Nuwe aansluitings

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Post Reply
User avatar
Fred85
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Wed Feb 01, 2017 10:30 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by Fred85 »

Hallo almal,

Ek is Fred van Centurion. Eks bly ek het hier aangesluit. Ek jag en skiet nou al 20 jaar , ek herlaai ook vir al my vuurwapens en het toegeweide jag en sport skiet status.

Ek besit die volgende gewere:
Ruger 77/44 in 44 mag
Cz 550 in 243 win
FN Browning in 308win
Voere LBW in 300 win mag
CZ Duty in 9mm

Daar is nog 6 gewere waar voor ek aansoek doen in die volgende paar weke en dit sal die volgende wees:
BRNO mod 2 in .22lr
Interarms mark x in 270 win.
Ruger 783 in 308 win.
FN Browning in 30-06 spr.
Interarms Witworth in 375 H&H
FN Browning in 458 win mag
BRNO side by side 12 boor haelgeweer.

Ek hoop om nog baie by julle te leer en sal raad gee waar ek kan.
Ruger 44 mag - CZ 243 win - FN Browning 308 win - Voere 300 win mag - CZ 9mmP - BRNO .22lr - Interarms 270 win. - Ruger 308 win. - FN Browning 30-06 spr. - Interarms 375 H&H - FN Browning 458 win mag - BRNO 12 boor
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1495
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Eduard Venter »

Welkom Fred. Lekker klompie roere wat jy daar het

Sent from my LG-H735 using Tapatalk
User avatar
Fred85
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Wed Feb 01, 2017 10:30 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by Fred85 »

Dankie Eduard, ja dis n goeie verseidinheid en ek kan seker alles in die wereld jag met die helfte van die vuurwapens maar mens kry mos altyd n rede hoekom jy n n ander roer nodig het...hehehe
Ruger 44 mag - CZ 243 win - FN Browning 308 win - Voere 300 win mag - CZ 9mmP - BRNO .22lr - Interarms 270 win. - Ruger 308 win. - FN Browning 30-06 spr. - Interarms 375 H&H - FN Browning 458 win mag - BRNO 12 boor
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by PWV »

Welkom Fred. Watter army is jy besig om te bewapen?
User avatar
Fred85
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Wed Feb 01, 2017 10:30 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by Fred85 »

Hahahaha dankie, dis erf stukke wat ek nou op my naam sit.
Ruger 44 mag - CZ 243 win - FN Browning 308 win - Voere 300 win mag - CZ 9mmP - BRNO .22lr - Interarms 270 win. - Ruger 308 win. - FN Browning 30-06 spr. - Interarms 375 H&H - FN Browning 458 win mag - BRNO 12 boor
Aart
Newbie
Newbie
Posts: 9
Joined: Mon Jan 30, 2017 4:52 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Aart »

tripodmvr wrote:Welkom Aart. Jy sal sien ek het ook die kalibers wat jy noem. Hulle werk !!!!!!
Dankie. Ek sal vir my op n tyd n beter scope op die 30.06 moet sit. My oog raak te swak vir die ou weavertjie.

Sent from my SM-G930F using Tapatalk
fanies7772
Newbie
Newbie
Posts: 44
Joined: Fri Dec 09, 2016 2:20 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by fanies7772 »

Goeie Môre. Fanie van Centurion herlaai vir .308 en hopelik binnekort ook vir .303 en 9mm.

Tikka African Hunter .308
.303
9mm

Bly ek het hier aangesluit, leer baie.

Groete


Sent from my iPhone using Tapatalk
Baas Piet
Newbie
Newbie
Posts: 42
Joined: Thu Jul 28, 2016 9:55 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Baas Piet »

Welkom Fanies7772
Bly om jou in die pak te he
Groete
User avatar
neef
Full Member
Full Member
Posts: 135
Joined: Tue Jul 05, 2016 12:06 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by neef »

Welkom Fred en Fanie
Deel wat jy weet en jy sal wys word
Ruger Presision 6.5 cm
Sako 308win
Howa 204
Savage 243
coey .22
cz 75 p07 duty
Vektor SP1
Musgrave 12G pomp
Nelis van Schalkwyk
Newbie
Newbie
Posts: 0
Joined: Tue Feb 28, 2017 12:13 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Nelis van Schalkwyk »

Gagse' Forum Lede.

My naam is Nelis van Schalkwyk.
Bly ongelukkig inni stad. (Centurion)

Jag graag, maar die pryse het bietjie rof geraak laas jaar.
Is daar plekke wat 'n man nog kan jag vir vleis.
Maak nie saak waar, bos of vlak, van springbok tot eland.

Hoor graag van jul.

