Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Laat weet ons asb. Hoe die werklike data met Quickload vergelyk as jy proef ladings geskiet het. Basies of brandspoed vinniger of stadiger as ql se voorspelling is.
Ek skiet elke naweek kompetiesie en kry net nie kans om die 570 en 560 wat ek het te gaan toets nie.
Sodra ek kan sal ek kom vertel. Volgens quickload gaan ek oor oor die 2800fps kry met my 30" loop wat ek op het met die 300gn en ek sal die 250's kan stoot tot 3000fps.....
Ek moes 'n redelike groot aanpassing op Qload maak met N133 op my 22-250.
Ek was nogals teleurgesteld oor dit. Spoed met die lading gemeet, was geweldig baie meer as voorspel op qload. (ek het ook data tabelle van N133 op hulle website met voorgestelde ladings afgelaai net om naastenby te vergelyk, en dit was ook baie ver uit.)
Nou is ek nie seker hoe gevaarlik my druk is nie. Ek moes die BRF verwoed aanpas. Dit voel nie reg nie.
Somchem se truuks het ons nou al onder die knie, maar hierdie is 'n nuwe perd.
N133 brand ook redelik vuil. Maar ten minste is spoed baie goed.
Dit nou maar net terloops. Dalk is die N570 op spec. Ek hoop so.
Toe ek met N133 die gemiddelde lading gooi (in standard Tikka 22-250 kamer), toe is my spoed alreeds redelik hoog, maar my hele dop het swart gebrand omdat hy nie seel nie. Teken van lae druk.
Toe gooi ek maar meer kruit. Spoed is heerlik, maar ek is bekommerd omdat hy so ver van voorspelling af is.
More manne. Ons kon uiteindelik kans kry om die N570 te toets in 338LM met 300gr Scenars.
Uit n 29 duim loop het ons 2787 vps gekry (met magnetospeed gemeet) met 91grein N570. Nadat QL gekalibreer is was druk maar 58 000 psi. Ons moes die brandspoed aanpas (verhoog na 0.2931).