Disleksies skiet...help?
- Penkop
- Hero Member

- Posts: 621
- Joined: Tue Nov 16, 2010 11:29 am
Disleksies skiet...help?
Goeienaand,
My laaitie skiet disleksies... Hy skiet regshandig, maar sy linker oog is dominant.
Wat nou? Probeer ek help (en hoe?) of los ek hom om self uit te sorteer wat vir hom gaan werk?
Moet ek hom probeer leer om eerder sy regter oog te gebruik, of om eerder linkshandig te skiet? Of gaan ek dinge net vererger as ek inmeng?
Die outjie is nou 5 jaar oud, so daars nog tyd.
Eks seker daars baie skiet disleksiese skuts daar buite, laat hoor van julle asb!

- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Disleksies skiet...help?
Los hom net so my pel skiet ook so en hy is links maar hy skiet regs sy linker oog is ook dominant.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Disleksies skiet...help?
Ek is ook linkeroog dominant maar skiet regs....
Dit veroorsaak soms sports as ek pistool skiet linkerkant om 'n 'barrier'. Dan wil my linker oog die kykwerk doen....
Solank jy met 'n jaggeweer skiet met visiere of teleskoop behoort dit nie te pla nie.
Haelgeweer en pistool kan bietjie van 'n uitdaging wees
Sent from my D5803 using Tapatalk

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Disleksies skiet...help?
Joe, my linker oog is dominant maar ek skiet regs. Doen ook nie sleg uit linkerskouer met koeelgeweer nie. Die bogger kom by haelgeweer skiet. Ek sukkel baie en is maar 'n powere skut. Gelukkig as ek 5 uit 25 kleie raakskiet. As jy kan laat hom uit die skouer van sy dominante oog skiet - maak net baie seker dat dit wel sy dominante oog is. Dit gaan egter fyn voetwerk en geduld verg om hom gemaklik daarmee te maak.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Philip J
- Hero Member

- Posts: 931
- Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
Re: Disleksies skiet...help?
Ek was in presies dieselfde situasie toe ek 5 jaar oud was. Ek het aanvanklik regs geskiet, maar met my linkeroog gekorrel. My Pa het toe voorgestel ek "probeer" net bietjie om die geweer teen die ander skouer te sit. Van daar af skiet ek links met n geweer maar nog steeds regs met n handwapen. So krom en skeef met die linkeroog. Wys hom dalk net daar is n alternatief en laat hy self besluit wat werk vir hom.
Groetnis
Philip
Philip
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Disleksies skiet...help?
Jy kan ook die oog wat hy wil gebruik toe maak dan forseer dit hom om die regte oog te gebruik.
Het dieselfde probleem met my klong gehad en dit so uitgesorteer.
Het dieselfde probleem met my klong gehad en dit so uitgesorteer.
-
Charles.308
- Sr. Member

- Posts: 323
- Joined: Sun Nov 04, 2012 9:09 pm
Re: Disleksies skiet...help?
Hi
My seun het die selfde probleem gehad, ek het n high rise comb of die kolf gesit sodat sy kop beter op kolf lê as hy skiet.Ek het agter gekom dat die scope te hoog is vir n kind, dan sit hy sy regter wang op die kolf en kyk met sy linker oog deur die scope.
Hoop die raad help
Charles

Fanie Nel
- Hero Member

- Posts: 506
- Joined: Fri Jan 14, 2011 10:26 pm
Re: Disleksies skiet...help?
Goeie dag
Slegte gewoontes leer moeilik af. Hy nog jonk leer hom om met sy regte oog te skiet.
Groete
Slegte gewoontes leer moeilik af. Hy nog jonk leer hom om met sy regte oog te skiet.
Groete
-
Jaktrap
- Sr. Member

- Posts: 294
- Joined: Tue Nov 02, 2010 8:59 pm
Re: Disleksies skiet...help?
Ek stem. Daar is n rede hoekom jou brein die een oog bo die ander kies om te korrel.
Ek is ook linkeroog dominant en skiet maar links met n regsom geweer.
Dalk is hy vorentoe instaat om n linkshandige geweer te kry en als kom mooi bymekaar.
Mooiloop
Ek is ook linkeroog dominant en skiet maar links met n regsom geweer.
Dalk is hy vorentoe instaat om n linkshandige geweer te kry en als kom mooi bymekaar.
Mooiloop
- RiaanB
- Newbie

- Posts: 10
- Joined: Wed Oct 28, 2015 1:17 pm
Re: Disleksies skiet...help?
My dogter is regs en skiet links. Sy skiet oor algemeen beter as ek. Sy kon as jong dogtertjie nie haar linkeroog toekry om deur die teleskoop te kyk nie en het toe so "verkeerd" om leer skiet.
Sent from my SM-A510F using Tapatalk
Sent from my SM-A510F using Tapatalk
- Viking
- Hero Member

- Posts: 872
- Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm
Re: Disleksies skiet...help?
Hi Penkop,
Net 'n vriendelike regstelling!
Dis die eerste keer dat ek hoor van 'n skut wat disleksies skiet - disleksie verwys na 'n LEES afwyking...beslis nie skiet nie.
Jou seun het 'n omgekeerde oog dominansie en dit kan deur verskillende tegnieke, soos hierbo genoem, aangespreek word.
Moenie jou kind met disleksie etiketeer nie!!

