180gr & 308Win
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
180gr & 308Win
Wie hier gebruik n 180gr uit hul 308 Win om te jag?
Ek het gedink n 180gr teen net oor 2625 fps met s355 behoort mooi te werk en omdat die spoed laag is sal gewone cup&core ook seker voldoende wees?
Of skiet mens eerder n 130gr mono teen meer spoed (3100fps)?

-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2225
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: 180gr & 308Win
Ek het grootgeword met 180gr Nosler Partitions in pa se Sauer Mod 80. Hulle werk, maar 2625vps is na my kennis te vinnig - die drukke behoort te hoog te wees.
Die 130gr mono's werk ook baie lekker maar ek het opgehou om hulle te gebruik weens twee redes: 1) geelkoper koeëls word gewoonlik .307" deursnee gesny. Dit laat 'n gapinkie vir die kruitvlam om in te brand en teoreties verkort dit die loop se lewe. 2) Die mono's wat nie oopmaak nie laat geen ruimte vir 'n swakker skoot nie, terwyl 'n tradisionele loodkoeël selfs op 'n swakker skoot oopmaak en 'n wond veroorsaak.
My raad is om die koeëls te gebruik wat die akkuraatste in jou geweer groepeer.
En oefen baaaaie! My opinie is dat 'n gebrek aan oefening meer kwesskote veroorsaak as enige ander faktore.
O ja, 'n koeël teen 3100vps veroorsaak 'n bloedswam.

Williel
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm
Re: 180gr & 308Win
Ek skiet 185 gr Bergers met groot sukses in n 1:12 twist @ 2655fps. Groepering is ook goed.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Groete, Willie
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2225
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: 180gr & 308Win
Willie, hoe lank is jou geweer se loop? Ek is op my foon en kan ongelukkig nie die QL ontsyfer nie.
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3127
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: 180gr & 308Win
Lyk soos 24.2" volgens sy ql berekening. Ek stoot n 190gr nosler cc ook oor 2600fps met n 26" loop.
Willie watse doppe gebruik jy? Lyk of hulle goeie volume het.
Willie watse doppe gebruik jy? Lyk of hulle goeie volume het.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13651
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 180gr & 308Win
Arnold ek laai vir my Pa 180gr Sierra Pro Hunters in sy 308 vir bos werk. Koels verlaat die loop net so oor die 2550fps en behalwe vir die trajek wat jou aan plakkerskamp opstoker wat klip gooi herhinner werk die "normale" Sierras baie goed teen daai spoed. Ek het 2 jaar terug n groot RHB reg van voor geskiet op so 110m en die koel is net voor die boud uit.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Rudie
- Hero Member

- Posts: 971
- Joined: Thu Dec 26, 2013 12:06 pm
Re: 180gr & 308Win
Oor die algemeen jag ek net met mono's. Ek het hierdie jaar besluit om so bietjie die Claw in die 308 te gebruik. Ek het die 180gr en die 200gr geskiet en het uitstekende resultate met die 200gr gekry. Die lading het op 3 verskeie geleenthede 1/2 MOA geskiet met die 200gr. Die 180gr het nie so mooi gewerk in my geweer nie en ek kon net nie onder MOA skiet by die 2635fps node nie.
Ek gaan nou die 200gr teen 2440fps gebruik in die bos die jaar en sal sien hoe maak hulle. Ek het S355 Lot 010 en Lapua doppe gebruik wat vir my die meeste H2O volume gee. Die nuwe lot 011 is baie pap en die dop raak oorvol voor jy by 'n bruikbare node uit kom.
Ek gaan nou die 200gr teen 2440fps gebruik in die bos die jaar en sal sien hoe maak hulle. Ek het S355 Lot 010 en Lapua doppe gebruik wat vir my die meeste H2O volume gee. Die nuwe lot 011 is baie pap en die dop raak oorvol voor jy by 'n bruikbare node uit kom.
-
Williel
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm
Re: 180gr & 308Win
Die loop is 24.2" (615mm)Ds J wrote:Willie, hoe lank is jou geweer se loop? Ek is op my foon en kan ongelukkig nie die QL ontsyfer nie.
Luan, ek gebruik Norma doppe en volume is 57.3 gr.LUAN wrote:Lyk soos 24.2" volgens sy ql berekening. Ek stoot n 190gr nosler cc ook oor 2600fps met n 26" loop.
Willie watse doppe gebruik jy? Lyk of hulle goeie volume het.
Ek het juis gesukkel met n lang freebore en toe die toets gedoen met die swaarder koeëls. Met die hoë BC en spoed kan ek maklik na 1000m toe skiet, maar my roer is n bosgeweer en nie gebou vir die praktyk nie.
Ek gebruik S355 lot 11 wat ook die dop baie vol maak.
Groete, Willie
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: 180gr & 308Win
Ek het gedink om n 185gr Berger Hybrid te skiet maar het nognie opgelees hoe hulle op wild maak nie so vir jag het ek gedink om sommer n 180gr Ballistic Tip te gebruik.
-
Andre308
- Hero Member

