Dag manne.
Kom ek deel die volgende met julle. En dit is net soos die opskrif se. Gisteraand gaan ek uit om na n jakkals te soek. Terwyl ek ry na die plek waar gevang word, lig ek ook heeltyd om te kyk vir ogies. Op n stadium ry ek my vas teen n mis muur en besluit om om te draai en so 200m terug te beweeg. nou lig ek glad nie meer nie want ek weet waar om te gaan sit met n mooi oop sig. Op die plek gekom hou ek stil en gooi die bakkie toe met my skadunet. Haal my geweer uit en klim agter op die bakkie. Ek sit die atn scope aan en toe ek opkyk gewaar ek so 10m van die bakkie af 5 paar ogies in my koplig wat vir my staan en kyk. Omdat die batterye van die liggie half pap is kan ek geen vorm uitmaak van wat dit kan wees nie. Ek sit die lig met IR aan en kyk vas in 5 jong jakkalse. Ek skiet die 1ste een en haal oor. Die patroon gaan nie af nie en ek ruk die slot oop om oor te haal en "klang" spat die patroon teen die tralie vas. Net om agter te kom die magesyn is leeg en my kassie met patrone le binne in die bakkie.
Dit is net hier wat ek amper n hartaanval kry. Ek spring af en hol om die bakkie om die patrone te kry. Klim weer met n spoed op die skietstoel, laai en le aan net om een jakkals te sien staan. Skiet hom ook en begin na die ander 3 te soek. NIKS. Ek gryp my handlig en begin met die witlig te soek. Met my fluitjie in die mond begin ek sulke vinnige piepe te gee om aandag te trek vir n ogie. NIKS. Ek besluit om stil te sit vir so 10 min om te kyk of daar nie iewers n ogie uitpop nie. Nog steeds niks. Nou begin ek kriewelrig raak en gooi so n vinnige paljas duet, maar helaas geen antwoord. Ek sien die mis begin my nou toevou en ek ry nog so 400m vorentoe.Roep weer paljas solo, maar nog steeds geen antwoord en ook geen ogies. Nou begin die mis vinnig inrol en ek is genoodsaak om toe maar op te pak en huis toe te gaan.
Nou het ek net een vraag. Hoe slim het ek nou daai ander 3 gemaak.
Baie dankie vir die deel. Groete Japie
Verrassing en teleurstelling in een
- katjak
- Full Member

- Posts: 246
- Joined: Sat Jan 31, 2009 8:07 pm
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4242
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Verrassing en teleurstelling in een
Eish....wat n gatslag...
Sterkte met daai ander 3.....hulle mag dalk effe sku wees vir die lig en lawaai wat hulle boeties laat wegraak het.
So ruk terug skiet ek 'n jonge wat allen inkom....ry toe later teen draad op skuins in rigting van waar hy gekom het, so 300m, skiet toe sy 2/3 boeties wat kwaai roeper toe gehol het na 'n reaksie van hulle kant af....maar nr 3 wil niks weet van kom of oogwys nie....
Na so ruk besluit ek om met 'n lang draai van agter die koppie in te kom...ry weg en skiet toe die pa van die klomp...(nooit ma gesien nie)...ry al om die koppie en skiet boetie so 100m van waar die ander gesneuwel het, maar nou van ander rigting.
So ja, dalk hulle nou biki op hulle stukke, maar try maar van ander rigting, en beslis 'n ander klank....
Jy mag dalk net tot naby ry...rustig raak en hulle raak lig weer sonder om te roep.
Dis maar wat ek sou probeer , maar hoor maar wat die ander kenners sê, ek leer maar nog.
Cheers

Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: Verrassing en teleurstelling in een
Groot teleur stelling wat ek nou so rukkie terug gehad het jag heel aand met my nuwe nagsig toe dit sulke tyd is en jakkals kom in met 'n spoed toe is die battery pap het toe later die een geskiet met die groen lig. Het darem nou genoeg krag vir die hele aand vir die nagsig
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas