300WSM RSA met 1 in 14 loop
-
Eras
- Jr. Member

- Posts: 88
- Joined: Wed Sep 08, 2010 7:59 am
300WSM RSA met 1 in 14 loop
Goeie more
Ek is opsoek na advies oor lading (tipe/gewig) koeel en kruit wat kan skiet in 300WSM met 'n loop met n 1 in 14 groef draai (RSA plank geweer wat omgebou is na n 300 WSM).
Byvoorbaat dankie vir die advies.

MP1986
- Newbie

- Posts: 47
- Joined: Fri Feb 17, 2017 2:39 pm
Re: 300WSM RSA met 1 in 14 loop
Jy kan Berger se twist calculator gebruik om 'n idee te kry van watter gewig / lengte koeel vir jou gaan werk. Die 14 duim twist is 'n handicap en ek vermoed jy gaan sukkel om swaarder as 180grein te skiet. Wat wil jy skiet?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Diesel Dog
- Hero Member

- Posts: 2335
- Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Re: 300WSM RSA met 1 in 14 loop
Eerste koeël wat ek sou probeer is 155gr scenar teen 3200fps . 65.9GR S 365 in my geweer loop mooi moet asb nie die lading netso gebruik nie .
DD
DD
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: 300WSM RSA met 1 in 14 loop
Maximum Bullet Length Calculation
SG 1.50000
V 3000
WT 180
TWIST 14
DIA 0.308
TEMP 77grade F
PRESSURE 29.92
MAX LENGTH = 1.2007
Die maksimum 180gr koeëllengte wat 'n 1:14 loop sal stabiliseer teen 3000fps is 1.2007 duim, en 180greiners is almal langer.
Dit gaan nie eens 'n 150gr loodkernkoeël (Amax) behoorlik stabiliseer nie.

Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1878
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: 300WSM RSA met 1 in 14 loop
Die 1:14 groefdraai was gewild onder Bisley skuts. Hulle enigste toegelate koeël is die verskeie 155gn Palma match tipes. Ek sou dus aanvaar dat hierdie koeël goed gaan werk en stabiliseer, veral op die hoëveld.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 300WSM RSA met 1 in 14 loop
Alwin, die ou Bisley skuts het begin met die 143 BTFMJ wat PMP nog vervaardig vir die weermag. Die 155gr het later jare eers in gebruik gekom.Alwin wrote:Die 1:14 groefdraai was gewild onder Bisley skuts. Hulle enigste toegelate koeël is die verskeie 155gn Palma match tipes. Ek sou dus aanvaar dat hierdie koeël goed gaan werk en stabiliseer, veral op die hoëveld.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 891
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: 300WSM RSA met 1 in 14 loop
125gr Nosler Ballistic Tip werk uitstekend, ek het baie van hulle deur 'n soortgelyke 1 in 14 Ferlach loop omgebou na 300WSM geskiet.
155 Nosler CC of Sierra 155 match (die ouer 2155 tipe) kan ook moontlik werk.
Ek glo nie die 155gr Lapua gaan werk nie, dit is 'n baie lang koeël.
Hornady 150gr platbasis of soortgelyke jagkoeëls werk ook.
Vermy die monolitiese koeëls heeltemal.
Sovêr ek weet was die 1 in 14 eintlik bedoel vir die 143gr mil ammo.
155 Nosler CC of Sierra 155 match (die ouer 2155 tipe) kan ook moontlik werk.
Ek glo nie die 155gr Lapua gaan werk nie, dit is 'n baie lang koeël.
Hornady 150gr platbasis of soortgelyke jagkoeëls werk ook.
Vermy die monolitiese koeëls heeltemal.
Sovêr ek weet was die 1 in 14 eintlik bedoel vir die 143gr mil ammo.
-
Diesel Dog
- Hero Member

- Posts: 2335
- Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Re: 300WSM RSA met 1 in 14 loop
Jean Marais wrote:Maximum Bullet Length Calculation
SG 1.50000
V 3000
WT 180
TWIST 14
DIA 0.308
TEMP 77grade F
PRESSURE 29.92
MAX LENGTH = 1.2007
Die maksimum 180gr koeëllengte wat 'n 1:14 loop sal stabiliseer teen 3000fps is 1.2007 duim, en 180greiners is almal langer.
Dit gaan nie eens 'n 150gr loodkernkoeël (Amax) behoorlik stabiliseer nie.
That put"s a new twist on my suggestion.
DD
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1878
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: 300WSM RSA met 1 in 14 loop
Ja, ek moes seker gesê het "die swaarste koeël wat hulle ooit gebruik het was die 155 gn ..." Ja, die 143 gn volmantel is baie gebruik. Nie dat dit die ideale koeël was nie, maar die prys van die patrone was reg.tripodmvr wrote:Alwin, die ou Bisley skuts het begin met die 143 BTFMJ wat PMP nog vervaardig vir die weermag. Die 155gr het later jare eers in gebruik gekom.Alwin wrote:Die 1:14 groefdraai was gewild onder Bisley skuts. Hulle enigste toegelate koeël is die verskeie 155gn Palma match tipes. Ek sou dus aanvaar dat hierdie koeël goed gaan werk en stabiliseer, veral op die hoëveld.
-
Eras
- Jr. Member