Danke
Jaco Schreuder
Newbie
Newbie
Posts: 0
Joined: Mon Mar 06, 2017 10:02 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Jaco Schreuder »

Goeie naand
Ek is Jaco van Koffiefontein. Ek boer hier met vlakte wild en bees.
Eks bly om deel te wees van die forum. Dit lyk vir my ek gaan hier nog baie leer en baie mense ontmoet.
Groete
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by joe rocket »

Welkom Jaco watter ketties het jy daar in die kluis?
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Jurgen Visser
Hero Member
Hero Member
Posts: 815
Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Jurgen Visser »

Welkom Jaco
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE >:D


Die lewe is te kort om nors te wees ++>:
Deonvz
Newbie
Newbie
Posts: 0
Joined: Tue Mar 21, 2017 3:24 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Deonvz »

Hallo almal,

My naam is Deon van Zyl. Ek kom van Vanrhynsdorp af en is mal oor skiet en oom kompitisies deel te nee. Op die oomblik het ek n 30-06 Howa maar is van plan om vir my n 243 en n 300 en die volgende maand te koop.
Ek het ook onlangs begin herlaai en sien uit om raad te kry van julle af.

Groete.
marco

Re: Nuwe aansluitings

Post by marco »

Welkom Deon..
Hoop jy gaan lekker keier saam met ons...
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by Armand Steenkamp »

Deonvz wrote:Hallo almal,

My naam is Deon van Zyl. Ek kom van Vanrhynsdorp af en is mal oor skiet en oom kompitisies deel te nee. Op die oomblik het ek n 30-06 Howa maar is van plan om vir my n 243 en n 300 en die volgende maand te koop.
Ek het ook onlangs begin herlaai en sien uit om raad te kry van julle af.

Groete.
Baie welkom Deon! Sien jys ook van ons wereld af. Ek boer so 180km van vanrynsdorp af Pofadder se kand toe

Groetnis!!
JoeMan
Newbie
Newbie
Posts: 10
Joined: Sun Apr 16, 2017 8:07 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by JoeMan »

Naand Manne

Ek sien uit om baie te leer by julle ouens! Ek vind die forum baie leersaam.

Groete
malphil
Newbie
Newbie
Posts: 31
Joined: Tue Apr 18, 2017 4:22 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by malphil »

Dagse almal, nuut hier sien baie uit om deel van die groep te wees
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by PWV »

JoeMan en malphil

Welkom.

Normaalweg vertel die manne/dames wat aansluit 'n bietjie meer oor hulself. Hulle vertel waar hulle vandaan kom, waarmee hulle skiet en soms ook of hulle al in die tronk was 8) .

Hoor graag meer van julle.
malphil
Newbie
Newbie
Posts: 31
Joined: Tue Apr 18, 2017 4:22 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by malphil »

PWV wrote:JoeMan en malphil

Welkom.

Normaalweg vertel die manne/dames wat aansluit 'n bietjie meer oor hulself. Hulle vertel waar hulle vandaan kom, waarmee hulle skiet en soms ook of hulle al in die tronk was 8) .

Hoor graag meer van julle.

Maklik dan maak ek so,
Ek is hier van Potjiestroom af, was darm nog nie agter die tralies nie en skiet met die volgende

.22 BRNO
6.35/25 Auto Baby Browning
.38 Spl Astra
6.5x55 Howa
.270 Win BRNO
.303 British Lee Enfield no1mk3
12br Beretta pomp aksie

En wag nog vir die volgende Lisensies

.22 Mag Rollie Taurus
CZ 75 - 9mm
.410 Bioto pistol
12br O/U Lanber
12br pomp Fabarm

Groetnis
User avatar
JurieW
Full Member
Full Member
Posts: 129
Joined: Wed Apr 19, 2017 1:18 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by JurieW »

Hi Almal

My naam is Jurie ek bly in die Malmesbury Wes-Kaap.

Ek hou van jag en skiet graag problem diere.

Brno .223
Norinco .22

Trane sport van Beroep

groete
12ga ELG
.223 BRNO
.30-06 Tikka T3 Supervarmint
User avatar
.270 Man
Full Member
Full Member
Posts: 230
Joined: Wed Apr 29, 2015 2:18 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by .270 Man »

Baie welkom hier JurieW
.270 Sako with K98 action
carl Zeiss
RPR 6mm Creedmoor
Leupold LRP
.308 Musgrave met swarovski Z5
.38 special Taurus
;D ;D ;D
User avatar
Adolf
Newbie
Newbie
Posts: 0
Joined: Sat Apr 22, 2017 2:20 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Adolf »

Baie dankie vir die aanvaarding.

Ek is woonagtig in Mosselbaai. Was voorheen van Vryburg waar ek voorsitter van SAJWV vir 3 jaar was. Ek jag met 30-06 en 25-06.

Nou klink dit amper soos op 'n AA vergadering. ;D ;D
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by PWV »

Adolf wrote:Baie dankie vir die aanvaarding.

Ek is woonagtig in Mosselbaai. Was voorheen van Vryburg waar ek voorsitter van SAJWV vir 3 jaar was. Ek jag met 30-06 en 25-06.

Nou klink dit amper soos op 'n AA vergadering. ;D ;D
Welkom!
Het jy by laasgenoemde ook voor gevat? :confused:
User avatar
Aceofspades
Hero Member
Hero Member
Posts: 598
Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Aceofspades »

Welkom aan al die nuwe manne wat ek nie welkom geheet het nie. Julle sal baie leer en dit geniet hier.

Kriek
Post Reply