PMP LR primers so romdom R60/100
Win LR primers so rondom R40-45/100
Ek weet dat PMP Magnum primers is en dis wat ek wil vra.
As julle manne nou begin speel met 'n nuwe lading, hoe besluit julle op 'n slagdoppie? Standaarg of magnum
Ek het op die net gekyk en die algemene opinie is dat alle vlokkie en staaf kruit onder 60gr standaard slagdoppies benodig en bo 60gr magnums.
Dan weer ALLE bal vormige kruit ongeag die lading moet magnum slagdoppies kry.
Maak dit vir julle sin of moet ek weer gaan surf?
My rede vir die vraag is dat ek beide my 303 en 30-30 met 341 wil laai en dat ek die slagdoppies dieselfde wil hou. Ek wil graag Win SD gebruik want ek is sommer net vies vir PMP wat als so duur aan ons locals verkoop.
Peet


