jouself vra of hierdie werklik die ware weergawe van jou geweer weergee (Jou spoed en lading is vêr van mekaar verwyder in QL en die rowwe aanpassings wat gemaak word on dit bymekaar te bring is dalk die probleem hier).
Los die slimgoed en doen jou ladingontwikkeling deur van die OCW metode gebruik te maak waar jy nie afhanklik van 'n kronograaf of rekenaar sagteware is nie.

- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Laaste probeerslag met die Savage 300WSm Op QL
Dink jy nie jy is bietjie te ongeduldig nie, want hier verander jy nou 3 goed op een slag. Hoe gaan jy weet watter een was die regte een indien die geweer nou ewe skielik gaan begin groep?Armand Steenkamp wrote:Arnold, ja jong. Ek begin nou self in my vermoeens twyfel.
Ek het nou reeds 5 rondtes met 61.9 met standaard primers en 61.5 met magnum primers gelaai. Doppe was gesize sonder expander ball.
Ek gaan kyk wat hulle maak , van daar af is ek gatvol. Ek het nog nooit so baie met enige roer van my gesukkel nie.
Groetnis
Trek daai koeëls en maak soos Arnold voorstel.
Groetnis
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
-
Supacow
- Hero Member

- Posts: 2112
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: Laaste probeerslag met die Savage 300WSm Op QL
Nou kan jy nie eers sing: "Sy is nie mooi nie, maar sy is maklik"
Syt jou verneuk. Skei haar en kry n ander pop. Maak nie saak hoe lekker haar braaibroodjies nou is die kraak bly in die spieel.

Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
- Kallie Fernhout
- Hero Member

- Posts: 995
- Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm
Re: Laaste probeerslag met die Savage 300WSm Op QL
Arnold bedoel jy 365 of moet dit 355 wees uit my ondervinging met jou voorstel van ladings moet daai geweer op een van hulle skiet anders is daar fout met die geweerArnold wrote:Armand, ek weet nie hoe jou setup lyk waarvan af jy skiet nie en dan ook hoe jy skiet nie. Wat ek ondervind het is dat mens die swaarder kalibers maar stewig kan vashou en dan is follow through ook baie belangrik.