Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Het al 2015 aangesluit maar nie baie aktief nie,My naam is Henk Ackerman en bly in Bloemfontein ek is in die motor bedryf maar wou bitter graag boer jammer my Pa het nie grond gehad nie.
Die jakkals jag het my heeltemal ingesluk en elk wil nou alles leer van dit,ek het al baie hier by julle geleer en ek glo ek gaan nog baie leer.
Dupies hier, ek is van Bethal. Ek het die forum nog altyd gebruik as 'n nie-lid, en moet sê, die inligting is oneindig. Ek het
uiteindelik vanoggend geregistreer en kan nie glo ek het so lank gewag nie. Ek skiet met 'n CZ .308 en 6mm Musgrave. Ek het vroeer vanjaar begin herlaai en leer elke dag iets nuuts. Dis regtig 'n bakgat platvorm hierdie!!! Ek het vanoggend die subject " Meopta vs Vortex" begin, ek sal enige insette waardeer!
Was my oupa se ou .303 watse loop klaar geraak het. My pa het hom toe laat sport en terselfdertyd die 6mm loop laat insit, dit was nog by JJ Wapens in Ermelo. Ek skiet nog net PMP bruin boks ammunisie met hom, maar gaan een van die dae vir hom begin laai. Ek moet sê, hy mors nogal met 'n blad as jy hom op die knoppe slaan, maar hy skiet baie lekker. My seuntjie van sewe kan ook gemaklik met hom leer skiet.
Dankie myne is nog n musgrave model wat intussen nog n keer oor gebou is. 99% daarvan was kolf en ander klein kosmetiese goeidjies. Ek laai self en hy skiet n 85gr gameking mooi.
Goeie naand Manne Eks Kwagga Smith nie die een wat Rugby speel maar die een wat jag. Ek is n PH al vir 8 jaar en n outfitter vir 3 jaar. Ek jag net met plaaslikke manne en glad nie met oorsee se Jagters. Ek is altyd op soek na jag plek plase en konsessies waar ek kan gaan jag. Ek is 32 getroud ek teel met Belgium Shepards (malinois) as n hobby as ek nie jag ek ry net cruisers oh en ek is van Pta maar is nooit by die huis. So ja manne dis ek so as julle jag plek het of bokke wat moet af eks hier skree maar
Soos baie sluip ek al vir meer as n jaar hier rond en lees meer as wat ek bydra maar nou ja, laat ek myself voorstel. Henk is die naam en ek skiet meestal op Durban Deep hier naby Randburg.
Het vir n paar jaar in die kaap gewoon en daar geleer dat mens soms verby 100m moet skiet as jy biltong will eet. Dis waar ek ook geleer het van veldskiet en platskiet geweere.
Dankie vir al die kennis wat klaar hier gedeel is en wat ons skietsport ondersteun.
Hallo almal. My naam is Aart Oudbier, ek is woonagtig in Randfontein hier is die Woesrand. Ek deel die 30-06 manne, maar geniet hom baie. Sit met n ag shame ou weaver scopie op hom maar hy werk vir my. 2dens draf ek graag met my 303 net waar ek wil.
Dagse almal ......... ek volg ook al n geruime tyd die forum en het versuim om myself bekend te stel met die intrap slag, ek vra omverskoning daarvoor......... ek het darem al n paar manne ontmoet op die forum en dit was ook n plesier om met n paar ouens besigheid te doen (lekker eerlike manne)
Ek woon en boer net buite die Paarl