Teleskoop waarborge

Fanie Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 506
Joined: Fri Jan 14, 2011 10:26 pm

Teleskoop waarborge

Post by Fanie Nel »

Goeie dag almal

Ek kyk nou al so rukkie na tekeskope het vir my nuwe roer gekoop sal vir hom scope moet kry. Wat ek sien wat vir my snaaks is, is dat name soos, swarovski, zeizz, meopta en tien jaar waarborg het in name  soos leupold, vertex lewens lank gewaarborg is.  Wonder maar net hoe kan laasgenoemde so lank gewaarborg is en swarovski en zeiss net tien jaar.

Het iemand dalk die  antwoord sal graag wil hoor wat se die agente.

Sien smith and bender darem ook lewens lank

Groete Fanie Nel
User avatar
afriventure
Full Member
Full Member
Posts: 153
Joined: Thu Jul 08, 2010 3:41 pm

Re: Teleskoop waarborge

Post by afriventure »

Fanie

Ek het 'n hele klomp Leopold teleskope -8 en verkykers -2

Gelukkig nog net 1 keer 'n probleem met 'n verkyker gehad. Ek het Leopold sommer direk gekontak en in e-pos verduidelik wat ek soek (rubber oogstuk verloor) en siedaar hulle pos sommer vir my 2 sonder om vrae of geld te vra!

Die teleskope gee net nie probleme nie, en hulle werk hard!

Johan
Kap hom Kwagga!!
.22lr, 22-250, 243 win., 270 win, 30-06 x3, 300 win mag, 338 win, 375 H&H,
458 win, 458 Lott, 12 Br Haelgew x 3, 410 Dubbel, 9 mm, .38 sp
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Teleskoop waarborge

Post by raychell »

Fanie
Meopta se waarborg is vanaf 1 Januarie 2011 30 jaar
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Teleskoop waarborge

Post by KalahariKlong »

Dit laat 'n man maar wonder of die "top ranges" die selfde vertroue in hulle produk het as die middel klas.
Only those who dare to fail greatly can ever achieve greatly
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Teleskoop waarborge

Post by Beyers »

Waarborge word beheer deur EU en hulle stel die waarborg tydperk vas. Meopta steur hul duidelik nie daar aan nie.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Teleskoop waarborge

Post by JACQUES BOTHA »

KalahariKlong

1. N 10 JAAR WAARBORG Op N HANDELSNAAM MAAK NIE SAAK WATTER EEN nie  IS BETER AS N LEWENSLANGE EEN  VAN N HANDELSNAAM WAT DALK NOG OOR 10 JAAR HIER SAL WEES.

Ek ruk seker die hoender, maar bv as iemand jou swembad insit en hy gee jou n 40 jaar waarborg en hy se hy is lid van die wereld swembad bouersvereeniging en hulle sal hom opvoeter as hy nie werk van hogere standaarde lewer nie of hulle ondersklryf sy waarborg,,, is daai waarborg minder werd as toiletpapier... as jy nie weet of hy oor 5 jaar nog in besigheid gaan wees nie..

Sommige waarborge se duidelik lewenslank vir die eienaar..dan kry jy as eienaar die waarborg verkoop jy die scope of produk verval die waarborg...SOMS
Ander Produkte gee n lewenslange waarborg op die produk .. koop een waarvan die produk gewaarborg word... as ek reg kan onthou of gelees het...
Sterkte
Jacques Botha
Shoot straight and tell the truth!
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Teleskoop waarborge

Post by KalahariKlong »

Jacques, ek hoor wat jy s?. Tot 'n mate stem ek met jou saam. Ek weet daar is redelik "fly by nite" vervaardigers wat lief is om te adverteer hulle gee 'n lewens lange waarborg.
Alhoewel ek Leupold in gedagte gehad het toe ek die stelling maak. Puik diens en na verkope diens is al wat ons nog van hulle ontvang het.
Hier is hulle guarantee

Leupold and Stevens, Inc. is an American, family-owned, fifth-generation company that has been designing, machining, and assembling precision optical instruments for 100 years. Leupold?s? success has been built on our commitment to your absolute satisfaction, and our commitment to building the best optics for the shooting sports and for the law enforcement / military community. It?s for these reasons that we offer the Leupold Full Lifetime Guarantee.

