Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het gedink om hierdie topic te post en te hoor wat die manne dink van afstand skat in die jagveld en ook die regte metodes te bespreek. daar is baie jagters wat nog sukkel met dit en dit maak dat die ouens dan dalk slegte skote skiet alhoewel hulle roere en ammo reg is.
wie het dalk vir die ouens so paar soliede tips om dit makliker te maak( en dit sluit n range finder uit )
ek dink met al die elektroniese hulp verloor ons die kuns om afstand reg te skat en dit is van groot belang as jy wil sukses he veral op plat veld soos kalahari en rant na rant soos die klein karoo area.
ek luister
pitsmit
uitenhage
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "
.270Win Brno de Lux Mod ZKK600
.308Win Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag 6" barrel
Piet, ek beskou myself as redelik met afstand skat en beoefen dit gereeld met die Jaggeweer skietkompetisies. Ek gebruik n metode wat ek "bracketing" noem.
Dit werk so: Eerstens as dit verder as 100m is, probeer ek n 100m skat na iets tussen my en die teiken. Dit is maklikker om n 100m te skat op sy eie. Daarna pas ek nog n honderd in, met in agneming dat die 2de honderd altyd korter lyk met die oog, as die 1ste een. En daana nog n honderd wat nog korter lyk as die 2de een indien nodig, en dan die oorblywende meters.
Neem altyd dooie grond in ag, en weet maar dat mens dit altyd korter skat oor dooiegrond. Verskillende areas en veld toestande bepaal gewoonlik hoe goed jy skat. As mens in n totale vreemde veld kom, neem dit gewoonlik so bietjie aanpassing om gewoont te raak aan die afstande.
Die stand van die son beinvloed ook jou afstandskat. As die son agter jou is, en die teiken mooi uitstaan is dit maklikker om te skat en lyk dit nader as wanneer die son agter die teiken is, en jy die skadukant van die teiken sien. Om daardie rede as ons gonge skiet op n kompetisie probeer ek altyd n spesifieke baan skiet, as die son mooi op hulle skyn.
Ek neem gewoonlik my rangefinder saam as ek gaan jag, en ook kompetisie skiet. Ek oefen my afstandskat die dag voor die tyd op n vreemde plek, en bevestig dit dan met die rangefinder. As ek na die kompetisie gaan, los ek dit by die kamp.
Nog 'n metode wat ons by die Ratels gebruik het, maar dis baie rofweg, is om jou duim te gebruik. Korrel oor jou duim na teiken met een oog toe, dan sonder om duim te skuif, ruil jou o? om, dws as regs 1e oop was maak hom toe en links oop. Die mikpunt oor jou duim sal skuif, die verskil = 100m/duim breedte. Hoop dit maak sin.
izak h
ek gebruik presies dieselfde metode maar met n klein verskilletjie. as ek klaar my o? verwissel het skat ek die afstand wat my duim geskuif het links of regs van die bok af ek skat daai afstand bv as hy so +- 25 tree geskuif het dan maal ek dit met tien dus = 250m. dis makliker om daai klein afstandjie te skat van die bok af as van jou af na die bok toe. ek het die metode al tot so naby as 15m getoets en dit het gewerk. op afstande tussen 100m en 300m was ek nog nooit verder as 20 tree uit nie.
hoe meer jy dit oefen hoe maliker raak dit. ek dink al die "ouer army manne" sal die metode nog onthou want dit was in jou in gedril deur n windgat korporaaltjie wat net van die speen af was. ek besit nie n rangefinder nie en skop nou al n paar jaar vas teen die dryf om een te koop want ek wil nie graag die "skill" verloor van afstand skat nie en ek leer my seun elke keer as ons plaas toe gaan.
pitsmit
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "
.270Win Brno de Lux Mod ZKK600
.308Win Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag 6" barrel
Die duim metode werk ook vir my, maar daar is nie 'n vaste reel van hoeveel hy moet skuif nie. My een maat se duim is 3 keer dikker as myne en sy arms hang omtrent by sy knie? Elkeen moet dit maar vir homself gaan toets in die veld.
ek stem almal verskil. ek vat maar die middel van my nael as merker maar soos jy se elke ou moet gaan speel en toets vir homself tot hy sien wat werk vir hom. die manne is maar stil op die topic.
lyk my ek is die enigste arm ou op die forum wat nog nie n rangefinder het nie.
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "
.270Win Brno de Lux Mod ZKK600
.308Win Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag 6" barrel
Duidelik het die koperaaltjie my nie genoeg gejaag nie. Ek kon net onthou dat 'n man so lank soos jou duim op 100m is. Het gesteraand jou metode getoets. Was so 50m uit. Net oefen
i use my scope reticle . my scope is a leupold vx1 3-9x 40
at 100m a springbok's body will fill the gap between the top of the thick part of the verticle post and the horisontal cross hair when set on 6 power . this will be about 30 cm or 12'' . at 200 m his body will fill half this space and at 300m his body will fill the gap between the horisontal cross hair and the first mill dot .
knowing the body size of the diff buck helps alot .
Die duim spring metode werk mooi maar jy moet jou eie duimspring meet...loop straat af, of in die bos vir die plaas manne, kies tyken, meet met duim, en gaan meet die sprong wat jou duim gee, kry 'n gemiddeld en kry jou maal faktor...jy sal altyd baie naby wees as jou jou eie afstande ken....
Ek speel golf en weet presieis hou v?r elke stok se hou sal vlieg en kan afstande goed pyl en met wattrer stok geslaan moet word...
Enigste probleem is oor 'n stuk water, dan raak afstand skat moeilik...
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Omdat ek nie met sulke lekke plat skiet kalibers jag nie vat ek maar die range finder saam jagveld toe.
Hy hang voor my bors met n verkyker harnas en het perfek laas week gewerk met die blesbokke en takbok se bekruip.
Daai vinnige afstand meet het vir my baie gehelp met skoot plasing met die Hornet op die blesbokke...
Die manne wat ernstig ABO kompetisie skiet met die boog gebruik ook nie range finder nie en gebruik dan die selfde "bracketing" metode as wat Piet gebruik.