Meopta vs Vortex
- Dupies
- Newbie

- Posts: 19
- Joined: Thu Dec 01, 2016 5:22 am
Meopta vs Vortex
Ek kyk na 'n nuwe teleskoop vir my CZ 550 Lux .308. Ek kyk na Meopta Meostar R1r 3-12x56 of Vortex Viper HS 4-16x50/ Vortex Viper 6.5-20x50(Almal so +- R12 000). Die wapen is primer my jaggeweer, maar ek wil ook goeie groepe op die baan skiet op verder afstande asook nagskiet. Ek weet dit is 'n wye toepassing, maar ek dink baie manne het maar daai een werksgeweer. Meopta is tans my eerste keuse, sou julle se dat 12x vergroting genoeg is vir die baan en nagskiet, want dis tans die enigste rede hoekom ek nog nie die Meopta gekoop het nie?
- Chris (vdB)
- Hero Member

- Posts: 741
- Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Re: Meopta vs Vortex
Duppies ek het so Meopta op my 30-06. Bitter lekker teleskoop vir jag en nagskiet, maar vir baan skiet en ver skiet is dit nie die beste opsie nie. Die probleem is dat die Meopta Meostar R1's FFP teleskoope is, en omdat die vergrooting slegs 12 is raak die kruishaar te dik op groot vergrooting vir fyn skiet op ver afstande. Ek skiet nie met myne groter as 10 vergrooting nie, omdat die kruishaar vir my dan te dik raak
Ek beplan egter om weer n' Meopta binnekort vir my 243 ook te koop, maar die Meopta Meopro 6-18x50 wat SFP is. Sodat die kruis nie verdik wanneer jy op hoe vergrooting skiet nie
Ek beplan egter om weer n' Meopta binnekort vir my 243 ook te koop, maar die Meopta Meopro 6-18x50 wat SFP is. Sodat die kruis nie verdik wanneer jy op hoe vergrooting skiet nie
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
- Dupies
- Newbie

- Posts: 19
- Joined: Thu Dec 01, 2016 5:22 am
Re: Meopta vs Vortex
Hi Chris, As ek reg is, het die R1r reeks 'n SFP, ek het juis daarvoor gekyk omdat 'n vriend my daarop gewys het. Ek het genoem dat ek verder afstande ook wil skiet, maar ek dink dit sal bitter min verder as 300m wees(ek sal darem 'n springbok 'n die kalahari ook met gemak wil plattrek). Ek sal tevrede wees met billikke groeperings op 200m en dalk 'n gong op 500m?. Ek het hierdie jaar begin herlaai en dis vir my belangrik dat my teleskoop my toelaat om goeie lading ontwikkeling te kan doen. Dink jy die Meopro-reeks se glas kwaliteit staan terug vir die Meostar?
- Chris (vdB)
- Hero Member

- Posts: 741
- Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Re: Meopta vs Vortex
Dupies ongelukkig kan ek jou nie daarop andwoord nie. Hier in Bloem is nie n' handelaar wat Meopta verkoop, dat ek kon gaan vergelyk het nie, ek koop maar deur die pos. Ek het wel al hier op die forum gelees dat n' person die R1 en die R2 met mekaar vergelyk het, en dat daar n' merkbare verskil vir hom was tussen die twee. So ek glo daar kan dalk so bietjie verskil wees
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
-
Henna308
- Sr. Member