If any Leupold Golden Ring? product is found to have defects in materials or workmanship, we will, at our option, repair or replace it. FREE. Even if you are not the original owner. No warranty card is required. No time limit applies.

Golden Ring Electronics Warranty

The electronics in illuminated riflescopes, Leupold MX Series flashlights, and flashlight components are covered by the Leupold Golden Ring? Electronics Warranty, and are protected from defects in materials and workmanship for two years from the date of purchase.

Certain special purpose products are covered by specific warranties in regard to their own individual features.

So ja in 'n mate stem ek met jou saam.
Only those who dare to fail greatly can ever achieve greatly
Fanie Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 506
Joined: Fri Jan 14, 2011 10:26 pm

Re: Teleskoop waarborge

Post by Fanie Nel »

Raynie dankie vir die trugvoer op die meopta waarbrog

Ek sal steeds wil hoor wat se die agente van bv swarovski en ziess hoekom hul net 10 jaar waarborg het en van die ander make leweslank.

Beyers ek sien jy se waarborge word deur EU vasgestel maar hoekom stel hul 'n produk soos swarovski se waarborg vas op sleg 10jaar en bv viper op lewenslank, wat bepaal watter produk lewenslank is en watter nie

Groete Fanie Nel
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2161
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Teleskoop waarborge

Post by Koos Barnard »

Fanie Nel
Die lewenslange waarborge wat baie fabrikate aanbied is 'n verkoopsfoefie om kopers te lok. Hierdie mense weet dat die ouens wat hul teleskope baie gebruik gedurig opgradeer of iets nuut probeer. Bitter min van die oorspronklike kopers oefen ooit hul opsie uit om 'n scope te claim. Lank voordat die ding deffektief kan raak word dit verkoop. In baie gevalle aan iemand wat slegs een of tweemaal per jaar jag en sulke mense se scopes werk nie baie nie, dus is die kanse ook skraal dat dit vervang sal moet word. Maatskappye wat die lewenslange waarborge aanbied kan dit bekostig om die klein hoeveelheid scopes te vervang wat wel deffektief raak want hulle lok meer as genoeg kopers met hul sales talk. Ek skiet baie met vyf gewere en besit slegs een scope wat ouer is as vyf jaar. Ek weet dat van my scopes al by tweede en derde eienaars na my is. Sommiges nie baie aktiewe skuts nie.

Van die maatskappye wat goedkoper scopes maak verkoop so baie van die goed dat hulle glad nie omgee om die scope te vervang nie -  Viper is een van hulle, Meopta ook. Leupold se Amerikaanse mark is baie groot daarom kan hulle dit doen, maar die Amerikaners is ook meesters op die gebied van sales talk en weet baie min scopes word geclaim. Terloops wys my 'n bekostigbare scope (ek praat nie van Leupold nie) met 'n lewenslange waarborg en ek wys jou 'n scope waar die manne kortpad gevat het met die vervaardiging. En watter funksie het die lewenslange waarborg as jy in die boendoes sit en jou bekostigbare scope pak op - dan is jou jagtog in elk geval daarmee heen, al gee die maatskappy jou tien nuwes na die tyd. Zeiss en Swarovski verskaf realistiese waarborge, hulle probeer mense nie om die bos lei nie. Dit is waar dat die EU die waarborge beheer en in Oostenryk waar Swarovski gemaak word (Z4,5 en 6) mag hulle nie 'n lewenslange waarborg gee nie.

Groet
Fanie Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 506
Joined: Fri Jan 14, 2011 10:26 pm

Re: Teleskoop waarborge

Post by Fanie Nel »

Dankie vir die terugvoer oom Koos. Ek sien oom praat net van die Z4, 5 en 6 nou waar word die Z3 gemaak.

