Watter kaliber vir langafstand skiet.

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Post by joe rocket »

Weereens dankie vir jou goeie raad Wouter. Die 7mm Jedi wat se dop ek by Geoffrey gesien het is n standaard 404 dop met 40 grade skouers. Jy hou mos van 40 grade skouers. :laugh: Daar is n reamer beskikbaar . Ek moet net uitvind of sy lead lank genoeg is vir n 195gr koeel, maar ek glo dit sal so wees. So Google ek 7mm Jedi en al inligting wat beskikbaar is, is Star Wars str@nt. Ek sal later n foto plaas van die dop en sy volume meet. Ek benader die projek maar versigtig, want ek gaan een spesiale geweer bou met al die " bells and whistles" en wil nie later spyt wees nie. Hierdie roer gaan nie n Howa, Tikka of Remington aksie kry nie. :): :): Dis nou tyd vir n Titanium aksie. Dit sal ook lekker wees as Somchem n slag partyjie toe wil kom met hulle nuwe stadige kruit dan sal kaliber keuse makliker wees , maar nou ja dit daar gelaat.
GROETE

__________________________

Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7558
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Post by Wouter Roets »

Joe

Weet jy of hulle B12.7 in hom gebruik? Dopkapasiteit glo ek kan nie veel meer wees as 115gr nie, so B12,7 behoort te stadig verbrandend te wees en S385 weer hopeloos te vinnig. Sal interessant wees om te weet. Die 7.21 Firebird van Lazzeroni sal n bietjie meer geskik wees vir B12.7 met sy nagenoeg 120gr dopkapasiteit. Ek se weer met die nommertjies moet jy nie baie lus wees vir skiet nie en dit sal n goeie idiee wees om sommer so twee of drie lope te he wat net le en wag om opgesit te word.

Groetnis
Wout
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8009
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Post by Arnold »

Gebruik sommer 'n Howa aksie, hulle skiet n bars hou en is baie goedkoper ;)
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1518
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Post by swc-tr »

Arnold ek stem, die OP noem dan net tot 500m.
Al hierdie ultimates net geldmors.....
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Post by joe rocket »

Arnold wrote:Gebruik sommer 'n Howa aksie, hulle skiet n bars hou en is baie goedkoper ;)
Nes jy daar sê Arnold. Vir n 500m roer , maar jy is n geleerde man wat weet n Howa aksie gaan nie vir n 1600 jaards roer werk nie en dis nie die punt van die draad nie. ;) No hard feelings. Gehoop jy deel jou kennis hier.
GROETE

__________________________

Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2472
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Post by Nico Harris »

Hkm sal n howa aksie nie werk nie?
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Post by Gawie(13mm) »

Nico Harris wrote:Hkm sal n howa aksie nie werk nie?
Wil ek ook weet!
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Post by joe rocket »

Nee ek weet nie Nico ek het nie ondervinding en kennis met langafstand skiet nie. Ek luister maar na raad wat die slim manne gee, maar as jy my kan kom vertel dat n Howa aksie gaan werk gaan jy my n klomp geld spaar wat ek baie sal waardeer. Daai geld kan dan na n lekker March scope gaan.
GROETE

__________________________

Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Post by PWV »

'n Howa aksie sal werk, maar julle kan mos nou hier lees dat Joe 'n "ultimate", spesiale geweer wil laat bou - daarom die titanium aksie wat Geoffrey bou.
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2472
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Post by Nico Harris »

Ek ek maak my stelling na aanleiding van die volgende- meeste kenners se met n 1moa geweer is meer as goed genoeg vir lr skiet. Na 500m is jou kontantheid van spoed , ervaring en vemoë om die wind te lees baie belangrikker. Die man wat kan- sal kan met die howa aksie ook. Die man wat nie kan nie , gaan met die duurste aksie ook nie kan nie.

Maar as jy nie jouself in die knyp sit vir so aksie nie, en jy hou van hoe hy lyk en voel. Koop hom net omdat jy kan en wil :laugh:
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Post by Eugene »

Joe, iemand wie se raad en opinie ek waardeer, het eendag vir my gesê dat jou loop, brass en koeels, meer belangrik vir akkuraatheid is as die aksie. Ek ken paar manne wat met Howa aksies skiet en hulle staan vir niemand terug op 1000m nie en sal waarskynlik verder as dit ook stof in baie manne se oë skiet.

Ek is nie 'n LA ekspert nie, maar Wouter hierbo gee goeie raad. Daar is great wildcats vir LA daarbuite, maar maak seker jy kan hulle tot hulle volle potensiaal gebruik met ons kruite. Dit gaan jou suur maak as jy ten duurste betaal het vir 'n reamer en doppe en DIES vir 'n wildcat en 'n rakgeweer vaar beter met ons kruite as jou kaliber.
Aim small, miss small
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Post by PWV »

Eugene
'n Nissan kan dalk dieselfde doen as wat 'n Toyota doen, maar as jy 'n Toyota man is, bly jy een.
Daar is dan selfs mense wat Volkswagens en Isuzu'z koop. >:+
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Post by Gawie(13mm) »

PWV wrote:Eugene
'n Nissan kan dalk dieselfde doen as wat 'n Toyota doen, maar as jy 'n Toyota man is, bly jy een.
Daar is dan selfs mense wat Volkswagens en Isuzu'z koop. >:+
....en daar gaan ons vriendskap. ;D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Post by Eugene »

Howa is verseker nie die alpha en omega nie. Maar vir 'n bekostigbare aksie vir 'n bou projek, het jy niks meer nodig nie. As ek egter die loto wen, sal ek dalk maar nog 'n Savage koop.....;)
Aim small, miss small
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Post by Gawie(13mm) »

Ek het bietjie met Quickload gespeel en die 7mm SAUM lyk na die wenner. ;)

99.8% dopvulling met S385.
100% verbranding.