- Posts: 904
- Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am
Re: 180gr & 308Win
Arnold,Arnold wrote:Ek het gedink om n 185gr Berger Hybrid te skiet maar het nognie opgelees hoe hulle op wild maak nie so vir jag het ek gedink om sommer n 180gr Ballistic Tip te gebruik.
Hoekom kyk nie na die VLD Hunting 185gr vir jag en papier nie?
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: 180gr & 308Win
Ek loop maar bietjie lig vir die VLD omdat ek nie iets soek wat baie sensitief vir jump is nie.
-
Williel
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm
Re: 180gr & 308Win
Ek het 2 koeëls herwin waar ek koedoes geskiet het. Een was kopskoot van voor en is deur tot agter onder die vel, afstand 98m. Die ander een was van voor op die bors en agter net voor die boud onder die vel gesit, afstand was 60m. Vleisskade was minimal.
Onderskeidelik 24 en 22 gr het oor gebly.
My idee was om die lang freebore te oorkom en die penetrasie ook goed. Is net bekommerd oor hoeveel stukkies bly in die vleis agter.
Onderskeidelik 24 en 22 gr het oor gebly.
My idee was om die lang freebore te oorkom en die penetrasie ook goed. Is net bekommerd oor hoeveel stukkies bly in die vleis agter.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Groete, Willie
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: 180gr & 308Win
Dankie Williel, goeie informasie! Solank ek nie n tand breek op n stuk lood nie is dit ok vir my 
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: 180gr & 308Win
My lisensie is hier.
Doppe is geprep.
Ek hoor sommer of hier iemand is wat n swaar koeël uit n 308 skiet met S355 lot 11/15.
Hopelik kry ek genoeg poeier in die dop en sal laai tot magesyn lengte van 73mm wat dan so 1.5mm jump gee as ek reg onthou.
Doppe is geprep.
Ek hoor sommer of hier iemand is wat n swaar koeël uit n 308 skiet met S355 lot 11/15.
Hopelik kry ek genoeg poeier in die dop en sal laai tot magesyn lengte van 73mm wat dan so 1.5mm jump gee as ek reg onthou.
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3127
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: 180gr & 308Win
Arnold hoekom skiet jy nou weer 308? Is hy dan nou beter as n 6.5?
Ek sal moet kyk watse lot no my 355 is maar ek stoot n 190gr uit n 26" loop teen 2640fps.
Ek sal moet kyk watse lot no my 355 is maar ek stoot n 190gr uit n 26" loop teen 2640fps.- Ashley
- Hero Member

- Posts: 1046
- Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm
Re: 180gr & 308Win
Hi Arnold
Geluk met die liksens!
As ek mag vra, waarom is jy vasbeslote op 180gr, veral aangesien jy met S355 #11 laai?
Ons was so paar weke terug bos toe met 150grTTSX in die 308 en 30-06. Niks het verder as n paar meter gekom nie.
Alternatief is laai 165gr punte wat "bonded" is, en jou meer spoed en lekker penetrasie gaan gee.
Sterkte, geniet dit!

Groete
Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: 180gr & 308Win
Arnold - daai lot 11 S355 is bitter stadig! Om bietjie spoed te kry sal jy daai dop baie vol moet maak.
Ek het 168gr CC's gelaai met 45.8gr 355 (Lot 11) vir 'n spoed van 2558 fps en my lapua doppe was 105.6% vol.
Ek het 168gr CC's gelaai met 45.8gr 355 (Lot 11) vir 'n spoed van 2558 fps en my lapua doppe was 105.6% vol.
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 180gr & 308Win
Praat met PWV. Hy skiet Lot 11 in sy Howa.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: 180gr & 308Win
Ek gaan die 190gr Nosler CC skiet.
Luan, net om wys dat ek dink die 6.5 is beter het ek nog n 6.5 aangeskaf. Ek sal die data waardeer.
Ashley, die nodespoed van die 190gr is so naby aan die 150gr dat ek eerder die 190gr skiet. As dit nie werk nie sal ek kyk na iets anders.
Luan, net om wys dat ek dink die 6.5 is beter het ek nog n 6.5 aangeskaf. Ek sal die data waardeer.
Ashley, die nodespoed van die 190gr is so naby aan die 150gr dat ek eerder die 190gr skiet. As dit nie werk nie sal ek kyk na iets anders.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 180gr & 308Win
S355 en 24 duim loop. Beide doppe is vol en op node 5.
155gr - 2693vps
190gr - 2583vps
155gr - 2693vps
190gr - 2583vps
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: 180gr & 308Win
Lyk omtrent reg en as mens daai syfers in n balistiese program sit wys dit dat die 190gr beter doen op die langafstande.tripodmvr wrote:S355 en 24 duim loop. Beide doppe is vol en op node 5.
155gr - 2693vps
190gr - 2583vps
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 180gr & 308Win
'n Bisley skut het lank terug gepraat oor die Engelse span wat met 190gr koeëls op 900m geoefen het. Geen probleem oor subsoniese spoed met die' koeëls nie. Snaaks dat die Bisley Vereenigings nie aandring op 'n 175gr projektiel, wat beter behoort te doen as die huidige 155gr, nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- airhunter
- Hero Member

- Posts: 545
- Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm
Re: 180gr & 308Win
Vir die bos loop hy mooi.
Ek het al BWB en Koedoe geskiet met 180 Hornady Interlock teen 2400.
Die sectional density is lekker hoog.
Jare terug het Gregor Woods van Magnum faam n artikel geskryf waar hy 200 greine skiet met S 365 teen 2400fps max en met S385 teen 2300fps max.
Met n SD van .301 op 200grein RN teen 2400fps sal hy loop soos stroop.
Sal penetreer in n reguit lyn wat skrik vir niks.
130grein GS loop ook mooi.

The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
Mark Twain
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3127
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: 180gr & 308Win
Ek het nog twee blikke van n ouer lot S355 lot 09. Lapua dop en cci200 primer. 190gr nosler. Loop is 662mm
45gr - 2604fps
45.3gr - 2624fps
45.6gr - 2645fps
45gr - 2604fps
45.3gr - 2624fps
45.6gr - 2645fps
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 180gr & 308Win
45gr kan naby die node wees, maar die ander 2 begin na maks druk se kant gaan. Node is by 2580vps se rigting.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br