Groete Fanie Nel
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2161
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Teleskoop waarborge

Post by Koos Barnard »

Fanie
Die Z3 word in Amerika aanmekaar gesit met komponente wat van oostenryk af kom.
Groetnis
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Teleskoop waarborge

Post by Hein M. »

Koos Barnard wrote: Fanie Nel
Die lewenslange waarborge wat baie fabrikate aanbied is 'n verkoopsfoefie om kopers te lok. Hierdie mense weet dat die ouens wat hul teleskope baie gebruik gedurig opgradeer of iets nuut probeer. Bitter min van die oorspronklike kopers oefen ooit hul opsie uit om 'n scope te claim. Lank voordat die ding deffektief kan raak word dit verkoop. In baie gevalle aan iemand wat slegs een of tweemaal per jaar jag en sulke mense se scopes werk nie baie nie, dus is die kanse ook skraal dat dit vervang sal moet word. Maatskappye wat die lewenslange waarborge aanbied kan dit bekostig om die klein hoeveelheid scopes te vervang wat wel deffektief raak want hulle lok meer as genoeg kopers met hul sales talk. Ek skiet baie met vyf gewere en besit slegs een scope wat ouer is as vyf jaar. Ek weet dat van my scopes al by tweede en derde eienaars na my is. Sommiges nie baie aktiewe skuts nie.

Van die maatskappye wat goedkoper scopes maak verkoop so baie van die goed dat hulle glad nie omgee om die scope te vervang nie -  Viper is een van hulle, Meopta ook. Leupold se Amerikaanse mark is baie groot daarom kan hulle dit doen, maar die Amerikaners is ook meesters op die gebied van sales talk en weet baie min scopes word geclaim. Terloops wys my 'n bekostigbare scope (ek praat nie van Leupold nie) met 'n lewenslange waarborg en ek wys jou 'n scope waar die manne kortpad gevat het met die vervaardiging. En watter funksie het die lewenslange waarborg as jy in die boendoes sit en jou bekostigbare scope pak op - dan is jou jagtog in elk geval daarmee heen, al gee die maatskappy jou tien nuwes na die tyd. Zeiss en Swarovski verskaf realistiese waarborge, hulle probeer mense nie om die bos lei nie. Dit is waar dat die EU die waarborge beheer en in Oostenryk waar Swarovski gemaak word (Z4,5 en 6) mag hulle nie 'n lewenslange waarborg gee nie.

Groet
Koos

Dankie vir die reguit waarheid!  Ek het ook 2 bekostigbare teleskope gekoop (Nikon en Vortex) en hoop maar hulle hou... 

Watter kortpaaie word oor die algemeen meestal deur vervaardigers geloop met die maak van die goedkoper / meer bekostigbare teleskope?  En ja, uit jou ondervinding, is daar spesifieke fabrikate wat heeltemal vermy moet word? - Met die realiteit van swak vervaardiging as agtergrond.  Ek weet dat die kwaliteit van die teleskope se lense 'n groot impak op die prys daarvan het.  My grootste bekommernis is egter dat die "wear" wat met die verstelknoppe gepaardgaan die teleskoop onklaar sal maak - met baie gebruik natuurlik.

Groetnis!

Hein M
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2161
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Teleskoop waarborge

Post by Koos Barnard »

Hein
Ek vermy teleskope wat vir minder as R3500 retail. Die kortpaaie wat geneem word met goedkoper teleskope is goedkoper verstelmeganismes en komponente, minder deklae op die lense of sommige lense kry glad nie deklae nie. Ook die seelringe, waterdigting en die manier hoe die lense vasgesit word verskil. Die meeste teleskope (ook die goedkoop modelle) se lense is goed genoeg vir die lig waarin ons jag. Die probleem kom by die stelknoppe. Goedkoop scopes se verstellings werk ook korrek as hulle nuut is (met die klem op nuut). Vir my is die presiese verstelling van die scope belangriker as die uiterste helderheid.

Jy moet eintlik jou geweer saam meen as jy 'n scope koop en 'n bore-sighter. Monteer dan die scope in die winkel en kyk deur dit met die bore-sighter in plek. Draai die scope se verstellings alkant toe so ver as dit kan. By sommiges sal jy sien as die verstelling aan sy einde is en jy dit begin terug stel, draai jy deur 'n hele klompie klieks voordat die kruishaar begin beweeg. Ek hou nie van sulke scopes nie. Dit het ek al by sommige duur scopes ook gekry. Tans het ek drie Swarovskis en nie een van hulle doen dit nie - almal reageer dadelik. Ek het nog nie die toets met Vortex en Nikon gedoen nie. 'n Bekostigbare Sightron wat ek het, reageer ook soos ek dit wil he. Verstellings is een van die probleemareas by goedkoper scopes as jy baie daarmee karring. Mense wat een of twee maal per jaar instel het gewoonlik nie probleme nie. As jou scope ook reg gemonteer is sodat jy nie te veel van die middelpunt van die totale verstelsentrum moet afwyk nie, werk goedkoper scopes beter. Verkeerde montering is die oorsaak van baie probleme.
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Teleskoop waarborge

Post by Raven »

Fanie,

Jy moet maar mooi kyk na "life long warranties", sover ek weet verduidelik hulle dit altyd in klein skrif.