175gr Hornady ELD-X teen 2990vt/sek. Ek het nie van die swaarder koeëls in my verouderde data basis nie :'(

Volgens Strelok sal bogenoemde by 1450m transonies gaan en teen 1600m teen 'n "beskeie" 1130vt/sek draf.

Jy behoort darem die staal te kan kiellie met 681 Joules se energie as jy 60.2 MOA verstelling in jou telleskoop het.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Post by PWV »

Eugene wrote:Howa is verseker nie die alpha en omega nie. Maar vir 'n bekostigbare aksie vir 'n bou projek, het jy niks meer nodig nie. As ek egter die loto wen, sal ek dalk maar nog 'n Savage koop.....;)

... in 'n 270 kaliber! ;)
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Post by Supacow »

Wenresep!
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3126
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Post by LUAN »

30-378 maar hy sal seker nie werk met ons kruit. Mcmillan bou van hulle gewere in die kaliber. Bob beck het mos so een gebruik toe hy hier kom langafstand jag het vir daai tv show extreme outer limits. Die tannie skiet hom ook sonder n flinch klits daai gemsbok oor die 900yds. Wat interesant was vir my is dat hulle die 185gr berger koel gebruik het en nie iets swaarder. Dink daai kaliber launch die koeel teen so 3300fps.
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Post by joe rocket »

Hier by Durbanville is n ou wat n 30-378 het Ruaan het al saam hom geskiet. Dit is n monster. Wonder wat se kruit hy gebruik, seker B12.7.
GROETE

__________________________

Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 981
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Post by Gerhardu »

joe rocket wrote:Hier by Durbanville is n ou wat n 30-378 het Ruaan het al saam hom geskiet. Dit is n monster. Wonder wat se kruit hy gebruik, seker B12.7.
Ek glo S385 sal werk. Is daar iemand wat ons meer inligting kan gee. Ek hou ook baie van die kaliber.
Hy sal mooi loop met 230gr Bergers.
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Post by joe rocket »

Hoe lank sal n loop hou op n 7mm Asegaai.
GROETE

__________________________

Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7558
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Post by Wouter Roets »

Gerhardu wrote:
joe rocket wrote:Hier by Durbanville is n ou wat n 30-378 het Ruaan het al saam hom geskiet. Dit is n monster. Wonder wat se kruit hy gebruik, seker B12.7.
Ek glo S385 sal werk. Is daar iemand wat ons meer inligting kan gee. Ek hou ook baie van die kaliber.
Hy sal mooi loop met 230gr Bergers.
Gerhardu

Nee S385 is hopeloos te vining verbrandend vir die rondte se dopkapasiteit. So weer n geval van n goeie rondte wat nie werk met ons beskikbare poeiers nie. As Somchem nou een of ander dag hulle vingers uit hulle gatte uit trek met n geskikte poeier vir die 338 Lapua soos hulle nou al hoe lank belowe sal hierdie tipe rondtes ook tot hulle reg kan kom. Die 7,82 Lazzaroni Warbird sal wel die beter keuse wees bor die 30-378 Weatherby. Selfde dop(416 Ridby) maar sonder die belt en double radius skouer.

Groetnis
Wouter
User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 981
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Post by Gerhardu »

Dankie Wouter. Ja ekt gehoor somchem bring n nuwe kruit uit. Hoe lank nog weet ons nie. Hulle sou mos n S395 ook gemaak het. Dis maar wat ek hoor.
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1618
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Post by Gian_dP »

Gawie(13mm) wrote:Ek het bietjie met Quickload gespeel en die 7mm SAUM lyk na die wenner. ;)

99.8% dopvulling met S385.
100% verbranding.

175gr Hornady ELD-X teen 2990vt/sek. Ek het nie van die swaarder koeëls in my verouderde data basis nie :'(

Volgens Strelok sal bogenoemde by 1450m transonies gaan en teen 1600m teen 'n "beskeie" 1130vt/sek draf.

Jy behoort darem die staal te kan kiellie met 681 Joules se energie as jy 60.2 MOA verstelling in jou telleskoop het.
Daar is moes hoeka n "skrynwerker" in die Paarl wat so een het. Dink hy skiet 180gr hybrids teen omtrent daai spoed.
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Post by Gawie(13mm) »

Johan is in Wellington en hy slaan ook plankies aanmekaar.
Hy het meer roere as wat ek skroewe in my fabriek het. ;D
Die beste van als is dat hy nogal uitmaak van die skiet storie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Post Reply