" My idea of gun control is using BOTH hands!"
-
Eyeman
- Full Member

- Posts: 157
- Joined: Thu Mar 14, 2013 12:11 pm
Re: Disleksies skiet...help?
Ek stem saam.
Jou seun is kruis-dominant.
Jou seun is kruis-dominant.
-
Eyeman
- Full Member

- Posts: 157
- Joined: Thu Mar 14, 2013 12:11 pm
Re: Disleksies skiet...help?
Die slim ouens beveel aan dat die dominante oog voorkeur kry maw hy moet eerder leer links skiet.
-
ANDRIES
- Sr. Member

- Posts: 353
- Joined: Mon Feb 04, 2013 3:56 pm
Re: Disleksies skiet...help?
My dogter was dieselfde en ek het haar met 'n gewone oog klappie laat skiet en sy het gou geleer reg skiet.
- Blesbok
- Full Member

- Posts: 239
- Joined: Fri Jul 04, 2014 9:06 pm
Re: Disleksies skiet...help?
Ek het die selfde probleem gehad as kind. Ek het erns gesien dat manne 'n skiet bril (of gewone veiligheids brille) en dan plak hulle die dominante oog glasie toe. Dan is dit nie nodig om die linker oog toe te maak nie. Dit heet my nogal gehelp.
-
Vleisie
- Sr. Member

- Posts: 439
- Joined: Sat Oct 11, 2014 2:07 am
Re: Disleksies skiet...help?
Ek het dieselde probleem gehad, maar het so op 10jaar ouderdom leer lings om skiet.
Nou is al my eie roere lefty's en ek skiet lings maar ek het nooit afgeleer om met altwee oe oop te skiet nie, wat maak dat ek lekker kan sien wat rondom my aangaan.
Nou is al my eie roere lefty's en ek skiet lings maar ek het nooit afgeleer om met altwee oe oop te skiet nie, wat maak dat ek lekker kan sien wat rondom my aangaan.
Last edited by Vleisie on Mon Jan 09, 2017 7:42 pm, edited 1 time in total.
Savage Model 12 .22-250 Rem
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Disleksies skiet...help?
Kon ook nie kleintyd my linker-oog toeknyp nie.
Sal vandag as ek kon oorkies eerder regsom wou skiet bloot omdat die meeste gewere daarvoor gebou word.
Kom egter goed reg selfs met handwapens. Pistool in die regterhand voor die linkeroog.
Sal vandag as ek kon oorkies eerder regsom wou skiet bloot omdat die meeste gewere daarvoor gebou word.
Kom egter goed reg selfs met handwapens. Pistool in die regterhand voor die linkeroog.
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2226
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Disleksies skiet...help?
Alles hierbo is haalbare en goeie raad. Werk versigtig met die outjie want hy verstaan waarskynlik nie waarom hy "anders" is nie. Probeer dit saam met hom en kyk wat werk die beste. Besluit op grond van die resultate - hy sal waarskynlik self agterkom en sê wat die beste werk.
- Penkop
- Hero Member

- Posts: 621
- Joined: Tue Nov 16, 2010 11:29 am
Re: Disleksies skiet...help?
Baie dankie vir die raad.
Viking, ek het aanvanklik die woord "disleksie" gebruik om reaksie uit te lok... En ek is werlkik aangenaam verras met al die goeie reaksie!
Die outjie is nog klein, so ek sal sommer Saterdag al begin om saam met hom te eksperimenteer, maar ek dink dis goeie raad om nie te haastig te wees en my voorkeur op hom af te dwing nie.
Weereens dankie vir al die raad!

- Bonesjara
- Jr. Member

- Posts: 75
- Joined: Tue Jun 07, 2016 8:10 pm
Re: Disleksies skiet...help?
Albei my latte 4 en 6 het linkeroog oor die loop met hulle daisies gekorrel as ek hulle R laat skiet. Vandat ek hulle links laat skiet lyk hulle veel gemakliker en skiet ook beter.
Groete
Pieter
Groete
Pieter
- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1484
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: Disleksies skiet...help?
Ek is een van daai verkeerdom ouens. Skryf regs, regs oog dominant maar skop links en skiet links - en verkies regterhandse aksies, linker hand is te dom om die koeels maklik in die magesyn te laai
.
Van kleins af wou hulle my leer regs skiet maar ek kon net nie gemaklik word agter die geweer nie. Hulle het toe maar op gegee en my links laat skiet. Vir my is dit nie so groot probleem nie, ek moet maar net haelgewere en ander open sight gewere met een oog toe skiet. Wat ek wel agterkom is dat ek langer as die ander skuts vat om teikens op groot vergroting deur die teleskoop op te spoor.

Geen "OPSIES" op my advertensies nie.