Fletching van pyle

Post Reply
DUTOITF

Fletching van pyle

Post by DUTOITF »

Ek verwys na die spoed van pyle gesprek vroeer die maand.

Met die speel van die spoed van pyle het ek een van my pyle se een flecth afgeskiet, maar voort gegaan om met die pyl te skiet>
Met die drie fletches op was die spoed van die pyl 263,264,264,264,265 en met die een fletch af (net wtee fletches die spoed soos volg 264,264,264,264,264. Wat die akkuraatheid van die pyl betref was dit presies dieselfde met die twee en drie fletches. (2 duim).

Weet iemand van spesifieke inligting rondom toetse in die verband? Ander vrae is
1. Indien dit so konstant bly is daar nie moontlik voordeelin minder geraas nie?
2. As daar net twee fletches op is en dit presies 100% regoor mekaar is, sal dit nie nog beter wees nie?
3. Wat van as daar 4 fletches op gesit word.

Net so van die os op die jas die  naweek gaan vlakvark skiet met die boog : 264 M / sekonde, 60lb, Hoydt Maxxis 35. Gewig van pyl 456 g. Die pyl is regdeur die groot beer deur die longe en slagare, en vark het 30  meter verder gele.
DUTOITF

Re: Fletching van pyle

Post by DUTOITF »

Jammer 264 voet per sekonde nie meter nie>
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Fletching van pyle

Post by Gerhard »

Dutoitf,

Die fletching se werk is om die pyl te stabiliseer in vlug.

Ek weet nie hoe ver jy geskiet het met die toetse oor die chrony nie.

Maar sodra jy n jag punt op sit gaan jy beslus n verskil agter kom.

Groete,
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
DUTOITF

Re: Fletching van pyle

Post by DUTOITF »

EK het op 20, 25 en 30 meter geskiet.
Gaan die broadhead opsit en dit ook probeer.
Jy het nie iewers iets oor navorsing / toetse wat hieroor gedoen is nie?
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Fletching van pyle

Post by Francois Marais »

Dutoit

Jy kan bare shafts skiet tot op 30m, en as jou boog MOOI getune is gaan jy heel goed skiet, hier kom die trick, moenie dit met pyle doen wat FB Broadheads ophet nie, hulle gaan so eratic vlieg jy gaan nie eers jou teiken raakskiet nie. Die BH gaan die pyl van die voorkant af probeer stuur, en dit werk net nie in die boog/pyl wereld nie.

Kyk hier
http://www.tenzone.u-net.com/Equipment/ ... ning01.pdf
is bietjie oor bare shaft tuning......

Google bietjie eratic arrow flight, of so iets, en dan gaan jy groot waarskuwings kry oor BH pyle met te min stuur agter.....

Baie groot wereld waarin jy jou begewe, het my omtrent 5 jaar se lees gevat voor ek gedink het ek weet nou iets van arrow flight en bow tuning.... ;D ;D ;D

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
DUTOITF

Re: Fletching van pyle

Post by DUTOITF »

Francois

Dankie, dit is hoekom julle ouens so waardevol vir ons is en julle het klaar die "skool geld" betaal.

Ek is egter een van daardie analitiese mense wat alles anders wil probeer want baie keer word die goeie goedas gevolg van vereerde persepsies saam met die bab met die bad water uit gegooi.

Dankie nogtans ak gaan ook nou bietjie probeer.

Ek gaan ook iets Post met betrekking tot Bud fillers.
DUTOITF

Re: Fletching van pyle

Post by DUTOITF »

Ludwig
Dankie, spaar my baie tyd en dit maak baie sin.
Dit is belangrik dat mens die balans tussen akkuraatheid en geraas vind.
Het jy al gaan kyk na die verskil tussen 4 duin, drie duim en tweeduim vanes?
Op my ouderdom gaan ek darem nie sukkel met verder as 40 meter nie.
Nogmaals dankie vir julle insette.
DUTOITF

Re: Fletching van pyle

Post by DUTOITF »

Ludwig

Weet jy waar mens die ses pyl fletching jig kan kry?

Is daar werklik probleme met die plastiek fletching jig, kan drie van hulle kry vir die prys van een staal jig.
Post Reply