- Posts: 402
- Joined: Wed Oct 01, 2014 9:50 am
Re: Meopta vs Vortex
More Dupies
My pa het so paar maande terug sy 2e 6.5-20x50 Vortex Viper gekoop, ek dink in daai prys klas en vergrooting is dit opties een van die beter scopes daar buite. Een van my kollegas het laasjaar 'n teleskoop gesoek en die laaste 3 wat hy oorweeg het was die Vortex 6.5-20x50, Rudolph T1 6-24x50 en 'n Bushnell Elite (kan nou die die vergroting onthou nie). Ek het vir interessantheid 'n Nightforce SHV van dieselfde vergrooting gevat om te vergelyk en die Vortex het uitgestaan, selfs bo die Nightforce wat dubbeld die geld kos, toe ons deur almal kyk in die winkel. Die Vortex se beeld het die beste resolusie gehad met die minste colour abberation. Die Vortex kyk ook beter as 'n Leupold VX3 8.5-25x50 en 'n ouer generasie Kahles K624TT was ek gehad het. Ek kan nou nie sê hoe vergelyk hy met die 3-18 Meopta nie, ja sal dalk 2 moet onder oë kry om te vergelyk.
Groete
My pa het so paar maande terug sy 2e 6.5-20x50 Vortex Viper gekoop, ek dink in daai prys klas en vergrooting is dit opties een van die beter scopes daar buite. Een van my kollegas het laasjaar 'n teleskoop gesoek en die laaste 3 wat hy oorweeg het was die Vortex 6.5-20x50, Rudolph T1 6-24x50 en 'n Bushnell Elite (kan nou die die vergroting onthou nie). Ek het vir interessantheid 'n Nightforce SHV van dieselfde vergrooting gevat om te vergelyk en die Vortex het uitgestaan, selfs bo die Nightforce wat dubbeld die geld kos, toe ons deur almal kyk in die winkel. Die Vortex se beeld het die beste resolusie gehad met die minste colour abberation. Die Vortex kyk ook beter as 'n Leupold VX3 8.5-25x50 en 'n ouer generasie Kahles K624TT was ek gehad het. Ek kan nou nie sê hoe vergelyk hy met die 3-18 Meopta nie, ja sal dalk 2 moet onder oë kry om te vergelyk.
Groete
- Tikka_25-06
- Full Member

- Posts: 210
- Joined: Sat Apr 25, 2015 3:12 pm
Re: Meopta vs Vortex
More Dupies ek is n vortex fan, het 3 van hulle, en 2 meoptas. Meopta is defnitief heldeder as die vortex in die aand. Die Meopro 6-18x50 sou ook my keuse wees. Jy kan op Meopta se website gaan kyk en die R1 en die meopro vergelyk as ek reg onthou is hulle baie naby aan mekaar.
Sent from my EVA-L19 using Tapatalk
Sent from my EVA-L19 using Tapatalk
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Meopta vs Vortex
Ek het nie 'n Vortex nie, maar kan wel se dat die Meopro 3-18x 50 'n yster teleskopie is. Beeld duidelikheid staan vir min terug
- Dupies
- Newbie

- Posts: 19
- Joined: Thu Dec 01, 2016 5:22 am
Re: Meopta vs Vortex
Dankie manne, ek dink hierdie is n geval waar mens nie regtig kan verkeerd gaan met enige van die teleskope nie. Persoonlikke smaak gaan dalk die deurslag gee. Ek sou baie daarvan gehou het as die Meostar se vergroting tot so x15 kon gaan, dit laat my dan met die Meopro of Vortex. Dink jul die x12 vergroting is te klein vir mooi groeperings skiet en kompetisies?
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Meopta vs Vortex
Baie kompetisies beperk jou tot 12x vergroting, nagskiet wil gaan ek nie bo 8x vergroting sodat ek lekker FOV het, ek het vortex 6.5-20x44 baie lekker, ek het nognie in nag deur hom geloer nie. nagskiet het ek baie met lynx 6x40 gedoen met 243 en nou het ek tasco 6-24x50 op die 243, die 24x vergroting op tasco is useless teenoor die 20x van vortex(ek weet die tasco is niks oor gevra nie, maar wys net uit dat bv 12x vergroting op een teleskoop nie dieselfde as 'n ander teleskoop se 12x nie...
omdat ek vortex het beveel ek daai vortex aan
omdat ek vortex het beveel ek daai vortex aan
- Dupies
- Newbie

- Posts: 19
- Joined: Thu Dec 01, 2016 5:22 am
Re: Meopta vs Vortex
Tikka 25-06, watse Meopta's het jy as ek mag vra?
-
Sangoma (IAN)
- Hero Member

- Posts: 1320
- Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am
Re: Meopta vs Vortex
As jy beplan om kleiner groepe op 200m te skiet gan 12x vergroting jou def terug hou.
Mar dis ook net my 2 sente...
Ek sien optics international verkoop tans op hulle website die Meopro 6-18x50 vir onder R10k. Tussen hom en die Vortex sal ek def eerder die Meopta koop
Mar dis ook net my 2 sente...
Ek sien optics international verkoop tans op hulle website die Meopro 6-18x50 vir onder R10k. Tussen hom en die Vortex sal ek def eerder die Meopta koop
- Dupies
- Newbie