- Posts: 88
- Joined: Wed Sep 08, 2010 7:59 am
Re: 300WSM RSA met 1 in 14 loop
More
Baie dankie vir almal se insette en bereidwilligheid om julle kennis en ervaring te deel.
Waardeer dit.
Groete
Eras
Baie dankie vir almal se insette en bereidwilligheid om julle kennis en ervaring te deel.
Waardeer dit.
Groete
Eras
- Witpietskiet
- Hero Member

- Posts: 763
- Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm
Re: 300WSM RSA met 1 in 14 loop
Baie van daai RSA gewere het 1 op 13 twist ook gehad.
Ek reken n 150/155gr sal baie mooi werk, myne 300WSM het 12 twist gehad en het het mooi geloop met die 155gr koeels......loop het net nie so lank gehou nie
Ek reken n 150/155gr sal baie mooi werk, myne 300WSM het 12 twist gehad en het het mooi geloop met die 155gr koeels......loop het net nie so lank gehou nie
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
Groete uit Windhoek
-
Eras
- Jr. Member

- Posts: 88
- Joined: Wed Sep 08, 2010 7:59 am
Re: 300WSM RSA met 1 in 14 loop
More Almal
Ek plaas hier deel van gesperk met Hercules omdat ander dalk ook daarby baat kan vind:
Hercules:
Sal jy asb vir my kan help met ladings ivm 125gr Nosler BT deel: Ek sal met die nodige omsigtigheiid gebruik.
Hallo Eras
Ek sal vanaand kyk en jou laat weet.
Gee my meer inligting oor jou loop, is dit 'n 27 duim Ferlach loop?
Het die loop baie geskiet?
Is dit 'n kompetisie of 'n gewone reamer waarmee jou kamer gesny is?
Die rede vir die vrae is dat ek nou met my 2de loop besig is en die ladings tussen die vorige oorspronklike Ferlach loop en die nuwer Packnor 1 in 13 match loop verskil aansienlik, veral toe die Packnor loop nog nuut was. Op die Ferlach loop was S355 die beste dryfmiddel, op die nuwer loop S365. In beide lope het die 125gr Noslers 'n bars hou geskiet en ek dink nie daar is 'n ander koeël op die mark wat die 1 in 14 loop beter gaan doen as die Noslers nie.
Jy sal maar versigtig moet wees met jou eerste ladings, Musgrave het ook op 'n tyd hulle match lope onder spesifikasie gemaak, m.a.w. die boor was iets soos 0.298" in plaas van die standaard 0.300" van standaard 308 lope. Indien jou loop so is sal my Packnor loop se gegewens meer van toepassing wees. Ek weet nie of jy beplan om jou doppe se nekke te sny nie, indien nie laai 1 of 2 toetse, druk net die punt in die dop sonder dryfmiddel of slagdoppie en kyk of dit wil kamer, die nek mag nie in die kamer vasgedruk word nie, kyk vir merke op die nekke. Indien die nekke in die kamer vasgeklem word sal dit gevaarlike druk tot gevolg hê. Winchester het die dunste nekke waarvan ek weet en Federal die dikste, ek het amper 'n toets met Federal factory ammo gedop oor daai dik nekwande.

Hercules
Ek het nuwe norma doppe en het 'n punt "ge-soft seat" (maw punt lank in dop geseat sonder om die nek van die dop te size) en die dop (sonder kruit en sonder slagdoppie) met die punt (wat lank "ge-seat" is) to ge-kamer met die bedoeling om die TPL te kan meet - die doppe kamer maklik en geen merke op gehad nie. Daarom (volgens wat jy se) neem ek aan die kamer is 0.300) . Ook omdat kamer oorgesny is vanaf .308 na 300wsm neem ek dus aan kamer dimensies (indien dit nie op spesifikasie was nie) sou regestel wees met sny van die 3oowsm kamer?
Dankie vir jou raad. Waardeer dit.

Skuus - ek lees nou weer jou plasing en sien jy verwys spesifiek na die "boor" - ek sal eerste twee ladings bietjie laer ladings gebruik om seker te maak.
Skuus - ek lees nou weer jou plasing en sien jy verwys spesifiek na die "boor" - ek sal eerste twee ladings bietjie laer ladings gebruik om seker te maak.
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 891
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: 300WSM RSA met 1 in 14 loop
Eras, hiermee die beloofde data.
Lesers neem asb kennis dat die data geldig is vir 'n spesifieke loop en dat dit nie summier net nagevolg moet word nie, begin so 3 tot 4 gr laer.
27" Ferlach loop 1 in 14"groefdraai
125 Nosler Ballistic Tip
66gr S355 (het tot 68gr getoets, veilig, maar groep maak egter oop.)
CCI 250
OAL 73mm
3470ft/s
Kleiner as 20mm 5 skoot groep op 200m.
Ek het na my resultate gekyk op die nuwe loop en ook hier het S355 in die algemeen beter gedoen.
30" Packnor 0.298" boor, 1 in 13" loop
65gr S355 toe die loop nuut was, maksimum lading. Packnor wys baie gouer druktekens as ou loop.
CCI 250
OAL 75mm
3530ft/s
18mm 4 skote op 200m
Junie 2010
30" Packnor 0.298" boor, 1 in 13"loop
66gr S355 toe die loop al meer as 1000 skote geskiet het.
CCI 250
OAL 73mm
3512ft/s (Spoed met Labradar gemeet en toe BC bepaal, 0.367)
12mm 5 skote op 100m
Mei 2016

Baie dankie - waardeer die hulp.
Eras
Baie dankie - waardeer die hulp.
Eras