Goeie naand manne,
Wil graag hoor, wat is my opsies om n Lynx teleskoop te bekom wat parallax verstelbare is, target turrets (nie noodsaaklik) het, n 25,4mm main tube, zoom tussen 3-9 met n 40mm tot 50mm objektiewe lens beskik?
Die bogenoemde teleskoop sal op n .22 baangeweer gebruik word tot en met 150m
Rede vir die 20MOA reticule, my LX3 het een en wil graag oefen met dieselfde reticule.
Sal ook n lynx teleskoop oorweeg wat van die bogenoemde beskik sonder die spesifieke reticule en hom dan later na lynx toe stuur om die reticule te laat verander.
Groete
Richard
Sent from my SM-J111F using Tapatalk
Lynx Teleskoop met 20MOA Reticule
- Abbott.45
- Jr. Member

- Posts: 76
- Joined: Wed Jul 13, 2016 8:54 pm
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Lynx Teleskoop met 20MOA Reticule
kontak vir lynx self. jy sal nie te lank wag vir n antwoord nie.
-
Hansieslim
- Hero Member

- Posts: 1373
- Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Re: Lynx Teleskoop met 20MOA Reticule
Dalk kan jy die Lx2 5-20 oorweeg. Hy het exposed turrets en ook die 20MOA reticle. Prys is billik en eks tevrede met myne tot en met 200m...met my oë.
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 891
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Lynx Teleskoop met 20MOA Reticule
Abbott.45, as jou vereiste 'n 25.4mm buis met parallax verstelling is, dan het jy basies 3 opsies:
LX 4-16x42 +- R5500
LX 6-24x42 +- R6000
LX2 4.5-14x40 +- R6000 tot R6500 afhangende van reticle
Al drie die teleskope het verstelbare parallax op die voorste lens en kan fokus vanaf 10m.
Die LX2 4.5-14x40 is 'n besonderse helder teleskoop en ek het self so een op my .22
Die MOA@20 kruisdraad is net in die 5-20x50 LX2 (30mm buis) en 5-30 LX3 (34mm buis) beskikbaar. 20x vergroting is die minimum vergroting teleskoop waarop die MOA@20 sinvol kan werk aangesien die 1 moa strepies onbruikbaar naby aan mekaar gaan wees in 'n teleskoop met 'n laer maximum vergroting. Die MOA@20 kruisdraad word op glas geëts en dit is nie moontlik om die tipe kruisdraad in die gewone LX teleskope in te bou nie aangesien die konfigurasie in die teleskoop heeltemal verskil van die meganiese draad tipe reticles wat in die betrokke LX teleskope gebruik word.
LX 4-16x42 +- R5500
LX 6-24x42 +- R6000
LX2 4.5-14x40 +- R6000 tot R6500 afhangende van reticle
Al drie die teleskope het verstelbare parallax op die voorste lens en kan fokus vanaf 10m.
Die LX2 4.5-14x40 is 'n besonderse helder teleskoop en ek het self so een op my .22
Die MOA@20 kruisdraad is net in die 5-20x50 LX2 (30mm buis) en 5-30 LX3 (34mm buis) beskikbaar. 20x vergroting is die minimum vergroting teleskoop waarop die MOA@20 sinvol kan werk aangesien die 1 moa strepies onbruikbaar naby aan mekaar gaan wees in 'n teleskoop met 'n laer maximum vergroting. Die MOA@20 kruisdraad word op glas geëts en dit is nie moontlik om die tipe kruisdraad in die gewone LX teleskope in te bou nie aangesien die konfigurasie in die teleskoop heeltemal verskil van die meganiese draad tipe reticles wat in die betrokke LX teleskope gebruik word.
- Abbott.45
- Jr. Member

- Posts: 76
- Joined: Wed Jul 13, 2016 8:54 pm
Re: Lynx Teleskoop met 20MOA Reticule
Naand Hercules,
Dankie vir die terug voer.
My denke het weer my brein materie voor gespring. Ek het self n LX3 5-30x56 op my 243 en as ek niet bietjie gedink het sou ek self kon besef dat die reticule werklik eers nuttig is op 20x.
Wat is die opsies met reticules vir LX2 4.5-14x40? My .22 gaan net papier op die baan skiet. Ek het reeds n LX2 3.5-9x40 daarop met die gewone duplex. Die duplex is vir my net te dik om teiken te skiet.
Groete
Richard
Sent from my SM-J111F using Tapatalk
Dankie vir die terug voer.
My denke het weer my brein materie voor gespring. Ek het self n LX3 5-30x56 op my 243 en as ek niet bietjie gedink het sou ek self kon besef dat die reticule werklik eers nuttig is op 20x.
Wat is die opsies met reticules vir LX2 4.5-14x40? My .22 gaan net papier op die baan skiet. Ek het reeds n LX2 3.5-9x40 daarop met die gewone duplex. Die duplex is vir my net te dik om teiken te skiet.
Groete
Richard
Sent from my SM-J111F using Tapatalk
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 891
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Lynx Teleskoop met 20MOA Reticule
Die 4.5-14 is tans beskikbaar in gewone plex (dunner as die van die 3-9), RF en Hold-over.
Ek het die hold-over reticule en dit werk heeltemal goed om afmik plekke te kry vir 'n .22.
http://www.lynx.co.za/index.php/catalog ... -14x40ao/#
Ek het die hold-over reticule en dit werk heeltemal goed om afmik plekke te kry vir 'n .22.
http://www.lynx.co.za/index.php/catalog ... -14x40ao/#