Invoer van teleskope van VSA af?

Giel S
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Sun Nov 14, 2010 2:52 pm

Invoer van teleskope van VSA af?

Post by Giel S »

Dagse manne
Ek het vandag n bietjie op die internet rondgesoek vir n nuwe scope vir my 270, en op n website afgekom met die naam van opticsbestbuy. Hulle pryse lyk baie goed, veral met die rand wat so sterk is. Die yntlike vraag wat ek nou by julle forum manne wil weet is, Wat gaan SA customs se as hulle die scope vir my ship? Gaan hulle dat ek inkomstebelasting betaal?
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1611
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Invoer van teleskope van VSA af?

Post by blaser »

nee jy betaal net 14% VAT
jou skiping is ook baie duur en kan daar ander slaggate wees met die invoer
die maklikste is as iemand vir jou saambring

groete remington
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Invoer van teleskope van VSA af?

Post by Beyers »

Giel Stel jouself voor asb.

Invoerbelasting is 20% en bo-op dit betaal jy btw 14%
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Invoer van teleskope van VSA af?

Post by JPS »

VSA stuur nie scopes SA toe nie van 9-11 nie. Daar is hele prosedure om te volg wat permit ens. Insluit. Soos reeds gese is daar is baie slaggate met die koop van teleskope vanaf VSA.

Groete
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Invoer van teleskope van VSA af?

Post by KalahariKlong »

Die probleem wat ek ondervind het met die VSA is dat hulle nie SA toe ship as die produk meer as 100$ kos nie. Dis wetgewing. Soos genoem die beste is om iemand te kry daai kant.

KK
Only those who dare to fail greatly can ever achieve greatly
Giel S
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Sun Nov 14, 2010 2:52 pm

Re: Invoer van teleskope van VSA af?

Post by Giel S »

Beyers, Jammer ek het my nie voorgestel nie. Ek is maar nog nuut op die forum en het nie juis lekker verstaan hoe werk die storie nie. My naam is Giel Swiegers en ons boer by meiringspoort naby oudtshoorn.Dankie vir julle almal se insette op die forum, ek leer elke keer iets nuuts as ek rondlees
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Invoer van teleskope van VSA af?

Post by Monrique (SJ) »

Het jou n PM gestuur.
Sako75
Hero Member
Hero Member
Posts: 1230
Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm

Re: Invoer van teleskope van VSA af?

Post by Sako75 »

Giel,

Jy kan my gerus kontak.  Ek het 'n kanaal om scopes in te voer en ek kry omtrent elke maand of twee vir iemand of paar ouens 'n scope of verkyker.  Uit ondervinding sal 'n $400 scope afgelewer by jou plaaslike poskantoor jou R4000 kos (alles ingesluit).  Hoe meer mens bestel hoe goedkoper raak die posgeld per scope.  Vir twee scopes van $400 werk dit op R3700 per scope uit afgelewer by jou poskantoor.  Dit neem omtrent so 4-6 weke en ek kan meeste scopes kry (hang van uitvoerder af of hy dit kan kry of nie).  Vir sommige scopes is dit heelwat goedkoper maar vir ander weer nie en is plaaslike handelaars baie kompeterend.  Plaaslike handelaars sal ook nie die waarborg ondersteun as jou scope oorsee gekoop het nie (grys produk) en hy sal soentoe moet teruggaan as daar probleme is.  Het 50% van my eie scopes al so gekoop en koop meeste ander items wat ek nodig het en nie plaaslik kan kry nie ook so.
Last edited by Sako75 on Mon May 02, 2011 9:27 pm, edited 1 time in total.
.22H Sako P74, .222 Sako L46, .222 Sako 75 Varmint, .223 Sako Super Deluxe, .243 Sako 75 Varmint, .243 Sako 85 SS Var Lam, 260 Sako TRG (bestel), 7x64 Sako 75 Hunter, 300 WM Sako Safari, 9.3x74mm Tikka, 9.3x62 Sako 75 Deluxe
User avatar
Hein (Haan)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1088
Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm

Re: Invoer van teleskope van VSA af?

