OXYRUM JAG

Post Reply
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

OXYRUM JAG

Post by Robert »

Gister was vir my 'n besonderse dag en jag.
My skoonpa , wat by ons bly , word die jaar 80jr en is gekoppel aan 'n suurstof masjien wat hom 24\7 van suurstof moet voorsien agv myn tisis (spelling). Hy was ook so bietjie meer as 'n maand gelede in die hospitaal waar hy ge opereer is vir 'n dunderm blokkasie en hy het dit amper nie oorleef agv sy long wat gedaan is.

Die plaaslike dokter se man en ek is vriende en ons beplan toe vir oupa 'n oxigen jag by hom op die plaas.

Vroeg oggend is almaal in die bakkie en laai 'n suurstof sillinder en regulator op by die dr se spreek kamer om maak vir die plaas so 35km uit die dorp. Op die plaas eers weer oupa on die masjien gekoppel en ontbyt op die vuur gemaak en lekker ge-eet. Daarna is die suurstof sillinder op die bakkie vas gemaak en die regulater op gesit en die pypie deur die venster na oupa aangele.

Oupa het sy springbok geskiet met sy geliefde 30-06 en toe is daar om die bok gestaan en oupa het sy suurstof gesuig en ek en Louis het vir ons n rumpie gegooi en die oomblik saam met oupa geniet. Van daar die OXYrum jag. Oupa op oxygen en ons op die rum.

Dit was voorwaar 'n voorreg om dit saam met oupa deur te maak.  Daar is altyd 'n plan te maak as daar 'n wil is.

Die dag is afgesluit met 'n lekker skenkel pot en rugby. Net jammer die Stomers het verloor.

Robert
Oorwining deur opleiding
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: OXYRUM JAG

Post by Monrique (SJ) »

Robert

Lekker man, dis mooi om van sulke dinge te hoor.  Ek het nooit die voorreg gehad om saam my oupa te kon jag nie, was 4 toe hy oorlede is.  :'( :'(      Weet dat dit sommer baie vir jou beteken het, en dat jy dit vir altyd sal onthou!!!

Lyk my al is oupa op die Oxy  gooi hy nog mooi met die 30-06.  ;)

Groetnis
User avatar
Jaco Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 804
Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm

Re: OXYRUM JAG

Post by Jaco Swart »

Robert.

Ek kan nou vir jou vertel dat die ondervinding vir so ou man in sy top 10 tel.

Dit is die goed wat vir jou en jou skoonpa sal bybly en dit is die dinge wat 'n man onthou.

Groetnis
JACO SWART
Rustenburg
Noord-Wes
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: OXYRUM JAG

Post by Gerhard »

Awesome Robert!!!
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: OXYRUM JAG

Post by Francois Marais »

Robert

Soos jy se, waar daar n wil is, is daar n weg......WEL GEDAAN.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
KLASIE
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 67
Joined: Wed Sep 16, 2009 3:08 pm

Re: OXYRUM JAG

Post by KLASIE »

goeie werk robert die was seker n ondervinding wat julle sal koester mooi man
User avatar
whisper
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Mon Oct 25, 2010 4:00 pm

Re: OXYRUM JAG

Post by whisper »

Robert, ek wens ek het n kans gehad om my saam met my Oupa te jag, of self te leer ken, hy is oorlede ses maande voor ek gebore was. Ja, hy sal vas klou aan daai jag vir die res van sy dae, maar eendag sal jy terug kyk, en weet, dit is een van die beste jagte wat jy in jy lewe gedoen het. Baie dankie dat jy dit gedoen het.

Groete.

Whisper. :)

P.S. As jy n foto gevat het, en Oupa nie omgee nie, sal jy hom asseblief opsit?
Praise the Lord, and let the bullets fly!
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: OXYRUM JAG

Post by erx »

Goeie werk mater, dis nou wat jy 'n voorreg noem, wens so ek kon dit doen!

Groete
erx
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: OXYRUM JAG

Post by Robert »

Dit was lekker om dit vir skoonpa (oupa) te doen. Vat so bietjie reel en beplanning en ekstra geldtjie, maar beslis die oeite wert

Ek moet net die fotos af gelaai kry dan sal ek een opsit

Robert
Oorwining deur opleiding
Flip Fouche
Hero Member
Hero Member
Posts: 584
Joined: Mon Nov 29, 2010 5:26 pm

Re: OXYRUM JAG

Post by Flip Fouche »

Welgedaan!!!!!!


Flip
.22 K Hornet Anchuts
204 ruger
.243 AI Savge
.2506 Zastava
6.5 Creedmoor Howa
.308 Musgrave Mod 80
300wsm Savage
12 Boor Maverick Pump Action
Post Reply