So stukkie oor my en my passie vir vuurwapens en teleskope:
Ek het al baie bosveld en vlakte jag gedoen en het 'n groot passie vir gewere en teleskope. Meer as wat my vrou eintlik van weet.
Ek het oor 'n tydperk 'n klompie wapens al opgebou, en het probeer om elke moontlike situasie te dek met die regte kaliber. Vanaf 'n windbuks tot 'n Glock, to 'n voorlaaier, tot 'n 375 H&H vir die groot jag pogings, tot 'n 338 Lapua Magnum vir die Ultra Long Range geleenthede, tot 'n 6.5x284 Norma vir die lekker teiken vêrskiet geleenthede, en nog so ander paar wat elke moontlike situasie kan dek.
Ek hou daarvan om verskillende teleskope te probeer, so as iemand terugvoer soek oor 'n Tasco, of 'n Lynx, of 'n Weaver, of 'n Nikon, of 'n Sightron, of 'n Zeiss, of 'n Vortex, of 'n Nightforce, kan ek goeie terugvoer probeer bied uit persoonlike ervaring.
Dis al vir nou kêrels, julle weet al klaar meer as wat my vrou weet.
Groetnis.
