Klomp jare gelede toe ek die .308 koop het ook 'n knaldemper gekoop. Dit was by S&O in Stellenbosch en ek het dit sommer daar by die geweersmid gekoop. Die demper het nie eintlik 'n fabrikaat naam nie. Hy is van metaal en redelik swaar.
So 2 jaar gelede opgradeer ek na die AimZonic knaldemper en was baie gelukkig. So 5 maande gelede besluit ek om die AimZonic vir die eerste keer skoon te maak en sit hom in die Layman Ultra Sonic skoonmaker. Daarna het die probleeme begin.
http://i677.photobucket.com/albums/vv134/boesman10/Silencers_zpsfgpbksc6.jpg
Staal knaldemper (1) op links en AimZonic (2) op regs (met 'n neoprene kous). Die probleem was dat ek nie meer kon groepeer soos vantevore. Punt was nog steeds die Impala 130 grein en lading presies dieselfde. Het gereken dat ek fout maak met herlaai. Het gereken daar is iets fout met die geweer. Het gereken ek maak fout met hoe ek skiet. Verlede week grawe ek toe die ou knaldemper uit en gaan baan toe. Die resultate was interessant.
http://i677.photobucket.com/albums/vv134/boesman10/Silencer%20Test%203_zpsicxw4wde.jpg
Die twee skote onder links was my eerste twee "fouling" skote van die skoon loop. Daarna sal ek skiet met demper (1), hom afskroef en demper (2) aansit en dan met hom skiet. Na hierdie eerste teiken reken ek dat ak miskien fout maak.
http://i677.photobucket.com/albums/vv134/boesman10/Silencer%20Test%202_zpscx7tzy5q.jpg
Ek skroef to weer demper (1) aan en skiet twee skote. Toe skroef ek demper (2) aan en skiet drie skote.
http://i677.photobucket.com/albums/vv134/boesman10/Silencer%20Test%201_zpsf3frdlo1.jpg
Net om seker te maak vir 'n derde keer skroef ek demper (1) aan en daarna demper (2). Het glad nie 'n verduideliking oor hoekom daai AimZonic so sleg groepeer nie maar baie dankbaar dat daar niks fout is met my herlaai of met die geweer nie.
Knaldemper Toets
- Boesman10
- Hero Member

- Posts: 946
- Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Knaldemper Toets
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
- twinhunter
- Sr. Member

- Posts: 288
- Joined: Mon Jun 25, 2012 8:27 am
Re: Knaldemper Toets
Middag Boesman,ek het self die Aimzonic in twyfel getrek met my .308 maar 'n Vriend van my het my gesê dat ek die gat na 'n 9mm moet boor en daarna het ek nog nie weer probleme gehad nie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- twinhunter
- Sr. Member

- Posts: 288
- Joined: Mon Jun 25, 2012 8:27 am
Re: Knaldemper Toets
Natuurlik het ek dit by 'n geweer smit laat doen.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1618
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: Knaldemper Toets
Iewers het iets verkeerd gegaan in sonic cleaner.
? Los baffle of stuk koolstof wat los gekom
? Los baffle of stuk koolstof wat los gekom
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
-
Diesel Dog
- Hero Member

- Posts: 2335
- Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Re: Knaldemper Toets
Dit sal gelukkig nie somer met my gebeur nie ,want ek het nie n behoefte om iets skoon te maak wat niks makeer nie.Mens kan sien hoe die verskil in gewig van die knal dempers die POI verander.My gevoel is dat die koolstof neerslag nie konsentries verwyder is nie.
DD
DD
- WicusdP
- Sr. Member

- Posts: 389
- Joined: Tue Jul 12, 2016 8:50 pm
Re: Knaldemper Toets
Is daar nie 'n manier om Aimzonic oop te maak en te kyk wat fout is nie?
Los stukke materiaal of baffles kan seker so opgespoor word?
Jy sal dan ook moontlik kan sien of die koeels iewers een van die baffles nick.
Los stukke materiaal of baffles kan seker so opgespoor word?
Jy sal dan ook moontlik kan sien of die koeels iewers een van die baffles nick.
22-250 Musgrave
6 XC Krieger/Savage
243 Howa
300WSM Tikka Super Varmint
22-250 Weatherby Varmint
6.5 Creed Tikka
6 XC Krieger/Savage
243 Howa
300WSM Tikka Super Varmint
22-250 Weatherby Varmint
6.5 Creed Tikka
