http://www.netwerk24.com/Sake/Landbou/i ... s-20170308
Inheemse bokke raak gesog op wildveilings
Deur Vida Booysen 08 Maart 2017 13:41
’n Springbokram met ’n horinglengte van 17 duim word Saterdag op Choice Wildlife Group en GWK se wildveiling aangebied. Inheemse diere van topgenetika behaal deesdae reusepryse op veilings.
Die wildmark se voorkeur verskuif van diere wat vir hul buitengewone kleur geteel word na inheemse diere met uitsonderlike horinglengte.
Onlangs is ’n springbokram van die bekende Julian Theron van Jules of the Karoo vir R1,55 miljoen verkoop en dís allermins ’n mal prys, sê Randy Westraadt van Choice Wildlife Group van Bloemfontein.
Westraadt is benoem as een van die finaliste vir Wildbedryf SA (WRSA) se Wildboer van die Jaar-wedstryd en is ’n teler van inheemse wild soos springbokke, gemsbokke en elande.
“Wanneer jy só ’n dier koop, is dit asof jy ’n oorspronklike Rembrandt-skildery koop. Dié skaars eksemplaar kan nie herproduseer word nie – daar is net een in sy soort.”
Hierdie soort bokke is luukse items en trofeejagters is steeds op soek na diere met groot horings om te jag, verduidelik Westraadt. Op sy wildveiling wat Saterdag saam met GWK by Boshof Wildboma gehou word, sal ’n Damaraland-springbokram met ’n horinglengte van 17 ? duim aangebied word.
“Waar die nageslag van ’n gewone springbokram miskien eers ná drie jaar jaggereed is, kan dié van ramme met uitsonderlike horinglengtes binne twee jaar gereed wees om gejag te word en dus die eienaar heelwat voerkoste bespaar,” sê Westraadt.
WANNEER JY SÓ ’N DIER KOOP, IS DIT ASOF JY ’N OORSPRONKLIKE REMBRANDT-SKILDERY KOOP. DIÉ SKAARS EKSEMPLAAR KAN NIE HERPRODUSEER WORD NIE – DAAR IS NET EEN IN SY SOORT.
Randy Westraadt
Hy sê die onlangse droogte en die uitwerking van klimaatsverandering wat al hoe duideliker gesien kan word, het ’n koersverandering in die wildbedryf genoodsaak.
“Die klem val op droogtebestande inheemse diere wat op marginale veld kan wei sonder om dit te vertrap.”
Die wildmark was miskien ’n kunsmatige mark toe daar soveel klem op kleurvariante geplaas is, en die waarde van sulke diere het gedaal, sê hy.
“Dit gaan daaroor om ’n eindverbruiker vir die produk te identifiseer, en dit was moeilik bewysbaar vir die kleurvariante.”
Daarteenoor is die mark vir biltong- en trofeejag nog baie onversadig en word die jagter se rol as voorsiener van voedsel deesdae wyd erken – ook deur die regering, sê Westraadt.
“Die miljoen of twee miljoen diere wat elke jaar in die voedselmark beland, is ’n groot bydraer tot voedselsekerheid en werkskepping in die land.”
Benewens die springbokram word diere soos gemsbokke, ’n elandbul en ses buffelbulle ook Saterdag by Boshof opgeveil.
Inheemse bokke gesog
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Inheemse bokke gesog
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Inheemse bokke gesog
Oom Pieter, jy het dan daai prag-ram gekwes in die lies jong.... 
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
-
Bass
- Full Member

- Posts: 114
- Joined: Sun Apr 15, 2012 11:25 am
Re: Inheemse bokke gesog
......ja maar dit was darem in die hardloop uit die vuis uit op 1000 yards gewees 
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Inheemse bokke gesog
..... en sonder sy bril. 
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- Johan7
- Full Member

- Posts: 226
- Joined: Thu Jul 10, 2014 2:47 pm
Re: Inheemse bokke gesog
Dink net wat hy sou gekos het as hy nie gekwes was nie!
" Someone once asked me if I had a favorite distance. My answer was easy: The closer the better" - Chris Kyle, American Sniper
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Inheemse bokke gesog
Het 'n ligte ongelukkie gehad, maar hom dadelik by 'n veearts gekry. Gelukkig niks van sy masjienerie beskadig nie en hy kan nog teel!
Het R800 betaal en nou gaan hy vir minstens R1,5 miljoen verkoop word. Kan vir my 'n paar lekker roere koop en sommer vir 'n paar van my beste vriende ook!!
Moet nou net nie maak of julle nou skielik my vriende is nie!
Het R800 betaal en nou gaan hy vir minstens R1,5 miljoen verkoop word. Kan vir my 'n paar lekker roere koop en sommer vir 'n paar van my beste vriende ook!!
Moet nou net nie maak of julle nou skielik my vriende is nie!
-
Bass
- Full Member

- Posts: 114
- Joined: Sun Apr 15, 2012 11:25 am
Re: Inheemse bokke gesog
Oom Pieter ek het mos gese jys n puik skut!! 
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Inheemse bokke gesog
Seker met Impalas geskiet....
Sent from my D5803 using Tapatalk
Sent from my D5803 using Tapatalk
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Inheemse bokke gesog
Die goedkoopste manier om hom te kwes, is op die puntjie van die "ear tag".