Die lewens lank waarborg is gewoonlik net geldig solank die produk vervaardig word. SO al bestaan die "Company" nog maar die model is vervang deur 'n nuwe model dan verval die lewens lank waarborg, en jy kry dalk net 'n jaar by.

10 jaar is baie beter as 'n lewens lank waarborg produk wat net 6 maande op die rak is, en vervang word deur 'n ander/nuwe model.

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Teleskoop waarborge

Post by Hein M. »

Koos Barnard wrote: Hein
Ek vermy teleskope wat vir minder as R3500 retail. Die kortpaaie wat geneem word met goedkoper teleskope is goedkoper verstelmeganismes en komponente, minder deklae op die lense of sommige lense kry glad nie deklae nie. Ook die seelringe, waterdigting en die manier hoe die lense vasgesit word verskil. Die meeste teleskope (ook die goedkoop modelle) se lense is goed genoeg vir die lig waarin ons jag. Die probleem kom by die stelknoppe. Goedkoop scopes se verstellings werk ook korrek as hulle nuut is (met die klem op nuut). Vir my is die presiese verstelling van die scope belangriker as die uiterste helderheid.

Jy moet eintlik jou geweer saam meen as jy 'n scope koop en 'n bore-sighter. Monteer dan die scope in die winkel en kyk deur dit met die bore-sighter in plek. Draai die scope se verstellings alkant toe so ver as dit kan. By sommiges sal jy sien as die verstelling aan sy einde is en jy dit begin terug stel, draai jy deur 'n hele klompie klieks voordat die kruishaar begin beweeg. Ek hou nie van sulke scopes nie. Dit het ek al by sommige duur scopes ook gekry. Tans het ek drie Swarovskis en nie een van hulle doen dit nie - almal reageer dadelik. Ek het nog nie die toets met Vortex en Nikon gedoen nie. 'n Bekostigbare Sightron wat ek het, reageer ook soos ek dit wil he. Verstellings is een van die probleemareas by goedkoper scopes as jy baie daarmee karring. Mense wat een of twee maal per jaar instel het gewoonlik nie probleme nie. As jou scope ook reg gemonteer is sodat jy nie te veel van die middelpunt van die totale verstelsentrum moet afwyk nie, werk goedkoper scopes beter. Verkeerde montering is die oorsaak van baie probleme.
Koos

Baie dankie vir die sinvolle opmerkings en inligting!  Ek (ons) leer baie.

Groetnis!

Hein M
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Teleskoop waarborge

Post by Jagtersdok »

Ek kan beaam wat Oom Koos s? oor scopes, reaksie en vertsel vermo?

Ek toets altyd 'n scope met boresighter en as ek nie een tot my beskikking het nie op teiken.

"n  Goeie teleskoop as dit reg gemonteer is moet in perfekte 4 kant kan verstel as dit met dieselfde hoeveelheid clicks in sequence gestel word en dan terug op die oorspronklike posisie terug te keer. Bv 10 af, 10 regs, 10 op, 10 links.

Almal weet ek is Burris man, al my Scopes en ek het 5 van hulle reageer van die eerste click af en verloor nie zero nie. Al wanneer ek goef te stel is wanneer ek Verskillende tipes ammo gebruik.

Wat betref die lewens lange waarborge, kyk jy na Leupold en Burris bv maatskappye wat al oor 100jaar bestaan en vir nog 100jaar daar gaan wees, kan jy dit maar vat op face value. Ek weet vir feit dat beide maatskappye baie goeie na verkope diens gee en nie skroom om te vervang of reg te maak as dit by hulle produkte kom nie, van wee die feit dat daar maar min claims is is seker een van die redes maar dit is reputable maatskappye.