- Posts: 19
- Joined: Thu Dec 01, 2016 5:22 am
Re: Meopta vs Vortex
Dankie Ian, ek hou ook van Meopta. Ek sal daai prys vergelyk met Wildman s'n, hulle vra R11k. vir die Meostar 3-12x56 en dan kry jy n 8x25 verkyker gratis, ek is net nie seker wat is hul prys op die Meopro nie. Jammer die Meopro het net 'n 25mm tube, maar aan die ander kant het die Meostar net 'n 12x vergroting. Sal maar deur altwee moet kyk en dan besluit. Dankie weereens vir almal se insette!
- Steppenwolf
- Sr. Member

- Posts: 274
- Joined: Sat Jun 21, 2014 5:52 pm
Re: Meopta vs Vortex
Ek skiet net FFP (werk net eenvoudig beter) het die Votex PST gehad en nadat ek die Meopta bekyk het onmiddelik die Vortex verkoop. Meopta en Burris al die pad.
"the more I practice, the luckier I get'
- Jackalsniper
- Hero Member

- Posts: 629
- Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm
Re: Meopta vs Vortex
Ek het n Meopta R1 3-12 x56 met 4b kruis. Ek sal hom nie eers amper vir n vortex ruil nie. Skiet in die nag jakke en bojane in die dag op 400m plus. Baie lekker scope. Na ek hom gezero het nog nooit weer nodig gehad om in te stel nie. slegs as ek van lading verander.
- Jackalsniper
- Hero Member

- Posts: 629
- Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm
Re: Meopta vs Vortex
In jou geval sal ek gaan vir meopro 6-18x50 dink mens kry een met turrets ook nou in daai vergroting
- Chris (vdB)
- Hero Member

- Posts: 741
- Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Re: Meopta vs Vortex
Dupies, by watter Wildman het jy daai prys gekry op die R1? Wildman Bethlehem het my R12000 kwoteer op die 6-18x50 met die verkyker. By hulle is die R1 met verkyker R15999Dupies wrote:Dankie Ian, ek hou ook van Meopta. Ek sal daai prys vergelyk met Wildman s'n, hulle vra R11k. vir die Meostar 3-12x56 en dan kry jy n 8x25 verkyker gratis, ek is net nie seker wat is hul prys op die Meopro nie. Jammer die Meopro het net 'n 25mm tube, maar aan die ander kant het die Meostar net 'n 12x vergroting. Sal maar deur altwee moet kyk en dan besluit. Dankie weereens vir almal se insette!
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
- Tikka_25-06
- Full Member

- Posts: 210
- Joined: Sat Apr 25, 2015 3:12 pm
Re: Meopta vs Vortex
Hi Dupies ek het die 6-18x50 en die.4-12x50 altweein die meopro.Dupies wrote:Tikka 25-06, watse Meopta's het jy as ek mag vra?
Sent from my EVA-L19 using Tapatalk
- Dupies
- Newbie

- Posts: 19
- Joined: Thu Dec 01, 2016 5:22 am
Re: Meopta vs Vortex
Chris, ek het die prys by Wildman Ermelo gekry, dit was spesifiek vir die Z Plex reticle.
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2130
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: Meopta vs Vortex
Hi Dupies. Ek sien meeste manne hier gaan vir die Meopta. Die Meopta, mag dalk beter wees, maar mens moet ook die scope se "application" in berekning bring. Ek het 'n vortex viper op my 300 win mag en hy werk baie lekker. Ek kan ook vir jou se dat die gunsmith my eerste vortex gebreuk het. 5 dae later toe stuur Vortex vir my 'n nuwe een so daai warranty praat ook van self. Vir nagskiet gaan die 56 objective natuurlik beter wees, maar vir wat jy hom voor nodig het sal ek eerder vir groter vergoting gaan. Daai 20 zoom gaan vir jou lekker werk op die baan en die 50 objective sal nogsteeds goed werk in die nag.