Post by Hein (Haan) »

Hi
Ek is nog niet hier en wou ook die vraag vra.
Ek het al self baie goed oor gebring en het nog nooit n probleem
ondervind nie.
As julle se daar is "red tape" met die invoer van n scope, kan jul
asb dalk meer daaroor skryf.
Het na n Swarovski op ebay gekyk en dit is baie goedkoper om dit
in te voer.

baie dankie
 
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Invoer van teleskope van VSA af?

Post by BLOK »

Ek weet Jagtersdok voer al sy scopes n soos ek al verstaan het hang dit af van handelaar tot handelaar, party stuur ander nie. Pm hom dalk sal hy beter kan verduidelik
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Invoer van teleskope van VSA af?

Post by Jagtersdok »

Blok hoe drop jy my nou weer so in die sop.
;D ;D ;D

Ek gee nie meer die details van my supliers uit nie, want sekere manne het vorige keer my gat toe gesteek met die koeels en ander toerusting omdat ek hulle mark bietjie eina gemaak het die inhalige bl!@#$%^&.

So nou moet jy eers 'n poligraaf 5/5 keer pass voordat ek details gee. :police: :police:

Kom ek vertel julle gou reguit.

Daar is geen permit nodig vir optics nie, meeste Amerikaanse maatskappye gebruik dit net as verskoning, permitte is van toepassing op geweer komponente als behalwe Kolwe en optics.

Jy betaal geen import tax op telescope nie, slegs 14% vat op die totale bedrag van die scope+posgeld. Dit betaal jy as jy die pakkie by die poskantoor afhaal.

Ek kan jou help om scope in te bring, maar ek vat geen verantwoordelikheid as 'n skelm wetter hom langs die pad steel nie, al hoe wel dit nog nooit gebeur het nie. Ek gebruik altyd USPS priority International mai en het nog nooit langer as 14 dae gewag vir aflewering hier nie.

ek het nou weer 2 scopes in gebring een was $400 en sy prys in die ander man se hande was R4000 koste hier goedkoopste was R5700 ander een was $1100 en sy prys was R10 000 die lokale prys was R17000. Soo die besparing is groot, maar onthou jy bly in Afrika en daar sal altyd risiko wees. anders gaan jy Safari Outdoor toe, hulle pryse is op die stadium die beste van almal en jy kan maar altyd gesels hulle is altyd bereid om mens te gemoed te kom
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Agentkoos
Full Member
Full Member
Posts: 149
Joined: Sun Jun 13, 2010 5:59 pm

Re: Invoer van teleskope van VSA af?

Post by Agentkoos »

Daar is beslis permitte nodig in die VSA om optics uit te voer. Het self al scopes probeer inbring wat deur die VSA se Dep of Commerce op beslag gele was. Dit was geen grap nie. Die Amerkaners is vol nonsens en het ook deesdae X-Ray masjiene wat die pakkies scan, dus as jy scopes in jou pakkie het maar se dit is  bv speelgoed dan kan hulle dit optel. Ek het juis myne met USPS gestuur toe hulle op die scope beslag gele het
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Invoer van teleskope van VSA af?

Post by Jagtersdok »

nee hel dan is ek seker maar net gelukkig want ek het sommer al 10 op slag in gebring en op dit staan scopes, nog nooit eers ge him of ha nie.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Invoer van teleskope van VSA af?

Post by Jagtersdok »

Die laaste 2 het laas weekgeland mmmm O ja maar ek lieg nie en s? dis speelgoed nie, ek laat sit sommer die maak en reeks nr ook saam met scope op die inligting
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Agentkoos
Full Member
Full Member
Posts: 149
Joined: Sun Jun 13, 2010 5:59 pm

Re: Invoer van teleskope van VSA af?

Post by Agentkoos »

Dan is jy nog net baie gelukkig want hulle het die selfde besending van my 2 keer gekonveskeer en ek moes fines betaal, wat nie hier le nie, om die goed terug te kry.Dit het my 11 maande gevat om die gemors uit te sort :(
User avatar
Hein (Haan)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1088
Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm

Re: Invoer van teleskope van VSA af?

Post by Hein (Haan) »

Dis reeds hoekom ek die scope sommer op ebay wil koop, die ouens daar sal mens ook mooi kan help.
Mens kry n waarborg dat die goed reg is anders kan jy jou geld terug eis.
Koop maar altyd al my goed daar en het nog nooit n probleem gekry nie.
Sal een van die ouens daar pm en hoor wat hy se, anders laat kom ek die ding maar van die UK af.
Andre Hugo
Newbie
Newbie
Posts: 23
Joined: Mon May 24, 2010 12:37 pm

Re: Invoer van teleskope van VSA af?

Post by Andre Hugo »

Die scopes kan wel ingevoer word van VSA af maar daar is altyd 'n risiko.  Ons het al baie scopes laat in kom.  Almal Leupolds. Van die 8 wat ons al laat kom het het ons nog net 1 verloor en die le nog steeds by Customs in Miami.  Kan hom kry maar dan moet ek hom self gaan afhaal.  Die persoon wat hom verkoop het aan ons se papier werk was nie reg nie.

'n Mens land die scope darem net baie goed koper as wat hulle hier beskikbaar is.  Ons land hulle omtrent so vir half prys as wat hullle hier in die winkels is.  Die laatse scope wat ek laat kom het was 'n Leupold 6.5-20x56 en by die poskantoor afgehaal het ek vir hom R6700 betaal.

waar daar 'n wil is is daar 'n weg.

Andre
Andre Hugo
User avatar
Machann
Hero Member
Hero Member
Posts: 521
Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm

Re: Invoer van teleskope van VSA af?

Post by Machann »

Hi manne

Ek het ook al 'n hele paar scopes van VSA af ingebring, net my laaste een was 'n probleem want hy het in meer as net een stuk hier aangekom. Dit was 'n leupold, terug gestuur na Leupold toe, hulle het hom vernuut vir my reg gemaak sonder probleme en weer terug gestuur.

Ek het al baie navorsing ens gedoen oor wat jy mag en nie mag invoer nie en soek nog iets wat se jy mag nie scopes inbring nie. Dalk is daar iemand wat ons na dit kan verwys? Agentkoos, het hulle jou dalk na iets verwys?

Ek voel ons word bietjie gedruk vir pryse hier in SA en weet vir feit dat manne 100% wins op produkte maak.

Groete
375 H&H CZ 550 Mag
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
ablm468

Re: Invoer van teleskope van VSA af?

Post by ablm468 »

Machan

Stem saam met jou, die manne hier wil meer as 'n lewe maak uit ons uit, as jy kyk waarvoor die manne scopes kan inbring vs. dit wat ons hier betaal is dit belaglik. Om nie te praat van ander herlaai toerusting nie.

Ek het niou die dag op Cabelas gekyk vir die RCBS case preperation station, hier geland ongeveer R1000 as ek by enige winkel navraag doen is die prys tussen R2100 tot R2500.

Wens Cabelas wil 'n tak in SA oopmaak, ons kan dan so baie geld spaar.

Ek gee nie om om plaaslike winkels te ondersteun nie maar soos vorige spreker gese het 100% wins is rof.

Groetnis

Hansman
Agentkoos
Full Member
Full Member
Posts: 149
Joined: Sun Jun 13, 2010 5:59 pm

Re: Invoer van teleskope van VSA af?

Post by Agentkoos »

Machann
Die probleem is nie is SA kant nie, hulle vra net VAT en in sekere gevalle duties.Die probleem is in Amerika. Ek het destyds met n man by die Bureau of Alcohol, Tabaco,Firearms & explosives, in Amerika gepraat en hy het gese dat dat daar geen permitte nodig is vir jagscopes nie slegs vir militere spec scopes. Nadat hulle beslag gele het op my scopes het ek uitgevind dat die Dep of Commerce wel n USA uitvoer permit benodig. Dus moet die Amerikaanse persoon of instansie vir die permit aansoek doen.Ek het selfs die Amerikaanse export docs gedownload en gesien dat een van die redes hoekom hulle n permit soek is crime controle.
Stem saam ons word vieslik uitgebuit in Suid Afrika
 
User avatar
Machann
Hero Member
Hero Member
Posts: 521
Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm

Re: Invoer van teleskope van VSA af?

Post by Machann »

Agentkoos...Nee ek weet daar is nie probleme in SA en as daar is moet dit in VSA wees maar soos ek se het ek al menige MB spandeer om te soek vir dokumentasie oor dit in VSA se kant en kon nog nie rerig iets kry nie. Dalk net verkeerd gesoek. Sal bietjie 'n supplier daar mail wat my al gehelp het en hoor wat se hy oor die hele storie.

Hansman... Ek ondersteun ook maar die local manne sover ek kan maar kan nie anders as om partykeer maar the invoer metode te gebruik. Ek vir my so paar jaar gelede RCBS charge master ingevoer en was die selfde. Kyk na wat die manne scopes voor land hier. Soos bv ek is heidig opsoek na 'n aksie vir 'n 338 Lapua. Manne op 6mmbr reken die Barnard Aksie van NZ (Ja NZ) en in VSA kos hulle $1200 en as jy invoer ekstra $250 vir permit (weet darem iets van uitvoere af). Hier kan ek een land vir R12k, die manne vra hier R16k.

Maar dit bly lekker hier in ou SA... 
375 H&H CZ 550 Mag
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
ablm468

Re: Invoer van teleskope van VSA af?

Post by ablm468 »

Het bietjie op Google geloer oor die invoer van teleskoop van VSa, het op verskeie forums gekyk, dit blyk maar 'n probleem te wees.

Ek is seker mens moet net genog rondsoek dan sal jy reg kom miskien is daar ouens in China of Japan wat ook scopes verkoop waar mens kan bestel, weet nie miskien is hier iemand op die forum wat weet.

Ek kyk na 'n Leupold vir teiken en ver skiet en die scope kos as jy dit in rand vertaal ongeveer R4500, selfde scope hier is ongeveer R11k. Dit is 'n m@erse verskil. Hopelik is daar iemand wat die forum lees wat kan help met beter pryse.

Hansman
User avatar
Machann
Hero Member
Hero Member
Posts: 521
Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm

Re: Invoer van teleskope van VSA af?

Post by Machann »

Ek hoor Hansman

Dalk is daar maar net 'n paar van ons wat al gelukkig was. Ek het al omtrent 10 scopes ingebring sonder enige probleme.

Wag nog vir reply van supplier...

Groete
375 H&H CZ 550 Mag
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
Sako75
Hero Member
Hero Member
Posts: 1230
Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm

Re: Invoer van teleskope van VSA af?

Post by Sako75 »

Ouens,

Ek voer scopes in sonder probleme.  Het kanaal ontwikkel wat permitte en al die nodige en amptelike papierwerk insluit en het in paar jaar geen probleme gehad nie.

Scope wat $399 kos op hulle websites kan by jou plaaslike poskantoor afgelewer wees vir ongeveer R4,000 (afhangende van die wisselkoers).  Gebruik faktor van 10x om by die afgelewerde koste te kom.

Die sisteem werk lekker vir scopes duurder as R5,000 en veral vir items wat nie geredelik plaaslik bekombaar is nie.

Doppe, punte is ook moontlik maar dit neem net baie langer.  Pakkie van R300 in SA kan ek by jou plaaslike poskantoor land vir so R200 - R220.  Vir doppe en punte gebruik 'n faktor van 14x
.22H Sako P74, .222 Sako L46, .222 Sako 75 Varmint, .223 Sako Super Deluxe, .243 Sako 75 Varmint, .243 Sako 85 SS Var Lam, 260 Sako TRG (bestel), 7x64 Sako 75 Hunter, 300 WM Sako Safari, 9.3x74mm Tikka, 9.3x62 Sako 75 Deluxe
User avatar
Machann
Hero Member
Hero Member
Posts: 521
Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm

Re: Invoer van teleskope van VSA af?

Post by Machann »

Sako 75

Gaan jy omgee om te deel? Ek neem aan jy praat van permitte beide hier en in VSA? Waar kry mens dit ens?

Groete
375 H&H CZ 550 Mag
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
Post Reply