Die Amerikaanse en Europese bemarkings wette en vereeistes verskil hemels breed. Tog dink ek sou Swarovski en Zeiss sou ook lewens lange waarborge wou opsit as hulle kon want kom ons wees eerlik dis enige man se droom scopes en hulle sou dit maklik kon doen met die fakmanskap en kwaliteit.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Teleskoop waarborge

Post by tripodmvr »

Waarborge kom ook as twee tipes. Vervanging of herstel.

Sekere maatskappye herstel al kry hulle nie die produk reg nie - frustrasie van nie gebruik van produk tydens jagsiesoen wanneer dit in is vir herstel.

Ander waarborg vervang sodra hulle 'n defektiewe produk diagnoseer.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Andy
Full Member
Full Member
Posts: 175
Joined: Sun Jan 31, 2010 1:04 pm

Re: Teleskoop waarborge

Post by Andy »

Oom Koos,

Jammer ek high jack gou die post bietjie, maar:

Wat is die beste manier om jou teleskoop se helderheid te stel?

Ek het geleer om dit op die blou lug in te stel.

Groete

Andy
"One does not hunt in order to kill. On the contrary, one kills in order to have hunted."
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Teleskoop waarborge

Post by raychell »

Jagtersdok
Volgens Burris se webblad is hulle nou 40,en nie 100 jaar in die bedryf.
Raynie 
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Teleskoop waarborge

Post by Jagtersdok »

Raynie

Ja soos jy mooi sal sien staan daar American ICON  for 40 years in die Hunting scene.
Tog is die maatskappy gevestig in die vroe? 1930's vir ander optiese toerusting en het eers in die laat 60's tot die jagters mark toegetree.

Iets soos BMW wat eers vliegtuig enjins gebou het.
Tog met 40 jaar as een van die groot name in America en een van die vinnigste groeiende gevestigde brands in die US kan jy maar op hulle waarbroge reken. Ek het ges? 100 jaar om punt te maak deur daarop te dui dat as 'n Maatskappy al lank op die MAP is kan jy die Lewenslange waarborg glo. Maar 'n Maatskappy wat nou eers 10 jaar of minder is, mens nie noemenswaardige impak op die Market share nie, sal jy die ding versigtig moet benader. Leupold weet ek vir feit is al langer as 100 jaar in teleskope in.

Jammer as ek die tyd wat maatskappy nou bestaan as "feit" weer gegee het, ek het maar meer die aspek van Reputable company probeer weergee.
Last edited by Jagtersdok on Fri May 13, 2011 3:45 pm, edited 1 time in total.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Teleskoop waarborge

Post by raychell »

Ek verstaan wat jy bedoel het ek wil net uitwys dat Leupoldt eers in 1947 begin het om teleskope te vevaardig.
Kahles het in 1900 teleskope begin verkoop is daar iemand wat een van hulle meer onlangse produkte het,laat weet asb ek het 'n 6x40 een van die ouer modelle so 1965 model die kruis skuif nog rond in die gesigveld.
Raynie
Last edited by raychell on Fri May 13, 2011 1:18 pm, edited 1 time in total.
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Teleskoop waarborge

Post by Jagtersdok »

Jys reg in 1907 het die stigter herstelwerk gedoen. Twee swaers
In 1947 het Leupold besluit dat hy beter kwaliteit scopes kan maak wat nie toe wasem nie.
Bly iemand is ook ernstig oor tegniese feite, ek kan dit waardeer
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Teleskoop waarborge

Post by raychell »

Nou moet ons net die punt en koeel probleem uitsorteer ;D ;D ek is nogal erg oor my koeels se punte, maar my punte se punte ? Daar stem ek en Gerard oor iets saam ,behalwe dat hy dam goeie koeels maak.
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Teleskoop waarborge

Post by Jagtersdok »

Maar my punt bly en die keer nie oor koeels nie,maar oor die waarborge wat lewenslank gegee word. Ek sal dit geloof waardig vind van maatskappy met die tipe track record.

En ja ek sal nogals eendag bietie met oom Gerhard se HV koeels wil speel
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Teleskoop waarborge

Post by raychell »

Jagtersdok
Vir interesandheid wat sal aanvaarbaar wees hoe oud,moet 'n maatskapy wees voor geloofwaardig.Ek het self ingesprig met die Roelof waarborg wie sal die waarborg onderskryf as hy iets oorkom selfde met Lynx wat gebeur as hulle toemaak?
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
Post Reply